Afkondigings 14 – 21 Junie 2026

Sondag 14 Junie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers:
  • Wiehann & Claudia van der Walt (seuntjie – Johann van der Walt).
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Genesis 18:1-15; 21:1-7.
  • Die tema van die prediking is:Alles is moontlik.
  • Biddag vir Jeug & Kategese.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale Offer vir Jeugwerk by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • GEEN LEEFKerk.
Ds Leon met verlof NG Kerk Groot-Brakrivier
Ds Leon met verlof NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 25 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 25 NG Kerk Groot-Brakrivier

Maandag 15 Junie 2026 :

  • Spesiale Skoolvakansie.

Dinsdag 16 Junie 2026 :

  • Publieke vakansiedag – Jeugdag.

Woensdag 17 Junie 2026 :

  • Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.

Sondag 21 Junie 2026 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Leon Cronje.
  • Vadersdag.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese om 10:00.
  • Spesiale Offer vir Jan Kriel-Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
  • Tee na die erediens in die kerksaal.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Die Blokbyeenkoms van Blok 28 (Reebok Kusweg), Blok 29 (Reebok-Oos) & Blok 30 (Reebok-Wes tot Danabaai) vind plaas direk na die erediens in die kerksaal.Ilse du Toit – 083 610 1155.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.
NG Kerk Outeniqualand KARNIVAL 
Voedsel, Vermaak & Kaskar
20 Junie vanaf 08:00 
Vir meer inligting neem ‘n pamflet in die voorportaal of kontak die kerkkantoor.

Nuwe Lidmate 2026: 

  • André & Yolanda Jordaan van Pretoria: Blok 11 (Sandhoogtepad)
  • Jan & Dalene Fourie van Strydenburg: Blok 12 (Eurekapark)

Baie welkom by ons gemeente.

Sterftes 2026:

  • 3 Junie – Elsie Potgieter: Blok 16
  • 8 Junie – Adolf Jonker: Blok 9

Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.

DEURKOLLEKTE

Die Jeug en Familiebediening van die Wes-Kaapland fokus op die ondersteuning, toerusting en navorsing van Jeugwerk wat deur gemeentes gedoen word, en sluit die volgende in:

  • ·         Kategese ondersteuning
  • ·         Familiebediening hulpmiddels
  • ·         #imagine feesnaweek 
  • ·         Navorsing oor Jong Volwasse bediening
  • ·         Kinderbediening ondersteuning
Omgeebediening sagte speelgoed NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebediening sagte speelgoed NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Lofdansebediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Lofdansebediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienis bediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienis bediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Eiendomsbedieing Parkering NG Kerk Groot-Brakrivier
Eiendomsbedieing Parkering NG Kerk Groot-Brakrivier

“Soek die Here en sy krag, soek voortdurend sy teenwoordigheid op” (1 Kron. 16:11 Afr20).

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBC Oezbekistan

Bid vir Umida en Sardor wat onder Moslems in Oezbekistan werk. Ondanks kwaai uitdagings bly hulle en die span vasbeslote om Christus met hul Oezbek broers en susters te deel. Hulle stel die evangelie en Bybelverwante inhoud op ’n warm, verstaanbare wyse bekend in kort video’s. Sommige kykers reageer met aggressie, maar ander kontak die span en is gewillig om meer van Jesus te leer.

Ons gebed vir die week: Bid dat FEBC Oezbekistan die moed sal hê om met vyandige kykers te gesels, asook die wysheid om hulle na Christus toe te lei.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) – Nuut op 14 Junie 2026

  1. Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 14 Junie 2026, deur ds Charné Viljoen.
  2. Bybelstudiereekse:
    • Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Bekering?”
  3. Gemeentenuus:
    • Kort oorsig en fotogallery van Klub 50 se “Sop en Bingo” oggend.
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.