Op Woensdag, 22 Julie 2026, doen die Ondersteuningsbediening, in samewerking met Seeds of Hope, dit weer.
Dit was ‘n heerlike oggend saam met Sing!, die Sanggroep van George,wat gereeld by ouetehuise optree. Saam met die pragtige Kersfees versierings van die tafels, die sop en vetkoek-vingers, is daar heerlik gekuier om die keurig gedekte tafels.
Sing! vra almal om saam te sing. Dit skep ‘n heerlike atmosfeer van meelewing en genot. Ook die uitdeel van geskenkies, herskep die atmosfeer van gee, so eie aan Kersfees.
Die musiek sleur Ons mee na lankvergete Kersfees Dae saam met familie, vriende en ander geliefdes. Dit was ‘n onvergeetlike belewenis.
Dankbaarheid gaan uit na al die vroue en man, van beide die Omgeebediening van die NG Kerk Groot-Brakrivier en Seeds of Hope, wat hard gewerk het om die oggend ‘n reuse sukses te maak.


