Afkondigings 17 – 21 Mei 2026

Sondag 17 Mei 2026 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 17:1-11.
  • Die tema van die prediking is:Vaderhart.
  • GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
  • Kategese.
  • Deuroffer tydens Pinkster vir Bybelgenootskap.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof Pinksterdiens om 10:00 – Ds Leon Cronje.
  • Daar is GEEN LEEFKerk vanaand nie.
  • Pinksterdiens om 18:00 in kerkgebou – Ds Leon Cronje.

Na die aanddiens kan u ’n koppie sop kom geniet in die kerksaal.

Pinkster 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Pinkster 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Woensdag 20 Mei 2026 :

  • GEEN Blokbyeenkoms as gevolg van Pinkster.
  • Kooroefening by die orrel om 16:30 (vroër agv Pinkster). Marida – Epos Kontak.
Verjaarsdae Week 17 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Verjaarsdae Week 17 van 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 24 Mei 2026 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen.
  • Pinksterfees & Nagmaal.
  • Kleuterkerk in die konsistorie.
  • GEEN Kategese.
  • Sinodale Offer vir Buitelandse Sending (Zimbabwe/Malawi/Mosambiek) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
  • Groenkloof Pinksterfees & Nagmaal om 10:15 – Ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen.
  • Daar is GEEN LEEFKerk vanaand nie agv die gesamentlike Pinkster afsluiting.

Gesamentlike Pinkster Afsluiting Sondag 24 Mei om 15:00 Gelei deur ds Leon Cronje AGS Kerk Groot-Brakrivier

U word genooi om die diens saam met ons by te woon.
Daar sal verskeie kore en ander items wees om die program vol te maak. 
Ons kom 14:30 hier by ons kerk bymekaar en vertrek dan saam na die AGS Kerk.

WhatsApp Broadcast Lists
WhatsApp Broadcast Lists

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 33, asook die antwoorde vir nommer 32 is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Dankies – Gemeentefees

Ons wil u graag in hierdie tyd bedank vir al u harde werk tydens ons gemeentefees. Ons is ook dankbaar vir elke bydrae.

Ons lof en dank aan die Here Jesus ons Here.

Eiendomsbediening :

Baie dankie vir u geduld met die stukkende plafon. Fout-opsporing is afgehandel en ’n kontrakteur is aangestel. Ons hoop om die herstelwerk binnekort af te handel.

Omgeebediening

Omgeebediening NG Kerk Groot-Brakrivier
Omgeebediening NG Kerk Groot-Brakrivier

Getuienisbediening :

Getuienisbediening Ontbyt 30 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier
Getuienisbediening Ontbyt 30 Mei 2026 NG Kerk Groot-Brakrivier

Deurlopende behoeftes vir Getuienisprojekte

Baie dankie vir al die kunsvlyt benodighede ontvang! Ons het vir eers genoeg voorraad.

Met die koue winterseisoen op hande is daar groot nood vir “duvet inners”, komberse en “duvet” oortreksels.

Baie dankie by voorbaat vir u omgee vir ons oupas en oumas in Wolwedans.

“As u woorde oopgaan, gee dit lig; dit gee insig aan onkundiges”
(Ps. 119:130 Afr20).

Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) – Nuut op 17 Mei  2026

  1. Erediensbediening:
    • Kry die skakel na die YouTube Erediens van 17 Mei 2026, deur ds Charné Viljoen.
    • Die skakel na die Hemelvaart diens van 14 Mei, gelei deur ds Leon Cronje, is beskikbaar.
    • Skakels na die Pinksterdienste, gelei deur ds Leon Cronje, van 17-21 Mei, sal op die webwerf beskikbaar wees.
  2. Getuienisbediening:
    • Die nuutste nuusbrief van Lynette uit Madagaskar is beskikbaar.
  3. Bybelstudiereekse:
    • Seisoene in die Kerkjaar: Hy het opgevaar, Hy heers, Hy tree in: Die Hemelvaart van ons Here Jesus Christus, is ‘n wonderlike toegeligte skrywe oor die Hemelvaart.
    • Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
    • Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Vervulling en Sekerheid”.
  4. Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.

FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBC Thailand

Die Bybel kan moeilik wees om te verstaan vir iemand uit ’n Boeddhistiese agtergrond. FEBC Thailand streef daarna om diesulkes tegemoet te kom deur aanlyn-Bybelopleiding in ’n eenvoudige formaat wat vir gelowiges met ’n Boeddhistiese agtergrond ontwerp is. Studente van alle ouderdomme en lewensweë (selfs gevangenes) leer hoe om die Bybel oor basiese temas, soos verlossing en die Drie-eenheid, te raadpleeg.

Ons gebed vir die week: Bid dat studente van FEBC Thailand se Bybel-korrespondensiekursus God se Woord as lewend en kragtig in hul lewens sal leer ken.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-posKontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:  
FNB tjekrekening
Rek Nr.  530 831 865 11
Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier