Sondag 26 Julie 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Romeine 8:26-39.
- Die tema van die prediking is:LIEFDE in die oortreffende trap.
- Kleuterkerk in Lokaal 6.
- Kategese.
- Sinodale Offer vir Gemeentebediening by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.
DEURKOLLEKTE
Gemeentebegeleiding se roeping is om gemeentes te ondersteun om in uitdagende tye te floreer en te blom. Deur verskeie instrumente help ons leiers om diep na die Woord en hul gemeenskap te luister, sodat hulle onder leiding van die Gees God se voorkeurtoekoms vir hul gemeente kan onderskei.
Verjaarsdae

Woensdag 29 Julie 2026 :
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Alle belangstellendes welkom. Marida – Epos Kontak.
Sondag 2 Augustus 2026 :
- Erediens om 10:00 – Ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen.
- Nagmaal.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- GEEN Kategese.
- Sinodale Offer vir Nuwe Geloofsgemeenskap Ontwikkeling (NGGO) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Augustus 2026 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 35, asook die antwoorde vir nommer 34 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Bloedskenk sê Dankie

Eiendomsbediening

Klub 50 Pannekoek

Kerk kombuis

VGK Friemersheim Projek: Voed met die Woord

Frank Opperman – Reunie 22 Augustus 2026

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Niger
“En mag God self, die God van vrede, julle in elke opsig heilig maak; en mag julle volledig na gees, siel en liggaam, vlekkeloos bewaar word, tot ons Here Jesus Christus kom. Hy wat julle roep, is getrou en sal dit doen” (1 Tess. 5:23-24 Afr20).
In Niger ontvang FEBA-luisteraars dikwels teenstand nadat hulle tot bekering kom. Hamma, wie se hele familie Moslem is, was diep geraak toe hy FEBA Niger se program in Gourmanchema, sy moedertaal, gehoor het. Na die tyd het hy die omroeper gekontak. “Hy het my gehelp om my lewe vir Jesus te gee. Van toe af het my lewe verander. Maar ek benodig gebed, want dinge tussen my en my familie het moeilik geraak.”
Ons gebed vir die week: Bid dat luisteraars soos Hamma in geloof sal groei en hul families na Christus sal lei.
Gebeure in en rondom ons gemeente



Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)
Nuut op 26 Julie 2026
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 26 Julie 2026, deur ds Leon Cronje.
- Getuienisbediening:
- Nuusbrief van Missie Japan: Oorgangstye.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike oomblik vir elke dag.
- Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Daar is plek vir almal…”.
- Gemeentenuus:
- Kort oorsig oor die ‘Christmas in July’ funksie van die ondersteunings-bediening en Seeds of Hope.
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



