Sondag 12 Julie 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje.
- Ons skriflesing kom vanoggend uit Romeine 8:1-11.
- Die tema van die prediking is:Die onmoontlike moontlikheid.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- GEEN Kategese.
- Sinodale Offer vir Studentebearbeiding by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
- GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.
Woensdag 15 Julie 2026 :


Sondag 19 Julie 2026 :
- Erediens om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- GEEN Kategese.
- Spesiale Offer vir Koninkryksoffer by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Ds Herman Burger.
- GEEN LEEFKerk tydens die skoolvakansie.
Ondersteuningsbediening

Bloedskenk 23 Julie 2026

Getuienisbedieing

Frank Opperman

Ondersteuningsbedieing

Omgeebediening

“Altyd, in elke gebed van my vir julle almal, bid ek met blydskap oor julle deelname aan die evangelie, van die eerste dag af tot nou, juis hiervan oortuig dat Hy, wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die dag van Christus Jesus” (Fil. 1:4-6 Afr20).
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBC Internasionaal
Die 12de Julie is Internasionale Dag van Hoop, maar tog ken die meeste mense nie ware hoop nie. FEBC saai al vir dekades lank die evangelie uit in ’n poging om hoop aan diegene te bring wat in afgeleë gebiede en geestelike duisternis leef. Die behoefte is reusagtig en so ook die uitdagings, maar God is groter.
Ons gebed vir die week: Bid dat FEBC se personeel daagliks hernude hoop sal ervaar en dat elke FEBC-luisteraar sy hart sal open vir die evangelie van hoop.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za)
Nuut op 12 Julie 2026
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 12 Julie 2026, gelei deur ds Leon Cronje.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Splitsekondes met God’ is ‘n heerlike manna vir elke dag.
- Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Wees ’n omgee-mens”
- Gemeentenuus
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed, is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Epos Kontak
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



