Afkondigings 7-14 Junie2026

Sondag 7 Junie 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Genesis 12:1-9.
  • Die tema van die prediking is: Kom in Beweging!
  • Biddag vir Blindes.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Spesiale Offer vir Innovation for the Blind by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Leon Cronje.

Dinsdag 9 Junie 2026 :

  • 18:00 Blokbyeenkoms Blok 25 (Seegenot tot Tergniethoogte), Blok 26 (Tergniet-Oos) & Blok 27 (Tergniet-Wes) by Maja Wagener, Luckhoffstraat 2.  Johan Pretorius – 081 378 3574.

Woensdag 10 Junie 2026 :

  • GEEN Blokbyeenkoms.

NEEM KENNIS:

  • Die Blokbyeenkoms van Blok 28 (Reebok Kusweg), Blok 29 (Reebok-Oos) & Blok 30 (Reebok-Wes tot Danabaai) sal plaasvind Sondag 21 Junie direk na die erediens in die kerksaal.Ilse du Toit – 083 610 1155.
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.

Sondag 14 Junie 2026 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
  • Biddag vir Jeug & Kategese.
  • Doop.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale Offer vir Jeugwerk by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
  • GEEN LEEFKerk.

KOLLEKTE

Innovasie vir die Blindes (voorheen Instituut vir die Blindes), geleë in die sorghoofstad van Suid-Afrika, Worcester, is ’n nie-winsgewende organisasie wat sedert 1881 voorsiening maak vir die inklusiewe, gespesialiseerde behoeftes van visueel gestremde persone. Ons missie is om persone wat blind, gedeeltelik sigbaar of doofblind is, insluitend visueel gestremde persone met addisionele gestremdhede, te bemagtig ten einde ’n verbeterde lewenskwaliteit te behaal en maksimum vlakke van onafhanklikheid te bereik.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Week 24 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 24 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

“Die Here is my lig en my redding – vir wie sal ek vrees? Die Here is die toevlug van my lewe – vir wie sal ek bang wees?” (Ps. 27:1 Afr20)

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

In die voorportaal is nuwe lidmaat vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Ons leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak.

Bestaande lidmate wat ’n besoek verlang kan ook gerus die kerkkantoor kontak of kom inloer om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

GEBEDSGIDSE

Gebedsgidse vir Junie 2026 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Eiendomsbedieing

Eiendomsbediening Daklek NG Kerk Groot-Brakrivier
Eiendomsbediening Daklek NG Kerk Groot-Brakrivier

Omgeebedieing

Omgeebediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebediening NG Kerk Groot-Brakrivier

Getuienisbediening

Getuienisbedining ontbyt Dankie NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbedining ontbyt Dankie NG Kerk Groot-Brakrivier

Ondersteuningsbedieing

Ondersteuningsbedieing NG Kerk Groot-Brakrivier
Ondersteuningsbedieing NG Kerk Groot-Brakrivier

Kombuis

Behoefte Kerk Kombuis NG Kerk Groot-Brakrivier
Behoefte Kerk Kombuis NG Kerk Groot-Brakrivier

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Rusland

Die 6de Junie is Russiese Taaldag. FEBA saai al sedert die laat 1940s Russiese programme uit en het luisteraars in die eertydse Sowjet-Unie bereik, waar Christenskap verbode was. Vandag skakel selfs Russies-sprekende luisteraars van Europa en die Midde-Ooste in op FEBA se uitsendings. Die FEBA Rusland-span word voortdurend dopgehou en ontvang dreigemente en boetes as gevolg van hul werk, maar hulle bly vasbeslote om die evangelie met hul mense te deel.

Ons gebed vir die week: Bid vir God se beskerming en leiding vir FEBC Rusland, en vir oop harte onder hul luisteraars.

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) – Nuut op 7 Junie 2026

  1. Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 7 Junie 2026, deur ds Leon Cronje.
  2. Getuienisbediening:
    • Kort oorsig en video is beskikbaar van verlede naweek se “’n Seisoen van Konflik, ‘n Seisoen van geleenthede” ontbyt.
    • Missie Japan het ‘n video verslag van sleutelmomente oor hulle werk die afgelope jaar gedeel.
  3. Bybelstudiereekse:
    • Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Hou vas aan die Evangelie”.
    • Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.