Sondag 5 Julie 2026 :
- Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan dr Gerrie van Deventer wat vanoggend se erediens lei.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit 1 Petrus 1:1-9.
- Die tema van die prediking is:Vreemdelinge.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- GEEN Kategese.
- Spesiale Offer vir Instandhoudingsfonds by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.
Woensdag 8 Julie 2026 :

Verjaarsdae

Sondag 12 Julie 2026 :
- Erediens om 10:00 – Ds Leon Cronje.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- GEEN Kategese.
- Sinodale Offer vir Studentebearbeiding by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
- GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.
Nuwe Lidmate 2026:
Jan & Gardial Potgieter van Pretoria: Blok 02 (Voorbrug).
Baie welkom by ons gemeente.
Sterftes 2026:
29 Junie – Hennie le Roux: Blok 13.
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Julie 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 34, asook die antwoorde vir nommer 33 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bybelstudiegroepe 2026
Indien u by ’n groep wil inskakel, skakel gerus die kontakpersoon hieronder.
| DAG | TYD | PLEK | KONTAK- PERSOON | |
| Maandag | 16:00 | Lokaal 6 | Aletia Nortje | Epos Kontak |
| Maandag | 17:00 | Suiderkruis | Cornie Pieters | Epos Kontak |
| Dinsdag | 10:00 | Tergniet/Reebokhoogte | Marita Erasmus | Epos Kontak |
| Dinsdag | 10:00 | Reebok (Vroue groep) | Marietjie Smit | Epos Kontak |
| Dinsdag | 10:00 | Reebok (Manne groep) | Koos van Zyl | Epos Kontak |
| Woensdag | 07:00 | Lokaal 6 (Manne groep) | Jurie Vermeulen | Epos Kontak |
| Woensdag | 10:00 | Lokaal 6 (Vroue groep) | Laetetia Basson | Epos Kontak |
| Donderdag | 09:00 | Tergniet (Vroue groep) | Carin van Ginkel | 067 173 1473 |
| Donderdag | 10:00 | Groenkloof Biblioteek (GK Inwoners) | Ds Leon Cronje | 044 620 2205 |
“Ek bid dat jou deelname aan die geloof daadkragtig mag wees, deur jou kennis van elke goeie saak wat daar onder ons is, tot eer van Christus” (Filemon 1:6 Afr20).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBC Kirgisië
FEBC Kirgisië trotseer baie uitdagings in sy bediening – van regsinperkings tot vyandige reaksies van Moslemluisteraars. Boonop het swaar sneeuval in Mei aansienlike skade aan een van FEBC se radiotorings veroorsaak wat uitsendings tydelik opgeskort het. Nietemin hou die span aan om hoë-kwaliteit programme te vervaardig wat luisteraars aan Jesus bekendstel en hulle leer hoe om heilige lewens te lei.
Ons gebed vir die week: Bid vir die herstel van FEBC Kirgisië se radiotoring en vir die span se fisieke en geestelike gesondheid, en bid dat hul luisteraars Christus sal leer ken.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) – Nuut op 5 Julie 2026
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van van 5 Julie 2026, gelei deur dr Gerrie van Deventer
- Getuienisbediening
- Die nuutste nuusflitse uit Madagaskar is beskikbaar.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
- Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema: “Hoe hanteer ons konflik?”
- Gemeentenuus:
- Die Gebedsgids vir Julie is beskikbaar op die webtuiste.Die weeklikse
- Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



