Die Ondersteuningsbediening van die NG Kerk Groot-Brakrivier het in samewerking met Seeds of Hope, ‘n heerlike gesellige ontbyt aangebied by De Dekke op 11 Februarie 2026.
Dit was ‘n vrolike, musiek gevulde geleentheid. Musiek is verskaf deur Herman Grobbelaar. Die tafels was soos altyd keurig gedek en was in wit en rooi getooi. Dankie vir almal wat so wonderlik gehelp het om van die oggend ‘n groot sukses te maak.
GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
Kategese.
Spesiale offer vir Instandhoudingsfonds by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal. Gelei deur ds Charné Viljoen.
Woensdag 18 Februarie 2026 :
Aswoensdag.
Die Blokbyeenkoms van Blok 6 (Avonddans) vind om 18:00 plaas by Dirk & Dorette Visser – Morgenster straat 43. Dirk Visser – Kontak ons.
Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak ons. Alle belangstellendes welkom.
Sondag 22 Februarie 2026 :
Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje.
Nagmaal.
Eerste Lydensweek.
Biddag vir Trauma & Verlies.
GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
GEEN Kategese.
Spesiale offer vir Ondersteuningsbediening by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Leon Cronje (Nagmaal).
Alternatiewe Erediens om 17:00 in die kerksaal. Gelei deur ds Leon Cronje.
Nuwe Lidmate 2026:
Gideon & Annelene Volschenk van Groot-Brakrivier: Blok 2 (Voorbrug)
Johan & Mari Diapaola van Bronkhorstspruit: Blok 4 (Langstraat-Bo & Pine Creek)
Leonie de Bruyn van Groot-Brakrivier: Blok 4 (Langstraat-Bo & Pine Creek)
Baie welkom by ons gemeente.
Blokindelings
Blok 1 Plaaasgedeeltes
Blok 2 Voorbrug
Blok 3 Mossienes tot Stasieweg
Blok 4 Langstraat-Bo & Pine Creek
Blok 5 Kiewietlaan
Blok 6 Avonddans
Blok 7 Onder-Bergsig
Blok 8 Groenkloof Groot-Brakrivier
Blok 9 Agter Polisiestasie
Blok 10 Bergsig – Bo
Blok 11 Sandhoogtepad
Blok 12 Eurekapark
Blok 13 Suiderkruis
Blok 14 Die Eiland
Blok 15 Dolphin Creek
Blok 16 Hersham
Blok 17 Pienaarstrand & Dwarswegstrand
Blok 18 Outeniquastrand-Onder
Blok 19 Outeniquastrand-Bo
Blok 20 Glentana tot George
Blok 21 St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate
Blok 22 Seester Tergniet
Blok 23 Groenkloof Reebok
Blok 24 Reebok Village
Blok 25 Seegenot tot Tergniethoogte
Blok 26 Tergniet-Oos
Blok 27 Tergniet-Wes
Blok 28 Rheebok Kusweg
Blok 29 Reebok-Oos
Blok 30 Reebok-Wes & Kleinbrak tot Danabaai
Verjaarsdae Week 8 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Bedieninge
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week.
Die oorblywende uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 25 Februarie en 11 & 25 Maart.
Ons vrieskaste is leeg. Ons benodig asseblief sop of droë bestandele vir ons volgende uitreik.
Resep– 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel ofGekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Omgeebediening :
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts.
Enige bydraes help om nood te verlig. Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters –Kontak ons..
Ondersteuningsbediening :
“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33)
Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames, want dit is God se hart vir die wees en die weerloses en as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.
Vir meer inligting kontak:Riana Briers – Kontak ons. / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak ons.
Eiendomsbediening :
Die Eiendomsbediening vra dat u asseblief geduldig sal wees met die gat in die plafon. Ons wil van die geleentheid gebruik maak om fout-opsporing te doen en toeganklikheid te verleen vir die herstelwerk aan die dak.
Eendomsbediening Dak herstelwerk NG Kerk Groot-Brakrivier
FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA Malawi
FEBA Malawi was FEBA se eerste radiostasie in Afrika. Pastoor Amos Phiri lei hierdie radiobediening al sedert 1991 met ’n besonderse passie vir sy eie mense, die Yao. Hy het die weg gebaan vir die luisteraarklub-model en hy besoek steeds dorpe in Malawi en Tanzanië om die evangelie te verkondig, nuwe bekeerlinge te doop en dissipels op te lei.
Ons gebed vir die week: Bid vir God se seën oor pastoor Amos en die FEBA Malawi-span hierdie jaar. Vra dat die kerk in Malawi sal aanhou groei in geloof.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) Nuut op 15 Februarie 2026
Erediensbediening: Die skakel na die YouTube Erediens van 15 Februarie 2026, deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar.
Getuienisbediening: Wolwedans se boodskap: “Die Liefde en vrug van die Gees” van 11 Feb 2026.
Bybelstudiereekse: a) Lydenstyd se begin met Aswoensdag toegelig met die Ikone reeks Visio Divinia. b) Februarie se ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag. c) Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Lof en Lojaliteit”
Gemeentenuus: Neem kennis van die Blokveranderings. Die aantal blokke het verander, asook die bloknommers. Daar woord onverpoos gewerk daaraan om die oorgang so pynloos moontlik te maak. Die inligting is beskikbaar onder die Nuusflitse vir die week 8-15 Februarie 2026.
Die weeklikse Afkondigings asook lief en leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) is ʼn maatskappy sonder winsoogmerk wat sedert 1820 die Bybel vertaal, publiseer en versprei in Suid-Afrika. Die missie van die BSA is om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
Die bogenoemde voltydse loopbaangeleentheid is tans beskikbaar by die BSA. Die Verhoudingsleier is verantwoordelik om die BSA se strategie in die spesifieke streek te dryf om te verseker dat volhoubare verhoudings gebou word met donateurs, kerkgenootskappe en Christelike organisasies in die streek. Die posbekleër sal in samewerking met alle kerkgenootskappe Bybelverspreiding in die streek fasiliteer. Daar word van die posbekleër verwag om innoverende fondsinsamelingsinisiatiewe te ontwikkel en daarby betrokke te wees, sodat die BSA effektief bemark word om ondersteuning en befondsing van sleuteldonateurs te verkry om die Bybel beskikbaar te stel. Die posbekleër sal ook verantwoordelik wees vir die bestuur en evaluering van die streek se personeel, asook vir die bestuur van streekkomitees. Die monitering en uitbreiding van die donateursbasis vorm ook deel van hierdie rol.
Vereistes:
Relevante teologiese kwalifikasie (verkieslik ʼn gelegitimeerde predikant van die NG Kerk)
Handhawing van die belydenis dat die Bybel die Woord van God is.
Ervaring Is besigheid sal voordelig wees
Begrip en kennis van kerklike omgewing en gemeenskap
Kennis en ervaring van fondsinsameling en bemarkingsmetodes
Bevoegdhede:
Sakevernuf
Ekumeniese ingesteldheid
Samewerkingsvaardighede
Verhoudingsbou
Sterk kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels
Leierskap
Vermoë om met mense van verskillende agtergronde te werk
Kommersiële bewustheid
Hoë aanpasbaarheid
Vermoë om ander te motiveer
Vaardighede:
Fondsinsamelingsvaardighede
Openbare redevoering
Bemarkings- en verkoopsvaardighede
Interpersoonlike vaardighede
Onderhandelingsvaardighede
Beplannings- en organiseringsvaardighede
Aanbiedingsvaardighede
Vrywaring:
Deur vir hierdie posisie aansoek te doen en jou CV in te dien, bevestig jy dat jy jou persoonlike inligting vrywillig verskaf het en dat die inligting volledig, akkuraat en op datum is, in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 (POPIA).
Jy gee hiermee die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) toestemming om jou persoonlike inligting te verwerk vir die doel van werwing en keuring. Jy gee verder toestemming dat die BSA jou persoonlike inligting mag behou op sy databasis vir oorweging van toekomstige werksgeleenthede.
Aansoeke sluit op 9 Maart 2026
Indien jy teen 17 Maart 2026 niks van ons gehoor het nie, beskou asseblief jou aansoek as onsuksesvol.
Stuur aan hr.bssa@biblesociety.co.za
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste: Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00 Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese: Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00 Res van die jaar Sondae 09:00
Soos waarskynlik aan u bekend het ons blokindelings verander en daarmee saam ook die meeste blokgrense.
Ons gaan dus veranderinge maak aan u huidige WhatsApp groep en in sommige gevalle van julle se nommer moet afhaal en u dan by ‘n “nuwe” blok weer toevoeg. Dit is ‘n omvattende taak en sal so gou moontlik aandag geniet.
Intussen neem asseblief kennis van u nuwe bloknommer hieronder sodat u op die almanak kan seker maak van die datum waarop u blokbyeenkoms plaasvind.
Blok 1 Plaaasgedeeltes -René Vorster
Blok 2 Voorbrug – Heidi Erasmus
Blok 3 Mossienes tot Stasieweg
Blok 4 Langstraat-Bo & Pine Creek – Pieter van der Merwe
Blok 5 Kiewietlaan
Blok 6 Avonddans – Dirk Visser
Blok 7 Onder-Bergsig
Blok 8 Groenkloof Groot-Brakrivier – Hannes Kunz, Irene Kunz , Corlien Keyn, Charlotte Eicker
Spesiale offer vir Instandhoudingsfonds by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Charné Viljoen.
Alternatiewe Erediens om 17:00-18:00 in die kerksaal.
Verjaarsdae Week 7 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
NUWE BLOK INDELINGS
Soos waarskynlik aan u bekend het ons blokindelings verander en daarmee saam ook die meeste blokgrense.
Ons gaan dus veranderinge maak aan u huidige WhatsApp groep en in sommige gevalle van julle se nommer moet afhaal en u dan by ‘n “nuwe” blok weer toevoeg. Dit is ‘n omvattende taak en sal so gou moontlik aandag geniet.
Intussen neem asseblief kennis van u nuwe bloknommer hieronder sodat u op die almanak kan seker maak van die datum waarop u blokbyeenkoms plaasvind.
1 Plaaasgedeeltes
2 Voorbrug
3 Mossienes tot Stasieweg
4 Langstraat-Bo & Pine Creek
5 Kiewietlaan
6 Avonddans
7 Onder-Bergsig
8 Groenkloof Groot-Brakrivier
9 Agter Polisiestasie
10 Bergsig – Bo
11 Sandhoogtepad
12 Eurekapark
13 Suiderkruis
14 Die Eiland
15 Dolphin Creek
16 Hersham
17 Pienaarstrand & Dwarswegstrand
18 Outeniquastrand-Onder
19 Outeniquastrand-Bo
20 Glentana tot George
21 St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate
22 Seester Tergniet
23 Groenkloof Reebok
24 Reebok Village
25 Seegenot tot Tergniethoogte
26 Tergniet-Oos
27 Tergniet-Wes
28 Rheebok Kusweg
29 Reebok-Oos
30 Reebok-Wes & Kleinbrak tot Danabaai
Bedieninge
5 Liters water vir droogtegeteisderde plase
Daar is ‘n behoefte aan drinkbare water op baie plase in ons omgewing weens die feit dat die boorgate opdroog. Ons nooi graag enige persoon wie ‘n 5L water wil/kan skenk om dit hier by die kerk te kom aflewer. Indien u nie in kantoor ure dit kan kom afgee nie, is u welkom om dit by die Total De Dekke vulstasie te gaan afgee, waar ons dit weer sal gaan oplaai en verder sal versprei.
Nooi asseblief u vriende en familie om ons gemeenskap te ondersteun.
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die oorblywende uitreikdatums vir die tweede kwartaal is 11 & 25 Februarie en 11 & 25 Maart.
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5 liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Omgeebediening :
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak ons vorm
Ondersteuningsbediening :
“Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.” Job 29:12-13(AFR33)
Ons voorsien hulp in die vorm van (onder andere) rygeleenthede na doktersafsprake, hulp met inkopies en ondersteuning aan eensames. Want dit is God se hart vir die wees en die weerloses. En as gemeente is dit ook ons hart vir ons medemens en gemeenskap.
2 Februarie 2026 – Debbie Nel Blok 21 (St Ellen, Vogelsang, Tuscan Dunes & Melkhout Estate. Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Februarie 2026 is beskikbaar in die voorportaal. Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 30 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
“Luister tog na my, Here, as ek roep; wees my genadig en verhoor my gebed. Ek onthou wat U gesê het: ‘Julle moet My kom dien!’ Ek is hier om U te dien, Here” (Ps. 27:7-8 Afr83).
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) is ʼn maatskappy sonder winsoogmerk wat sedert 1820 die Bybel vertaal, publiseer en versprei in Suid-Afrika. Die missie van die BSA is om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar. Die bogenoemde voltydse loopbaangeleentheid is tans beskikbaar by die BSA. Die Verhoudingsleier is verantwoordelik om die BSA se strategie in die spesifieke streek te dryf om te verseker dat volhoubare verhoudings gebou word met donateurs, kerkgenootskappe en Christelike organisasies in die streek. Die posbekleër sal in samewerking met alle kerkgenootskappe Bybelverspreiding in die streek fasiliteer. Daar word van die posbekleër verwag om innoverende fondsinsamelingsinisiatiewe te ontwikkel en daarby betrokke te wees, sodat die BSA effektief bemark word om ondersteuning en befondsing van sleuteldonateurs te verkry om die Bybel beskikbaar te stel. Die posbekleër sal ook verantwoordelik wees vir die bestuur en evaluering van die streek se personeel, asook vir die bestuur van streekkomitees. Die monitering en uitbreiding van die donateursbasis vorm ook deel van hierdie rol. Vereistes: Relevante teologiese kwalifikasie (verkieslik ʼn gelegitimeerde predikant van die NG Kerk) Handhawing van die belydenis dat die Bybel die Woord van God is. Ervaring Is besigheid sal voordelig wees Begrip en kennis van kerklike omgewing en gemeenskap Kennis en ervaring van fondsinsameling en bemarkingsmetodes Bevoegdhede: Sakevernuf Ekumeniese ingesteldheid Samewerkingsvaardighede Verhoudingsbou Sterk kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels Leierskap Vermoë om met mense van verskillende agtergronde te werk Kommersiële bewustheid Hoë aanpasbaarheid Vermoë om ander te motiveer Vaardighede: Fondsinsamelingsvaardighede Openbare redevoering Bemarkings- en verkoopsvaardighede Interpersoonlike vaardighede Onderhandelingsvaardighede Beplannings- en organiseringsvaardighede Aanbiedingsvaardighede Vrywaring: Deur vir hierdie posisie aansoek te doen en jou CV in te dien, bevestig jy dat jy jou persoonlike inligting vrywillig verskaf het en dat die inligting volledig, akkuraat en op datum is, in ooreenstemming met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 (POPIA). Jy gee hiermee die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) toestemming om jou persoonlike inligting te verwerk vir die doel van werwing en keuring. Jy gee verder toestemming dat die BSA jou persoonlike inligting mag behou op sy databasis vir oorweging van toekomstige werksgeleenthede. Aansoeke sluit op 9 Maart 2026 Indien jy teen 17 Maart 2026 niks van ons gehoor het nie, beskou asseblief jou aansoek as onsuksesvol. Stuur aan hr.bssa@biblesociety.co.za
FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA in Thailand en Kambodja
Die 800 km lange grens tussen Thailand en Kambodja is al lank ’n bron van konflik. In die afgelope jaar het die spanning van tyd tot tyd oorgegaan in gewapende konflik. FEBA saai in albei lande uit en in 2025 het die FEBA Kambodja-span spesiaal ’n reis onderneem om radio’s aan die soldate op die grens uit te deel.
Ons gebed vir die week: Bid vir vrede tussen Thailand en Kambodja. Vra dat FEBA se programme soldate in albei lande sal inspireer om hul harte vir Christus te gee.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za) Nuut op 8 Februarie 2026
Erediensbediening: Die skakel na die YouTube Erediens van 8 Februarie 2026, deur Ds Leon Cronje, is beskikbaar.
Getuienisbediening: a) Die weeklikse nuusbrief van Lynette uit Madagaskar is beskikbaar. b) Sendingnuus vanaf Missie Japan – Kyoto Kuns Onnie word Pastoor.
Bybelstudiereekse: a) ‘Verheerlikingsondag’, die afsluiting van Epifanie. b) Februarie se ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n goeie begin vir elke dag. c) Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Versoeking: Die voorbeeld van Christus”
Gemeentenuus: Inligting van die Alternatiewe Eredienste wat op 8 Februarie begin.
Die weeklikse Afkondigings en Lief & Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste: Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00 Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese: Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00 Res van die jaar Sondae 09:00
Welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Jaco & Leandra Jonker (dogtertjie – Jolene).
Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Korintiërs 1:18-31.
Die tema van die prediking is: DieBoodskap van die Kruis.
Kleuterkerk in die konsistorie.
Kategese.
Spesiale offer vir Hartenbos Versorgingsoord by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
Daar is weeksliks bybelstudie op verskeie plekke in die gemeente waarby U kan inskakel. Vir meer kontak details kontak die kerkkantoor (044 620 2205) of die koördineerder, Marita Erasmus (Kontak Ons).
Die Ring van Mosselbaai, waarvan ons gemeente deel is, het Sondag 11 Januarie 2026 om 18:00 saamgekom om te bid by die ATKV Amfiteater.
Die Ring het reeds ook n noodfonds. Indien enigeen n skenking ten behoewe van die brandslagoffers wil maak, is die bankbesonderhede op die foto beskikbaar.
Vir enige skenkings: NGK Brandwag (Ring Noodfonds) ABSA Mosselbaai Tjek: 207 058 0007 Verwysing: Noodfonds
Ons medelye aan die mense wie deur die brand geraak is, sowel as hul families en vriende.
Die Kerssangdiens was sielsverrykend vir elkeen wat dit bygewoon het. Die hele program was uitstekend beplan, en het goed opgevolg, om die verhaal van Christus se koms aan te kondig.
Die sang en musiek was uit die boonste rakke en ons kan met dankbaarheid onthou. Vir Marida en die span kan die hele gemeente net dankie sê vir onvergeetlike koor en solo musiek; asook’ n heerlike saam sing geleentheid vir almal.
Dinsdag, 18 November 2025, het die Ondersteuningsbediening, van die NG Kerk Groot-Brakrivier, in same werking met Seeds of Hope, ‘n heerlike Musikale Herinnering gereël.
Francois en Elizabeth Fourie het opgetree met Konsert Tema: “Wil jy dans Carina” en die groep mense saamgesleur deur die lewe. Van jonk wees, met drome…tot by die ouderdom waarin baie van ons vandag lewe. Ons is op humoristiese wyse deur hierdie wonderlike sangpaar, deur die verhaal van hulle lewe, geneem. Dit was regtig ‘n onvergeetlike belewenis, met lekker lag, maar ook soms ‘n hartseer traan in die oog.
Tydens die kerkraadsvergadering gehou op 18 November 2025 is die volgende persone as blokleier/diaken/ouderling verkies ten einde vakatures te vul wat ontstaan met die nuwe blokindeling in ons gemeente:
Christo Smith – BLOK 1: Plaas gedeeltes Heidi Erasmus – BLOK 2: Voorbrug Pieter van der Merwe – BLOK 4: Langstraat-Bo & Pine Creek Robbie Katthage – BLOK 7: Onder-Bergsig Koos van Zyl – BLOK 10: Bergsig-Bo Mona de Wet – BLOK 11: Sandhoogte pad Whitey van der Merwe – BLOK 13: Suiderkruis Koos van der Merwe – BLOK 14: Die Eiland & BLOK 15: Dolphin Creek Pieter Theron – BLOK 24: Reebok Village Johan Spies – BLOK 25: Seegenot tot Tergniethoogte
Woensdag 26 November 2025 :
Daar is GEEN kooroefening die week nie. Oefening hervat weer 3 Desemberby die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons Alle belangstellendes welkom.
Donderdag 27 November 2025 : Bloedskenk
Bloedskenk 27 November 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier
Sondag 30 November 2025 :
Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
Eerste Advent.
GEEN Kategese.
Kleuterkerk in die konsistorie.
Spesiale offer vir Kindersorg by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Groenewaldfonds aansoeke sluit.
16 Days of Activism against Gender-based Violence
16 days of activism NG Kerk Groot-BrakrivierVerjaarsdae Week 49 NG Kerk Groot-Brakrivier
Groenewald Fonds
Groenewaldfonds NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebediening :
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons
Omgeebediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbediening :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
Hulp met inkopies.
Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Baie dankie aan almal wat so getrou help met die voorsiening van sop vir 115 gesinne elke twee weke. Die laaste uitreikdatum vir die jaar is 10 Desember.
Wolwedans kersprojek NG Kerk Groot-Brakrivier
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.
Dankie vir die skenking van die twee enkelbeddens, sowel as die drie selfone. Ons waardeer die oop harte en hande opreg!
CAROLS BY CANDLE LIGHT
Grootbrak Senior Persone Vereniging nooi u vriendelik uit na die CAROLS BY CANDLE LIGHT wat sal plaasvind op 14 Desember 2025 op die Markplein oorkant die Munisipale gebou in Groot Brakrivier.
Hartenbos Bejaardesorg Basaar
Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:
Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken.
Ds Charné besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.
Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.
“Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid” (Kol. 4:2 Afr20).
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Korea
Na raming word tussen 50 000 en 70 000 Christene in Noord-Koreaanse gevangeniskampe aangehou. Die land is bo-aan Geopende Deure se Wêreldwaarnemingslys van die slegste plekke om ’n Christen te wees, en tog volhard die ondergrondse kerk. FEBA Korea saai die Goeie Nuus vir 18 ure per dag na Noord-Korea toe uit, met programme wat vervaardig en aangebied word deur Noord-Koreaanse oorlopers.
Ons gebed vir die week: Bid dat die kerk in Noord-Korea sal floreer en dat FEBA Korea se uitsendings luisteraars sal help om in die geloof te volhard.
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
Nuut op 23 November 2025
Erediensbediening:
Die skakel na die YouTube Erediens van 23 November, gelei deur Ds Herman Burger, is beskikbaar.
Bybelstudiereeks:
Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n verfrissende begin vir elke dag.
Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Betroubaarheid”
Gemeentenuus:
‘n Musikale herinnering aangebied deur die Ondersteuningsgroep en Seeds of Hope.
Die weeklikse Afkondigings en ander opkomende aktiwiteite is op die webtuiste te vind, indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Terwyl die somer son warmer word en helder skyn, wend ons, ons harte en gedagtes na ‘n ander soort lig – die soort wat nie uit die son skyn nie, maar uit die hart van God. Die Adventseisoen, wat ons so vreugdevol inlei met ons Kerssangdiens van 23 November, is ‘n heilige uitnodiging. Dit is ‘n oproep om kalm te word, te besin en voor te berei, nie net vir ‘n historiese herinnering van Christus se geboorte nie, maar vir ‘n lewende, huidige ontmoeting met Jesus Christus.
Ons gaan in hierdie reeks van 6 artikels stil staan by die dieper betekenis van Advent en die spesifieke kers wat ons elke week aansteek.
Die oggend van 9 November 2025 het die gemeente weer die voorreg gehad om die jongmense van die gemeente se afsluiting mee te maak.
Die kleiner kinders het sertifikate ontvang vir hul bywoning, en die Belydende Kategete kon ‘n kers aansteek om hulle te herinner om God se lig in die wêreld te wees.
Dit was ‘n mooi en vreugdevolle oggend wat afgesluit is met koek en drinkgoed in die Kerksaal. Ons bid God’s rykste seën op al die jongmense se pad vorentoe.