Sondag 24 Mei 2026 :
- Baie welkom by die erediens gelei deur ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen.
- Die tema van die prediking is:Ek glo in die Heilige Gees | ONS glo in die Heilige Gees.
- Pinksterfees & Nagmaal.
- Kleuterkerk in die konsisto rie.
- GEEN Kategese.
- Sinodale Offer vir Buitelandse Sending (Zimbabwe/Malawi/Mosambiek) by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof Pinksterfees & Nagmaal om 10:15 – Ds Leon Cronje & ds Charné Viljoen.
- Daar is GEEN LEEFKerk vanaand nie agv die gesamentlike Pinkster afsluiting.
Gesamentlike Pinkster Afsluiting Sondag 24 Mei om 15:00
Gelei deur ds Leon Cronje
AGS Kerk Groot-Brakrivier
U word genooi om die diens saam met ons by te woon.
Daar sal verskeie kore en ander items wees om die program vol te maak.
Ons kom 14:30 hier by ons kerk bymekaar en vertrek dan saam na die AGS Kerk.
DEUROFFER vir Buitelandse Sending
Zimbabwe, Malawi en Mosambiek
Die Sinode van Wes-Kaapland is al vir baie jare betrokke by die bediening van die evangelie in verskeie lande in Afrika. Hierdie werk het daartoe gelei dat selfstandige Gereformeerde susterkerke in Zimbabwe, Malawi en Mosambiek tot stand gekom het – kerke waarmee ons steeds in noue vennootskap saamwerk.
Malawi
Die NG Kerk se sendingwerk het reeds in die laat 1800’s in Malawi begin en het gelei tot die ontstaan van die Church of Central Africa Presbyterian (CCAP). Vandag is dit ’n groeiende kerk met ’n wesenlike invloed in gemeenskappe – nie net geestelik nie, maar ook deur onderwys, gesondheidsorg en gemeenskapsontwikkeling. Die Wes-Kaap Sinode ondersteun hierdie werk deur verhoudings, besoeke, bystand ten opsigte van teologiese opleiding en samewerking in bedieninge van die CCAP Nkhoma Sinode.
Zimbabwe
In Zimbabwe het die NG Kerk se sendingwerk gelei tot die vestiging van die Reformed Church in Zimbabwe (RCZ), asook die CCAP Harare Sinode. Hierdie sinodes funksioneer vandag selfstandig, maar bly deel van ’n familie van kerke wat mekaar ondersteun in getuienis, opleiding en sinodale projekte.
Mosambiek
In Mosambiek het sendingwerk gelei tot die vestiging van die Igreja Reformada em Moçambique (IRM). Die NG Kerk se betrokkenheid fokus vandag op ondersteuning deur vennootskappe, praktiese hulp aan die sinode, ondersteuning ten opsigte van mobiele klinieke en reaksie op noodsituasies (soos ramphulp ná siklone).
Hoekom neem ons kollekte op?
Die kollekte wat opgeneem word, ondersteun hierdie voortgaande vennootskappe. Dit help om:
- kerkleiers toe te rus
- gemeenskappe te ondersteun deur verskeie bedieninge- en ontwikkelingsprojekte
- en die evangelie sigbaar uit te leef in Afrika

Dinsdag 26 Mei 2026 :
- Die Kerkraad vergader om 17:30 in lokaal 6 onder voorsitterskap van Willem du Preez. Ons vra asb u voorbidding vir die vergadering.
Woensdag 27 Mei 2026 :
- 16:00 Blokbyeenkoms Blok 23 (Groenkloof Reebok) & Blok 24 (Reebok Village) by Groenkloof Reebok se eetsaal. Heloïse van der Merwe – Kontak ons vorm.
- Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak ons vorm1.
Donderdag 28 Mei 2026 : Bloedskenk

Saterdag 30 Mei 2026 :
- “ ’n Seisoen van Konflik, ’n Seisoen van Geleenthede” ontbyt in die kerksaal om 08:30 vir 09:00 (slegs vir persone wat bespreek het).
Sondag 31 Mei 2026 :
- Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
- GEEN Kleuterkerk. Ouers welkom saam met kinders in die konsistorie.
- Biddag vir Ekologie.
- Kategese.
- Spesiale Offer vir Ramot by die deure.
- Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens.
- Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
- LEEFKerk om 17:00 in die kerksaal – Ds Charné Viljoen.

Nuwe Lidmate 2026:
Fred, Joice, Henry-James & Anchè Stephens van Bloemfontein: Blok 11 (Sandhoogtepad)
Baie welkom by ons gemeente.
Omgeebediening

Eiendomsbediening :
Baie dankie vir u geduld met die stukkende plafon. Fout-opsporing is afgehandel en ’n kontrakteur is aangestel. Ons hoop om die herstelwerk binnekort af te handel.
Getuienisbedieing

BLOKINDELING
Die nuwe blokindeling is weer beskikbaar in die voorportaal indien u nog nie weet in watter blok u val nie.
Die Webtuiste (nggrootbrak.co.za) – Nuut op 24 Mei 2026
- Erediensbediening:
- Kry die skakel na die YouTube Erediens van 24 Mei 2026, deur ds Leon Cronje en ds Charné Viljoen.
- Skakels na die Pinksterdienste (van 17 tot 21 Mei), gelei deur ds Leon Cronje, is op die Webtuiste beskikbaar.
- Getuienisbediening:
- Die nuutste nuusbrief van Lynette uit Madagaskar is beskikbaar.
- Bybelstudiereekse:
- ‘Skep asem vir vandag’ is ‘n heerlike positiewe begin vir elke dag.
- Die Weeklikse: Stof tot nadenke se tema is: “Loof en Prys Hom!”.
- Die weeklikse Afkondigings,asook Lief en Leed is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
FEBA RADIO SA: Ons bid vir die FEBA-luisteraars
“Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid” (2 Kor. 3:17 Afr20).
Soos God belowe het, het Hy die Heilige Gees gestuur as Helper, Raadsman en Trooster van gelowiges. FEBA se bediening sou nutteloos wees sonder die Heilige Gees se werk, wat mense in staat stel om die evangelie te hoor en te verstaan.
Ons gebed vir die week: Prys God dat Hy die Gees van waarheid gegee het om ons te help bid. Bid dat Hy in luisteraars se harte sal werk waar hulle ookal vandag ’n FEBA-uitsending hoor en hulle sal aanspoor om oor te gee aan Christus.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.
Eredienste:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Kategese:
Junie, Julie en Augustus Sondae 10:00
Res van die jaar Sondae 09:00
Leraars:
Ds. Charné Viljoen
Ds Leon Cronje
Kassiere:
Alfreda Stander
Skriba:
Carmi Kriel
Kerkkantoor
Telefoon: 044 620 2205
Faks: 044 050 1532
e-pos: Kontak ons vorm
webblad: www.nggrootbrak.co,za
Kantoorure: Maandag, Woensdag en Vrydag vanaf 08h30 tot 12h30
Bankbesonderhede:
FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314



