Gemeentefees 2026 – ‘n Vrolike bewolkte dag

NG Kerk Grootbrakrivier het op 2 Mei 2026 weer ‘n heerlike saam werk en saam kuier dag geniet.

Voorbereidings

Daar is vir ‘n volle maand beplan en voorberei onder leiding van Ruan Viljoen, in samewerking met al die tafel sameroepers.

Potjiekis kompetisie

Die nuutjie van die fees was die Potjiekos kompetisie…wat’ n reuse sukses was. Almal wat daarop uit gemis het het op die heerlikste potjiekos uitgemis.

Die potjies was ieder en elkeen ‘n reuse sukses. Elkeen wat geproe het kan daarvan getuig. Die wenner van die kompetisie was die No. 7 Afval potjie. Daar neffens kon die beoordelaars nie kies tussen posisie 2 & 3 nie, so twee potjies het die nommer 2 plek gedeel.

Verskeidenheid

Die kerk terrein was reeds van vroeg af in rep en roer. Almal wat hard gewerk het om die laaste voorbereiding te tref vir die dag. By elke tafel is daar gewerk, geskerts en die meeste van die produkte is verkoop.

Die braaivleis vure van die ‘Stok & Smul’ Hoender sosaties, die ‘Kole & Konfyt‘ roosterkoeke en die potjies van Die kompetisie was sommer van vroeg af aan die gang.

Die gebak wat die ‘Soet Sondes‘ nagereg tafel, die ‘Kerrie ‘n bietjie‘ tafel, die jaffels tafel, die ‘Strooi & Rol‘ pannekoek tafel en die Teetuin se ‘Koek en klets‘ ingesluit het, het hard gewerk aan alles wat verkoop is. Alles is in goeie luim en met lekker kuier geniet.

Die ‘Skatte & Snaaksighede‘ wit Olifant tafel en boeketafel het goeie aftrek gekry van almal wat ‘n passie daarvoor het.

Die kinders het heerlik gespeel en was bedrywig om saam met ouers te kuier en die JAM kindertafel te ondersteun.

Dan was daar die heerlike ‘Kraakvars natuurlekkers’ vars groente tafel wat wonderlike vars produkte teen bekostigbare prys verkoop het.

Daar was ook ‘n uitstalling van hierdie jaar se truitjie projek opbrengs tot op datum, om alle toekomstige breiers ‘n voorsmaak te gee!

Dankie!

Die gemeente wil die Gemeentefees organiseerders bedank vir ‘n heerlike, suksesvolle dag.