Sondag 10 Mei 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur dr Jurie Vermeulen (Radio FEBA).
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 18:9-14.
- Die tema van die prediking is:Godsdienstig of gelowig?
- Moedersdag.
- Kleuterkerk in die konsistorie.
- Kategese.
- Sinodale offer vir Gemeenteondersteuning by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal, gelei deur dr Jurie Vermeulen (Radio FEBA).

Dinsdag 12 Mei 2026 :
- Die Bedieningsraad vergader om 18:00 in die kerksaal onder voorsitterskap van ds Charné Viljoen. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 13 Mei 2026 :
- Getuienisbediening Sop, Brood & Boodskap uitreik.
(Ons moedig die gemeente aan om te volhard in hul deelname aan ons projek waar ons ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood voorsien aan 115 gesinne elke tweede week). - 18:00 Blokbyeenkoms Blok 22 (Seester Tergniet) by Cowriesingel 15. Johan Smit – 084 500 4296.
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751.
Donderdag 14 Mei 2026 :

Teks: Lukas 24:44-53
Tema: Die geskenke van Jesus se hemelvaart
Sondag 17 Mei 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- Kategese.
- Deuroffer tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof Pinksterdiens om 10:00 – Ds Leon Cronje.
- Daar is GEEN LEEFKerk vanaand nie.
- Pinksterdiens om 18:00 in kerkgebou.
Nuwe Lidmate 2026:
Theo van Zyl van Pretoria: Blok 19 (Outeniquastrand-Bo)
Baie welkom by ons gemeente.
Eiendomsbediening :
Baie dankie vir u geduld met die stukkende plafon. Fout-opsporing is afgehandel en ’n kontrakteur is aangestel. Ons hoop om die herstelwerk binnekort af te handel.
Verjaarsdae Week 20 van 2026

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBC Internasionaal
Voor Jesus se hemelvaart het Hy die dissipels met die Groot Opdrag gelaat: “Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd” (Matteus 28:19-20 Afr20).
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBC Internasionaal sal aanhou om hierdie opdrag ywerig te gehoorsaam en dat luisteraars ware dissipels van Christus sal word.
Dankies – Gemeentefees
Ons wil u graag in hierdie tyd bedank vir al u harde werk tydens ons gemeentefees. Ons is ook dankbaar vir elke bydrae.
Ons lof en dank aan die Here Jesus ons Here.
Pinkster 2026

Getuienisbediening Ontbyt 30 Mei 2026

Bybelblokraai
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 33, asook die antwoorde vir nommer 32 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) – Nuut op 10 Mei 2026
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 10 Mei 2026, deur Dr Jurie Vermeulen.
- Getuienisbediening:
- Die nuutste nuusbrief van Lynette uit Madagaskar is beskikbaar.
- Nuusflits uit Japan: Die Christelike Gereformeerde Kerk in Japan (RCJ) word 80.
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
- Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Die Here se seën!”
- Gemeentenuus:
- Bybelblokraai en Woordsoek No. 33 is beskikbaar op die webtuiste.
- Kort artikel en fotos van die Gemeentefees van 2 Mei 2026 is beskikbaar.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314


