Week 7 Dag 33 – Vir burgers van die Koninkryk – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 7 Dag 33 Kinders van God is koningskinders - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Die Bybel sê: “Julle daarenteen is die uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig” (1 Pet 2:9).

Gebed

Wat ’n toesegging! Watter groot genade! Buig voor dié God wat ook vir jou van ewigheid af liefhet en geroep het uit die duisternis tot sy wonderbare lig en verootmoedig jou voor Hom in aanbidding.

Lees die Skrif

Lees 1 Pet 2:1-10; Gal 4:1-7.

1 Pet 2:1-10;

21Lê daarom alles wat sleg is, en alle bedrog en geveinsdheid en jaloesie, en alle geskinder af, 2en smag soos pasgebore babatjies na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan groei, met die oog op julle verlossing, 3noudat “julle die goedheid van die Here gesmaak het”.

4Kom na Hom toe, die lewende klip, wat wel deur mense afgekeur is, maar voor God uitverkore, en vir Hom kosbaar is; 5en laat julle as lewende klippe opbou tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat, deur Jesus •Christus, vir God aanneemlik is. 6Daar staan immers in die Skrif:

“Kyk, Ek sit in Sion ‘n klip neer,
‘n hoeksteen, uitverkore en kosbaar;
maar wie in Hom glo,
sal vir seker nie beskaamd staan nie.”
7Daarom is dit kosbaar vir julle wat glo, maar vir ongelowiges geld,
“Juis die klip wat die bouers afgekeur het,
het die hoeksteen geword,”8en
“’n klip waaroor ‘n mens kan struikel,
ja, ‘n rots wat jou kan laat val.”Hulle struikel, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is; hulle was daartoe bestem.

9Julle, egter, is “’n uitverkore geslag”, “’n koninklike priesterdom”, “’n heilige nasie”, “’n volk wat aan God behoort”, “sodat julle die deugde kan verkondig” van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderlike lig –

10julle wat eers nie ‘n volk was nie,
maar nou volk van God is;
wat eers nie ontferming ontvang het nie,
maar nou ontferming ontvang het.

Gal 4:1-7

41Hiermee bedoel ek: Solank as die erfgenaam nog minderjarig is, verskil hy niks van ‘n slaaf nie, alhoewel hy die eienaar van alles is. 2Maar hy staan onder die beheer van voogde en bestuurders, tot die tyd aanbreek wat deur sy vader bepaal is. 3Net so is dit ook in ons geval: Toe ons nog minderjarig was, was ons as slawe onderwerp aan die elementêre beginsels van die wêreld;

4maar toe die tyd vervul is,
het God sy Seun uitgestuur,
gebore uit ‘n vrou,
gebore onder die wet,
5sodat Hy dié onder die wet
kon loskoop,
sodat ons as sy kinders
aangeneem kon word.
6En omdat julle sy kinders is,
het God die Gees van sy Seun
uitgestuur tot in ons harte,
die Gees wat roep: “Abba, Vader!”
7Jy is dus nie meer slaaf nie,
maar seun;
en as jy seun is,
is jy ook erfgenaam deur God.

Eergister het ons gedink oor die Koninkryk en gister oor die Koning. Jy behoort daarvan oortuig te wees dat die Koning en die Koninkryk nie sommer net ’n manier is om iets van ons verstaan van die Bybel te illustreer nie. Nee, dit gaan oor veel meer as dit!

Skryf / Vul in

Hoe voel jy oor die stelling wat deur baie teoloë gemaak word, dat die Koning en die Koninkryk in die sentrum van ons geloofslewe lê? Sommige is nog meer uitgesproke daaroor – hulle sê dat ons weinig of niks van die evangelie verstaan as ons nie die perspektief van die Koning en die Koninkryk verstaan nie. Iemand anders beweer dat elke uitspraak en optrede van Jesus se aardse bediening net reg verstaan kan word as dit binne die konteks van die Koninkryk geïnterpreteer word. Toets hierdie stelling gerus! Wat dink jy daarvan? Skryf jou gedagtes neer


Vandag gaan ons ’n stap verder. God neem ons aan (Gal 4:3-7). Ons is Koningskinders. Dit is baie duidelik in die Bybel dat God ons wil gebruik om in die wêreld en in sy Koninkryk die wonder van sy Naam te verkondig. Ons is medewerkers in diens van die Koning. Ons word geroep tot ’n lewe van lof en aanbidding. Dis ons bestaansdoel! Ons voer dit uit deur alles wat ons doen. As kinders van die Koninkryk is ons ook erfgename – erfgename van dit wat die Bybel met die woord heerlikheid beskryf. Die inhoud wat deur hierdie woord geïmpliseer word, kan ons nie werklik vasvat nie – ons kan maar net daaroor peins en wonder Die woord is verwant aan uitdrukkings soos: oorvloed, rykdom, welvaart, prag, praal, majestieus, ens. Dit is God se wil dat sy grootheid, almag en heerlikheid sigbaar sal word in en deur ons lewens. Om dus passief te wees en so elke nou en dan ons Sondaglewens ten toon te stel, is nie Bybels nie. Ons is geroep om as God se medewerkers in die wêreld betrokke te raak, sodat die Koninkryk van God op alle lewensterreine kan kom (2 Kor 6:1 1As medewerkers van God doen ons ‘n ernstige beroep op julle om nie die genade van God tevergeefs te ontvang nie!).

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Ps 50:14; 119:175; Rom 8:15-17; 1 Kor 3:9; Ef 1:4-6.

Ps 50:14;

14Offer dank aan God,
betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.

Ps 119:175;

175Hou my lewend
sodat ek U kan loof
en laat u beslissings my help.

Rom 8:15-17;

15Julle het immers nie ‘n Gees ontvang wat verslawing bring, sodat julle weer bang hoef te wees nie; nee, julle het die Gees ontvang wat bevestig dat ons tot kinders aangeneem is, en deur Hom roep ons “Abba, Vader!” 16Die Gees self getuig teenoor ons gees dat ons kinders van God is. 17Maar as ons kinders is, is ons ook erfgename – erfgename van God en mede-erfgename met Christus mits ons inderdaad saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

1 Kor 3:9;

9Ons is medewerkers van God; julle is God se saailand, God se bouwerk.

Ef 1:4-6.

4So het Hy ons voor die grondlegging van die wêreld in Hom uitgekies,
sodat ons heilig en onberispelik in liefde voor Hom sou wees,
5nadat Hy ons voorbestem het om ons deur Jesus Christus as sy kinders aan te neem,
soos Hy dit volgens sy wil goedgedink het,
6tot lof van die heerlikheid van sy genade,
waarmee Hy ons in die Geliefde begenadig het.

Dink na / Besin

Dink oor die Skrifgedeelte waarmee ons vandag begin het. Lees dit weer deur en merk die woorde wat vir jou uitstaan: “Julle daarenteen is die uitverkore volk, ’n koninklike priesterdom, ’n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig” (1 Pet 2:9 9Julle, egter, is “’n uitverkore geslag”, “’n koninklike priesterdom”, “’n heilige nasie”, “’n volk wat aan God behoort”, “sodat julle die deugde kan verkondig” van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderlike lig –).

Skryf / Vul in

Die volgende woorde kan ons nie mislees nie: (Vgl ook Kol 3:1-17.)

  • Uitverkore;
  • Koninklike priesterdom;
  • Vir God afgesonder;
  • Eiendom van God;
  • Verkondigers van sy verlossingsdade;
  • Hét geleef in duisternis;
  • Hy roep ons; en
  • Nou leef ons in sy wonderbare lig

Kol 3:1-17
31As julle dan saam met •Christus opgewek is, streef na dit wat daarbo is, waar Christus aan die regterhand van God sit. 2Bedink die dinge daarbo, nie die dinge op aarde nie. 3Julle het immers gesterf, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4Wanneer Christus verskyn, Hy wat julle lewe is, sal julle ook saam met Hom in heerlikheid verskyn. 5Daarom moet julle daardie deel van julle wat op die aardse gerig is, doodmaak: onsedelikheid, onreinheid, wellus en slegte begeertes, en ook gierigheid, wat afgodediens is. 6As gevolg van sulke dinge, kom die toorn van God oor die seuns van die ongehoorsaamheid. 7Ook julle het vroeër daaraan meegedoen, toe julle nog onder hulle geleef het. 8Maar raak ook julle van al hierdie dinge ontslae: woede, driftigheid, kwaadwilligheid, lastering, en onwelvoeglike taal wat uit julle mond kom. 9Moenie vir mekaar lieg nie, aangesien julle die ou mens en sy gewoontes uitgetrek het, 10en die nuwe mens aangetrek het, wat tot volle kennis en na die beeld van sy Skepper vernuwe word. 11By die nuwe mens is daar nie onderskeidings soos Griek of Jood, besnedene of onbesnedene, barbaar of Skittiër, slaaf of vry persoon nie, maar Christus is alles en in almal. 12Daarom, omdat julle God se uitverkore •heiliges en geliefdes is, beklee julleself met innige meelewing, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld. 13Verdra mekaar en, as enigiemand ‘n klagte teen iemand anders het, vergewe mekaar. Soos die Here julle vergewe het, so moet julle ook vergewe. 14Maar beklee julle, bo en behalwe al hierdie dinge, met die liefde, wat die band is wat alles volmaak saambind. 15Verder, laat die vrede van Christus in julle harte regeer. As lede van een liggaam, is julle juis daartoe geroep. En wees dankbaar. 16Laat die woord van Christus in sy volle rykdom in julle woon. Leer en vermaan mekaar, in alle wysheid, deur met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God te sing. 17En wat julle ook al doen, in woord of daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, terwyl julle God die Vader deur Hom dank.


Gebed

Ek wil hê jy moet elkeen van hierdie stellings bedink, daaroor bid en dit dan emosioneel aan jouself verbind, want dit is van sy mense wat God hier deur Petrus praat – dis van jou wat Hy hier praat!

  • Uitverkore;
  • Koninklike priesterdom;
  • Vir God afgesonder;
  • Eiendom van God;
  • Verkondigers van sy verlossingsdade;
  • Hét geleef in duisternis;
  • Hy roep ons; en
  • Nou leef ons in sy wonderbare lig
Skryf / Vul in

Dalk lê die Here iets op jou hart wanneer jy daarmee besig is – skryf dan jou gewaarwording, of besluit, langsaan die toepaslike stelling.


Week 7 Dag 33 Kinders van God is koningskinders
Week 7 Dag 33 Kinders van God is koningskinders

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 132 -134
Lees gerus ook Ps 50:21; Kol 4:11; Jak 2:5.

Ps 50:21;

21Hierdie dinge het jy gedoen,
maar Ek het stilgebly.
Jy het gedink Ek is net soos jy!
Ek gaan jou teregwys
en vir jou die saak duidelik uiteensit.

Kol 4:11;

11Dieselfde geld ook Jesus, wat Justus genoem word. Van diegene wat uit die besnydenis kom, is hulle die enigste medewerkers vir die •koninkryk van God, en hulle het ‘n troos vir my geword.

Jak 2:5.

5Luister, my geliefde broers, het God nie die armes in die wêreld gekies om ryk in die geloof te wees nie? En om erfgename te wees van die koninkryk wat Hy beloof het aan hulle wat Hom liefhet nie?

Wenk

WENK: As daar vandag vir jou een kernwoord uitgestaan het, skryf dit op ’n kaartjie en dra dit in jou sak styf teenaan jou lyf. Haal dit kort-kort uit en kyk daarna; dink daaroor en dank die Here daarvoor! As jy meer onkonvensioneel of waaghalsig wil wees – skryf die woord met ’n pen in jou handpalm of op jou pols – jy gaan dan kort-kort daaraan herinner word! As jy jonk van gees is – sit dit op jou selfoon se reminder en herinner jouself later vandag weer aan hierdie waarheid.
(Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.)

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 7 Dag 32 – ‘n Koning – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 7 Dag 32 God is die groot Koning - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Jesus sê: “Die Koninkryk van die hemel is soos ’n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het. Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar as dit uitgegroei het, is dit groter as die tuinplante en word dit ’n boom sodat die voëls in sy takke kom nes maak” (Matt 13:31-32)

Matt 13:31-32

31Hy het nog ‘n gelykenis aan hulle voorgehou: “Die •koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand geneem en in sy tuin geplant het. 32Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar wanneer dit gegroei het, is dit die grootste van al die tuinplante en word dit ‘n boom, sodat die voëls van die hemel in sy takke kom nesmaak.”

en ook “Here, ons God, U is waardig om die heerlikheid en die eer en die mag te ontvang.” (Vgl. Op 4:11; Ps 24:7-10.)

Op 4:11;

11“U is waardig, ons Here en God,
om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang,
omdat U alle dinge geskep het;
deur u wil het alles ontstaan,
is dit geskep.”

Ps 24:7-10

7Lig op julle koppe, poorte,
ja, lig julleself op, ewige ingange,
sodat die roemryke Koning
kan ingaan.
8Wie is hierdie roemryke Koning?
Die Here, magtig en heldhaftig,
die Here, heldhaftig in die stryd.
9Lig op julle koppe, poorte,
ja, lig op, ewige ingange,
sodat die roemryke Koning
kan ingaan.
10Wie is Hy,
hierdie roemryke Koning?
Die Here, Heerser oor alle magte,
Hý is die roemryke Koning. Sela

Gebed

Dis nodig dat jy jouself instel om in die teenwoordigheid van hierdie magtige Koning te kom – op ’n spesiale manier – asof in sy troonkamer. Lees gerus die eerste paar verse van Jesaja 6 voordat jy aangaan. Lees dit enkele kere deur en laat die visie van Jesaja jou bewus maak van die Een in wie se teenwoordigheid jy is.

Jesaja 6

61In die sterfjaar van koning Ussia het ek my Heer sien sit op ‘n hoë en verhewe troon. Die some van sy kleed het die •tempel gevul. 2Serafs het bo Hom gereedgestaan. Elkeen het ses vlerke gehad: Met twee vlerke het elkeen sy gesig bedek, met twee het hy sy voete bedek en met twee kon hy vlieg. 3Hulle het na mekaar geroep en gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here, Heerser oor alle magte! Die hele aarde is vol van sy heerlikheid.” 4Die deurpenne in die drumpel het gebewe van die geluid van die een wat roep. Die tempel het vol rook geword.

5Ek het gesê:
“Wee my, want ek is verlore!
Want ek is ‘n mens
met onrein lippe,
en by ‘n volk met onrein lippe
woon ek.
Ja, my oë het die Koning,
die Here, Heerser oor alle magte,
gesien.”

6Een van die serafs het na my toe gevlieg met ‘n gloeiende kool by hom wat hy met ‘n tang van die altaar af geneem het. 7Hy het my mond aangeraak en gesê:

“Kyk, dit het jou lippe aangeraak,
jou sondeskuld het gewyk,
daar is vir jou sonde
versoening gedoen.”

8Toe hoor ek die stem van my Heer wat sê:
“Wie sal Ek stuur
en wie sal vir ons gaan?”

Ek sê toe:
“Hier is ek, stuur my!”

Bring lof aan die Koning; betuig jou liefde teenoor Hom en raak bewus van sy onvergelykbare liefde vir jou. Praat met Hom – verlustig jou in Hom (Spr 8:30)!

Spr 8:30

30was ek ‘n lieflingskind aan sy sy –
ek was dag ná dag sy vreugde,
terwyl ek die hele tyd
voor Hom speel.

Luister na lied

Luister na snit 10 (IMMANUEL, GOD REGEER) op die ingeslote CD.

IMMANUEL, GOD REGEER-Johann Botes

IMMANUEL, GOD REGEER-Johann Botes

IMMANUEL, GOD REGEER-Johann Botes

In die vroegheid van die môre
Klink my lied na U o Heer
Al my lof en al my dank
My aanbidding meer en meer
My Koning is in die hemel
My lewe is in sy hand
Immanuel, God regeer

Hy’s almagtig, Hy is Here
Openbaar sy Majesteit
Al my liefde, my aanbidding
Na die God van ewigheid
My hart, my siel, my liggaam
Ja my lewe tot u eer
Immanuel, God regeer

Halleluja, Amen!

Skryf / Vul in

As jy dink aan ’n koning – watter gedagtes kom by jou op? Skryf
kernwoorde waaraan jy kan dink neer.


Lees die Skrif

Lees Matt 13:31-33, 44-49; Op 4:1-11

Matt 13:31-33, 44-49;

31Hy het nog ‘n gelykenis aan hulle voorgehou: “Die •koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaadjie wat iemand geneem en in sy tuin geplant het. 32Dit is die kleinste van al die soorte saad, maar wanneer dit gegroei het, is dit die grootste van al die tuinplante en word dit ‘n boom, sodat die voëls van die hemel in sy takke kom nesmaak.”

33Hy het nog ‘n gelykenis vir hulle vertel: “Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ‘n vrou geneem en in drie saton koringmeel ingewerk het, totdat dit heeltemal deursuur is.”

44“Die •koninkryk van die hemele is soos ‘n skat wat in die veld begrawe lê. ‘n Man het dit ontdek en weer toegegooi. Uit blydskap gaan verkoop hy alles wat hy het en koop daardie grond.

45“Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n handelaar op soek na goeie pêrels. 46Toe hy een baie kosbare pêrel vind, het hy gegaan en alles wat hy gehad het, verkoop en dit gekoop.

47“Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n treknet wat in die see uitgewerp is en van elke soort vis gevang het. 48Toe dit vol was, het hulle dit op die strand getrek. Hulle het toe gaan sit en die goeies in houers bymekaargemaak, maar die slegtes uitgegooi. 49So sal dit wees by die voleinding van die tyd: Die engele sal uitgaan, en hulle sal die bose mense tussen die •regverdiges uithaal

Op 4:1-11

1Hierna het ek gesien, en kyk, ‘n deur wat in die hemel geopen is, en die stem wat ek voorheen so hard soos ‘n basuin met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen, en Ek sal aan jou wys wat hierna moet gebeur.” 2Onmiddellik het die Gees van my besit geneem, en kyk, daar was ‘n troon in die hemel, en Iemand wat op die troon sit. 3Die Een wat daarop sit, se voorkoms was soos •jaspis en •karneool, en rondom die troon was daar ‘n reënboog wat net soos •smarag lyk.

4Rondom die troon was daar vier-en-twintig trone, en op die trone het vier-en-twintig ouderlinge gesit. Hulle het wit klere gedra, met goue krone op hulle koppe. 5Vanuit die troon het daar weerligstrale, dreunings en donderslae gekom. En voor die troon het sewe vuurfakkels gebrand – die sewe Geeste van God. 6Voor die troon lyk dit soos ‘n see van glas, net soos kristal.

In die middel van die troon en rondom die troon staan daar vier lewende wesens, vol oë aan die voorkant en agterkant. 7Die eerste lewende wese lyk net soos ‘n leeu; die tweede lewende wese net soos ‘n kalf; die derde lewende wese het ‘n gesig net soos ‘n mens, en die vierde lewende wese lyk net soos ‘n arend wat vlieg. 8Die vier lewende wesens het elkeen ses vlerke, wat reg rondom en aan die binnekant vol oë is. Sonder om te rus, herhaal hulle dag en nag:

“Heilig, heilig, heilig
is die Here God, die Almagtige,
Hy wat was en wat is en wat kom.”

9En telkens wanneer die lewende wesens heerlikheid en eer en dank bring aan Hom wat op die troon sit, aan Hom wat vir ewig en ewig leef, 10val die vier-en-twintig ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir ewig en ewig leef, en sit dan hulle krone voor die troon neer, terwyl hulle sê:

11“U is waardig, ons Here en God,
om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang,
omdat U alle dinge geskep het;
deur u wil het alles ontstaan,
is dit geskep.”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Ps 22:28-32; 101:6-8

Ps 22:28-32;

28Almal tot aan die uithoeke
van die aarde
moet daaraan dink
en hulle tot die Here bekeer.
Al die familiegroepe van die nasies
moet voor U in aanbidding buig;
29want aan die Here
behoort die koningskap,
en Hy heers oor die nasies.
30Ja, voor Hom sal almal
wat oordadig leef,
in aanbidding neerbuig;
voor Hom sal alle sterflinge kniel,
elkeen wat nie die lewe kan behou nie.
31‘n Nageslag sal Hom dien;
hulle sal van my Heer vertel
aan die volgende geslag.
32Hulle sal kom en sy geregtigheid
bekend maak aan mense
wat nog gebore moet word:
Hy het dit gedoen.

Ps 101:6-8

6Ek is op die uitkyk
vir betroubares in die land,
sodat hulle by my kan bly;
wie ‘n onberispelike lewenswyse
handhaaf, hulle mag my dien.
7Daar sal niemand in my huis
woon wat bedrog pleeg nie.
Wie leuens vertel,
sal nie voor my oë standhou nie.
8Elke môre sal ek al die goddeloses
in die land vernietig,
om so almal wat onreg pleeg,
uit die stad van die Here uit te roei.

In sy Koninkryk is dit God wat laat groei en wat seën (1 Kor 3:5-7).

1 Kor 3:5-7

5Wat is Apollos nou eintlik? En wat is Paulus? Hulle is dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, soos die Here dit vir elkeen van hulle gegee het. 6Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar God het laat groei. 7Daarom is nóg hy wat plant, nóg hy wat natgooi iets, maar slegs God wat laat groei.

Jesus se storie oor die mosterdsaadjie verduidelik dit baie mooi. Jesus verwys hier na ’n Joodse spreekwoord vir iets wat onbeduidend klein is. (Nie letterlik nie!) Kleinste van alles ; onbenullig – en daaruit laat God ’n boom spruit waarin voëls kan rus met takke waartussen hulle kan skuil. So handel God – soms is die begin oënskynlik uiters nietig en onbenullig, maar as Hy eers handel, word daardie onbenullige saak ’n verstommende wonder.

Dink na / Besin

Dink aan so ’n voorbeeld waarvan jy weet, of wat jy dalk self beleef het. Skryf dit op die week se groepgesprekblad (p 131) neer, sodat jy dit teen die einde van die week by die groepgesprek kan vertel.

Dit is God wat met ’n klein begin sy groot Koninkryk vestig. Juis daarom moet ons al hoe meer God-gerig lewe; al hoe minder vanuit onsself en al minder probeer om self God te wil wees. Ons is in God se diens. Hy laat groei en Hy laat sy Koninkryk kom.

Skryf / Vul in

Wat dink jy beteken hierdie tweede bede van die Ons Vader gebed in die praktyk (Matt 6:10)?

Matt 6:10

10Laat u koninkryk kom.
Laat u wil geskied,
soos in die hemel, so ook op die aarde.


Op baie plekke in die Ou Testament (oa Ps 21; 45; 72) word verwys na die heerlikheid van die koning. Telkens staan ons verstom oor die heerlikheid van die aardse konings waarvan ons in die Bybel lees – oor hulle swier, prag en praal. In hierdie Skrifgedeeltes word die koning beklee met heerlikheid en erken as die koning, as die gesalfde van die Here. Die beeld van die koning word ook verder gebruik om na die Groot Koning te verwys. Die Here is die groot Koning, die ware Koning, wat heers oor die konings van die wêreld en oor die konings van Israel (Ps 24:10 10Wie is Hy, hierdie roemryke Koning? Die Here, Heerser oor alle magte, Hý is die roemryke Koning. Sela”). Die gesalfde van Israel is maar slegs in diens van die ware Koning, die ware Here wat oor hulle heers. Die gesalfde koning van Israel, moet dus ook buig voor die ware Koning. Die Here is die Koning van sy Koninkryk. Hierdie beeld word gebruik om die majesteit en die heerlikheid van God te beklemtoon. Uit hierdie gedeeltes kan ons aflei hoe groot en heerlik die majesteit van God werklik is. (As jy kan, kyk gerus na die grootsheid van die skepping van die grote en onbeskryflike God, soos gevind op die Indescribable en How great is our God-reeks DVD s van Louie Giglio.)

Week 7 Dag 32 Galaxies
Week 7 Dag 32 Galaxies

As ons na die groter prentjie van getuienis kyk, is dit baie duidelik dat ons in afhanklikheid van God moet lewe. Dit is glashelder en onmiskenbaar, dat God die wêreld deur sy Koninkryk wil verander. Dit geld ook die feit dat ons nooit ’n nuwe wêreld sal kry indien God dit nie deur die werking van sy Heilige Gees doen nie. Daarom moet ons biddend vertrou dat die Koninkryk van God in hierdie wêreld sal kom, sodat God se Naam verheerlik sal word. (Vgl Matt 6:9- 13; Jes 42:8; 48:11; Eseg 20:9.)

Matt 6:9- 13;

9“Só moet julle dan bid:
“Ons Vader wat in die •hemele is,
laat u Naam geheilig word.
10Laat u koninkryk kom.
Laat u wil geskied,
soos in die hemel, so ook op die aarde.
11Gee ons vandag ons daaglikse brood.
12En vergeef ons ons skulde,
soos ook ons hulle vergeef
wat teenoor ons skuldig staan.
13En bring ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. •Amen.

Jes 42:8;

8Ek is die Here, dit is my Naam.
My heerlikheid sal Ek nie afstaan
aan ‘n ander nie,
my roem nie aan gesnede beelde nie.

Jes 48:11;

11Ter wille van Myself,
ja, ter wille van Myself
tree Ek op.
Want hoe sou my Naam
nie ontheilig word nie!
En my heerlikheid –
aan geen ander sal Ek dit gee nie.

Eseg 20:9

9Maar Ek het toe ter wille van my Naam opgetree, sodat dit nie ontheilig sou word in die oë van die nasies tussen wie hulle was nie – die nasies voor wie se oë Ek My aan Israel bekend gemaak het met die belofte om hulle uit Egipteland uit te lei.

’n Laaste gedagte. Ons deelwees van God se Plan, is in die liefde gewortel. Dis juis waarom ons na ander mense uitreik – om God se liefde aan hulle te demonstreer, sodat hulle uit die duisternis tot sy wonderbare lig kan kom. Jesus is die Koning van hierdie unieke Koninkryk wat liefde demonstreer. Dit is waarom Hy gekom het: “Want God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê” (Joh 3:16; 20:21).

Ons burgerskap van hierdie radikaal anderse Koninkryk, word hoofsaaklik op 2 maniere uitgeleef:

  1. Deur betoning van liefde.
  2. Deur die heerlikheid van die ware Koning te vertoon.

Dien en volg jy die Koning met passie? Is sy eer vir jou ’n prioriteit? Is jy dalk
soms aandadig aan ’n subtiele, of meer openlike, paleisrewolusie?

Skryf / Vul in

Hoe voel jy oor die volgende opmerking van Andrew Murray: “Dit is geen wonder dat daar min entoesiasme vir die Koninkryk is nie – daar is dan so min entoesiasme vir die Koning!”


Gebed

Buig nou weer in aanbidding voor hierdie waardige God en Koning. Loof Hom, eer Hom, prys Hom, besing sy grootheid, sy almag, sy liefde en trou, sy genade en voorsiening. Erken dat Hy Koning is – ook in jou lewe!

Week 7 Dag 32 God is die groot Koning
Week 7 Dag 32 God is die groot Koning
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 126-137
Lees gerus ook Neh 9:34-37; Spr 16:10-15; 21:1; 22:8; 25:4-5; 29:12, 14, 16; 31:4-9; Pred 4:13-16.

Neh 9:34-37;

34Ons konings en leiers,
ons priesters en voorouers
het u wet nie uitgevoer nie.
Hulle het nie ag geslaan
op u gebooie en bepalings
waarmee U hulle gewaarsku het nie.
35Hulle het, met hulle eie koninkryk,
te midde van u groot goedheid
wat U aan hulle geskenk het,
en in die wye en vrugbare land
wat U vir hulle aangebied het,
U nie gedien nie;
hulle het nie weggedraai
van hulle bose dade nie.
36“Kyk, ons is vandag slawe;
die grond wat U aan ons voorouers
gegee het om die vrugte
en die goeie daarvan te geniet –
kyk, ons is slawe daarop.
37Die opbrengs daarvan word meer
vir die konings wat U oor ons
gestel het –
en dit as gevolg van ons sondes.
Oor ons liggame heers hulle,
ook oor ons vee, soos hulle wil.
Ons verkeer in groot nood.”

Spr 16:10-15;

10‘n Orakelspreuk is op die lippe
van ‘n koning;
by ‘n vonnis mag sy mond
nie ontrou wees nie.
11 ‘n Skaal, ‘n betroubare weegskaal,
is van die Here;
al die gewigte in die sak
is sy handewerk.
12Afstootlik vir konings
is die pleeg van ‘n goddelose daad,
want deur geregtigheid
staan ‘n troon vas.
13Regverdige lippe
stel konings tevrede,
en hulle het die een lief
wat die regte dinge sê.
14Die woede van ‘n koning
is ‘n boodskapper van die dood,
maar ‘n wyse mens
bring dit tot bedaring.
15In die stralende gesig
van ‘n koning is daar lewe,
en sy goedkeuring is soos die wolke
van laatreëns.

Spr 21:1;

1Die koning se hart is waterstrome
in die hand van die Here:
Hy lei dit waarheen Hy wil.

Spr 22:8;

8Wie onreg saai, sal boosheid oes,
en die lat van sy woedebui
sal tot niet gaan.

Spr 25:4-5;

4Verwyder die metaalskuim
uit silwer,
dan kom daar reeds ‘n kruik uit
vir die silwersmid.
5Verwyder ‘n goddelose
voor die koning,
dan is sy troon reeds
in geregtigheid gevestig.

Spr 29:12, 14, 16;

12‘n Heerser wat luister na leuentaal –
almal wat in sy diens is, is goddeloos.

14‘n Koning wat armes billik oordeel –
sy troon sal vir altyd standhou.

16Wanneer goddeloses meer word,
neem oortredings toe;
maar regverdiges sal hulle val beleef.

Spr 31:4-9;

4Dit is vir konings nie gepas nie,
Lemuel,
dit is vir konings nie gepas
om wyn te drink nie,
vir hooggeplaastes om te wees
waar daar sterk drank is nie.
5Anders drink hy, en vergeet
wat as voorskrifte neergelê is,
en skend hy die regte
van al die magteloses.
6Gee sterk drank aan die een
wat ten gronde gaan,
en wyn aan mense
met verbitterde siele.
7Laat hy drink en sy armoede
vergeet,
sy swaarkry nie meer onthou nie.
8Maak jou mond oop
vir die stemlose,
vir die regsaak van almal
wat wegkwyn.
9Maak jou mond oop,
oordeel regverdig,
en handhaaf die reg
van die magtelose en behoeftige

Pred 4:13-16

13‘n Arm, maar wyse jong man
is beter as ‘n ou, maar dwase
koning wat nie meer weet
om op ‘n waarskuwing
ag te slaan nie,
14al het die jong man
uit die tronk gekom
om koning te word,
selfs al is hy arm gebore
in die koning se ryk.
15Ek het gesien dat almal wat leef,
wat onder die son beweeg,
die tweede jong man
wat in sy plek gekom het, volg.
16Daar was nie ‘n einde
aan al die mense
wat elke vorige koning
ondersteun het nie;
tog sal die mense in die toekoms
nie oor die jong man
verheug wees nie.
Ja, ook dit is sinloos
en die najaag van wind.

Kyk gerus ook die film Facing the Giants

Wenk

WENK: Maak vandag ’n kaartjie met die eenvoudige, maar ingrypende, stelling daarop: Jesus is Koning. Dra dit saam met jou en sit dit op plekke neer waar jy besig is, sodat jy voortdurend daaraan herinner kan word. (Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.)

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 7 Dag 31 – Uit die mode – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 7 Dag 31 God se koningkryk is omvattend - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Die Bybel sê Jesus het sy dissipels leer bid: Laat u Koninkryk kom.

Gebed

Verbeel jou jy is een van Jesus se dissipels wat Hom gevra het om julle te leer bid. Bid dan Matt 6:9-13 asof vir die eerste keer en in afhanklikheid van Hom.

Matt 6:9-13

9“Só moet julle dan bid:

“Ons Vader wat in die •hemele is,
laat u Naam geheilig word.
10Laat u koninkryk kom.
Laat u wil geskied,
soos in die hemel, so ook op die aarde.
11Gee ons vandag ons daaglikse brood.
12En vergeef ons ons skulde,
soos ook ons hulle vergeef
wat teenoor ons skuldig staan.
13En bring ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. •Amen.

Lees die Skrif

Lees Matt 5:3-12; Joh 15:9-17

Matt 5:3-12;

3“Gelukkig is die armes van gees,
want aan hulle behoort
die •koninkryk van die hemele.
4Gelukkig is dié wat treur,
want hulle sal vertroos word.
5Gelukkig is die sagmoediges,
want hulle sal die aarde erf.
6Gelukkig is dié wat honger en dors na •geregtigheid,
want hulle sal versadig word.
7Gelukkig is die barmhartiges,
want hulle sal barmhartigheid ontvang.
8Gelukkig is dié wat suiwer van hart is,
want hulle sal God sien.
9Gelukkig is die vredemakers,
want hulle sal kinders van God genoem word.
10Gelukkig is dié wat vervolg word
ter wille van geregtigheid,
want aan hulle behoort
die koninkryk van die hemele.
11Gelukkig is julle wanneer die mense julle om My ontwil beledig en vervolg en vals beskuldig van alles wat sleg is.
12Wees bly en jubel, omdat julle beloning groot is in die hemele. Hulle het immers die profete vóór julle net so vervolg.”

Joh 15:9-17
LIEFDE VIR MEKAAR
9“Net soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Bly dan in my liefde. 10As julle my gebooie onderhou, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader gehoorsaam het en in sy liefde bly. 11Dit het Ek vir julle gesê, sodat my blydskap in julle kan wees, en julle blydskap volkome kan wees. 12Dit is my gebod: Julle moet mekaar liefhê, net soos Ek julle liefgehad het. 13Groter liefde as dit het niemand nie, dat iemand sy lewe aflê vir sy vriende. 14Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. 15Ek noem julle nie meer slawe nie, omdat ‘n slaaf nie weet wat sy eienaar doen nie. Ek het julle egter vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 16Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrug te dra, vrug wat blywend is, sodat, wat julle die Vader in my Naam vra, Hy dit aan julle mag gee. 17Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê.”

Skryf / Vul in

Jy moet nou eers jou gedagtes laat gaan en dink aan ’n gewone aardse koninkryk. Maak ’n lys in die eerste kolom hieronder van die belangrikste eienskappe van ’n koninkryk.

Kolom 1Kolom 2
..
..
..
..
..
..
..
..
Eienskapp van ‘n/die koningkryk

In Mark 1:15 word vertel hoedat Jesus sê: “Die tyd het aangebreek en die Koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.” Vandag is daar net enkele koninkryke in die wêreld oor en huidige konings vervul hoofsaaklik ’n seremoniële rol. Daarom verstaan ons min van tradisionele koninkryke. Wat meer is, dit wil lyk asof koninkryke al meer onpopulêr raak – kyk nou maar na Swaziland. In die Bybelse konteks is dit egter ’n ander storie – daarom maak Jesus hierdie ingrypende stellings. Met reg kan ons wonder:

  1. Waaruit bestaan hierdie Koninkryk waarvan Hy praat?
  2. Waarom sien ons so min van hierdie Koninkryk?
  3. Waarom lyk dit asof hierdie Koninkryk byna geen effek in die wêreld het nie?
  4. Is God se Koninkryk van mense afhanklik?
Skryf / Vul in

Dit is 4 wesenlike vrae wat ons goed moet bedink. Doen dit en praat met die Here daaroor. Skryf jou reaksie op elkeen van die vrae neer.

Waaruit bestaan hierdie Koninkryk waarvan Hy praat?


Waarom sien ons so min van hierdie Koninkryk?


Waarom lyk dit asof hierdie Koninkryk byna geen effek in die wêreld het nie?


Is God se Koninkryk van mense afhanklik?


Die eerste en waarskynlik belangrikste ding wat ons moet verstaan, is dat hierdie Koninkryk God se Koninkryk is! Sonde beduiwel ons gedagtes maklik om te glo dat die mens self ’n koninkryk kan bou. Maar, dis slegs Jesus wat God se Koninkryk naby bring. Dis nie van mense afhanklik nie. Jesus sê wel dat daar bekering moet kom, sodat die Koninkryk van God in sy volheid gedemonstreer kan word. Die Koninkryk kom deur God se handelinge; deur dit wat Hy doen; deur sy optrede. Waar hierdie Koninkryk die duister deurbreek, sluit dit alle aspekte van ons lewens in. Die Koninkryk kom nie net Sondae in die kerk of by Bybelstudiegeleenthede nie – dit moet op elke terrein van die lewe kom. Die implikasie hiervan is verreikend. Ons uitreik moet dus nie op die mens self nie, maar op die Koninkryk van God gerig word. God se Koninkryk is naby waar Jesus teenwoordig is.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Ps 127:1-2; Joh 3:3-6; 6:63-65; Gal 5:21; Ef 5:5.

Ps 127:1-2;

1‘n •Pelgrimslied. Van Salomo.
As die Here die huis nie bou nie,
swoeg die bouers tevergeefs daaraan.
As die Here oor die stad nie wag hou nie,
bly die wagte tevergeefs wakker.
2Tevergeefs dat julle vroeg opstaan,
eers laat tot rus kom,
kos eet wat moeisaam verkry is.
Netsowel gee Hy dit
aan sy geliefdes in die slaap.

Joh 3:3-6;

3Jesus het hom geantwoord: “Amen, amen, Ek sê vir jou: As iemand nie van bo gebore word nie, kan hy die •koninkryk van God nie sien nie.” 4Nikodemus sê vir Hom: “Hoe kan ‘n mens weer gebore word as hy reeds oud is? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die moederskoot ingaan en gebore word nie?” 5Jesus antwoord: “Amen, amen, Ek sê vir jou: As iemand nie uit water én Gees gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie binnegaan nie. 6Wat uit die vlees gebore is, is vlees, en wat uit die Gees gebore is, is gees. 

Joh 6:63-65;

63Dit is die Gees wat lewend maak; die vlees is van geen nut nie. Die woorde wat Ek tot julle gespreek het, is Gees en is lewe. 64Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie Hom sou verraai. 65Verder het Hy gesê: “Daarom het Ek vir julle gesê: Niemand kan na My toe kom as dit nie deur die Vader aan hom gegee is nie.”

Gal 5:21;

21afguns, dronkenskap, gefuif, en hierdie soort dinge – waarteen ek julle nou weer waarsku, soos ek julle vroeër gewaarsku het, naamlik dat diegene wat sulke dinge doen, die •koninkryk van God nie sal beërf nie.

Ef 5:5.

5Want dit moet julle goed begryp: Geen hoereerder of onreine of gierigaard – so iemand is ‘n afgodedienaar – het ‘n erfdeel aan die •koninkryk van Christus en van God nie.

Daar is ook ’n ander aspek van die Koninkryk waarvan ons moet kennis neem. In die Johannes-evangelie sê Jesus dat sy Koninkryk nie van hierdie wêreld is nie, anders sou sy volgelinge geveg het en sy Koninkryk op so ’n manier probeer vestig het. Hierdie wêreld se koninkryke word hoofsaaklik met wapengeweld tot stand gebring omdat mag en gesag vir hulle so belangrik is. Ons sou kon sê dis eintlik die sin van hulle bestaan. Meer nog, in hierdie wêreld is die mens self in die middelpunt met die heersende vraag en uitgangspunt: “What’s in it for me?” Jesus se Koninkryk lyk radikaal anders. Volgens Johannes lyk dit asof Hy totaal weerloos is, asof Hy alles prysgee, asof Hy nie in staat is om iets te doen nie. Die rede hiervoor gee Hyself: Sy Koninkryk is nie van hierdie wêreld nie; Hy is Koning van ’n ander Koninkryk. Hy’s nie die Koning van hierdie wêreld se magsbehepte koninkryke nie. Sy Koninkryk is ingrypend anders. Jesus se Koninkryk is die Koninkryk van die liefde: Liefde vir God, maar ook vir ander mense. So kry hierdie anderster Koninkryk gestalte – deur die liefde!

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Matt 20:20-28; Mark 10:21-31; Luk 9:60; Joh 18:36.

Matt 20:20-28;

20Toe het die moeder van die seuns van Sebedeus met haar seuns na Hom gekom. Sy het gekniel om Hom iets te vra. 21Hy het vir haar gevra: “Wat wil jy dan hê?” Sy antwoord Hom: “Beveel dat in u •koninkryk hierdie twee seuns van my, een aan u regterhand en een aan u linkerhand, sal sit.” 22Jesus het geantwoord: “Julle besef nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek moet drink?” Hulle antwoord Hom: “Ons kan.” 23Hy sê vir hulle: “Julle sal inderdaad my beker drink, maar om aan my regterhand en my linkerhand te sit, is nie vir My om te beskik nie. Daardie plekke behoort aan hulle vir wie my Vader dit voorberei het.” 24Toe die tien hiervan te hore kom, was hulle verontwaardig oor die twee broers. 25Maar Jesus het hulle nader geroep en gesê: “Julle weet dat die heersers van die nasies oor hulle baasspeel, en die maghebbers oor hulle gesag uitoefen. 26So mag dit nie by julle wees nie; maar wie belangrik onder julle wil wees, moet julle dienaar wees, 27en wie eerste onder julle wil wees, moet julle slaaf wees. 28Net so het die •Seun van die Mens nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe as losprys vir baie te gee.”

Mark 10:21-31;

21Jesus het stip na hom gekyk, hom liefgekry en vir hom gesê: “Een ding kom jy kort – gaan verkoop alles wat jy het en gee dit vir die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê. En jy, kom hier, volg My.” 22Maar hy het terneergedruk geword oor hierdie antwoord en bedroef weggegaan, want hy het baie besittings gehad.

23Jesus het toe om Hom rondgekyk en vir sy dissipels gesê: “Hoe moeilik sal hulle wat rykdom het, in die •koninkryk van God ingaan!” 24Die dissipels was verbysterd oor sy woorde. Jesus sê toe weer vir hulle: “Kinders, hoe moeilik is dit tog om in die koninkryk van God in te gaan! 25Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryk mens om in die koninkryk van God in te gaan.” 26Die dissipels was heeltemal uit die veld geslaan en het vir mekaar gesê: “Wie kan dan gered word?” 27Jesus het stip na hulle gekyk en gesê: “By mense is dit onmoontlik, maar nie by God nie, want by God is alles moontlik.”

28•Petrus het vir Hom gesê: “Kyk, óns het alles agtergelaat en U gevolg.” 29Jesus het geantwoord: “•Amen, Ek sê vir julle: Daar is niemand wat, huis, broers of susters, moeder, vader of kinders of grond ter wille van My en ter wille van die evangelie agterlaat, 30en nie nou in hierdie tyd honderd maal soveel sal ontvang nie: huise, broers en susters, ma’s en kinders, en grond – en vervolgings daarmee saam – en in die bedeling wat kom, die ewige lewe. 31Maar baie wat eerste is, sal laaste wees en wat laaste is, eerste.”

Luk 9:60;

60En Jesus het vir hom gesê: “Laat die dooies hulle eie dooies begrawe; maar jy, gaan verkondig jy die •koninkryk van God.”

Joh 18:36.

36Jesus het geantwoord: “My koningskap is nie van hierdie wêreld nie. As my koningskap van hierdie wêreld was, sou my dienaars geveg het, sodat Ek nie aan die Jode uitgelewer word nie. Maar nou is my koningskap nie van hierdie wêreld nie.”

Ons gestuurdheid as gelowiges en as kerk, word uit hierdie liefde gebore en moet dus in die lig van hierdie groot omvattende Koninkryk van God gesien word. God sluit ons van alle kante af in sodat sy Koninkryk juis deur ons in die wêreld kan kom. Dit beteken nie dat ons oor iets beskik wat die Koninkryk kan laat kom nie, maar dat God ons in diens neem. Ons is God se medewerkers wat in sy Koninkryk moet lewe en die Koninkryk sigbaar moet maak. Dit beteken dat ons so afhanklik van God moet lewe dat of ons eet of drink, werk of speel, kuier of studeer, of ontspan of TV kyk – óns die lig van God se Koninkryk sal uitdra.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Jes 49:3; Matt 5:14-18; 1 Kor 3:9; 10:31

Jes 49:3;

3Hy het vir my gesê:
“Jy is my dienskneg, Israel,
deur wie Ek my heerlikheid toon.”

Matt 5:14-18;

14“Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie. 15Mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n maatemmer nie, maar op ‘n lampstaander, en so gee dit lig vir almal in die huis.

16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

17“Moenie eers daaraan dink dat Ek gekom het om die Wet of die Profete af te skaf nie. Ek het nie gekom om af te skaf nie, maar om te vervul. 18•Amen, Ek sê vir julle: Totdat die hemel en die aarde tot niet gaan, sal daar beslis geen jota of tittel van die Wet tot niet gaan nie, totdat alles vervul is.

1 Kor 3:9;

9Ons is medewerkers van God; julle is God se saailand, God se bouwerk.

1 Kor 10:31

31Of julle dan eet of drink of enigiets anders doen, doen alles tot eer van God.

Skryf / Vul in

Ek wil hê dat jy teruggaan na die tabel met die 2 kolomme aan die begin van hierdie Bybelstudie. Skryf nou in kolom 02 hoe God se Koninkryk daar uitsien, as jy dit vergelyk met die koninkrykseienskappe wat jy in die eerste kolom neergeskryf het. Let mooi op vir ooreenkomste en verskille.

Kan dit wees dat daar hoekies, of areas, in jou lewe is waar God se Koninkryk nie deurbreek nie? Miskien is daar fasette van jou lewe waar jy verkies om onafhanklik van God te probeer lewe – amper asof daar No Entry -bordjies ingeplant is. Tree jy soms so op dat ander mense nie die Koninkryk wat naby gekom het, kan raaksien nie (Luk 11:52)?

Luk 11:52
52Wee julle, wetskenners, want julle het die sleutel van kennis weggeneem. Self het julle nie ingegaan nie, en diegene wat wou ingaan, het julle verhinder.”

Gebed

Ek wil voorstel dat jy ’n paar minute emosioneel en geestelik stil raak in God se teenwoordigheid. Luister na wat die Gees vir jou wil sê deur die gedeeltes wat jy vanoggend uit die Bybel gelees het. Vertel Hom hoe jy voel oor sy Koninkryk. Dalk moet jy bely dat sy Koninkryk maar tot dusver ’n onbenullige posisie op jou prioriteitslys beklee het.

Week 7 Dag 31 God se koningkryk is omvattend
Week 7 Dag 31 God se koningkryk is omvattend
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 126-137
Lees gerus ook Matt 6:9-15; Mark 10:35-45; Kol 3:17.

Matt 6:9-15;

9“Só moet julle dan bid:
“Ons Vader wat in die •hemele is,
laat u Naam geheilig word.
10Laat u koninkryk kom.
Laat u wil geskied,
soos in die hemel, so ook op die aarde.
11Gee ons vandag ons daaglikse brood.
12En vergeef ons ons skulde,
soos ook ons hulle vergeef
wat teenoor ons skuldig staan.
13En bring ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose.
Want aan U behoort die koninkryk
en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. •Amen.

14“Want as julle die mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. 15Maar as julle die mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”

Mark 10:35-45;

35Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus, het na Hom gekom en gevra: “Meester, ons wil hê dat wat ons ook al van U vra, U vir ons moet doen.” 36Jesus vra hulle: “Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen?” 37Hulle antwoord Hom: “Beskik dat, in u heerlikheid, een van ons aan u regterhand en een aan u linkerhand mag sit.” 38Maar Jesus antwoord hulle: “Julle besef nie wat julle vra nie. Kan julle die beker drink wat Ek drink of met die doop gedoop word waarmee Ek gedoop word?” 39Hulle sê vir Hom: “Ons kan.” Jesus sê toe vir hulle: “Die beker wat Ek drink, sal julle drink, en met die doop waarmee Ek gedoop word, sal julle gedoop word. 40Maar om aan my regterhand of linkerhand te sit, is nie vir My om te beskik nie, maar dit is vir hulle vir wie dit voorberei is.”

41Toe die tien dit hoor, het hulle verontwaardig geword oor Jakobus en Johannes. 42Jesus het hulle na Hom toe geroep en vir hulle gesê: “Julle weet dat hulle wat as heersers oor die nasies beskou word, oor hulle baasspeel en dat hulle maghebbers oor hulle gesag uitoefen. 43So is dit egter nie by julle nie; maar wie belangrik onder julle wil wees, moet julle dienaar wees, 44en wie eerste onder julle wil wees, moet almal se slaaf wees. 45Want ook die •Seun van die Mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie.”

Kol 3:17

17En wat julle ook al doen, in woord of daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, terwyl julle God die Vader deur Hom dank.


Sien Figuur 6 van Bylae 2, p 172

Week 7 Dag 31 Figuur 6
Wenk

WENK: Dit is nogal ’n openbaring as jy jou daarop instel om die
Koninkryk in ons alledaagse lewe te probeer waarneem. Probeer die volgende: Vat ’n kaartjie en skryfding en dra dit vir ’n volle dag met jou saam. Elke keer wanneer jy iets sien wat jy met God se Koninkryk in verband kan bring – maak ’n nota daarvan. Sommige van jou waarnemings sal positief wees en ander negatief. Vanaand voor jy gaan slaap, kyk jy na jou notas, deurdink dit en praat met die Here daaroor. Ek waarborg jou ’n nuwe Koninkryksbewustheid. (Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 6 Groepgesprek – Rigtingloos sonder visie- Ons is die plan: 9 weke van Transformasie

Week 6 Rigtingloos sonder visie - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
Luister na lied

Luister na snit 14 op die ingeslote CD. Frans Hancke is die skrywer en Anton Smith, die voorleser. Die titel daarvan is Geboorte van ’n Visie. Maak julle oë toe as julle daarna luister en konsentreer op wat julle hoor.

Frans Hancke is die skrywer en Anton Smith, die voorleser. Die titel daarvan is Geboorte van ’n Visie

Lofprysing en aanbidding

Skryf / Vul in

Bybelverse wat jou vandag aangespreek het:


Belewenisse en ervarings tydens vandag se Bybelstudie:


Wat het jy geleer of ontdek?


Hoe het vandag se studie jou tot aksie geïnspireer? Hoe het jy geestelik gegroei of is jou lewe verander?


Iets wat jy graag met die groep wil deel of bespreek?


Gebed

Gebedsonderwerpe:


Boublokvrae of -stellings:

  1. Hoe sou julle die gemeente se bestaansdoel aan ’n nie-gelowige
    verduidelik?
  2. Hoe sou jy jou lewensvisie vir iemand beskryf?
  3. Het God nie dalk dieselfde plan vir alle gemeentes dwarsoor die wêreld nie?
  4. As God se Plan nie ’n geheime plan is nie – waarom sukkel ons dan so baie om dit in detail te verstaan?
  5. Hoe sou buitestanders en dalk ongelowiges, die gemeente waaraan julle behoort se karakter beskryf?

Week 6 Rigtingloos sonder visie
Week 6 Rigtingloos sonder visie
Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Week 6 Dag 30 – As jy aan my druk… – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 6 Dag 30 Die missionele karakter van die gemeente - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Mense wat die hart van God nie ken nie en sy Kerk en roeping nie verstaan nie, voel dikwels bedreig sodra hulle die woord sending of getuienis hoor. Vir hierdie stiltetyd is dit nodig dat jy bereid sal wees om alle moontlike voorkeure, vooroordele, eie standpunte, of wat ookal, te ignoreer en om jou volgens sy Woord en wil deur die Heilige Gees te laat lei. Wees ook bereid om eerlik met Hom te praat en jou gevoelens teenoor Hom te erken wanneer jy voel dat jy van Hom verskil – Hy weet in elk geval hoe jy oor dinge voel en dink (Ps 139:1- 6; 1 Kron 28:9).

Ps 139:1- 6;

1Vir die •musiekleier. Van Dawid. ‘n Psalm.
Here, U ondersoek my
en U ken my.
2U is die een wat my sit en opstaan ken;
U verstaan van ver af
wat ek in gedagte het.
3My omswerwinge en waar ek rus –
U het dit afgemeet;
al my paaie is aan U bekend.
4Ja, daar is nog nie ‘n woord
op my tong nie,
kyk, dan ken U, Here,
dit volledig!
5Van agter en van voor omsluit U my;
U plaas u handpalms op my.
6Om dit te verstaan,
is ‘n te groot wonder vir my;
dit is te hoog,
ek kan dit nie begryp nie.

1 Kron 28:9
9En jy, my seun Salomo, erken die God van jou vader, en dien Hom met ‘n onverdeelde hart en ‘n gewillige gees, want die Here ondersoek alle harte, en in elke bedoeling van die gedagtes het Hy insig. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp.

Gebed

Bid nou Ps 63:2-4; 139:23-24

Ps 63:2-4;

2God, U is my God,
na U soek ek;
my •siel dors na U,
my liggaam smag na U in ‘n droë,
uitgeputte land sonder water.
3So het ek uitgesien na U
in die heiligdom,
om u krag en glorieryke
teenwoordigheid te ervaar,
4want u troue liefde is beter as die lewe.
My lippe sal U roem;

Ps 139:23-24

23Ondersoek my, o God,
en ken my hart;
toets my,
en ken my ontstellende gedagtes.
24Kyk of ek nie op ‘n pad
van verdriet is nie,
en lei my op die ewige pad.

Lees die Skrif

Lees 1 Pet 1:14-17; 2:1-5, 9; 3:1-7; 4:1-4.

1 Pet 1:14-17;

14As gehoorsame kinders moet julle nie lewe in ooreenstemming met julle natuurlike begeertes van vroeër, toe julle nog sonder kennis was nie. 15Inteendeel, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel heilig wees. 16Daarom staan daar geskryf: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

17En as julle Hom wat nie volgens die uiterlike oordeel nie, maar ooreenkomstig elkeen se optrede, wel as Vader aanroep, tree dan met ontsag op in die tyd van julle vreemdelingskap.

1 Pet 2:1-5, 9;

1Lê daarom alles wat sleg is, en alle bedrog en geveinsdheid en jaloesie, en alle geskinder af, 2en smag soos pasgebore babatjies na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan groei, met die oog op julle verlossing, 3noudat “julle die goedheid van die Here gesmaak het”.

4Kom na Hom toe, die lewende klip, wat wel deur mense afgekeur is, maar voor God uitverkore, en vir Hom kosbaar is; 5en laat julle as lewende klippe opbou tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat, deur Jesus •Christus, vir God aanneemlik is. 

9Julle, egter, is “’n uitverkore geslag”, “’n koninklike priesterdom”, “’n heilige nasie”, “’n volk wat aan God behoort”, “sodat julle die deugde kan verkondig” van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderlike lig –

1 Pet 3:1-7;

1Net so, vroue, moet julle aan julle eie mans onderdanig wees, sodat, selfs indien sommige aan die woord ongehoorsaam is, ook hulle, sonder ‘n woord, gewen kan word deur die manier waarop julle leef 2omdat hulle julle rein, eerbiedige leefwyse raaksien.

3Julle skoonheid moet nie op uiterlike dinge berus nie – soos die vleg van hare, die dra van goue juwele, of die aantrek van elegante klere nie; 4maar op dit wat in die mens se hart verborge is – die onverganklike skoonheid van ‘n saggeaarde en rustige gees, wat in God se oë baie kosbaar is. 5So het ook die heilige vroue wat op God gehoop het, hulleself immers destyds versier deur aan hulle eie mans onderdanig te wees – 6soos Sara aan Abraham gehoorsaam was, toe sy hom as “heer” aangespreek het. Julle het haar dogters geword, as julle doen wat goed is, en julle nie deur enige dreigement laat afskrik nie.

7Net so, mans, moet julle in julle lewe saam met julle vroue begrip toon vir hulle, as die swakker geslag, en hulle, as mede-erfgename van die gawe van die lewe, met respek behandel, sodat julle gebede deur niks belemmer word nie.

1 Pet 4:1-4

1Omdat •Christus dan liggaamlik gely het, moet julle ook julleself bewapen met dieselfde insig, naamlik dat iemand wat liggaamlik gely het, met die sonde klaar is. 2Daarom laat hy hom, gedurende die oorblywende tyd van sy liggaamlike bestaan, nie langer deur menslike begeertes lei nie, maar wel deur die wil van God. 3Immers, julle het in die tyd wat verby is, al oorgenoeg deel gehad aan dit wat die heidene wil doen: uitspattigheid, begeerte, dronkenskap, brassery, drinkpartytjies en verfoeilike afgodediens. 4Hulle verstom hulle daaroor dat julle nie meer meedoen aan hierdie selfde stroom losbandigheid nie, en sê lasterlike dinge –

Skryf / Vul in

Die Here wil ook vandag deur sy Woord iets in jou lewe doen (Jes 55:11).

Jes 55:11

11net so sal my woord wees
wat uit my mond uitgaan:
Dit sal nie vrugteloos na My terugkeer nie,
maar doen wat Ek wil hê,
en die doel bereik waarvoor
Ek dit gestuur het


Wat sê die Here vir jou deur die gedeeltes wat jy gelees het?


Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook 1 Pet 2:10-21; 3:13-18; 4:15-16.

1 Pet 2:10-21;

10julle wat eers nie ‘n volk was nie,
maar nou volk van God is;
wat eers nie ontferming ontvang het nie,
maar nou ontferming ontvang het.

OPROEP TOT ‘N VOORBEELDIGE LEWE ONDER DIE HEIDENE
11Geliefdes, ek dring daarop aan dat julle, as bywoners en vreemdelinge, julle weerhou van liggaamlike begeertes wat stryd voer teen die •siel. 12Gedra julle goed onder die heidene, sodat hulle, wanneer hulle julle beswadder, asof julle misdadigers is, God op die dag van besoeking kan verheerlik, omdat hulle julle goeie dade gesien het.

13Wees, ter wille van die Here, onderdanig aan elke menslike instelling, sowel aan die keiser, die hoogste gesagsdraer, 14as aan die prokurator – die mense deur die keiser gestuur om die misdadigers te straf, en dié wat goed doen, aan te prys. 15God wil immers hê dat julle, deur goed te doen, die onkunde van dwase mense stopsit. 16Leef as vry mense – nie soos hulle wat vryheid as dekmantel vir die kwaad beskou nie, maar as diensknegte van God. 17Julle moet alle mense respekteer, die medegelowiges met liefde bejeën, ontsag vir God hê, die keiser respekteer.

NAVOLGING VAN CHRISTUS SE VOORBEELD
18Huisbediendes, wees met groot ontsag aan julle werkgewers onderdanig, nie net aan die goeies en vriendelikes nie, maar ook aan die onredelikes. 19Dit is immers genade as iemand, omdat hy met God rekening hou, onregverdig lyding verduur. 20Want watter aanprysing is daar vir julle wanneer julle oortree, lyfstraf ontvang, en nogtans daarmee volhard? Maar as julle volhard terwyl julle goed doen, en dan tog ly – dit is genade by God.

21Julle is immers hiertoe geroep,
want •Christus het ook
ter wille van julle gely;
Hy het vir julle ‘n voorbeeld nagelaat,
sodat julle in sy voetspore kan volg.

1 Pet 3:13-18;

13Verder, wie sal julle sleg behandel as julle julle beywer vir wat goed is? 14Maar selfs al sou julle ly ter wille van wat reg is, gelukkig is julle. Moenie hulle intimidasie vrees, of ontsteld raak nie. 15Inteendeel, eerbiedig •Christus as Here in julle harte, altyd gereed om julle te verantwoord teenoor elkeen wat van julle rekenskap eis oor die hoop wat in julle leef. 16Doen dit egter met beskeidenheid en respek, met ‘n goeie gewete, sodat, wanneer julle beswadder word, dié wat smalend is oor julle goeie leefwyse in Christus, beskaamd kan staan. 17Dit is immers beter, as dit God se wil sou wees, dat julle ly omdat julle goed doen, as dat julle ly omdat julle kwaad doen.

18Immers, ook Christus
het eens en vir altyd vir sondes gely,
Hy, die Regverdige,
ter wille van onregverdiges,
sodat Hy julle na God kon bring.
Hy is wel liggaamlik doodgemaak,
maar deur die Gees is Hy lewend gemaak.

1 Pet 4:15-16.

15Niemand van julle moet immers as moordenaar of dief of kwaaddoener of bemoeisieke ly nie; 16as iemand egter ly omdat hy ‘n Christen is, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik op grond van hierdie Naam.

Petrus se roeping om mense te vang (onthou jy gister se Bybelstudie?), word uiteindelik ’n wesentlike deel van sy bestaan. Met sy Pinksterpreek neem dit ’n besondere wending wanneer 3 000 mense tot bekering kom. Hierdie roeping verdiep verder wanneer die Heilige Gees dit aan hom openbaar dat God se fokus nie net Jode is nie, maar ook die heidennasies.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Hand 2:14-42; 10:1-33

Hand 2:14-42;

14Daarop staan •Petrus op, verhef sy stem en spreek hulle toe: “Jode, en julle almal wat in Jerusalem woon – dit moet julle weet, luister goed na my woorde: 15Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie; dit is immers nog net die derde uur van die dag. 16Wat hier gebeur, is deur die profeet Joël aangekondig:

17“ ‘En dit sal in die laaste dae gebeur,’ sê God:
‘Ek sal my Gees op alle mense uitstort –
julle seuns en julle dogters sal profeteer,
en julle jongmense sal visioene sien,
en julle ou mense sal drome droom.
18Ja, ook oor my slawe en slavinne
sal Ek in daardie dae my Gees uitstort,
en hulle sal profeteer.
19En Ek sal bo in die hemel wonders bewerk
en tekens onder op die aarde:
bloed en vuur en rookwolke.
20Die son sal verander in duisternis
en die maan in bloed,
voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom.
21Dan sal elkeen wat die Naam
van die Here aanroep, verlos word.’

22“Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus van Nasaret was ‘n man wat deur God aan julle bekend gemaak is deur kragtige dade en die wonders en tekens wat God deur Hom in julle midde verrig het, soos julle self ook weet. 23Julle het hierdie man, wat deur die vaste plan en voorkennis van God uitgelewer is, deur die hand van wettelose mense gekruisig en doodgemaak. 24God het Hom egter laat opstaan en van die lyding van die dood bevry, omdat dit onmoontlik was dat Hy deur die dood vasgehou word. 25Dawid sê immers oor Hom:

“ ‘Ek het die Here altyddeur voor my gesien,
want Hy is aan my regterkant,
sodat ek nie wankel nie.
26Daarom juig my hart
en jubel my tong;
ja, ook my liggaam sal in hoop voortleef,
27want U sal my siel nie aan Hades oorlaat,
en u Heilige nie ontbinding laat beleef nie.
28U het vir my die paaie
na die lewe bekend gemaak –
deur u teenwoordigheid
sal U my met blydskap vervul.’

29“Broers, wat die stamvader Dawid betref, kan ek vir julle met sekerheid sê dat hy gesterf het en begrawe is, en sy graf is tot vandag toe by ons. 30Omdat hy ‘n profeet was, en geweet het dat ‘God met ‘n eed aan hom beloof het om iemand van sy nasate op sy troon te plaas,’ 31het hy, in vooruitskouing oor die opstanding van die Christus, gesê:

“ ‘Hy is nóg aan Hades oorgelaat,
nóg het sy liggaam ontbinding beleef.’

32“God het hierdie Jesus laat opstaan – daarvan is ons almal getuies. 33Nadat Hy tot aan die regterhand van God verhoog is en die belofte van die Heilige Gees van die Vader ontvang het, het Hy die Gees uitgestort, en dit is wat julle sien en hoor. 34Dawid het immers nie na die hemele opgevaar nie, maar sê self:

“ ‘Die Here het vir my Here gesê:
Sit aan my regterhand,
35totdat Ek jou vyande
‘n voetbank vir jou voete
gemaak het.’

36“Laat die hele huis van Israel dan vir seker weet dat God Hom Here en Christus gemaak het – hierdie Jesus wat julle gekruisig het.”

37Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir •Petrus en die ander •apostels gevra: “Wat moet ons doen, broers?” 38Petrus antwoord hulle: “Bekeer julle, en laat elkeen van julle in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van julle sondes gedoop word, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. 39Want die belofte is bedoel vir julle, en ook vir julle kinders, en vir almal daar ver, almal wat die Here ons God na Hom toe roep.” 40Met nog baie ander woorde het hy getuig en hulle aangespoor: “Laat julle uit hierdie korrupte geslag red.” 41Diegene wat sy boodskap aangeneem het, is gedoop, en op daardie dag is ongeveer drieduisend mense toegevoeg.

42Hulle het bly volhard in die leer van die •apostels, die verbondenheid met mekaar, die breek van die brood, en gebede.

Hand 10:1-33

1Daar was ‘n man in Caesarea bekend as Cornelius, ‘n centurio van die sogenaamde Italiaanse kohort soldate. 2Hy, en ook sy hele huis, was godsdienstig en godvresend, het baie liefdadigheid aan die volk bewys en gereeld tot God gebid. 3Hy het teen die negende uur van die dag in ‘n visioen duidelik ‘n engel van God na hom sien binnekom wat vir hom sê: “Cornelius!” 4Hy het stip na hom gestaar en beangs gevra: “Wat is dit, Meneer?” Toe antwoord hy hom: “Jou gebede en jou liefdadigheid het tot ‘n gedenkoffer voor God opgestyg. 5Stuur dan nou mans na Joppe om iemand met die naam Simon, ook bekend as •Petrus, te gaan haal. 6Hy gaan tuis by ‘n sekere Simon, die leerlooier, wie se huis langs die see staan.” 7Toe die engel wat met hom gepraat het weg is, roep hy twee van sy huisbediendes en ‘n godvresende soldaat, een van hulle wat hom dien, 8en nadat hy hulle alles vertel het, stuur hy hulle na Joppe.

9Die volgende dag, terwyl hulle op reis was en al amper by die stad, het Petrus teen ongeveer die sesde uur na die dakstoep opgeklim om te gaan bid. 10Hy het honger geword en wou eet. Terwyl hulle besig was om die maaltyd voor te berei, het hy in geestesvervoering geraak. 11Hy sien toe die hemel geopen, en iets soos ‘n groot linnedoek wat afsak en aan sy vier hoeke op die aarde neergelaat word. 12Daarin was allerhande viervoetige en kruipende diere van die aarde en voëls van die hemel. 13Toe kom daar ‘n stem tot hom: “Staan op, Petrus, slag en eet!” 14Maar Petrus het geantwoord: “Onder geen omstandighede nie, Here! Want ek het nog nooit iets wat besoedel of •onrein is geëet nie.” 15Maar die stem het weer, ‘n tweede keer, na hom gekom: “Wat God rein gemaak het, mag jy nie as onrein beskou nie.” 16Dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is dadelik weer in die hemel opgeneem.

17Petrus was nog aan die twyfel oor wat die visioen wat hy gesien het, kon beteken, toe die mans wat deur Cornelius gestuur is, skielik by die poort aankom, nadat hulle oor Simon se huis navraag gedoen het. 18Hulle roep toe en vra of Simon, ook bekend as Petrus, daar tuisgaan. 19Terwyl Petrus nog nadink oor die visioen, sê die Gees vir hom: “Kyk, daar is drie manne wat na jou soek. 20Maak gereed, klim af en gaan sonder aarseling saam met hulle, want Ek het hulle gestuur.” 21En Petrus het afgeklim na die mans en gesê: “Kyk, dit is vir my wat julle soek. Waarom is julle hier?” 22En hulle het geantwoord: “Cornelius, die centurio, ‘n regverdige en godvresende man, iemand oor wie die hele Joodse volk goeie getuienis gelewer het, het deur ‘n heilige engel ‘n openbaring ontvang om u na sy huis te laat kom en te luister na u woorde.” 23Toe het Petrus hulle binnegenooi en as gaste verwelkom.

En nadat hy die volgende dag gereedgemaak het, het hy saam met hulle vertrek, en sommige van die broers uit Joppe het hom vergesel. 24Die dag daarna het hy in Caesarea aangekom. Cornelius was hulle te wagte, en het reeds sy familie en naaste vriende bymekaar laat kom. 25Toe Petrus binnekom, het Cornelius hom tegemoetgegaan, voor sy voete neergeval en hom begin aanbid. 26Maar Petrus het hom opgehelp met die woorde: “Staan op, ek self is ook net ‘n mens.” 27En terwyl hy met hom praat, het hy na binne gegaan en daar baie mense bymekaar aangetref. 28Hy het vir hulle gesê: “Julle weet dat dit vir ‘n Joodse man verbode is om met iemand van ‘n ander volk te assosieer of hom te besoek. God het egter aan my getoon dat ek geen mens as besoedel of onrein mag beskou nie. 29Daarom het ek sonder huiwering gekom toe ek ontbied is. Nou vra ek, waarom het julle my ontbied?” 30Cornelius antwoord toe: “Vier dae gelede was ek teen hierdie tyd, op die negende uur, besig om in my huis te bid. Opeens staan daar toe ‘n man in ‘n stralende gewaad voor my 31en sê, ‘Cornelius, jou gebed is verhoor en jou liefdadigheid het voor God in herinnering gekom. 32Stuur dan iemand na Joppe en laat haal Simon, ook bekend as Petrus. Hy is ‘n gas van Simon, die leerlooier, by ‘n huis langs die see.’ 33Ek het toe onmiddellik mense na u gestuur, en dit is goed dat u gekom het. Hier is ons nou almal in die teenwoordigheid van God aanwesig om alles te hoor wat deur die Here aan u opgedra is.”

Die manier waarop Jesus se roeping Petrus aangryp, is duidelik in sy eerste brief aan verskeie gemeentes (1 Pet 1:1). Sy bedoeling is duidelik: Die roeping as getuies, is nie net ’n onderafdeling van die gemeentelike lewe nie! Nee: Gemeentewees ís getuies-wees. Kyk hoe vorm hierdie gedagte deel van sy brief: (Vgl ook Jesus se belofte in Hand 1:8 8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”.)

  • 1 Pet 1:14-17; 2:11-12 – die andersheid van ’n heilige lewe tussen ongelowiges;
  • 1 Pet 2:5 – die opdrag om ’n heilige priesterdom te wees, behels onder andere dat jy sal opoffer deur aan ander goed te doen en mededeelsaam te wees (sien Heb 13:16);
  • 1 Pet 2:9-10 – in die prediking en mondelinge getuienis (verkondiging van die verlossingsdade van God);
  • 1 Pet 2:13-17 – die onderwerping aan die regering van die dag, die goeddoen aan mense wat kwaad van jou praat, en die respek teenoor alle mense, gelowiges en ongelowiges, is ter sprake;
  • 1 Pet 2:18 – die onderwerping aan jou werkgewers;
  • 1 Pet 3:1-7 – die huwelik;
  • 1 Pet 3:13-18 – die doen van dit wat reg is, selfs ten spyte van spot en vervolging;
  • 1 Pet 4:1-4 – die daaglikse breek met ’n sondige lewe op sedelike en morele vlak, spreek die heidene aan en bring eer aan God; en
  • 1 Pet 4:15-16 – die bereidheid om selfs te ly ter wille van jou Christenskap.

Die getuienistaak van die Kerk is nie maar net die liefhebbery van ʼn paar belangstellende individue nie. Uit Petrus se eerste brief, is dit glashelder dat hierdie getuieniskarakter in en deur álle aktiwiteite van die héle gemeente sigbaar sal wees. (Vergelyk die opskrif hierbo: As jy aan my druk – verwysende na ’n poeierhouer wat wit poeier sigbaar uitblaas as dit gedruk word – iets onmiskenbaar gebeur )

Alhoewel alles wat die gemeente doen natuurlik nie sending is nie, moet alles wel daarop dui dat die gemeente ’n praktiese verskil in die wêreld wil maak. Die hantering van finansies, administrasie, Bybelstudies, prediking, jeugwerk, gesinslewe, geestelike toerusting van lidmate, hantering van armoede, bejaardesorg – alles moet van die gemeente se andersheid getuig.

Skryf / Vul in

Dink hieroor: Watter bydrae kan jy maak sodat die gemeente waarvan jy deel is, toenemend op haar Bybelse doel en aard fokus?


Nader aan jou eie vel: Watter aanpassings moet jy in jou lewe (huwelik, huisgesin, werk, vriendekring, ontspanning, deelname aan gemeentelike lewe, ens) maak om die andersheid van ʼn volgeling van Jesus sigbaar te maak? (Gewoonlik is dit altyd die ANDER mense wat moet verander ) Skryf neer watter aanpassings die Here van jou vra.


Gebed

Ons weet mos dat dit onmoontlik sal wees om te verander as dit van onsself sou afhang. Vra die Here om jou hiermee te help. (Vgl Klaagl 5:21.
21Bring ons terug na U toe, Here,
sodat ons kan terugkeer;
maak ons dae nuut soos voorheen,
)

Raak stil en laat die Gees jou lei.

Week 6 Dag 30 Die missionele karakter van die gemeente
Week 6 Dag 30 Die missionele karakter van die gemeente
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 113 -125
Lees gerus ook Matt 5:13-16; 1 Kor 9:14-27; Ef 6:5-9; Fil 1:29; 2:12-16; Kol 1:23

Matt 5:13-16;

BERGREDE: SOUT EN LIG

(Mark 9:50; 4:21; Luk 14:34-35; 8:16)

13“Julle is die sout vir die aarde, maar as die sout sy smaak verloor het, waarmee sal dit weer sout gemaak word? Dit deug vir niks meer nie, behalwe om buite gegooi te word sodat dit deur die mense vertrap kan word.

14“Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie. 15Mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n maatemmer nie, maar op ‘n lampstaander, en so gee dit lig vir almal in die huis.

16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

1 Kor 9:14-27;

14So het die Here ook bepaal dat hulle wat die evangelie verkondig, uit die evangelie moet leef. 15Maar ek het nie van een van hierdie regte gebruik gemaak nie, en ek skryf ook nie hierdie dinge sodat dit op my van toepassing moet wees nie. Ek sterf eerder as dat iemand my dié roem ontneem! 16Want as ek die evangelie verkondig, is dit nie vir my rede om my daarop te beroem nie? Daar rus immers ‘n verpligting op my, en wee my as ek nie die evangelie verkondig nie. 17As ek dit uit vrye wil doen, is daar vir my beloning; as ek dit egter nie uit vrye wil doen nie, doen ek dit as ‘n taak wat aan my toevertrou is. 18Wat is my beloning dan? Dat ek deur my verkondiging die evangelie gratis aanbied, sonder om van die regte wat met die verkondiging saamgaan, ten volle gebruik te maak.

19Want hoewel ek vry is van almal, het ek almal se slaaf geword, om soveel mense as moontlik te wen. 20Vir die Jode het ek soos ‘n Jood geword, om Jode te wen; vir diegene onder die wet, soos iemand onder die wet – al staan ek self nie onder die wet nie – om diegene onder die wet te wen. 21Vir diegene sonder die wet, het ek soos iemand sonder die wet geword – al is ek nie sonder die wet van God nie, maar juis onder die wet van Christus – om hulle wat sonder die wet is, te wen. 22Vir die swakkes het ek swak geword, om die swakkes te wen; vir almal het ek alles geword, sodat ek ten minste sommige kan red. 23Dit alles doen ek ter wille van die evangelie, sodat ook ek daarin mag deel.

24Weet julle nie dat die atlete wat in ‘n stadion aan ‘n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle dit ontvang. 25Almal wat deelneem, pas in alle opsigte dissipline toe – hulle nogal om ‘n verganklike oorwinningskrans te ontvang, maar ons ‘n onverganklike. 26Ek hardloop daarom so, dat dit nie doelloos is nie; ek boks so, dat ek nie in die lug slaan nie. 27Maar ek dissiplineer my liggaam en maak dit diensbaar, sodat ek nie, terwyl ek vir ander gepreek het, dalk self gediskwalifiseer word nie.

Ef 6:5-9;

5Slawe, wees met vrees en bewing aan julle aardse eienaars gehoorsaam, met opregte harte, soos aan •Christus – 6nie met lippediens om mense se guns te wen nie, maar as slawe van Christus wat die wil van God van harte doen, 7terwyl julle met blymoedigheid julle diens verrig, soos vir die Here, en nie vir mense nie. 8Want julle weet dat elkeen, indien hy iets goeds doen, dit van die Here as loon sal terug ontvang, of hy ‘n slaaf is of ‘n vryman.

9En julle, eienaars, tree net so op teenoor die slawe, en staak julle dreigemente, omdat julle weet dat julle en hulle Here in die hemel is, en dat Hy niemand volgens die uiterlike beoordeel nie.

Fil 1:29;

29Dit is immers ter wille van Christus aan julle as gawe gegee om nie net in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly. 30Julle stry dieselfde stryd wat julle my sien stry het, en waarvan julle nou hoor dat ek nog steeds stry.

Fil 2:12-16;

12Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam was – nie net in my teenwoordigheid nie, maar nou ook nog veel meer in my afwesigheid – werk met vrees en bewing aan julle verlossing. 13Want Hy wat die gewilligheid en die optrede in julle bewerk soos Hy dit goedvind, is God. 14Doen alles sonder kla en teenpraat, 15sodat julle sonder blaam en onskuldig kan wees, kinders van God, smetteloos, te midde van ‘n krom en ontaarde geslag. Julle skyn onder hulle soos sterre in die heelal, 16deurdat julle vashou aan die woord van die lewe. Op hierdie manier sal julle op die dag van •Christus my rede tot roem wees, sodat ek nie vergeefs gehardloop of my vergeefs ingespan het nie.

Kol 1:23

23mits julle in die geloof bly, stewig gevestig en standvastig, sonder om weg te beweeg van die hoop wat die evangelie bring. Dit is die evangelie wat julle gehoor het, en wat in die hele skepping onder die hemel verkondig is, en waarvan ek, Paulus, ‘n dienaar geword het.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 6 Dag 29 – Die Ferrari en die Caterpillar – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 6 Dag 29As die gemeente nie hul bestaansdoel verstaan nie - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
Gebed

Adoniram Judson het gesê: “Baie mense bid met hul lippe vir dinge waarvoor hulle hart geen begeerte het nie.” Neem genoeg tyd om seker te maak dat jy met jou hart bid wanneer jy die Here vra om jou nou deur sy Woord en Gees aan te raak.

Lees die Skrif

Lees Luk 4:38-5:11 ’n paar keer deur.

Luk 4:38-5:11

GENESINGS IN SIMON SE HUIS

38Nadat Jesus die •sinagoge verlaat het, is Hy na Simon se huis en het daar ingegaan. Simon se skoonmoeder was siek met ‘n hoë koors, en daarom het hulle Hom gevra om iets vir haar te doen. 39Hy het oor haar gebuk en die koors bestraf, en dit het haar verlaat. Sy het onmiddellik opgestaan en hulle bedien.

40Teen sononder het almal hulle siekes, wat aan allerhande kwale gely het, na Hom gebring. Hy het hulle een vir een die hande opgelê en hulle gesond gemaak. 41Daar het ook demone uit baie mense uitgegaan, terwyl hulle skreeu: “U is die •Seun van God!” Maar Hy het hulle skerp aangespreek en hulle nie toegelaat om te praat nie. Hulle het immers geweet dat Hy die Christus is.

VERTREK UIT KAPERNAUM

42Teen dagbreek het Hy vertrek en na ‘n verlate plek gegaan. Die skares het Hom egter gesoek, en toe hulle Hom kry, het hulle Hom probeer verhinder om van hulle af weg te gaan. 43Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek moet ook in die ander dorpe die evangelie van die •koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.”

44En Hy het voortgegaan om in die •sinagoges van Judea te preek.

ROEPING VAN DIE EERSTE DISSIPELS

51Op ‘n dag, toe Jesus langs die Meer van Gennesaret staan en die skare Hom verdring om die woord van God te hoor, 2sien Hy twee bote langs die meer lê. Die vissermanne het al uitgeklim en was besig om hulle nette uit te spoel. 3Jesus het in een van die bote geklim, die een wat aan Simon behoort, en hom gevra om ‘n klein entjie van die land af weg te roei. Hy het gaan sit en die skare van die skuit af onderrig.

4Toe Jesus klaar gepraat het, sê Hy vir Simon: “Gaan uit na die diep water, en laat sak julle nette daar om vis te vang.”

5“Meester,” antwoord Simon, “ons het die hele nag deur geswoeg en niks gevang nie, maar op u bevel sal ek die nette weer laat sak.”

6En toe hulle dit doen, het hulle soveel vis gevang dat die nette wou skeur. 7Hulle het vir die makkers in die ander boot beduie om hulle te kom help. Toe hulle daar aankom, het hulle albei bote so vol gemaak dat dit begin sink het.

8Toe Simon •Petrus dit sien, val hy voor die knieë van Jesus neer en sê: “Gaan weg van my, Here, want ek is ‘n sondige mens.”

9Verwondering het hom en almal saam met hom aangegryp oor die groot klomp vis wat hulle gevang het. 10Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” 11Nadat hulle die bote op die strand getrek het, het hulle alles gelos en Hom gevolg.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Jes 43:10, 12; Mark 13:10; Joh 15:26-27; Rom 10:13-17; 1 Kor 4:13, 15.

Jes 43:10, 12;

10“Julle is my getuies,”
is die uitspraak van die Here,
“my dienskneg wat Ek uitgekies het,
sodat julle My kan ken,
in My kan glo,
en kan insien dat dit Ek is.
Voor My is daar nie ‘n god gevorm nie,
en ná My sal daar nie een wees nie.

12Ek is die Een
wat dit bekend gemaak het;
Ek het verlos
en dit aangekondig –
Ek, nie ‘n vreemde onder julle nie.
En julle is my getuies,”
is die uitspraak van die Here,
“dat Ek God is.

Mark 13:10;
10En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word.

Joh 15:26-27;
26“Wanneer die Parakleet kom wat Ek van die Vader af aan julle sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. 27En julle moet ook getuig, omdat julle van die begin af by My is.

Rom 10:13-17;

13Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.”

14Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig? 15En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!”

16Nie almal het egter aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja vra immers: “Here, wie het geglo toe hulle ons gehoor het?” 17Die geloof kom dus uit die aanhoor, en die aanhoor kom deur die verkondiging van Christus.

1 Kor 4:13, 15.

13word ons belaster, antwoord ons beleefd. Soos die vullis van die wêreld het ons geword, soos die skuim van die samelewing – tot nou toe.

 15Want selfs al het julle ‘n menigte opvoeders in •Christus, het julle nie baie vaders nie. Deur die evangelie het ek in Christus Jesus julle vader geword.

Skryf / Vul in

Fokus nou biddend op die volgende verse en skryf neer wat die Here vir jou hierdeur sê:
Luk 4:43; 5:10 Mark 1:15-17; Joh 20:21

Luk 4:43;
43Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek moet ook in die ander dorpe die evangelie van die •koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.”

Luk 5:10
10Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” 

Mark 1:15-17;

15Hy het gesê: “Die bestemde tyd is vervul, en die •koninkryk van God is op hande. Bekeer julle en glo die evangelie.

16Terwyl Hy langs die See van Galilea loop, het Hy Simon en Andreas, die broer van Simon, nette in die see sien uitgooi, want hulle was vissers. 17Jesus sê toe vir hulle: “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense laat word.” 

Joh 20:21
21Jesus sê toe weer vir hulle: “Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” 


Hou in gedagte dat Petrus na alle waarskynlikheid teenwoordig was met die genesing van sy skoonmoeder en moontlik selfs ook deel was van die skare mense wat Jesus gevolg het, toe Hy sy uitspraak gemaak het (Luk 4:38-44).
Luk 4:38-44
38Nadat Jesus die •sinagoge verlaat het, is Hy na Simon se huis en het daar ingegaan. Simon se skoonmoeder was siek met ‘n hoë koors, en daarom het hulle Hom gevra om iets vir haar te doen. 39Hy het oor haar gebuk en die koors bestraf, en dit het haar verlaat. Sy het onmiddellik opgestaan en hulle bedien.

40Teen sononder het almal hulle siekes, wat aan allerhande kwale gely het, na Hom gebring. Hy het hulle een vir een die hande opgelê en hulle gesond gemaak. 41Daar het ook demone uit baie mense uitgegaan, terwyl hulle skreeu: “U is die •Seun van God!” Maar Hy het hulle skerp aangespreek en hulle nie toegelaat om te praat nie. Hulle het immers geweet dat Hy die Christus is.

42Teen dagbreek het Hy vertrek en na ‘n verlate plek gegaan. Die skares het Hom egter gesoek, en toe hulle Hom kry, het hulle Hom probeer verhinder om van hulle af weg te gaan. 43Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek moet ook in die ander dorpe die evangelie van die •koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.”

44En Hy het voortgegaan om in die •sinagoges van Judea te preek.

John Piper skryf: “Mission is not the ultimate goal of the church – worship is. Mission exists because worship doesn’t!” Daarom is die lof en aanbidding van God en sending so intiem verweef dat sending altyd uitloop op aanbidding van God!

So gesien, is die bestaansdoel van die Kerk ten nouste verbonde aan die bestaansdoel (roeping en gestuurdheid) van Jesus as Hoof van sy Liggaam, die Kerk. Soos dit uit Luk 4:43 blyk, was daar by Jesus géén twyfel oor die rede waarom Hy deur God na die wêreld gestuur is nie – om “ die evangelie van die Koninkryk van God te verkondig.” Net so is daar géén onduidelikheid waarvoor Hy weer vir Petrus, Jakobus en Johannes in Luk 5:10 roep nie: “Van nou af sal jy mense vang.” Wanneer jy met die God van die Bybel te doen het, het jy ook altyd met mense te doen. Hy het sy Seun uit liefde vir die mense gestuur (Joh 3:16) en daarom kan dit nie anders dat God se wêreld ook die fokus van sy Kerk en daarom ook van my en jou sal wees nie. Ons is immers sy Kerk!

In 1952 het die bekende Willingen konferensie sterk standpunt ingeneem, deur te verklaar dat ’n gemeente geen aandeel in Christus het as sy nie deel het in Christus se sending (gestuurdheid) na die wêreld nie!

Skematies sou ons dit so kon voorstel:

Week 6 Dag 29 Missio Dei
Week 6 Dag 29 Missio Dei

Ons sal almal verstom wees om ’n laaigraaf in die voorste wegspringplek van ’n Formule1- renbaan langs ’n Ferrari te sien. Die eenvoudige rede: ’n Laaigraaf het ’n totaal ander bestaansdoel as ’n Ferrari. Die eienskappe waarmee die laaigraaf ontwerp is, is totaal onvanpas op die renbaan. Hierdie kragtige stuk toerusting is ontwerp en gebou om groot hoeveelhede grond effektief te verskuif.

Net so pas dit die Kerk nie om met ander dinge besig te wees as waarvoor die Here haar primêr byeengeroep, gestuur en deur sy Heilige Gees toegerus het nie. Die spreek in verstaanbare tale op Pinksterdag (Hand 2:1-21, veral 2:11, 18) is juis ’n bevestiging daarvan dat God sy Kerk met die Heilige Gees toerus om die evangelie (Goeie Nuus) aan alle volke en tale te bring.

Hand 2:1-21, veral 2:11, 18

UITSTORTING VAN DIE HEILIGE GEES

21Toe die dag van die Pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. 2Onverwags het daar uit die hemel ‘n geluid soos dié van ‘n kragtige stormwind opgeklink, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. 3Tonge, asof van vuur, het aan hulle verskyn, verdeel en op elkeen van hulle neergedaal. 4En almal is vervul met die Heilige Gees, en het in ander tale begin praat, soos die Gees aan hulle gegee het om hardop uit te spreek.

5Destyds het daar vroom Jode uit elke nasie onder die hemel in Jerusalem gewoon. 6Toe daardie geluid opklink, het die menigte saamgedrom, en was verward, omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word. 7Verstom en verbaas het hulle gevra: “Kyk, is almal wat daar praat, dan nie Galileërs nie? 8Hoe hoor elkeen van ons hulle dan praat in die taal waarmee ons grootgeword het? 9Ons – Parte en Meders en Elamiete, inwoners van Mesopotamië, Judea en Kappadosië, Pontus en Asië, 10Frigië en Pamfilië, Egipte en streke van Libië in die omgewing van Sirene, en Romeine wat hier vertoef, 11Jode en proseliete, mense van Kreta en Arabiere – ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God praat.” 12Almal was verstom en verward, en het mekaar gevra: “Wat beteken dit tog?” 13Ander weer het spottend gesê: “Hulle is vol soetwyn.”

PETRUS SE TOESPRAAK

14Daarop staan •Petrus op, verhef sy stem en spreek hulle toe: “Jode, en julle almal wat in Jerusalem woon – dit moet julle weet, luister goed na my woorde: 15Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie; dit is immers nog net die derde uur van die dag. 16Wat hier gebeur, is deur die profeet Joël aangekondig:

17“ ‘En dit sal in die laaste dae gebeur,’ sê God:
‘Ek sal my Gees op alle mense uitstort –
julle seuns en julle dogters sal profeteer,
en julle jongmense sal visioene sien,
en julle ou mense sal drome droom.
18Ja, ook oor my slawe en slavinne
sal Ek in daardie dae my Gees uitstort,
en hulle sal profeteer.
19En Ek sal bo in die hemel wonders bewerk
en tekens onder op die aarde:
bloed en vuur en rookwolke.
20Die son sal verander in duisternis
en die maan in bloed,
voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom.
21Dan sal elkeen wat die Naam
van die Here aanroep, verlos word.’

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Joh 20:21; Hand 1:8; 1 Kor 1:23-24; Jud 1; Op 7:9.

Joh 20:21;
21Jesus sê toe weer vir hulle: “Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”

Hand 1:8;
8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”

1 Kor 1:23-24;
23Ons egter, verkondig ‘n gekruisigde •Christus. Vir die Jode is dit ‘n struikelblok en vir die nie-Jode ‘n dwaasheid. 24Maar vir diegene wat geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God. 

Jud 1;

11Judas, dienskneg van Jesus •Christus, en broer van Jakobus, aan die geroepenes, diegene wat hulle in die liefde van God die Vader bevind, en vir Jesus Christus bewaar is:

2Mag barmhartigheid, vrede en liefde in oorvloed aan julle gegee word.

REDE VIR DIE SKRYWE

3Geliefdes, alhoewel ek vas van plan was om aan julle oor ons gemeenskaplike verlossing te skryf, word ek nou genoodsaak om aan julle te skryf en julle aan te spoor om te stry vir die geloof, wat eens en vir altyd aan die heiliges oorgelewer is. 4Want sekere mense oor wie die oordeel reeds lank tevore opgeteken is, het julle geledere binnegesypel, goddeloses, mense wat God se genade in losbandigheid laat ontaard, en ons enigste Vors en Here, Jesus •Christus, ontken.

WAARSKUWING TEEN DIE DWAALLEER

(2 Pet 2:1-17)

5Ek wil julle daaraan herinner – al weet julle dit alles – dat die Here, nadat Hy een keer die volk uit Egipteland gered het, die tweede keer diegene wat nie geglo het nie, omgebring het, 6en dat Hy die engele wat hulle nie aan hulle magsgebied gehou het nie, maar hulle woonplek verlaat het, met ewige boeie in die duisternis in bewaring hou, vir die oordeel van die groot dag. 7So ook dien Sodom en Gomorra, en die omliggende stede, wat op ‘n soortgelyke manier as daardie engele ontug gepleeg en agter vreemde liggame aangeloop het, as waarskuwende voorbeeld, omdat hulle die straf van ewige vuur ondergaan.

8En tog doen hierdie mense, op grond van hulle droomvisioene, dieselfde: Hulle besoedel hulle liggame, verwerp gesag, en belaster die glansryke hemelwesens. 9Selfs Migael, die aartsengel, toe hy van die Duiwel verskil, en met hom oor die liggaam van Moses geargumenteer het, het dit nie gewaag om ‘n lasterlike oordeel uit te spreek nie, maar gesê: “Mag die Here jou straf!” 10Hierdie mense belaster egter alles wat hulle nie ken nie, en dit wat hulle instinktief verstaan, soos redelose diere, veroorsaak hulle ondergang. 11Wee hulle, want hulle het die pad van Kain geloop, en hulleself vir vergoeding aan die bedrog van Bileam oorgegee, en hulle sal, soos met die verset van Korag, omkom.

12Hierdie mense is skandvlekke
by julle liefdesmaaltye;
hulle vier skaamteloos saam met julle fees;
hulle sorg net vir hulleself.
Hulle is wolke wat nie reën bring nie,
en deur winde voortgedryf word,
bome in die laatherfs wat sonder vrugte staan,
twee maal dood, ontwortel,
13woeste seegolwe wat hulle eie skandes
laat opskuim,
dwaalsterre vir wie
die somber duisternis
vir ewig gereed gehou word.

14Henog, uit die sewende geslag ná Adam, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: “Kyk, die Here kom met sy heilige tienduisende, 15om oor almal die oordeel te vel, en om alle mense te straf vir al hulle goddelose dade wat hulle in hulle goddeloosheid verrig het, en vir al die vermetele dinge wat goddelose sondaars teen Hom uitgespreek het.” 16Hierdie mense, dit is hulle wat mor, foutvind, en hulle drange uitleef; hulle is grootmond, en vlei mense vir eie gewin. 17Maar julle, geliefdes, onthou wat die •apostels van ons Here Jesus •Christus reeds vroeër gesê het. 18Hulle woorde aan julle was: “In die laaste tyd sal daar spotters wees wat hulle eie drange na goddelose dinge uitleef.” 19Dit is hierdie mense wat skeuring bring; hulle is gerig op die aardse dinge; hulle het nie die Gees nie.

OPROEP OM VAS TE STAAN IN DIE GELOOF

20Maar julle moet, geliefdes, deur julleself op te bou in julle allerheiligste geloof, en deur in die Heilige Gees te bid, 21julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die ontferming van ons Here Jesus Christus, met die oog op die ewige lewe, verwag. 22Ontferm julle ook oor diegene wat twyfel, 23maar red ander deur hulle uit die vuur te ruk. Oor nog ander moet julle julle met eerbied ontferm, terwyl julle selfs die onderkleed verafsku wat deur die liggaam besoedel is.

LOFPRYSING

24Aan Hom wat die mag het om julle daarvan te bewaar dat julle struikel, en om julle onberispelik en jubelend voor sy heerlikheid te stel, 25aan die enigste God, ons Verlosser, deur Jesus •Christus ons Here, behoort die heerlikheid, majesteit, krag en mag – van voor alle tye, en ook nou, en tot in alle ewigheid. •Amen.

Op 7:9.
Hierna het ek gesien, en kyk, daar was ‘n baie groot skare, wat niemand kon tel nie. Hulle was afkomstig uit elke nasie en stam en volk en taal, en het voor die troon gestaan, en voor die Lam. Hulle het lang wit stolas gedra, met palmtakke in hulle hande. 

Skryf / Vul in

Dink bietjie na oor die volgende: Dink jy dat die gemeente waarvan jy deel is, God se bestaansdoel vir sy Kerk verstaan? Indien nie, wát dink jy is die doel wat hierdie gemeente vir haarself het?


Nader aan jou eie vel:
Op watter maniere getuig jou eie lewe daarvan dat jy Jesus in sy roeping navolg?


Skryf neer watter aanpassings die Here van jou vra.


Gebed

Praat met die Here hieroor …

Week 6 Dag 29As die gemeente nie hul bestaansdoel verstaan nie
Week 6 Dag 29As die gemeente nie hul bestaansdoel verstaan nie
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 91-106
Lees gerus Gen 12:1-3 (12:3c); Jes 42:1-4; 61:1-3; Matt 4:19; 13:47; Mark 1:14-15; Joh 6:37-40; 9:4; 12:26; 20:21; Hand 10:38; 2 Tim 2:4.

Gen 12:1-3 (12:3c);

121Die Here het vir Abram gesê: “Gaan weg uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis, na die land wat Ek jou sal wys.
2“Ek sal jou ‘n groot nasie maak;
Ek sal jou seën en jou naam groot maak,
sodat jy ‘n seën sal wees.
3Ek sal hulle seën wat jou seën,
maar wie jou verwens,
sal Ek vervloek.
En deur jou sal al die grootfamilies
van die aarde geseënd wees.”

Jes 42:1-4;

1“Kyk, hier is my dienskneg
wat Ek ondersteun,
my uitverkorene in wie
my binneste vreugde vind.
Ek het my Gees op hom laat kom;
hy sal reg vir die nasies laat deurbreek.
2Hy sal nie om hulp roep
en nie uitroep nie.
Hy sal nie sy stem op straat laat hoor nie.
3‘n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie,
‘n dowwe lamppit sal hy nie uitdoof nie;
in getrouheid sal hy reg laat deurbreek.
4Hy sal nie weifel
en nie geknak word nie,
totdat hy reg op die aarde gevestig het;
op sy lering wag die eilande.”

Jes 61:1-3;

611Die Gees van my Heer,
die Here is op my,
omdat die Here my gesalf het.
Hy het my gestuur
om ‘n goeie boodskap te bring
aan magteloses,
om dié met gebroke harte
se wonde te verbind,
om dié wat weggevoer is
se vrylating aan te kondig
en bevryding vir dié wat geboei is,
2om die genadejaar
van die Here aan te kondig,
ons God se dag van wraak,
om almal wat rou, te troos,
3om te voorsien vir hulle
wat oor Sion rou,
om vir hulle •tulbande te gee
in plaas van stof,
vreugde-olie in plaas van rou,
klere vir lofprysing
in plaas van ‘n verslae gees.
Hulle sal genoem word:
terebinte van geregtigheid,
geplant deur die Here
om Hom te verheerlik.

Matt 4:19;
19Hy sê vir hulle: “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense maak!” 20Hulle het onmiddellik hulle nette gelos en Hom gevolg.

Matt 13:47;
47“Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n treknet wat in die see uitgewerp is en van elke soort vis gevang het.

Mark 1:14-15;
4Nadat Johannes gevange geneem is, het Jesus na Galilea gegaan, waar Hy die evangelie van God verkondig het. 15Hy het gesê: “Die bestemde tyd is vervul, en die •koninkryk van God is op hande. Bekeer julle en glo die evangelie.”

Joh 6:37-40;
37Elkeen wat die Vader vir My gee, sal na My kom, en Ek sal die een wat na My kom, nooit verstoot nie; 38want Ek het uit die hemel neergedaal, nie om my wil uit te voer nie maar die wil van Hom wat My gestuur het. 39En dit is die wil van Hom wat My gestuur het: Dat Ek van almal wat Hy My gegee het, nie ‘n enkele een verlore sal laat gaan nie, maar hulle op die laaste dag sal opwek. 40Want dit is die wil van my Vader: Dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo die ewige lewe sal hê, en Ek sal elkeen van hulle op die laaste dag laat opstaan.”

Joh 9:4;
4Ons moet die dade doen van Hom wat My gestuur het terwyl dit nog dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie.

Joh 12:26;
26As iemand My wil dien, laat hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienskneg ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer.

Joh 20:21;
21Jesus sê toe weer vir hulle: “Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”

Hand 10:38;
38hoe God Jesus van Nasaret met die Heilige Gees en met krag gesalf het. Hy het die land deurreis, goed gedoen en almal wat onder die mag van die Duiwel was, genees, omdat God met Hom was. 

2 Tim 2:4.
4‘n Soldaat raak nie verstrik in sake van die alledaagse lewe nie, sodat hy sy bevelvoerder tevrede kan stel. 

Sien Figuur 5 van Bylae 2, p 172

Week 6 Dag 29 Figuur 5
Week 6 Dag 29 Figuur 5
Wenk

WENK: Dink wat jy prakties kan doen om daartoe mee te werk dat jy, jou gesin, jou kleingroep en jou gemeente, God se bestaansdoel uitleef tot sy eer.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 6 Dag 28 – Soekers wat nooit vind – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 6 Dag 28 God se plan is nie n geheime plan nie - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Onthou jy nog die trefferliedjie van Koos du Plessis, Kinders van die wind? “Swerwers sonder rigting, soekers wat nooit vind… “. Hierdie liedjie met sy diep filosofiese woorde, laat my altyd onwillekeurig aan visie dink. Want, sonder visie is daar weinig sprake van rigting en soek ons na iets onbekends, wat ons nooit sal vind nie. Die Vader se plan met en deur sy kinders is nie ’n geheime plan nie. Dit sou uiters vreemd en in stryd met Bybelse getuienis wees as God iets van ons sou verwag, maar dit geheim hou. Die totale Bybelse rekord getuig van die teendeel – God praat met sy mense in fyn (soms verstommende) detail.

Kom ons tel net gou weer die lyne op. Twee dae gelede het ons gesê God het ’n plan, ’n visie en dit is vir Hom belangrik. Gister het ons daaroor gedink, dat alhoewel daar ’n universele plan is, het God ook ’n besondere, unieke, spesifieke plan vir sy mense. Wanneer ons dit ken, verstaan en in woorde kan uitdruk, is daar visie.

Gebed

Nou is dit eers tyd om die wonderlike voorreg te koester om intieme tyd met die Vader deur te bring. Dis in hierdie tye dat jy Hom kan vertel hoe geniet jy sy skepping en handewerk. Hoe waardeer jy die vermoëns en sintuie wat jy het. Dalk is daar iets wat jy teenoor Hom wil bely. Dalk is daar iets waarmee jy sukkel. Jy kan ook jou bekommernisse met Hom deel, vir raad vra, vir rustigheid vra – en vra dat Hy vandag se Bybelstudie ’n besondere ervaring sal maak.

Skryf / Vul in

Dis een ding om te aanvaar dat visie belangrik is omdat God ’n unieke doel met elke gelowige en gemeente het, maar dis ’n heel ander storie om die inhoud daarvan te weet. Wanneer ons praat van God se universele wil, is dit makliker omdat die Bybel normaalweg duidelik en uitgesproke daaroor is. As dit egter by sy spesifieke wil vir jou en my kom, is dit heelwat moeiliker. Voordat ons verder gaan, wil ek hê jy moet aan Bybelse voorbeelde dink. Kan jy aan enige voorbeeld in die Bybel dink waar God ’n spesifieke plan met iemand gehad het, maar dat Hy dit doelbewus nie aan die persoon bekend wou maak nie? Skryf dit neer.


Kon jy aan ’n voorbeeld dink? Ek twyfel. Die teendeel is eerder waar. God het ’n spesifieke plan met sy mense; Hy wil hê hulle moet dit weet en dit doen! Van sulke voorbeelde is daar oneindig baie in die Bybel. Daar is eintlik nog net een vraag: Is dit vandag nog so? Of is God se hedendaagse bedoelings ’n geheim? Moet ons volstaan met sy universele wil en dat Hy van ons verwag om mee te werk aan die uitvoering van sy plan – maar dat ons nie weet wat Hy van ons spesifiek verwag nie!

Nee, dit kan tog nie! God het ’n spesifieke plan vir en met sy gemeente. Meer nog, Hy wil hê ons moet dit weet en uitvoer. Visie is niks anders as die omsit van God se plan vir die gemeente in mensetaal nie. Wat is die alternatief? As die gemeente nie God se unieke wil en plan ken en dit vertaal in voortstuwende en goedgeformuleerde visie nie, verloor hulle fokus, dringendheid en soms selfs kontak met die rede vir kerkwees. Wanneer God se plan verstaan word, ontwaak hulle tot nuwe lewe, dinamika en vitaliteit.

Skryf / Vul in

Lees Hand 9:15; 16:9-10; 26:15-23; Eks 33:13-17; Spr 18:9; Rom 15:20.

Hand 9:15;

15Maar die Here sê vir hom: “Gaan, want Ek het hom uitgekies as instrument om my Naam uit te dra na nasies en na konings en na Israel. 

Hand 16:9-10;

9Daardie nag het Paulus ‘n visioen gehad. ‘n Macedoniese man het daar gestaan en hom gesmeek met die woorde: “Kom oor na Macedonië en help ons!” 10Nadat hy die visioen gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedonië te gaan, omdat ons oortuig was dat God ons geroep het om aan hulle die evangelie te verkondig.

Hand 26:15-23;

15‘Wie is U, Here?’ vra ek toe. En die Here het gesê, ‘Ek is Jesus vir wie jy vervolg. 16Maar kom op jou voete, staan regop, want hiervoor het Ek aan jou verskyn: om jou aan te stel as dienskneg en getuie van dit wat jy van My gesien het en van dit waaroor Ek nog aan jou sal verskyn. 17Ek sal jou red uit jou volk en van die heidene na wie Ek jou stuur, 18om hulle oë oop te maak, sodat hulle hulle van die duisternis na die lig kan draai, en van die mag van Satan na God, en ook dat hulle, deur geloof in My, vergewing van sonde en ‘n erfdeel saam met die geheiligdes kan ontvang.’

19“Om hierdie rede, koning Agrippa, was ek nie aan die hemelse visioen ongehoorsaam nie, 20maar ek het eers aan die inwoners van Damaskus sowel as Jerusalem, en toe aan die hele landstreek van Judea en aan die heidene, verkondig dat hulle tot bekering moet kom en hulle na God moet keer deur werke te doen wat by die bekering pas. 21Hieroor het die Jode my gegryp toe ek in die tempelterrein was, en het hulle my probeer doodmaak. 22Omdat ek God se bystand tot op hierdie dag ervaar het, staan ek voor klein en groot, en getuig oor niks anders as wat die Profete en Moses gesê het sal gebeur nie, 23naamlik dat die Christus moes ly, en die eerste uit die opstanding van die dooies moes wees, om aan sy volk en aan die heidene die lig te verkondig.”

Eks 33:13-17;

13Daarom, as ek wel guns gevind het in u oë, maak tog aan my u paaie bekend, dat ek U kan ken, sodat ek guns bly vind in u oë; besef tog dat hierdie nasie u volk is.” 14Die Here het gesê: “Moet my teenwoordigheid saamgaan, en moet Ek vir jou rus gee?” 15Hy het vir die Here gesê: “As u teenwoordigheid nie saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat optrek nie. 16Waaraan sou mense dan weet dat ek guns gevind het in u oë, ek en u volk? Is dit nie wanneer U met ons saamgaan, dat ons onderskei sal word, ek en u volk, van elke ander volk op die aardbodem nie?” 17Die Here sê toe vir Moses: “Ook aan hierdie versoek wat jy uitgespreek het, sal Ek voldoen, omdat jy guns gevind het in my oë, en Ek jou by die naam ken.”

Spr 18:9;

9Ook hy wat sloer in sy dagtaak
is die broer van ‘n opperste
verwoester.

Rom 15:20

20So het ek my dit ten doel gestel om die evangelie te verkondig, nie waar Christus reeds bekend was en ek dus op iemand anders se fondament sou bou nie, 


Wat leer jy uit hierdie gedeeltes? Skryf dit neer:


Byna daagliks kry ek te doen met gemeenteleiers en individuele gelowiges wat ernstig en opreg na die Here se spesifieke wil vir die gemeente, of vir hulle persoonlik, vra. Aan die een kant oortuig die Bybelse getuienis ons daarvan dat God sy spesifieke wil aan ons bekendmaak, omdat ons sy wil tot uitvoer moet bring. Aan die ander kant sou dit naïef wees om te beweer dat dít ’n eenvoudige saak is.

Dit lyk vir my ons moet in dié saak aan ’n paar Bybelse waarhede vashou:

  1. God het ’n spesifieke en unieke plan vir elke gelowige en gemeente
    (Jes 43:1; Jer 1:5; Hand 9:15).
    • Jes 43:1
      1“Maar nou,” so sê die Here,
      jou Skepper, Jakob,
      die Een wat jou gevorm het, Israel,
      “moenie bang wees nie,
      want Ek het jou losgekoop,
      Ek het jou op jou naam geroep –
      aan My behoort jy.
    • Jer 1:5
      5“Nog voordat Ek jou gevorm het
      in die baarmoeder,
      het Ek jou geken;
      nog voordat jy uitgegaan het
      uit die moederskoot,
      het Ek jou geheilig.
      As profeet vir die nasies
      het Ek jou bestem.”
    • Hand 9:15
      15Maar die Here sê vir hom: “Gaan, want Ek het hom uitgekies as instrument om my Naam uit te dra na nasies en na konings en na Israel. 
  2. Hy wil hê ons moet dit weet (Jes 43:1a; Jer 1:4; Hand 9:4-6,15-20),
    • Jes 43:1a
      1“Maar nou,” so sê die Here,
      jou Skepper, Jakob,
      die Een wat jou gevorm het, Israe
      l
    • Jer 1:4
      4Die woord van die Here het tot my gekom:
    • Hand 9:4-6
      4en hy het op die grond neergeval en ‘n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” 5Hy het gevra: “Wie is U, Here?” En Hy antwoord: “Ek is Jesus, wat jy vervolg. 6Maar staan op en gaan na die stad, en daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.”
    • Hand 9:15-20
      15Maar die Here sê vir hom: “Gaan, want Ek het hom uitgekies as instrument om my Naam uit te dra na nasies en na konings en na Israel. 16Ek sal boonop aan hom toon hoeveel hy ter wille van my Naam moet ly.” 17Ananias het toe vertrek, en die huis binnegegaan en hom die hande opgelê, met die woorde: “Saul, broer, die Here het my gestuur – Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het – sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.” 18En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval. Hy kon weer sien en het opgestaan en is gedoop. 19Nadat hy geëet het, het hy sy krag herwin.
      Hy was ‘n paar dae lank saam met die dissipels in Damaskus, 20en het Jesus dadelik in die sinagoges verkondig deur te sê dat Hy die •Seun van God is.
      want:
  3. Hy wil hê ons moet sy wil doen (Matt 7:21-23; Joh 4:34).
    • Matt 7:21-23;
      21“Nie elkeen wat vir My sê, ‘Here, Here,’ sal ingaan in die •koninkryk van die hemele nie, maar net diegene wat die wil doen van my Vader in die hemele. 22Baie sal op daardie dag vir My sê, ‘Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam demone uitgedryf en in u Naam baie kragtige dade verrig nie?’ 23Dan sal Ek openlik vir hulle sê, ‘Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat wetteloosheid bedryf!’ ”
    • Joh 4:34
      34En Jesus sê vir hulle: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.
  4. Hy is God en kan dit daarom soos, waar en wanneer Hy goed dink, aan
    ons bekendmaak
    (Jes 49:8-9; 55:8-9; 2 Kor 6:2).
    • Jes 49:8-9;
      8So sê die Here:
      “In ‘n tyd van welwillendheid
      antwoord Ek jou;
      op die dag van verlossing
      help Ek jou.
      Ek sal jou beskerm,
      Ek gee jou as ‘n verbond aan die volk
      om die land op te bou,
      om van verlate erfgrond
      weer ‘n erfdeel te maak,
      9om vir gevangenes te sê,
      ‘Gaan uit!’
      en vir hulle wat in die donker is,
      ‘Kom te voorskyn!’
      Langs die paaie sal hulle wei,
      op al die kaal hoogtes
      sal hulle weiding wees.
    • Jes 55:8-9;
      8“Ja, my planne is nie julle planne nie,
      en julle paaie is nie my paaie nie,”
      is die uitspraak van die Here.
      9“Want soos die hemel hoër is as die aarde,
      so is my paaie hoër as julle paaie,
      en my planne as julle planne
      .
    • 2 Kor 6:2
      2Want Hy sê:
      “Op die regte tyd
      het Ek na jou geluister,
      en op die dag van verlossing
      het Ek jou gehelp.”
      Kyk, nou is die gunstige tyd,
      kyk, nou is die dag van verlossing!
  5. Vir God gaan dit ten diepste oor verhoudings (Deut 6:4-9; Matt 12:30;
    22:36-40).
    • Deut 6:4-9;
      4“Luister, Israel, die Here is ons God, die Here alleen. 5Jy moet die Here jou God met hart en siel liefhê en met al jou krag. 6En hierdie woorde wat ek vandag vir jou voorskryf, moet jy op die hart dra. 7Herhaal dit vir jou kinders en praat met hulle daaroor wanneer jy in jou huis sit en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan. 8Bind dit as ‘n teken om jou hand en laat dit ‘n versiering op jou voorkop wees. 9Skryf dit op die deurkosyne van jou huis en op jou stadspoorte.
    • Matt 12:30;
      30Wie hulle nie by My skaar nie, is teen My, en wie nie saam met My bymekaarmaak nie, verstrooi.
    • Matt 22:36-40
      36“Meester, wat is die belangrikste gebod in die Wet?” 37Hy het vir hom gesê: “ ‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’ 38Dit is die belangrikste en die eerste gebod. 39En die tweede wat hieraan gelyk staan, is, ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 40Op hierdie twee gebooie berus die hele Wet en die Profete.”

Met hierdie 5 ankers om ons stewig vas te hou, moet ons onvermoeid en met verwagting daarna uitsien dat Hy sy wil (ons visie) aan ons sal openbaar. Net soos wat ’n intieme huweliksverhouding (wat God self as beeld gebruik) die platform skep vir effektiewe kommunikasie, so sal die tyd wat ons intiem in sy teenwoordigheid deurbring daartoe bydra dat ons sy wil sal ken. God het op ’n onuitspreeklik radikale manier gedemonstreer dat Hy ’n Verhoudingswese is. Moet dus nie ont-anker word deur moedeloos te word, ongeduldig te word, resultate te soek, allerhande metodes en tegnieke te probeer of watter selfgeproduseerde oplossing ookal in te span nie. Spandeer tyd in sy teenwoordigheid en Hy sal met jou praat. Praat met Hom en Hy sal met jou praat. Verlustig jou in sy Woord en Hy sal met jou praat.

God se mense is soekers wat vind (1 Kron 28:9; Spr 8:17; Luk 11:9-13)!

1 Kron 28:9;
9En jy, my seun Salomo, erken die God van jou vader, en dien Hom met ‘n onverdeelde hart en ‘n gewillige gees, want die Here ondersoek alle harte, en in elke bedoeling van die gedagtes het Hy insig. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp. 

Spr 8:17;
17Wie my liefhet, het ek self ook lief,
en wie my soek, sal my vind.

Luk 11:9-13

9Ek sê vir julle:
“Vra, en vir julle sal gegee word;
soek, en julle sal vind;
klop, en vir julle
sal oopgemaak word.
10Want elkeen wat vra, ontvang;
en wie soek, vind;
en vir wie klop, sal oopgemaak word.
11“Watter vader onder julle sal, as sy seun hom ‘n vis vra, hom ‘n slang in plaas van ‘n vis gee? 12Of as hy ‘n eier vra, vir hom ‘n skerpioen gee? 13As julle wat sleg is, dan weet om goeie geskenke aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan hulle wat Hom vra!”

Gebed

Spandeer ’n paar minute deur jou in te stel op sy teenwoordigheid. Miskien het jy nou nodig om by Hom hulp te vra vir hierdie aanpassings (koersverandering, bekering?) in jou lewe, of om ’n belydenis te doen Dalk wil jy jou eie bestaansdoel weer in oënskou neem en opnuut na jou fokus en prioriteite kyk, of heroorweeg op watter maniere jy (nog meer) aktief betrokke kan raak as God se medewerker.

Week 6 Dag 28 Dod se plan is nie n geheime plan nie
Week 6 Dag 28 Dod se plan is nie n geheime plan nie
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 107-125
Lees gerus ook Ef 1-3.


Paulus bevestig:

  • God het ’n plan en doel.
  • Sy plan sluit die hele skepping in.
Wenk

WENK: Kyk ’n bietjie vandag rondom jou of jy die verband tussen die doel en aard (karakter of eienskappe) van dinge (en mense) kan raaksien.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 6 Dag 27 – Ons kan daarsonder – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 6 Dag 27 God het n spesifieke unieke plan vir elke - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
Gebed

Gebruik tyd om rustig en gefokus te raak in God se teenwoordigheid. Vertel Hom van die dinge wat jou aandag aftrek – vra Hom om jou gedagtes só in besit te neem dat jy net op Hom sal fokus.

Ek het ’n gesegde wat ek tydig en ontydig kwytraak – miskien omdat ek so vas daarin glo: Jy kan sonder ’n visie bestaan, maar nie leef nie. Dis waar vir ’n individu en waar vir die gemeente. Soos ’n skyndood, is daar ook iets soos ’n skynlewe – dit kom voor soos lewe, maar dis nie waarlik lewe nie! Lewe is iets anders. Kan dit wees dat miljoene gelowiges en duisende gemeentes ’n skynbeeld van lewe vertoon? Kan dit wees dat baie gelowiges visieloos en energieloos deur die lewe slof? Kan dit wees, dat baie van ons deur die motions gaan, maar ons weet dit word slegs gedoen om die monde van die kritiserende skares op die pawiljoene te snoer? Kan dit wees?

Maar gister het ons dan gesê dat visie vir God belangrik is. Meer nog, dis vir Hom belangrik dat sy mense met visie leef. Nou moet ons ’n tree verder met die ding wat ons visie noem, want jy moet kan onderskei tussen God se universele wil en sy spesifieke wil.

Lees die Skrif

Lees die klassieke Skrifgedeeltes in Matt 28:19-20; Hand 1:8.

Matt 28:19-20;

19Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, 20en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd.”

Hand 1:8

8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.”

Dink na / Besin

Sou jy dink dat hierdie gedeeltes slegs bedoel is vir enkele individue (dalk net vir die dissipels) of vir God se mense oor alle eeue?
Sou die Here se wet in Eksodus 20 net vir die Hebreërs bedoel wees of ook vir ons vandag?
As Jesus met God se mandaat en visie na die wêreld kom, bewerk Hy versoening net vir ’n spesifieke groep mense in tyd en plek, of geld sy versoening oor alle geslagte, tye en eeue?

Hierdie voorbeelde help ons verstaan dat God ’n universele wil het wat oor alle tyd en ruimte oopgespan is.

Wenk

Dit geld dus altyd vir alle gelowiges en vir alle gemeentes.

Skryf / Vul in

Nou wil ek hê jy moet dink aan Bybelse voorbeelde van God se
universele wil. Skryf elke voorbeeld in een van die blokkies hieronder neer (jy hoef nie almal te gebruik nie):






Ons sou dus uit God se universele wil ’n visie vir ’n gelowige of die gemeente kon aflei. Dit sou Bybels akkuraat en universeel geldend vir alle gelowiges en gemeentes kon wees. Byvoorbeeld – om dissipels van alle nasies te maak of om getuies te wees.

God het ook ’n spesifieke wil vir individue en gemeentes. Hy het byvoorbeeld vir Moses gebruik om sy Ou Testamentiese gemeente uit Egipte na die beloofde land te lei. Dit was sy spesifieke en unieke plan met Moses – en ons sou dit Moses se visie kon noem. Van niemand anders vra Hy dieselfde as van Moses nie. Hy het byvoorbeeld nie dieselfde van Petrus en Paulus gevra nie – daarom sou hulle visies verskil. Daarom bekragtig Hy ook sy mense met verskillende gawes en gee Hy verskillende talente en vermoëns (1 Kor 12:3-7).

1 Kor 12:3-7
3Daarom maak ek aan julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God praat, sê “Jesus is vervloek!” nie, en niemand kan sê “Jesus is die Here!” behalwe deur die Heilige Gees nie.
4Daar is ‘n verskeidenheid genadegawes,
maar dit is dieselfde Gees;
5en daar is ‘n verskeidenheid dienste,
maar dit is dieselfde Here;
6en daar is ‘n verskeidenheid aktiwiteite,
maar dit is dieselfde God
wat al hierdie dinge in almal bewerk.7Aan elkeen egter word die openbaring van die Gees gegee, met die oog op wat bevorderlik is:

Hiervan is die Bybel vol.

Skryf / Vul in

Probeer nou om ’n paar Bybelse voorbeelde van God se spesifieke wil in die onderstaande blokkies te skryf:






God het nie dieselfde spesifieke doel met jou lewe as met myne nie. So het hy ook nie dieselfde unieke doel met die gemeente waaraan jy behoort en die huiskerkbeweging in China nie. Jy sien, God werk nie met ons in vae, makroterme nie. Die Bybel vertel van ’n God wat uniek en spesifiek bemoeienis maak met elkeen van sy mense. So gebruik Hy elke gelowige en gemeente op ’n unieke en spesifieke manier om as deel van sy plan, ’n verskil te maak. DIT is wat ek visie noem! Hy roep elke gemeente om binne tyd en konteks deel te hê aan die uitvoering van sy plan. Gelowiges en gemeentes het deur die eeue gekom en gegaan, elkeen met ’n besondere verantwoordelikheid in God se ewigheidsplan. Die gemeente se bestaan in tyd, plek en samestelling, is dus nie toevallig nie. Visie is om te verstaan wat God deur ons wil doen en om dit dan in woorde te formuleer.

Skryf / Vul in

Hieronder is 8 blokkies met ’n naam in elkeen. Kyk of jy kortliks God se spesifieke wil met elkeen van hulle in die blokkie kan beskryf:

Abraham
bv Gen 12:1-3

121Die Here het vir Abram gesê: “Gaan weg uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis, na die land wat Ek jou sal wys.
2“Ek sal jou ‘n groot nasie maak;
Ek sal jou seën en jou naam groot maak,
sodat jy ‘n seën sal wees.
3Ek sal hulle seën wat jou seën,
maar wie jou verwens,
sal Ek vervloek.
En deur jou sal al die grootfamilies
van die aarde geseënd wees.”


Josef
bv Gen 50:20

20Julle het kwaad teen my beplan, maar God het dit vir iets goeds in gedagte gehad, met die doel om te doen wat vandag gebeur – om ‘n groot volk aan die lewe te hou.


Josua


Dawid


Jesus


Petrus


Paulus


met jou


Gebed

Praat met die Here oor wat jy vandag ervaar het.

Skryf / Vul in

Skryf neer wat jy nie van vandag se Bybelstudie wil vergeet nie:


Week 6 Dag 27 God het n spesifieke unieke plan vir elke
Week 6 Dag 27 God het n spesifieke unieke plan vir elke
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 91-106
Wat is God se visie vir Abraham en hoeveel keer bevestig Hy dit?
Gen 12:1-3; 15:1-7; 17:1-15

Gen 12:1-3;

1Die Here het vir Abram gesê: “Gaan weg uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis, na die land wat Ek jou sal wys.
2“Ek sal jou ‘n groot nasie maak;
Ek sal jou seën en jou naam groot maak,
sodat jy ‘n seën sal wees.
3Ek sal hulle seën wat jou seën,
maar wie jou verwens,
sal Ek vervloek.
En deur jou sal al die grootfamilies
van die aarde geseënd wees.”

Gen 15:1-7;

151Ná verloop van tyd het die woord van die Here tot Abram gekom in ‘n visioen:

“Moenie bang wees nie, Abram!
Ek is ‘n skild vir jou.
Jou loon is baie groot.”

2Maar Abram het gesê: “Here, my Heer, wat sal U vir my gee? Kinderloos gaan ek heen. Die erfgenaam van my huis is Eliëser van Damaskus.” 3Abram het ook gesê: “Kyk, vir my het U nie ‘n nageslag gegee nie. Kyk, ‘n seun uit my huishouding gaan my erfgenaam wees.”

4Maar kyk, die woord van die Here kom toe tot Abram: “So iemand sal nie jou erfgenaam wees nie, slegs een wat uit jou liggaam voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.” 5Toe neem Hy Abram na buite en sê: “Kyk maar op na die hemel en tel die sterre – as jy in staat is om hulle te tel!” En Hy sê vir hom: “So sal jou nageslag wees.” 6Hy het die Here geglo. En Hy het dit vir hom as geregtigheid toegereken.

7Die Here het vir hom gesê: “Ek is die Here wat jou uit Ur van die Galdeërs uitgelei het om aan jou hierdie land te gee om dit in besit te neem.”

Gen 17:1-15

1Toe Abram nege-en-negentig jaar oud was, het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Ek is God, die Almagtige. Leef voor My, en wees onberispelik! 2Ek wil my verbond tussen My en jou bekragtig en jou buitengewoon laat vermeerder.” 3Abram het neergeval met sy gesig teen die grond, en God het met hom gepraat: 4“Wat My betref, kyk, my verbond met jou is: Jy sal die vader van ‘n menigte nasies word. 5Jy sal nie meer Abram genoem word nie. Jou naam sal Abraham wees, want vader van ‘n menigte nasies maak Ek jou. 6Ek sal jou besonder vrugbaar maak en jou tot nasies maak. Konings sal uit jou voortkom. 7Ek sal my verbond tussen My en jou en jou nageslag ná jou handhaaf, deur hulle geslagte heen, as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. 8Ek gee aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap, die hele land Kanaän, as eiendom vir altyd, en Ek sal vir hulle ‘n God wees.”

9God het ook vir Abraham gesê: “En jy, my verbond moet jy nakom, jy en jou nageslag ná jou deur hulle geslagte heen. 10En dit is my verbond tussen My en julle en jou nageslag ná jou wat julle moet nakom: Elke manlike persoon onder julle moet besny word. 11Julle moet besny word aan die vlees van julle voorhuide. Dit sal dien as teken van die verbond tussen My en julle. 12Op die ouderdom van agt dae moet elke manlike persoon by julle besny word, deur al julle geslagte heen – ook ‘n kind uit die huishouding, en dié wat met geld gekoop is van enige vreemde en wat nie deel is van jou nageslag nie. 13‘n Kind uit die huishouding en dié wat met geld gekoop is, moet beslis besny word. My verbond moet aan julle liggame wees as ‘n ewige verbond. 14‘n Onbesnede manlike persoon wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie – daardie persoon moet van sy mense afgesny word; my verbond het hy verbreek.”

15God het vir Abraham gesê: “Sarai, jou vrou, moet jy nie meer Sarai noem nie; want haar naam moet Sara wees.


Hoe spesifiek en gedetailleerd is God se planne vir sy mense?
Eks 3:1-22; 4:1-17; Jos 1:1-5, 10-15; 2:1-2, 22-24; 3:1-4; 6:1-7

Eks 3:1-22;

1Moses het sy skoonvader, Jetro, die priester van Midian, se kleinvee opgepas. Hy het die kleinvee diep die woestyn in gejaag en uitgekom by die berg van God, by Horeb. 2Daar het die •Engel van die Here aan hom verskyn in ‘n vuur wat uit ‘n doringbos opvlam.

Moses het gesien daar is ‘n doringbos aan die brand, maar dié doringbos word sowaar nie verteer nie. 3Toe dink Moses, ek moet afdraai, sodat ek na hierdie buitengewone verskynsel kan kyk. Waarom brand die doringbos dan nie uit nie?

4Toe die Here sien dat hy afgedraai het om dit van nader te bekyk, het God na hom geroep uit die doringbos: “Moses! Moses!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” 5Toe sê die Here: “Moenie nader kom nie. Trek jou sandale van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilige grond.” 6Daarop sê Hy: “Ek is die God van jou voorvader, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.” Moses het sy gesig bedek, want hy was bang om na God te kyk. 7Die Here sê toe: “Ek het die ellende van my volk wat in Egipte is, duidelik gesien. Hulle noodkreet oor hulle slawedrywers het Ek gehoor. Ja, Ek ken hulle lyding. 8Ek het afgekom om hulle uit die hand van Egipte te red en hulle uit daardie land te laat optrek na ‘n goeie en uitgestrekte land, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning, die woonplek van die Kanaäniete, die Hetiete, die •Amoriete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete. 9En nou, kyk, die noodkreet van die Israeliete het My bereik. Ek het ook die verdrukking waarmee Egipte hulle verdruk, raakgesien. 10Gaan dan nou! Ek stuur jou na die farao om my volk, die Israeliete, uit Egipte uit te lei.”

11Moses het egter vir God gesê: “Wie is ek, dat ek na die farao kan gaan en dat ek die Israeliete uit Egipte kan lei?” 12Hy het geantwoord: “Ek is immers by jou. En dit sal vir jou die teken wees dat dit Ek is wat jou gestuur het: Wanneer jy die volk uit Egipte gelei het, sal julle God op hierdie berg dien.”

13Moses het vir God gesê: “Kyk, as ek by die Israeliete kom en vir hulle sê, ‘Die God van julle voorvaders het my na julle gestuur,’ en hulle vra my dan, ‘Wat is sy naam?’ wat moet ek vir hulle sê?” 14God sê toe vir Moses: “Ek Is Wie Ek Is.” Hy sê toe ook: “So moet jy die Israeliete antwoord, ‘Ek Is het my na julle gestuur.’ ” 15God het weer vir Moses gesê: “So moet jy vir die Israeliete sê,

“ ‘Die Here, die God van julle voorvaders,
die God van Abraham,
die God van Isak,
die God van Jakob,
het my na julle gestuur.’
Dit is my Naam vir altyd;

dit is my gevierde Naam van geslag tot geslag.16“Gaan, en bring die oudstes van Israel byeen, en sê vir hulle, ‘Die Here, die God van julle voorvaders, die God van Abraham, Isak en Jakob, het aan my verskyn en gesê: “Ek gee noukeurig aandag aan julle en aan wat julle in Egipte aangedoen word. 17Ek verklaar dan: Ek sal julle laat optrek, weg van die ellende in Egipte, na die land van die Kanaäniete, die Hetiete, die Amoriete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete, na ‘n land wat oorloop van melk en heuning.” ’

18“Hulle sal na jou luister, en dan moet jy en die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan. Julle moet vir hom sê, ‘Die Here, die God van die Hebreërs, het Hom aan ons bekend gemaak. Laat ons asseblief dan nou drie dagreise ver die woestyn ingaan, sodat ons aan die Here ons God kan offer.’ 19Ek weet egter dat hy, die koning van Egipte, julle nie sal toelaat om te gaan nie, tensy hy gedwing word deur ‘n kragtige hand. 20Maar Ek sal my hand uitsteek en Egipte tref met al my wonders wat Ek in hulle midde gaan doen. Daarna sal hy julle laat gaan. 21Ek sal sorg dat die Egiptenare hierdie volk goedgesind is, sodat wanneer julle gaan, julle nie met leë hande sal gaan nie. 22Elke vrou moet van haar buurvrou of van die een wat in haar huis tydelike verblyf geniet, silwer- en goue voorwerpe en klere eis. Julle moet julle seuns en dogters dit laat saamdra. So moet julle buit neem van die Egiptenare.”

Eks 4:1-17;

1Hierop het Moses geantwoord en gesê: “Maar as die Israeliete my nie glo nie, en hulle nie na my luister nie? As hulle dalk sê, ‘Die Here het nie aan jou verskyn nie’?” 2Die Here sê toe vir hom: “Wat het jy daar in jou hand?” Hy antwoord: “’n Staf.” 3Die Here sê: “Gooi dit op die grond!” En toe hy dit op die grond gooi, word dit ‘n slang! Moses het daarvoor teruggedeins. 4Die Here sê toe vir Moses: “Steek jou hand uit en gryp dit aan die stert!” Moses het sy hand uitgesteek en dit gegryp. Toe word dit weer ‘n staf in sy hand. 5“Dit is sodat hulle kan glo dat die Here, die God van hulle voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, aan jou verskyn het.”

6Die Here het weer vir hom gesê: “Steek jou hand in die vou van jou kleed.” Hy druk toe sy hand in die vou, en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu! 7Daarop sê die Here: “Steek jou hand weer in die vou van jou kleed.” Hy het weer sy hand in die vou gesteek, en toe hy dit uit die vou uittrek, was dit weer soos die res van sy liggaam!

8“As hulle jou nie glo nie, en nie aandag gee aan die eerste teken nie, sal hulle die laaste teken glo. 9As dit dalk gebeur dat hulle selfs hierdie twee tekens nie glo nie, en nie na jou stem luister nie, skep dan van die Nyl se water en gooi dit uit op die droë grond. Die water wat jy uit die Nyl geskep het, sal bloed word op die droë grond.”

10Maar Moses het vir die Here gesê: “Asseblief, my Heer! Ek is nie ‘n man van woorde nie, nie in die verlede nie, en ook nie vandat U met u dienskneg gepraat het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong.” 11Daarop sê die Here vir hom: “Wie het ‘n mond vir die mens beskik, en wie maak stom of doof, siende of blind? Is dit nie Ek, die Here, nie? 12Gaan dan nou! Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sê.” 13Maar hy sê: “Asseblief, my Heer! Stuur asseblief iemand anders.” 14Die toorn van die Here het teen Moses ontbrand en Hy het gesê: “Is Aäron, die Leviet, nie jou broer nie? Ek weet dat hy welsprekend is. Wat meer is, kyk, hy is op pad om jou te ontmoet; en wanneer hy jou sien, sal sy hart verheug wees. 15Jy moet met hom praat en die woorde in sy mond lê. Ek sal met jou mond en met sy mond wees. Ek sal julle leer wat julle moet doen. 16Hy moet namens jou met die volk praat. Dit is hoe dit gaan gebeur – hy sal vir jou ‘n mond wees en jy sal vir hom ‘n god wees. 17Hierdie staf moet jy in jou hand neem. Dit is waarmee jy die tekens moet doen.”

Jos 1:1-5, 10-15;
1Ná die dood van Moses, die dienskneg van die Here, het die Here vir Josua, seun van Nun, Moses se helper, gesê: 2“Moses, my dienskneg, is dood. Daarom, maak nou gereed om hierdie Jordaan oor te steek, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, aan die Israeliete, gaan gee. 3Elke plek waarop julle voete trap – aan julle gee Ek dit soos Ek aan Moses beloof het. 4Van die woestyn en die Libanon af tot by die groot rivier, die Eufraat, die hele land van die Hetiete tot by die Groot See in die weste, sal julle gebied wees. 5Solank jy leef, sal niemand voor jou kan standhou nie. Soos Ek by Moses was, sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie. 

10Josua het toe die opsieners van die volk opdrag gegee: 11“Gaan deur die kamp en gee opdrag aan die volk, ‘Maak vir julle padkos gereed, want oor drie dae gaan julle hierdie Jordaan oorsteek om die land binne te gaan, om in besit te neem wat die Here julle God aan julle gaan gee om in besit te neem.’ ”

12Vir die stamme van Ruben en Gad en die halwe stam van Manasse het Josua gesê: 13“Onthou die saak waaroor Moses, die dienskneg van die Here, julle opdrag gegee het, ‘Die Here julle God gaan vir julle rus gee en hierdie land aan julle gee. 14Julle vroue, die swakkes onder julle en julle vee kan bly in die gebied oorkant die Jordaan wat Moses aan julle gegee het. Maar julle moet in slagorde voor julle broers oortrek, al die dapper krygers, en hulle bystaan 15totdat die Here vir julle broers rus gegee het soos vir julle, en hulle ook die land wat die Here julle God vir hulle gee, in besit geneem het. Dan mag julle terugkeer na die land wat julle eiendom is en dit in besit neem – die land wat Moses, die dienskneg van die Here, vir julle gegee het oorkant die Jordaan, aan die oostekant.’ ”

Jos 2:1-2, 22-24;

1Toe het Josua, seun van Nun, in die geheim twee manne as verkenners uit Sittim gestuur en gesê: “Gaan kyk na die land en Jerigo.” Hulle het gegaan en by die huis van ‘n prostituut met die naam Ragab aangekom en daar oornag. 2Aan die koning van Jerigo is gesê: “Kyk, manne van die Israeliete het in die nag hierheen gekom om die land te verken.”

22Hulle het gegaan en in die bergland aangekom. Daar het hulle drie dae gebly, totdat die agtervolgers teruggekeer het. Die agtervolgers het langs die hele pad gesoek, maar hulle nie gekry nie. 23Die twee manne het teruggekeer. Hulle het van die berg afgekom, die rivier oorgesteek en by Josua, seun van Nun, aangekom. Hulle het vir hom alles vertel wat met hulle gebeur het. 24Hulle het vir Josua gesê: “Die Here het inderdaad die hele land in ons hand gegee. Meer nog, al die inwoners van die land sidder oor ons.”

Jos 3:1-4; 6:1-7

1Josua het vroeg die môre opgestaan. Hulle het van Sittim af weggetrek en by die Jordaan aangekom, hy en al die Israeliete. Hulle het daar oornag voordat hulle oorgetrek het. 2Ná verloop van drie dae het die opsieners deur die kamp gegaan 3en aan die volk opdragte gegee: “Wanneer julle die verbondsark van die Here julle God sien, en die priesters, die Leviete wat dit dra, moet julle van julle staanplekke af verder trek. Volg die ark, 4maar daar moet ‘n afstand van ongeveer tweeduisend el tussen julle en die ark wees. Moenie naby aan die ark kom nie, sodat julle die pad waarop julle moet gaan, kan leer ken, want julle het nie voorheen met dié pad langs getrek nie.”

61Jerigo se poorte was egter dig gesluit vanweë die Israeliete; niemand het daar uitgegaan of ingegaan nie. 2Die Here sê toe vir Josua: “Kyk, Ek gee Jerigo, sy koning en sy dapper krygers in jou hand. 3Julle moet om die stad trek, al die krygsmanne. Jy moet een keer om die stad gaan. Ses dae lank moet jy só maak: 4Sewe priesters moet sewe •ramshorings voor die ark dra. Op die sewende dag moet julle sewe keer om die stad trek, terwyl die priesters op die horings blaas. 5En wanneer daar lank op die horing van die ram geblaas word, moet al die manskappe, sodra julle die geluid van die ramshorings hoor, ‘n baie harde oorlogskreet aanhef. Die stadsmuur sal dan ineenstort, en die manskappe moet bo-oor klim, elke man reg voor hom uit.”

6Josua, seun van Nun, het toe die priesters ontbied en vir hulle gesê: “Dra die verbondsark. Sewe priesters moet die horings van sewe ramme voor die ark van die Here dra.” 7Hy sê toe vir die manskappe: “Trek op en gaan om die stad; die gewapende manne moet voor die ark van die Here optrek.”

Wenk

WENK: Praat vandag met ’n paar mense en vra of hulle God se spesifieke en unieke wil vir hulle lewens ken.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 6 Dag 26 – “Ain’t no definition gonna help” – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 6 Dag 26 Visie is God se plan in woorde - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Leef jy met ’n droom in jou hart? Kan jy dit in woorde omsit? Onthou, ek praat nie van verskillende doelwitte en ideale waarvan jy ’n lys kan maak nie. Ek praat van iets anders. Iets wat sin, rigting en betekenis aan jou lewe gee. Ek praat van daardie droom wat jou motiveer om te lewe en nie net voetslepend deur elke dag te slof nie.

Skryf / Vul in

Skryf dit in die linkerkantste kolom neer:

Gebed

Nou moet jy met God praat oor wat jy geskryf het. Toets dit met Hom. Bedink die implikasies van die droom; die motief van die droom; en toets dit aan sy Woord. Vra die Here om sy wil met en deur jou lewe opnuut te bevestig.

Lees die Skrif

Lees Spr 29:18; Jes 8:19-9:1.

Spr 29:18;

18Wanneer daar geen profetiese
visioen is nie,
raak ‘n volk bandeloos;
maar wanneer hulle die wet nakom,
is hulle gelukkig.

Jes 8:19-9:1

19Wanneer hulle vir julle sê, “Raadpleeg die waarsêergeeste en voorvadergeeste wat fluister en mompel – moet ‘n volk nie sy gode raadpleeg, die dooies ter wille van die lewendes nie?” 20moet julle antwoord: “Gaan na die onderrig en die getuienis!” Hulle moet beslis antwoord volgens hierdie uitspraak, waarteen geen beswering bestand is nie.

21Die volk sal die land deurkruis, bedruk en verhonger. En wanneer hulle honger is, sal hulle woedend word en hulle koning vervloek en, terwyl hulle boontoe kyk, hulle God vervloek. 22Na die grond sal hulle staar, en kyk, uitgedryf in die duisternis, is daar net benoudheid en donkerheid, angs sonder lig. 23Ja, daar sal nie ‘n ligstraal wees vir hulle wat angs ervaar oor die land nie.

In ‘n vroeër tyd
het Hy vernedering gebring
vir die land Sebulon
en die land Naftali.
In die toekoms
bring Hy eer
vir die weg na die see,
oorkant die Jordaan
en die gebied van die nasies.

Die 1983 Afrikaanse vertaling sê: “waar die wil van die Here nie bekend gemaak word nie, verwilder ’n volk ” Kyk hoe ’n paar Engelse vertalings dieselfde vers hanteer:

  • “Where there is no vision, the people cast off restraint.” (ASV)
  • “Where there is no vision, the people perish.” (KJV)
  • “Without prophetic vision, the people shall perish.” (NKJ)
  • “Where there is no revelation, the people cast off restraint.” (WEB)
  • “Without a vision is a people made naked.” (YLT)


As ons ’n voëlvlug oor die verskillende vertalings neem en ek verstaan die insigte van teoloë reg, blyk dit dat dit vir God belangrik is dat die gemeente, gesamentlik en gelowiges individueel, ’n visie moet hê. Dit lyk ook nie asof dit ’n opsionele ekstra is nie, want die Skrifgedeelte impliseer dat die prentjie sonder só ’n visie, maar bra duister lyk. Wat meer is, hierdie visie gaan klaarblyklik nie oor eie persoonlike welstand, voorspoed en geluk nie – dit gaan eerder oor God en wat God met en deur sy mense se lewens wil doen.

Nou is ons by die eerste kontrolepunt. Stem jy saam dat visie vir God se mense belangrik is? As jy saamstem kan ons aangaan.

Uit die Woord kan ons agterkom dat hierdie ding wat ons visie noem, belangrik is, maar wat is dit dan eintlik? Ek was al in vergaderings waar bestuurspanne van groot ondernemings of kerkleiers bymekaar is en waar bloedig gedebatteer word oor wat die woord tog eintlik beteken. Ons noem dit semantiese gevegte en gaan hopelik nie daardie pad volg nie. Kom ons probeer duidelikheid kry wat visie vir ons, as God se mense, moet beteken.

Persoonlike visie word deur die Heilige Gees geïnspireer en is iets wat hier binne iewers begin lewe kry. Dit veroorsaak ’n lewensbruising wat soos brandstof werk. Jy kan visie nie vir iemand leer of die kinders daaroor ’n toets laat skryf nie. As jy met visie in jou hart leef, sal jy (en hulle wat met jou te doen kry) dit weet! Toe iemand vir Duke Ellington, legendariese jazz-musikant, vra om ’n definisie van ritme te gee, het hy gesê: “If you got it, you need no definition – and if you don’t have it, ain’t no definition gonna help”. Ek dink dis ook waar van visie. Ons hoef nie lank met ’n persoon te doen te hê, of in ’n gemeente te wees, voordat jy weet of daar visie is nie.

Vir ’n gemeente is visie niks anders as om God se bedoeling met hulle in woorde uit te druk nie. As visie een van daardie dinge is wat ons moet hê, omdat alle gemeentes dit deesdae het, dan het dit net kosmetiese waarde. Ons sou kon sê – deur ’n Godgegewe visie vind die gemeente sy bestaansdoel en kry hy sy marsopdrag om ’n verskil te maak. ’n Visie behoort daarom nie vaag en algemeen te wees nie. Dit beskryf in woorde wat God se besondere en unieke doel met sy gemeente is. Om ander gemeentes met ’n oulike visie na te boots, of hulle visie effens te duikklop om ons te pas, is tydmors. God wil sy doel met sy gemeente bereik en hierdie doel sal bydra tot die uitvoering van sy plan met sy skepping.

Skryf / Vul in

Sou jy God se visie vir Jesus se koms na die wêreld kon neerskryf? Skryf dit nou neer.


Lees die verhaal van Jesus se intreepreek in Lukas 4:16-30, 42-44

Lukas 4:16-30, 42-44

JESUS SE PREEK IN NASARET

16Toe Jesus in Nasaret kom, waar Hy grootgeword het, het Hy op die Sabbat na die •sinagoge gegaan, soos sy gewoonte was. Toe Hy opstaan om voor te lees, 17is die boekrol van die profeet Jesaja vir Hom aangegee, en Hy het dit oopgerol en die plek gevind waar geskryf staan:

18“Die Gees van die Here is op My,
omdat Hy My gesalf het
om die goeie boodskap
aan arm mense te verkondig.

Hy het My gestuur om vir gevangenes aan te kondig dat hulle vrygelaat sal word,
en vir blindes dat hulle weer sal sien,
om onderdruktes te bevry,

19en om die genadejaar van die Here aan te kondig.”20Hierna het Jesus die boekrol opgerol, dit aan die amptenaar teruggegee en gaan sit. Almal in die sinagoge se oë was stip op Hom gerig. 21Toe het Hy met hulle begin praat: “Hierdie gedeelte uit die Skrif is vandag vervul terwyl julle daarna geluister het.”

22Almal het hulle instemming met Hom betuig, en was verwonderd oor die woorde vol genade wat uit sy mond gevloei het. En hulle het gesê: “Is Hy dan nie die seun van Josef nie?”

23Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal seker die spreekwoord aan My wil voorhou, ‘Geneesheer, genees jouself. Ons het gehoor wat alles in Kapernaum gebeur het. Doen daardie dinge nou ook hier in jou tuisdorp.’ ” 24En Hy het gesê: “•Amen, Ek sê vir julle: Geen profeet is welkom in sy tuisdorp nie. 25Wat Ek vir julle sê, is die waarheid: In Elia se tyd, toe die hemel vir drie jaar en ses maande gesluit gebly en ‘n groot hongersnood in die land geheers het, was daar baie weduwees in Israel. 26Tog is Elia nie na een van hulle gestuur nie, maar wel na ‘n weduwee in Sarfat, in die omgewing van Sidon. 27Daar was ook in die tyd van die profeet Elisa baie melaatses in Israel. Tog is nie één van hulle gereinig nie, maar wel Naäman, die Siriër.”

28Toe hulle hierdie dinge hoor, het almal in die sinagoge woedend geword. 29Hulle het opgespring en Hom uit die dorp gedryf. En hulle het Hom geneem tot op die rand van die berg waarop hulle dorp gebou was, om Hom daar af te gooi. 30Maar Hy het tussen hulle deur geloop en weggegaan.

VERTREK UIT KAPERNAUM

42Teen dagbreek het Hy vertrek en na ‘n verlate plek gegaan. Die skares het Hom egter gesoek, en toe hulle Hom kry, het hulle Hom probeer verhinder om van hulle af weg te gaan. 43Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek moet ook in die ander dorpe die evangelie van die •koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.”

44En Hy het voortgegaan om in die •sinagoges van Judea te preek.

Beantwoord die volgende 3 vrae:
Wat lees jy hier van Jesus se visie?


Wat is die oorsprong of bron van sy visie?


Hoe raak dit jou of die gemeente se visie?


Lees die Skrif

Lees Joh 20:21.

21Jesus sê toe weer vir hulle: “Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.”

Dink na / Besin

Dink weer hoe raak dit jou persoonlike visie…

Ek wil hê dat jy teruggaan na hierbo waar jy jou visie in die linkerkantste kolom neergeskryf het. Na aanleiding van wat jy vandag gelees en beleef het – volstaan jy steeds daarmee of is daar iets wat jy wil verander? Indien wel, doen dit in die regterkantste kolom.

Gebed

Nou wil ek vra dat jy tyd in gebed sal deurbring. Wil jy nie opnuut jou lewe aan die Here toewy en jouself beskikbaar maak, sodat Hy sy doel met en deur jou lewe tot uitvoer kan bring nie?

Week 6 Dag 26 Visie is God se plan in woorde
Week 6 Dag 26 Visie is God se plan in woorde
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 91-106
Kyk hoe beïnvloed God se visie die lewens van:

  • Jesaja in Jes 1:1; 6:1-10;
  • Jeremia in Jer 1:4-19; en
  • Esegiël in Eseg 1:1-28; 2:1-10;Eseg 3:4-9.

Jes 1:1;
11Die visioen van Jesaja, seun van Amos, wat hy gesien het aangaande Juda en Jerusalem in die dae van Ussia, Jotam, Agas en Hiskia, konings van Juda.

Jes 6:1-10;

61In die sterfjaar van koning Ussia het ek my Heer sien sit op ‘n hoë en verhewe troon. Die some van sy kleed het die •tempel gevul. 2Serafs het bo Hom gereedgestaan. Elkeen het ses vlerke gehad: Met twee vlerke het elkeen sy gesig bedek, met twee het hy sy voete bedek en met twee kon hy vlieg. 3Hulle het na mekaar geroep en gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here, Heerser oor alle magte! Die hele aarde is vol van sy heerlikheid.” 4Die deurpenne in die drumpel het gebewe van die geluid van die een wat roep. Die tempel het vol rook geword.

5Ek het gesê:
“Wee my, want ek is verlore!
Want ek is ‘n mens
met onrein lippe,
en by ‘n volk met onrein lippe
woon ek.
Ja, my oë het die Koning,
die Here, Heerser oor alle magte,
gesien.”

6Een van die serafs het na my toe gevlieg met ‘n gloeiende kool by hom wat hy met ‘n tang van die altaar af geneem het. 7Hy het my mond aangeraak en gesê:

“Kyk, dit het jou lippe aangeraak,
jou sondeskuld het gewyk,
daar is vir jou sonde
versoening gedoen.”
8Toe hoor ek die stem van my Heer wat sê:
“Wie sal Ek stuur
en wie sal vir ons gaan?”
Ek sê toe:
“Hier is ek, stuur my!”
9Hy het gesê:
“Gaan sê vir hierdie volk,
‘Luister goed,
maar moenie verstaan nie;
kyk goed,
maar moenie begryp nie.’
10Maak die harte van hierdie volk
ongevoelig,
maak hulle ore doof
en smeer hulle oë toe,
sodat hulle nie sien met hulle oë,
met hulle ore nie hoor,
en met hulle hart nie verstaan,
en nie terugdraai
en genees word nie!”


Jer 1:4-19

4Wee ‘n sondige nasie,
‘n volk swaar belaai
met sondeskuld,
‘n geslag kwaaddoeners,
kinders wat hulle wangedra!
Hulle het die Here verlaat,
die Heilige van Israel verag,
Hom die rug toegekeer.
5Waarom wil julle
nog geslaan word,
en hou julle vol
met julle onversetlikheid?
Elke kop is siek,
elke hart is swak.
6Van die voetsool tot die kop
is daar nie ‘n gesonde plek nie,
net hale en kneusplekke
en oop wonde.
Dit is nie gedreineer nie,
of verbind of versorg met olie nie.
7Julle land is ‘n woesteny;
julle stede is met vuur verbrand.
Julle landerye – voor julle oë
verteer vreemdes dit;
ja, dit is ‘n woesteny,
asof vreemdes dit verwoes het.
8Die dogter van Sion het oorgebly
soos ‘n takskerm in ‘n wingerd,
soos ‘n oornagskerm
in ‘n lappie komkommers,
soos ‘n beleërde stad.
9As die Here, Heerser oor alle magte,
nie vir ons ‘n klein oorblyfsel
agtergelaat het nie –
soos Sodom sou ons geword het,
aan Gomorra sou ons
gelyk gewees het.

10Luister na die woord van die Here,
•gesagvoerders van Sodom!
Gee aandag aan die wet van ons God,
mense van Gomorra!
11“Wat baat julle magdom
slagoffers My?”
vra die Here.
“Ek het genoeg gehad
van die •brandoffers van ramme
en die vet van gevoerde diere.
Die bloed van bulle,
lammers en bokramme
staan My nie aan nie.
12Wanneer julle kom
om voor My te verskyn –
wie eis dit van julle
om my voorhowe te vertrap?
13Hou op om waardelose
•graanoffers aan te dra!
Reukwerk – afstootlik is dit vir My.
Nuwemaansfeeste en Sabbatte,
die saamroep van byeenkomste –
Ek kan nie onreg én gewyde rusdae
verdra nie.
14Julle nuwemane en vaste feestye
haat Ek met my hele wese;
dit is vir My ‘n las,
Ek is moeg daarvoor om dit te dra.
15As julle julle hande uitstrek,
sluit Ek my oë vir julle.
Selfs as julle baie bid,
luister Ek nie.
Julle hande is vol bloed.
16Was julle! Reinig julle!
Verwyder julle bose dade voor my oë!
Hou op om kwaad te doen!
17Leer om goed te doen!
Bevorder die reg!
Lê die onderdrukker aan bande!
Handhaaf die reg van die vaderloses!
Verdedig die weduwees se regsake!

18“Kom tog,
laat ons die saak uitpraat!”
sê die Here.
“Al is julle sondes rooi soos karmosyn,
dit sal wit word soos sneeu;
al is dit rooi soos skarlaken,
soos wol sal dit word.
19As julle gewillig is en luister –
die goeie van die land
sal julle geniet.

Eseg 1:1-28;

11In die dertigste jaar, in die vierde maand, op die vyfde dag van die maand, was ek tussen die ballinge langs die Kebarrivier. Die hemel het toe oopgegaan, en ek het visioene van God gesien.

2Op die vyfde van die maand, dit was die vyfde jaar van die ballingskap van koning Jojagin, 3het die woord van die Here duidelik tot die priester Esegiël, seun van Busi, gekom in die land van die Galdeërs aan die Kebarrivier. Die hand van die Here was daar op hom.

4Ek het gesien, kyk, ‘n stormwind kom uit die noorde, ‘n groot wolkmassa met ‘n vuur van weerligstrale wat aanhoudend blits, en ‘n helder gloed rondom die wolkmassa. Daarin, in die vuur, was daar iets wat soos witgoud skitter. 5Binne-in die vuur was daar die gestalte van vier wesens. Dit is hoe hulle gelyk het: Hulle het die gestalte van mense gehad, 6maar elkeen het vier gesigte en vier vlerke gehad. 7Hulle bene was reguit; hulle hoewe was soos kalfshoewe en het soos gepoleerde brons geskitter. 8Daar was mensehande onder hulle vlerke aan vier kante.

Wat die gesigte en vlerke van al vier betref: 9Hulle vlerke het aan mekaar geraak. Hulle het nie afgedraai wanneer hulle beweeg het nie; elkeen het reguit vorentoe beweeg. 10Wat die voorkoms van hulle gesigte betref: Elkeen van die vier het die gesig van ‘n mens gehad, die gesig van ‘n leeu aan die regterkant, die gesig van ‘n bul aan die linkerkant, en die gesig van ‘n arend. 11So was hulle gesigte. Hulle vlerke was oopgesprei na bo, elkeen met twee vlerke wat aan dié van die ander raak, en twee vlerke wat die liggaam bedek.

12Elkeen het reguit vorentoe beweeg. Waarheen die gees wou gaan, het hulle ook gegaan, sonder om af te draai wanneer hulle beweeg.

13Wat die vorm van die wesens betref: Hulle het gelyk soos gloeiende kole vuur wat brand, hulle het gelyk soos fakkels. Die vuur het heen en weer beweeg tussen die wesens. Die vuur het ‘n helder gloed gehad, en uit die vuur het weerligstrale geflits. 14Die wesens het so heen en weer beweeg dat dit gelyk het soos weerligstrale.

15Toe ek die wesens bekyk, sowaar, toe is daar aan die voorkant langs elk van die vier wesens ‘n wiel op die grond. 16Wat die voorkoms en bou van die wiele betref: Dit het soos •chrisoliet geskitter en al vier het een en dieselfde vorm gehad. Dit het gelyk of hulle gemaak was van ‘n wiel binne ‘n wiel. 17Wanneer hulle beweeg het, kon hulle in vier rigtings beweeg, sonder om af te draai wanneer hulle beweeg het. 18En hulle vellings, dié was hoog en angswekkend; al vier hulle vellings was reg rondom vol oë.

19Wanneer die wesens beweeg, het die wiele langs hulle beweeg, en wanneer die wesens van die grond af opstyg, het die wiele saam opgestyg. 20Waarheen die gees wou gaan, het die wesens ook gegaan. Die wiele het saam met die wesens opgestyg, want die gees van die wesens was in die wiele. 21Wanneer die wesens beweeg, beweeg die wiele, en wanneer die wesens staan, staan hulle. Wanneer die wesens van die grond af opstyg, styg die wiele saam met hulle op; ja, die gees van die wesens was in die wiele.

22Bokant die koppe van die wesens was daar, in die vorm van ‘n koepel, iets wat geskitter het soos kristal – angswekkend, gespan bo-oor hulle koppe. 23Onder die koepel was hulle vlerke reguit na mekaar uitgestrek. Elkeen het twee vlerke gehad waarmee hulle hulle liggame bedek het.

24Ek het die geluid van hulle vlerke gehoor. Wanneer hulle beweeg, was dit soos die geluid van baie water, soos die stem van die Almagtige, die geluid van ‘n mensemassa, soos die geluid van ‘n leërmag. Wanneer hulle stilstaan, het hulle hulle vlerke laat sak. 25Daar was ‘n geluid bokant die koepel wat oor die koppe van die wesens uitgestrek het. Wanneer die wesens gaan staan het, het hulle hulle vlerke laat sak.

26Bokant die koepel wat bo hulle koppe was, was daar iets wat soos •lasuursteen lyk, in die vorm van ‘n troon; en daarbo, op wat soos ‘n troon lyk – daarop was ‘n gestalte met die voorkoms van ‘n mens. 27Ek sien toe Hy is skitterend soos witgoud, byna soos vuur vasgevang in ‘n omhulsel, vanaf wat na sy heupe gelyk het boontoe. En vanaf wat na sy heupe gelyk het ondertoe, het ek gesien dit lyk soos vuur, omring deur ‘n helder gloed. 28Die helder gloed rondom het gelyk soos ‘n reënboog wat in die wolke verskyn op ‘n reëndag.

Dit is hoe die verskyning van die heerlikheid van die Here gelyk het. Toe ek dit sien, het ek neergeval met my gesig teen die grond. Daarna het ek ‘n stem hoor praat.

Eseg 2:1-10;

21Hy het vir my gesê: “Mensekind, staan regop, dan sal Ek met jou praat.” 2‘n Gees het oor my gekom terwyl Hy met my praat, en dit het my regop laat staan. Ek hoor toe iemand praat met my. 3Hy het vir my gesê: “Mensekind, Ek stuur jou na die Israeliete toe, na daardie rebelse nasies wat teen My in opstand gekom het. Hulle en hulle voorouers het teen My oortree tot op die dag van vandag. 4Dié kinders het stroewe gesigte en harde harte. Ek stuur jou na hulle en jy moet vir hulle sê, ‘So sê my Heer, die Here.’ 5En hulle, of hulle nou luister of verseg om te luister – want hulle is die rebelse huis – hulle sal besef dat daar ‘n profeet onder hulle was. 6Maar jy, mensekind, jy moet nie bang wees vir hulle of vir hulle woorde nie. Moenie bang wees nie, al is dorings en distels jou voorland en al sit jy by skerpioene. Vir hulle woorde moet jy nie bang wees nie, en deur hulle gesigte moet jy jou nie laat afskrik nie, al is hulle die rebelse huis. 7Jy moet my woorde vir hulle sê, of hulle luister of verseg om te luister, want hulle is opstandig. 8En jy, mensekind, luister na wat Ek vir jou sê. Moenie opstandig wees soos die rebelse huis nie. Maak jou mond wyd oop en eet wat Ek vir jou gee.”

9Ek sien toe, kyk, daar is ‘n hand uitgestrek na my – met ‘n •boekrol! 10Hy het dit voor my oopgerol. Op die voor- en agterkant daarvan was daar geskryf; treurliedere, versugtinge en weeklagte was daarop neergeskryf.

Eseg 3:4-9
4Toe sê Hy vir my: “Mensekind, gaan na die huis van Israel en sê vir hulle my woorde, 5want jy word nie na ‘n volk gestuur met spraak wat te moeilik is om te volg en onverstaanbare taal nie, maar na die huis van Israel – 6nie na baie volke met spraak wat te moeilik is om te volg en onverstaanbare taal waarvan jy die woorde nie begryp nie. Ek verseker jou, as Ek jou na hulle gestuur het, sou hulle wel na jou geluister het, 7maar die huis van Israel sal nie na jou wil luister nie, want hulle wil nie na My luister nie. Ja, die hele huis van Israel is hardkoppig en hard van hart. 8Kyk, Ek maak jou gesig net so stug soos hulle s’n, en Ek maak jou net so hardkoppig soos hulle. 9Soos ‘n diamant, harder as vuurklip, het ek jou voorkop gemaak. Jy mag nie vir hulle bang wees en jy mag jou nie deur hulle laat afskrik nie, al is hulle die rebelse huis.”


Sien Figuur 4 van Bylae 2, p 17

Figuur 4
Wenk

WENK: Skryf die visie wat jy vir jou eie lewe geformuleer het op ’n kaartjie. Moet dit nie vandag onder jou oë laat uitgaan nie!
Vra dat die Here vir jou vandag ’n geleentheid skep om met iemand oor visie te praat.
(Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.)

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Stof tot nadenke: Die geheim van die lewe

Die geheim van die lewe

“…Ek së vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat my gestuur het, het die ewige lewe…”

Joh. 5: 24

Daar word so dikwels gevra: “Wat is die geheim van die lewe? Waarheen is ek oppad?” Ons wonder so dikwels wat ons doel in die lewe is. Wanneer ons deur moeilikhede gekonfronteer word, wil ons altyd iemand blameer vir wat verkeerd gaan. Ons hou so daarvan om vinger te wys na iemand anders. Ons wonder waarom God sulke moeilikhede in ons lewe toelaat. Ons voel altyd dat ons nog nie die geheim van die lewe ontdek het nie.

Terwyl die antwoord al vir eeue lank in ons bereik geplaas is. Ons is so dikwels te hardkoppig om die waarheid van die geheim van die Lewe wat deur Christus self vir ons gegee is raak te sien of ons eie te maak. Die sleutel tot die deur na die ontdekking van die geheim van die lewe is om na die woord van Christus te luister en in God te glo. Dit is die enigste geheim van die lewe wat ons ‘n vrede in ons gemoed gee wat alle verstand te bowe gaan; selfs onder moelike omstandighede. Dit is die wete dat God die Heilige Gees elke dag saam met ons stuur om ons te lei en ons te behoed en bewaar.

Hierdie geheim is gratis en verniet. Ons het elkeen die keuse om te luister, te hoor en te glo en vrede in ons gemoed te hê. Dit is wat God ook vir ons elkeen wil wens, net soos enige ouer net die beste vir sy kind wil hê, net so wil God hê dat dit met ons sal goed gaan. Dat ons vrede in ons gemoed sal ervaar.

Week 5 Groepgesprek – God praat met Sy mense- Ons is die plan: 9 weke van Transformasie

Week 5 God praat met sy mense - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
Skryf / Vul in

Bybelverse wat jou vandag aangespreek het:


Belewenisse en ervarings tydens vandag se Bybelstudie:


Wat het jy geleer of ontdek?


Hoe het vandag se studie jou tot aksie geïnspireer? Hoe het jy geestelik gegroei of is jou lewe verander?


Iets wat jy graag met die groep wil deel of bespreek?


Gebed

Gebedsonderwerpe:


Boublokvrae of -stellings:

  1. Hoe oortuig kan ons wees dat God ’n kommunikerende Wese is?
  2. Sou ons God se stem kon hoor sonder die Heilige Gees se
    tussenkoms?
  3. Op watter maniere het julle God al met julle hoor praat?
  4. Het julle al ooit moed verloor as dit voel asof jy nie God se stem kan hoor nie?
  5. In jou verhouding met God – hoe beleef jy Hom?

Week 5 God praat met sy mense
Week 5 God praat met sy mense
Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Week 5 Dag 25 – ‘n Lewende verhouding – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 5 Dag 25 verskilmakers staan in n lewende verhouding met God - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Ons is nou aan die einde van ’n week waarin ons gedink, gebid en gepraat het oor God se kommunikasie met ons. Een van die onfeilbare vernietigers van verhoudings is ’n gebrek aan kommunikasie. Selfs in die natuur geld hierdie beginsel – maak nie saak op watter lae vlak dit plaasvind nie, dis noodsaaklik vir ’n verhouding en ’n verbintenis. Dit is juis een van die mees uitsonderlike faktore wat ons as die kroon van die skepping onderskei – die lewende God kommunikeer met ons persoonlik en kollektief. Wat meer is, Hy stel ons in staat om met Hom te kan kommunikeer!

Gebed

Gebruik nou tyd om na Hom te luister en dank Hom vir hierdie onbeskryflike voorreg.

Dit lyk asof daar 3 dinge in ons verhouding met die Here in plek moet wees sodat ons kragtig deur Hom gebruik sal word:

  1. Beskikbaarheid;
  2. Gehoorsaamheid; en
  3. Nederigheid.

Natuurlik maak dit ’n verskil wanneer ons tot sy beskikking is en tyd in sy teenwoordigheid deurbring. Dis egter nie so eenvoudig om beskikbaar te wees nie. Ons raak voortdurend besiger en die eise van elke dag raak meer uitmergelend. Die uitdaging om elke dag aan te pak, verrinneweer al ons pogings om genoeg toegewyde tyd in die Here se teenwoordigheid deur te bring. Om beskikbaar te wees, vra dat ons radikale aanpassings in ons programme (en prioriteite) moet aanbring. Dit gaan noodwendig ’n prys vra.

Jesus se voorbeeld wys dat Hy nie beperkte tyd vir die Vader gegee het nie. Al sy tyd het aan God behoort!

Skryf / Vul in

Lees Mark 1:32-35; Luk 4:42-43; 5:15-16; 6:12-13.

Mark 1:32-35;

32Toe dit aand word en die son reeds onder was, het hulle almal wat siek en deur demone besete was, na Hom gebring. 33Die hele dorp het by die deur saamgedrom. 34Hy het baie siekes met allerlei kwale gesond gemaak en baie demone uitgedryf. Hy het die demone nie toegelaat om te praat nie, omdat hulle Hom geken het.

35Vroegoggend, toe dit nog stikdonker was, het Hy opgestaan, buitentoe gegaan en na ‘n verlate plek vertrek. Daar het Hy gebid. 

Luk 4:42-43;

42Teen dagbreek het Hy vertrek en na ‘n verlate plek gegaan. Die skares het Hom egter gesoek, en toe hulle Hom kry, het hulle Hom probeer verhinder om van hulle af weg te gaan. 43Maar Hy het vir hulle gesê: “Ek moet ook in die ander dorpe die evangelie van die •koninkryk van God verkondig, want daarvoor is Ek gestuur.”

Luk 5:15-16;

15Die nuus oor Jesus het egter nog verder versprei. Groot skares het om Hom saamgedrom om na Hom te luister en van hulle kwale genees te word. 16Hy het Hom egter gereeld teruggetrek na afgeleë plekke en daar gebid.

Luk 6:12-13

12In dié tyd het Jesus uitgegaan na die berg om te bid, en Hy het die nag deurgebring in gebed met God.

13Teen dagbreek het Hy toe sy dissipels nader geroep en twaalf van hulle uitgekies, en Hy het hulle •apostels genoem.


Hoe het Jesus dit reggekry om nie toe te gee aan die eise van mense nie, maar om gefokus te bly op dit waarvoor die Vader Hom gestuur het?


Die tyd wat Jesus in afsondering deurgebring het, was nie ’n lastigheid om afgehandel te word en agter die rug te kry nie. Dit het juis rigting, fokus en krag aan sy dag gegee. Soms praat die Here met ons op ongeleë tye, juis om ons beskikbaarheid te toets. Sy opdragte mag soms ook nie vir ons sin maak nie, maar ons moet Hom gehoorsaam, want sy weë is nie ons weë nie (Jes 55:8-9).

Jes 55:8-9

8“Ja, my planne is nie julle planne nie,
en julle paaie is nie my paaie nie,”
is die uitspraak van die Here.
9“Want soos die hemel hoër is as die aarde,
so is my paaie hoër as julle paaie,
en my planne as julle planne.

Filippus was midde in ’n groot herlewings-veldtog in Samaria, toe hy die opdrag van die Here kry om na die stil pad tussen Gasa en Jerusalem te gaan. Hy het nie daaroor geredeneer nie, maar gegaan (Hand 8:4-8, 26-27a).

Hand 8:4-8, 26-27a

4Dié wat verstrooi is, het rondgetrek en die evangeliewoord verkondig. 5En Filippus het na ‘n stad in Samaria gegaan en die Christus aan hulle verkondig. 6Toe die skare Filippus se woorde hoor en die tekens sien wat hy doen, het hulle eenparig aandag gegee aan wat hy sê. 7Want die •onrein geeste in baie mense het met ‘n groot geskreeu uit hulle uitgegaan, en talle verlamdes en kreupeles is genees. 8En daar het groot vreugde in daardie stad geheers.

26‘n Engel van die Here het vir Filippus gesê: “Maak gereed en gaan na die suide, met die pad wat van Jerusalem afwaarts loop na Gasa. Dit is ‘n verlate pad.” 27Hy het toe gereedgemaak en vertrek.

Sonder nederige verootmoediging sal ons God beswaarlik kan hoor (Dan 10:12).

Dan 10:12

12Hy sê toe vir my, ‘Moenie bang wees nie, Daniël, want vanaf die eerste dag wat jy jou hart daarop gerig het om insig te kry en jou voor jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor. En ek het gekom op grond van jou woorde.

Rehabeam en Manasse het hulle verootmoedig voor God en Hy het hulle omstandighede verander (2 Kron 12:6-7; 33:10-13).

2 Kron 12:6-7;

6Die aanvoerders van Israel en die koning het hulle verootmoedig en gesê: “Die Here het gelyk.”

7Toe die Here sien dat hulle hulle verootmoedig, het die woord van die Here tot Semaja gekom: “Hulle verootmoedig hulle. Ek sal hulle nie vernietig nie, maar sal binnekort vir hulle uitkoms bied. My woede sal nie oor Jerusalem uitgestort word deur die hand van Sisak nie, 

2 Kron 33:10-13

10Die Here het Manasse en sy volk aangespreek, maar hulle het nie geluister nie. 11Die Here het toe die leëraanvoerders van die koning van Assirië teen hulle laat optrek. Hulle het Manasse gevange geneem met hake in sy neus, hom met bronsboeie geboei, en hom na •Babel geneem.

12Maar toe hy in die noute was, het hy die Here sy God se guns gesoek, hom ernstig verootmoedig voor die God van sy voorouers 13en tot Hom gebid. God is geraak deur sy pleitrede en het sy smeekbede verhoor. Hy het hom na Jerusalem, na sy koningskap, laat terugkeer. Manasse het toe erken dat die Here God is.

Nederiges maak nie op hulself staat nie, maar vertrou volledig op die Here (Sag 8:6).

Sag 8:6

6“So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘As dit in daardie dae onmoontlik gelyk het in die oë van hulle wat van hierdie volk oorgebly het, sal dit dan in My oë ook onmoontlik wees?’ ” Dit is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook 1 Kon 3:7-9; 2 Kron 7:14; Spr 11:2; 18:12; Jes 57:15; Fil 2:3; Kol 3:12; 1 Pet 5:5.

1 Kon 3:7-9;

7En nou, Here my God, dit is U wat u dienskneg koning gemaak het in die plek van my vader Dawid. Maar ek is ‘n jong seun, ek weet nie hoe om uit te gaan of in te kom nie. 8U dienskneg bevind hom onder u volk wat U gekies het, ‘n groot volk wat vanweë sy grootte nie bereken of getel kan word nie. 9Gee dan aan u dienskneg ‘n hart wat luister om as regter op te tree vir u volk, om te kan onderskei tussen goed en kwaad; want wie kan regspreek oor hierdie veeleisende volk van U?”

2 Kron 7:14;

14en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid, en my teenwoordigheid opsoek en terugdraai van hulle verkeerde paaie, sal Ek self uit die hemel hulle hoor. Ek sal hulle sonde vergewe en hulle land genees.

Spr 11:2;

2As verwaandheid kom,
kom skande,
maar by beskeie mense
is daar wysheid.

Spr 18:12;

2Voor ineenstorting
is ‘n mens se hart hoogmoedig,
maar nederigheid gaan eer vooraf.

Jes 57:15;

15Ja, so sê Hy wat hoog
en verhewe is,
wat vir ewig woon,
wie se Naam die Heilige is:
“In die hoogte,
in ‘n heilige plek, woon Ek,
en ook by hulle wat verpletter
en nederig is,
om die gees van nederiges
te laat herleef,
om die hart van verpletterdes
te laat herleef.

Fil 2:3;

3deur nie iets uit selfsug of ydelheid te doen nie, maar in nederigheid die een die ander hoër te ag as homself;

Kol 3:12;

12Daarom, omdat julle God se uitverkore •heiliges en geliefdes is, beklee julleself met innige meelewing, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid en geduld.

1 Pet 5:5

5Net so moet julle wat jonk is, ondergeskik wees aan ouer mense. Beklee julle almal met nederigheid teenoor mekaar, want
“God weerstaan hoogmoediges,
maar aan nederiges gee Hy genade.”

Skryf / Vul in

Lees Joh 4:34;

34En Jesus sê vir hulle: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.

Joh 8:26;

26Ek het baie dinge om van julle te sê waaroor Ek julle kan oordeel; nogtans, Hy wat My gestuur het, is geloofwaardig, en wat Ek by Hom gehoor het, dit sê Ek vir die wêreld.”

Joh 15:15.

15Ek noem julle nie meer slawe nie, omdat ‘n slaaf nie weet wat sy eienaar doen nie. Ek het julle egter vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.

Waarop, dink jy, was Jesus se hele bestaan gerig? (Vgl die Skrifgedeeltes wat jy sopas gelees het asook Matt 26:39,
42, 44.)

Matt 26

39Hy het toe ‘n entjie verder gegaan, met sy gesig teen die grond neergeval en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan. Nogtans, nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.”
42Hy het vir ‘n tweede keer weggegaan en gebid: “My Vader, as dit nie moontlik is dat hierdie beker verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat u wil geskied.”
44Hy het hulle toe daar agtergelaat, weer teruggegaan en vir die derde keer gebid, en dieselfde woorde herhaal. 


Jesus se hele bestaan was daarop gerig om sy Vader se wil te ken en te doen. Daarom het Hy Homself doelbewus afgesonder om tyd in die teenwoordigheid van sy Vader deur te bring. Verder was Hy ook die toonbeeld van nederigheid (Matt 21:5).

Matt 21:5

5“Sê vir die dogter van Sion:
Kyk, jou Koning kom na jou toe:
Hy is sagmoedig en Hy sit op ‘n donkie,
en op ‘n jong donkie,
die vul van ‘n pakdier.”

Hy het dit nie as ’n verlies beskou om die heerlikheid en majesteit van sy Koninkryk te verlaat nie, maar het mens geword, gehoorsaam tot in die dood (Fil 2:5-11).

Fil 2:5-11

5Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees:
6Hoewel Hy in die gestalte van God was,
het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie,
7maar Hy het Homself daarvan leeggemaak,
deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem
en aan mense gelyk te word.
En toe Hy in die vorm van ‘n mens verskyn het,
8het Hy Homself verneder,
deurdat Hy gehoorsaam
geword het tot die dood toe,
ja, die dood aan die kruis.

9Daarom het God Hom
ook uitermate verhoog
en aan Hom die Naam geskenk
wat bo elke naam is,
10sodat in die Naam van Jesus
elke knie sal buig –
van diegene in die hemel
en op die aarde
en onder die aarde –
11en elke tong sal bely,
“Jesus Christus is die Here!”
tot eer van God die Vader.

Beskikbaarheid, gehoorsaamheid en nederigheid vorm die fondasie van ’n lewende verhouding met die lewende God. Slegs vanuit so ’n verhouding sal ons sy stem hoor en sy wil leer ken.

Luister na lied

Luister na snit 9 (KEN JY JESUS) op die ingeslote CD

KEN JY JESUS

Johann Botes – Ken Jy Jesus

KEN JY JESUS – JOHANN BOTES

Ken jy Jesus, ken jy Hom
Het jy met jou lewe al na Hom gekom
Het jy sy vrede al ooit verkry
Ken jy Jesus, Hy maak jou vry

Ken jy Jesus, sal jy weet
Dat niks van die wêreld jou kan oorreed
Niks jou kan wegneem, niks jou skei
Van sy liefde wat in jou bly

Ken jou Verlosser, ken jou Heer
Ken sy genade, sy liefde so teer
Reik na jou Heiland, reik na die Heer
Gee Hom jou lewe, gee Hom beheer

Ken jy Jesus, ken jy Hom
Ken jy al die vreugde in sy Heiligdom
Is Hy Immanuel, God met jou
Gee Hom jou lewe, Hy is getrou

Gebed

Praat met die Here oor wat jy vandag beleef het.

Week 5 Dag 25 verskilmakers staan in n lewende verhouding met God
Week 5 Dag 25 verskilmakers staan in n lewende verhouding met God
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 7-81
Lees gerus ook Eks 33:11-17; Jer 14:9; Luk 5:5; Fil 2:5-8; 1 Joh 5:3

Eks 33:11-17;

11Die Here het met Moses van aangesig tot aangesig gepraat, soos ‘n man met sy vriend praat. Dan het Moses teruggekeer na die kamp, maar sy helper, Josua, seun van Nun, ‘n jong man, het nie die tent verlaat nie.

12Moses het vir die Here gesê: “Kyk, U sê vir my, ‘Laat hierdie volk optrek,’ maar self maak U nie aan my bekend wie U saam met my sal stuur nie. U is die Een wat gesê het, ‘Ek ken jou by die naam, en jy het ook guns gevind in my oë.’ 13Daarom, as ek wel guns gevind het in u oë, maak tog aan my u paaie bekend, dat ek U kan ken, sodat ek guns bly vind in u oë; besef tog dat hierdie nasie u volk is.” 14Die Here het gesê: “Moet my teenwoordigheid saamgaan, en moet Ek vir jou rus gee?” 15Hy het vir die Here gesê: “As u teenwoordigheid nie saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat optrek nie. 16Waaraan sou mense dan weet dat ek guns gevind het in u oë, ek en u volk? Is dit nie wanneer U met ons saamgaan, dat ons onderskei sal word, ek en u volk, van elke ander volk op die aardbodem nie?” 17Die Here sê toe vir Moses: “Ook aan hierdie versoek wat jy uitgespreek het, sal Ek voldoen, omdat jy guns gevind het in my oë, en Ek jou by die naam ken.”

Jer 14:9;

9Waarom is U
soos iemand wat onkant gevang is,
soos ‘n held wat nie kan verlos nie?
U is tog in ons midde, Here;
U Naam is oor ons uitgeroep.
Moet ons nie aan onsself oorlaat nie!”

Luk 5:5;

5“Meester,” antwoord Simon, “ons het die hele nag deur geswoeg en niks gevang nie, maar op u bevel sal ek die nette weer laat sak.”

Fil 2:5-8;

5Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees:
6Hoewel Hy in die gestalte van God was,
het Hy gelykheid aan God nie beskou as iets om aan vas te klem nie,
7maar Hy het Homself daarvan leeggemaak,
deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem
en aan mense gelyk te word.
En toe Hy in die vorm van ‘n mens verskyn het,
8het Hy Homself verneder,
deurdat Hy gehoorsaam
geword het tot die dood toe,
ja, die dood aan die kruis.

1 Joh 5:3

3Want dit is die liefde vir God, dat ons sy gebooie onderhou, en sy opdragte is nie ‘n swaar las nie; 

Wenk

WENK: Lees weer hierdie week se boublokke (Verskyn in Groepgesprek) .

Is alles daarin vervat waar van jou? Fokus jou gedagtes vandag daarop en laat God toe om jou te transformeer

Doen die volgende

Henry T. Blackaby & Claude V. King: Experiencing God, LifeWay Press, Nashville, Tennessee, 1990
Jack Deere: Surprised by the Voice of God, Kingsway Publication, Sussex, 1996

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 5 Dag 24 – Rooi ligte – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 5 Dag 24 Om die Here voortdurend vars te hoor - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

’n Studente vriend van my het by geleentheid ’n sendinguitreik in Noord-Afrika bygewoon. In hul groepie was ’n Jordaniër – wie se land op daardie tydstip in ’n oorlog gewikkel was. Tydens ’n gebedsgeleentheid is onderwerpe vir voorbidding gevra. Die Jordaniër vra toe dat hulle vir sy verhouding met God sal bid, aangesien hy daaroor bekommerd is. Die rede – deesdae weet hy nie meer wat om vir die Here na 2 ure van gebed te sê nie, terwyl dit vroeër nooit vir hom ’n probleem was om ure lank met God te gesels nie…

Gebed

Ek wil voorstel dat jy hierdie tyd in God se teenwoordigheid begin deur vir minstens 5 minute stil te wees voor Hom. Probeer jou instel op sy Vaderhart, sy liefdeskarakter en sy omgee vir jou. Die geheim is om nie op mense, omstandighede, of aktiwiteite te fokus nie – maar op God self.

Het jy die uitdaging aanvaar om met ’n ander oor na die Here te luister? In party opsigte mag dit vir jou ’n nuwe en onbekende pad wees. Is jy bang jy maak foute? Onthou, ’n gemeente of gelowige wat God se wil soek, sal onsekerheid en groeipyne ervaar, maar hoef nooit daarvoor bang te wees nie.

Lees die Skrif

Lees Hand 17:11; Ef 4:12-16.

Hand 17:11;
11Die mense daar was meer welwillend as dié in Thessalonika. Hulle het die boodskap baie geesdriftig ontvang en die Skrifte daagliks bestudeer om vas te stel of dit so is.

Ef 4:12-16
12om die •heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou, 13totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en in kennis van die •Seun van God, en tot ‘n volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus. 14Die doel hiervan is dat ons nie meer klein kindertjies sal wees nie, wat deur onstuimige golwe rondgeslinger word en rondgewaai word deur elke wind van lering, deur mense se slinksheid en die gekonkel waardeur hulle dwaling beplan; 15maar dat ons eerder, terwyl ons in liefde aan die waarheid vashou, in alle opsigte na Hom toe sal groei. Hy, Christus, is die Hoof 16uit wie die hele liggaam, harmonieus saamgevoeg en saamgebind, deur die ondersteuning van elke gewrig, volgens die werking van elke deel afsonderlik, die groei van die liggaam bewerk tot sy eie opbou in liefde.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Joh 10:14,27; 15:3-4

Joh 10:14,27;

14Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie, en my eie ken My,

27My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My.

Joh 15:3-4
3Julle is egter reeds skoon deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. 4Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot nie uit sy eie vrug kan dra as dit nie in die druiwestok bly nie, so julle ook nie as julle nie in My bly nie. 

Skryf / Vul in

Dink jy dat wanneer ’n mens die omgaan met en bestudering van die Woord van God verwaarloos, dit ’n impak op jou verhouding met God sal hê, asook op jou vermoë om sy stem te hoor? Watter invloed kan iets soos sinisme hê?


Dit kan maak dat ons onsensitief raak vir God se stem, of dat ons Hom in sy soewereiniteit probeer beperk. Onthou Hy is God! Die toets bly egter die Woord ( Sola Scriptura ). Wie die Bybel verwaarloos is blootgestel aan misleiding.
(Vgl 2 Pet 1:20-21; 2 Pet 3:16-18.)

2 Pet 1:20-21
20Dit moet julle veral besef: Geen profesie in die Skrif berus op eie uitleg nie. 21Want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie; maar, meegevoer deur die Heilige Gees, het mense die woorde uitgespreek wat van God afkomstig is.

2 Pet 3:16-18
16soos in al sy briewe waarin hy oor hierdie sake praat. Daarin kom sekere moeilik verstaanbare dinge voor, wat onkundige en onstandvastige mense tot hulle eie ondergang verdraai – soos hulle ook met die ander geskrifte maak.
17Julle dan, geliefdes, aangesien julle hierdie dinge vooruit weet – wees op julle hoede om nie deur die dwaling van beginsellose mense meegesleur te word, en so julle eie standvastigheid te verloor nie. 18Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus •Christus.

Jesus verseker ons dat sy skape sy stem ken, gehoorsaam en volg. As ons ’n intieme verhouding met Hom koester sal ons Hom hoor praat – op watter wyse Hy ookal goeddunk om met ons te kommunikeer – selfs deur ’n stem, drome of visioene. Hy sal dit bevestig deur die gemeente, medegelowiges en selfs deur omstandighede, want Hy is ook daarvan in beheer.

Die sondige geneigdheid en die gebrokenheid van hierdie wêreld sal ons probeer oortuig dat so ’n intieme verhouding met God ’n riskante saak is (Rom 8:3-9; Gal 5:16-18, 24).

Rom 8:3-9;
3Dit waartoe die wet, verswak deur ons sondige aard, nie in staat was nie, het God gedoen: Deur sy eie Seun vanweë die sonde in die gestalte van ‘n sondige mens te stuur, het Hy die sonde in die mens veroordeel, 4sodat die vereiste van die wet in ons vervul kon word, ons wat nie volgens ons sondige aard leef nie, maar volgens die Gees. 5Wie volgens hulle sondige aard leef, bedink immers die dinge van hulle sondige aard, maar diegene wat volgens die Gees leef, bedink die dinge van die Gees. 6Die denke van ons sondige aard loop uit op die dood, maar die denke van die Gees bring lewe en vrede. 7Die denke van ons sondige aard is vyandskap teen God; dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. 8Wie in hulle sondige aard bly, kan God nie tevrede stel nie.
9Julle, daarenteen, bly nie in julle sondige aard nie, maar in die Gees – as die Gees van God inderdaad in julle woon. As iemand nie die Gees van Christus het nie, behoort hy nie aan Hom nie.

Gal 5:16-18, 24
16Maar ek sê: Leef deur die Gees, dan sal julle beslis nie die begeertes van die vlees uitvoer nie. 17Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees begeer teen die vlees; die twee opponeer mekaar, sodat julle dit wat julle ook al wil, nie kan doen nie. 18As julle egter deur die Gees gelei word, staan julle nie onder die wet nie.
24Almal wat aan •Christus Jesus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeertes gekruisig. 

Ons word dan maklik oortuig om ’n veiliger opsie te kies – dit kan selfs ons teologie of sogenaamde beginsels wees. Die resultaat? ’n Geestelike doofheid en ’n groeiende oortuiging dat God nie meer op besondere wyses met sy mense praat nie.

(Vgl Hos 10:12-13.)

12Ek het gesê,
‘Saai vir julleself geregtigheid,
oes troue liefde in oorvloed;
breek vir julle nuwe grond oop.
Dit is die aangewese tyd
om die Here te soek,
totdat Hy kom en geregtigheid
vir julle laat neerreën.’
13Julle het goddeloosheid ingeploeg;
onreg is wat julle geoes het;
julle het die vrug van leuens geëet.


Het jy al ooit gewonder of die Here tydens Moses se 40-jaar skaapwagtersbestaan met hom gepraat het? God hoef nie elke keer wanneer ons die Bybel lees, of bid só met ons te praat nie. Onthou – Hy is God! Die gevaar bestaan dat Bybellees ’n soort ritueel kan word

(Joh 5:38-40).
38En julle het sy woord nie blywend in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie. 39Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig. 40Maar julle wil nie na My kom, sodat julle die lewe kan hê nie.

Ons is dikwels tevrede om uit gewoonte stiltetyd te hou. Wat egter ononderhandelbaar is, is dat ons sy teenwoordigheid moet aanvaar, selfs al sou ons Hom nie met ons hoor praat nie. Daarsonder word stiltetyd maklik ’n leë, sinlose gewoonte-handeling.

Skryf / Vul in

Wat maak jy wanneer God stil is?


Lees die Skrif

Job het met die Here bly worstel, ten spyte van sy skynbare afwesigheid.

Lees Job 13:15, 22; 23:3-5.

Job 13:15, 22;

15Kyk, Hy kan my doodmaak,
maar ek gaan nie wag nie.
Ek wil net my optrede
in sy teenwoordigheid verdedig.

22Roep maar!
Ek sal myself verdedig.
Of, ek sal praat,
en antwoord U my.

Job 23:3-5

3Ag, as ek maar geweet het
waar ek Hom kon vind,
as ek maar tot by
sy vaste woonplek kon kom!
4Ek sou die saak voor Hom uiteensit;
my mond sou ek vul met pleitredes.
5Ek sou kennis neem van die woorde
waarmee Hy teen my getuig;
ek sou begryp wat Hy vir my sê.

Ons moet drie vrae vra, wanneer God swyg:

  1. Is daar (onbelyde) sonde in my (die gemeente se) lewe (Jos 7:10-12)?
    Jos 7:10-12
    10Die Here het Josua geantwoord: “Staan op! Waarom lê jy nou op jou gesig? 11Israel het gesondig. Hulle het my verbond wat Ek hulle beveel het, oortree, asook van die bangoed geneem, dit gesteel en daaroor gelieg, en dit boonop by hulle goed gevoeg. 12Die Israeliete sal nie kan standhou voor hulle vyande nie; hulle moet voor hulle vyande vlug, omdat hulle self bangoed geword het. Ek sal nie meer met julle wees nie, tensy julle die bangoed tussen julle uitdelg.

    Hierdie vraag is van wesensbelang wanneer ons ervaar dat ons
    verhouding met die Here koud geword het. Gewoonlik sal die Heilige Gees ons bewus maak van sonde en ons oortuig om dit te bely. Die Here gebruik ons minder effektief as ons sonde in ons lewens koester.
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Spr 28:13; Jes 30:21; 59:1-2; Matt 5:23-24; Mark 11:25.

Spr 28:13;

13Wie sy oortredings bedek,
sal nie sukses behaal nie;
maar hy wat dit bely en dit laat vaar,
ervaar ontferming.

Jes 30:21;

21Met julle ore sal julle
‘n woord agter julle hoor:
“Hier is die pad, gaan daarop,
wanneer julle regs of links wil hou!”

Jes 59:1-2;

1Kyk, die hand van die Here
is nie te kort om te verlos nie,
sy oor is nie hardhorend,
sodat Hy nie kan hoor nie.
2Maar julle sondeskuld,
dit het skeiding gebring
tussen julle en julle God.
Julle sondes het Hom sy gesig
vir julle laat verberg,
sodat Hy nie luister nie;

Matt 5:23-24;
23“En wanneer jy jou offergawe na die altaar bring en daar onthou dat jou broer iets teen jou het, 24laat jou offergawe net daar by die altaar en gaan versoen jou eers met jou broer, en gaan gee dan jou offergawe.

Mark 11:25
5En wanneer julle staan en bid – as julle iets teen iemand het, vergeef hom, sodat julle Vader in die hemele julle ook julle oortredings kan vergeef.”

2. Wil die Here my / ons iets van Homself leer?

Toe Lasarus siek was, het Jesus doelbewus gedraal (Joh 11:14-15, 21, 32, 37, 40- 44).

Joh 11:14-15, 21, 32, 37, 40- 44

14Toe sê Jesus openlik vir hulle: “Lasarus het gesterf, 15en ter wille van julle is Ek bly dat Ek nie daar was nie, sodat julle kan glo. Maar kom ons gaan na hom toe.”
21Martha sê toe vir Jesus: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie.
32Toe Maria aankom waar Jesus was en Hom sien, het sy by sy voete neergeval en vir Hom gesê: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterf het nie.” 
37Maar sommige van hulle het gesê: “Kon Hy wat die oë van die blinde man oopgemaak het, tog nie voorkom het dat hierdie man sterf nie?”
40Jesus sê vir haar: “Het Ek dan nie vir jou gesê dat as jy glo, jy die heerlikheid van God sal sien nie?” 41Hulle het toe die klip weggeskuif. Jesus het sy oë opgehef na bo en gesê: “Vader, Ek dank U dat U My verhoor het. 42Ek weet dat U My altyd verhoor, maar Ek het dit gesê ter wille van die skare wat hier rondom staan, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het.” 43En nadat Hy dit gesê het, roep Hy met ‘n harde stem: “Lasarus, kom uit!” 44Die oorledene het uitgekom. Sy voete en hande was met grafdoeke vasgebind, en sy gesig met ‘n kopdoek toegedraai. Jesus sê vir hulle: “Maak hom los en laat hom gaan.”

Die mense het geweet Hy kan siekes genees, maar hulle het nie geweet Hy het mag oor die dood nie. Jesus het geswyg . Hy het nie onmiddellik op hulle versoek gereageer of aan hulle verwagting voldoen nie, omdat Hy Homself op ’n nuwe wyse aan hulle wou openbaar. Is dieselfde nie waar van Job nie?

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook: Job 42:1-6; Jes 30:19-20.

Job 42:1-6;

421Job het die Here geantwoord; hy het gesê:
2“Ek weet dat U alles kan vermag,
dat geen plan vir U onuitvoerbaar is nie.
3Wie is die een wat ‘n plan verberg,
terwyl hy geen kennis het nie?
Daarom het ek, sonder begrip,
ja, sonder kennis, my mening gegee
oor dinge wat vir my te wonderbaar is.
4Luister, en ek sal praat!
U het gesê,
‘Ek sal jou ondervra,
lig jy My dan in!’
5Op hoorsê het ek van U verneem,
maar nou het my oog U gesien.
6Daarom herroep ek dit,
en het ek berou –
in stof en as.”

Jes 30:19-20

19Ja, volk wat op Sion,
in Jerusalem, woon,
julle sal sekerlik nie meer huil nie.
Die Here sal beslis genade
aan julle bewys
op julle roepstem om hulp.
Wanneer Hy hoor,
sal Hy julle antwoord.
20My Heer sal vir julle
brood van kommer
en water van verdrukking gee.
Maar dan sal julle Groot
Leermeester Hom nie meer
vir julle verberg nie;
julle eie oë sal julle Groot
Leermeester sien.

3. Is Hy besig om my (die gemeente se) karakter te bou?

God is voortdurend aan die werk (Joh 5:17).

Joh 5:17
17Maar Jesus het hulle geantwoord: “My Vader is tot nou toe aan die werk, en Ek is ook aan die werk.”

Hy is besig om ons te vorm en te slyp om meer soos Jesus te word. Daar is dinge wat jy van ’n 6-jarige, maar nie van ’n 3-jarige kan verwag nie. ’n 18-jarige kan weer ’n veel groter verantwoordelikheid aanvaar as die 6-jarige. Hoe teleurgesteld moet die Here egter nie wees as sy 18-jarige soos ’n 3-jarige of 6-jarige kind optree nie en voortgaan om so op te tree.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Rom 8:29; Fil 1:6; 2:12-13.

Rom 8:29;
29want Hy het hulle wat Hy reeds tevore geken het, ook vooruit bestem om gelykvormig aan die beeld van sy Seun te word, sodat Hy die •Eersgeborene onder baie broers kan wees;

Fil 1:6;
6juis hiervan oortuig dat Hy, wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voltooi tot op die dag van •Christus Jesus.

Fil 2:12-13
12Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam was – nie net in my teenwoordigheid nie, maar nou ook nog veel meer in my afwesigheid – werk met vrees en bewing aan julle verlossing. 13Want Hy wat die gewilligheid en die optrede in julle bewerk soos Hy dit goedvind, is God. 

Vir Abraham om die vader van die gelowiges te wees, moes die Here tyd neem (25 jaar) om sy karakter te vorm, sodat sy verhouding kon groei en hy kon leer om op die Here te vertrou. Wat die Here deur ons wil doen, is meestal groter as dit waartoe ons self in staat is (Jes 55:8-9).

Jes 55:8-9

8“Ja, my planne is nie julle planne nie,
en julle paaie is nie my paaie nie,”
is die uitspraak van die Here.
9“Want soos die hemel hoër is as die aarde,
so is my paaie hoër as julle paaie,
en my planne as julle planne.

Ons kan Hom egter vertrou om nie ’n verantwoordelikheid aan ons op te dra wat ons nie (deur sy krag en hulp) kan hanteer nie. Dit werp ’n ander lig op Paulus se uitspraak in Fil 3:8, 10-11.

Fil 3:8, 10-11

8Inderdaad reken ek alles as verlies,
ter wille van die uitnemendheid

daarvan om Christus Jesus,
my Here, te ken.

Ter wille van Hom,
het alles vir my ‘n verlies geword,

en beskou ek dit as vullis,
sodat ek Christus as wins kan verkry,

10en sodat ek Christus kan ken,
die krag van sy opstanding,
en die verbondenheid met sy lyding,
deur aan sy dood gelykvormig te word,

11en ek so, hoe dan ook,
die opstanding uit die dood kan bereik.

Is dit ook die begeerte van jou hart om Jesus só te ken en meer en meer na sy beeld gevorm te word?

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook: Rig 7:1-7; 1 Kor 10:13; Fil 4:13.

Rig 7:1-7;

71Jerubbaäl, dit is Gideon, en al die manskappe wat by hom was, het vroeg opgestaan en kamp opgeslaan by En-Garod. Die kamp van die Midianiete was aan sy noordekant, vanaf die heuwel Morê in die vlakte. 2Die Here sê toe vir Gideon: “Die manskappe wat by jou is, is vir My te veel om die Midianiete in hulle hand te gee, anders spog Israel teenoor My en sê, ‘My eie hand het my verlos.’ 3Kondig dan nou aan, ten aanhore van die manskappe, ‘Wie ook al bang en aan die bewe is, kan omdraai en wegvlug van die berg Gilead.’ ” Van die manskappe het daar toe twee-en-twintigduisend omgedraai, en tienduisend het oorgebly.

4Daarop sê die Here vir Gideon: “Die manskappe is nog te veel. Laat hulle afgaan na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsif. Elkeen van wie Ek vir jou sê, ‘Hierdie een moet met jou saamgaan’, hy moet met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek vir jou sê, ‘Hierdie een moet nie met jou saamgaan nie’, hy mag nie met jou saamgaan nie.” 5Hy het die manskappe laat afgaan na die water. Die Here sê toe vir Gideon: “Almal wat met hulle tong van die water oplek soos ‘n hond dit oplek, moet jy apart hou van almal wat op hulle knieë afsak om te drink.” 6Die getal manne wat opgelek het, was driehonderd; al die ander manskappe het op hulle knieë afgesak om water te drink. 7Toe sê die Here vir Gideon: “Met die driehonderd man wat die water opgelek het, gaan Ek julle verlos. Ek sal die Midianiete in jou hand gee. Al die ander manskappe kan maar gaan, elkeen na sy woonplek.”

1 Kor 10:13;
13Geen versoeking het oor julle gekom, behalwe ‘n menslike een nie. God is egter getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle vermoë versoek word nie, maar sal saam met die versoeking ook uitkoms gee, sodat julle dit kan verduur.

Fil 4:13
3Tot dit alles is ek in staat deur Hom wat my krag gee. 

Wanneer die Here swyg, is dit moeilik om jou oog op Hom gevestig te hou.

Job 19:11-12, 25-27
11Jesus het hom geantwoord: “U sou geen volmag oor My gehad het as dit nie van bo aan u gegee is nie. Daarom is hy wat My aan u oorgelewer het, aan ‘n groter sonde skuldig.” 12Van dié oomblik af het Pilatus aanhoudend probeer om Hom vry te laat, maar die Jode het geskreeu: “As u hierdie man vrylaat, is u nie ‘n vriend van die keiser nie. Elkeen wat homself koning maak, verset hom teen die keiser.”

25By die kruis van Jesus het sy moeder en sy moeder se suster en Maria, die vrou van Klopas, en ook Maria Magdalena gestaan. 26Toe Jesus sy moeder sien, asook die dissipel vir wie Hy lief was, wat by haar staan, sê Hy vir sy moeder: “Vrou, kyk, daar is u seun!” 

Tog help dit om bogenoemde 3 vrae te vra en hoopvol
op Hom te bly wag

Ps 130:5-7;
5Ek wag op die Here;
my hele wese wag,
en op sy woord vestig ek my hoop.
6My hele wese wag op my Heer,
meer as wagte op die môre,
ja, wagte op die môre.

7Israel, vestig jou hoop op die Here;
want by die Here is troue liefde,
by Hom is volkome bevryding.

Ps 131:1-3

1311‘n •Pelgrimslied. Van Dawid.

Here, my hart is nie hoogmoedig
en my oë nie verwaand nie.
Ek hou my nie besig met groot dade
of wat te wonderbaar is vir my nie.
2Maar ek het my siel tot kalmte
en bedaring gebring.
Soos ‘n kindjie by sy moeder,
soos ‘n kindjie, is my siel in my.

3Israel, vestig jou hoop op die Here,
nou en vir altyd.


Moet daarom nie moedeloos raak wanneer jy ervaar dat God swyg nie. Onthou Hy is steeds besig – al is sy stem stil.

Gebed

Praat met die Here. Wat het jy vandag beleef?

Week 5 Dag 24 Om die Here voortdurend vars te hoor
Week 5 Dag 24 Om die Here voortdurend vars te hoor
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 76-81
Lees gerus ook Ps 39:8; 97:10; Ef 4:12-16.

Ps 39:8;

8“En nou, wat verwag ek, my Heer?
My hoop, op U is dit gevestig.

Ps 97:10;

10Julle wat die Here liefhet,
moet die kwaad haat.
Hy beskerm die lewe
van sy troue volgelinge;
uit die hand van goddeloses
red Hy hulle.

Ef 4:12-16
12om die •heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, om die liggaam van Christus op te bou, 13totdat ons almal kom tot eenheid in geloof en in kennis van die •Seun van God, en tot ‘n volwassenheid wat in ooreenstemming is met die volgroeide gestalte van die volheid van Christus. 

Wenk

WENK: Dit kan sinvol wees om op jou spoor terug te stap na die laaste ding wat die Here vir jou (die gemeente) gesê het. Was jy ’n Nike-mens (just do it)? Het jy dit wat jy van Hom gehoor het, gedoen?

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 5 Dag 23 – Gaan lê maar weer? – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 5 Dag 23 Verskilmakers is ontvanklik vir die Here - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

’n Jongman het werk gesoek by die Poskantoor as morsekode operateur. Nadat hy vir ’n kort tydjie heel agter in die ry gestaan het, het hy skielik by almal verbygeloop tot in die posmeester se kantoor. Almal het gekla oor sy indrukkery en veral toe die posmeester vir hom sê dat hy die werk gekry het, want terwyl hul almal in die ry gestaan het, is daar deurentyd ’n morsekode gestuur: “As jy hierdie boodskap kan hoor, kom kantoor toe, want jy het die werk!” Hy was die enigste wat die morsekode boodskap bo die geraas van die poskantoor kon hoor.

Gebed

Hoe gefokus of ingestel is jy op die stem van God midde-in die geraas van die lewe? Hoe’t jou dag begin? Rustig en ontspanne? Gejaagd? Stel jou daarop in om rustig te word. Dit kan help om strelende musiek saggies in die agtergrond te speel en om een van jou gunstelinggedeeltes uit die Bybel hardop met groot konsentrasie te lees. Vra die Here om jou op sy stem in te stel.

Skryf / Vul in

Lees Op 1:10-20;

10Op die dag van die Here het die Gees van my besit geneem, en het ek agter my ‘n harde stem, soos dié van ‘n basuin, gehoor 11wat sê: “Skryf wat jy sien in ‘n boekrol op, en stuur dit aan die sewe •gemeentes: na Efese, Smirna, Pergamum, Tiatira, Sardis, Filadelfia en Laodisea.”

12Ek het omgedraai om te sien wie se stem dit is wat met my praat. Toe ek omdraai, het ek sewe goue kandelare gesien, 13en in die middel van die kandelare, iemand net soos die •Seun van die Mens. Hy het ‘n kleed wat tot op die voete hang, gedra, met ‘n goue band wat om sy bors vasgebind was. 14Sy kop en hare was so wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vlammende vuur. 15Sy voete was net soos gloeiende koper in ‘n rooiwarm oond, en sy stem soos die gedruis van baie waterstrome. 16In sy regterhand het hy sewe sterre gehou, uit sy mond het daar ‘n skerp swaard met twee snykante gekom, en sy gesig was soos die son, wat in al sy felheid skyn.

17Toe ek Hom sien, het ek voor sy voete neergeval soos ‘n dooie, maar Hy het sy regterhand op my gelê en gesê: “Hou op om bang te wees – Ek is die Eerste en die Laaste 18en die Lewende. Ek was dood, maar kyk, Ek leef vir ewig en ewig; ook hou Ek die sleutels van die dood, en van Hades. 19Skryf dan op wat jy gesien het, wat daar is, en wat hierna gaan gebeur. 20Dit is die misterie van die sewe sterre wat jy in my regterhand gesien het, en van die sewe goue kandelare: Die sewe sterre is die sewe boodskappers van die sewe gemeentes, en die sewe kandelare is die sewe gemeentes.”

Op 4:1.
41Hierna het ek gesien, en kyk, ‘n deur wat in die hemel geopen is, en die stem wat ek voorheen so hard soos ‘n basuin met my hoor praat het, het gesê: “Kom op hierheen, en Ek sal aan jou wys wat hierna moet gebeur.”

Praat die Here vandag nog met ons soos in Openbaring? Maak ’n kruisie in die blokkie wat jou standpunt weergee.

Week 5 Dag 23 Ja Nee Onseker
Week 5 Dag 23 Ja Nee Onseker

Daar is die voorbeelde van Francis Shaefer en Peter Marshall* met wie God hoorbaar gepraat het terwyl hulle ernstig gebid het. Twee van my kollegas het al soortgelyke ervarings gehad. Dikwels kan net die persoon met wie God so kommunikeer, Hom hoor – soos in die geval van Samuel (1 Sam 3:1-5, 8)
1 Sam 3:1-5, 8

1Die seun Samuel was in diens van die Here onder toesig van Eli. ‘n Woord van die Here was seldsaam in daardie dae; geen visioene het voorgekom nie.

2In daardie tyd het Eli op sy gewone plek gelê. Sy oë het al begin swak word, hy kon nie meer sien nie. 3Die lamp van God was nog nie dood nie, en Samuel het al gaan lê in die •tempel van die Here waar die ark van God was. 4Toe roep die Here na Samuel en hy het geantwoord: “Hier is ek!” 5Hy hardloop toe na Eli en sê: “Hier is ek, want u het na my geroep.” Maar Eli sê: “Ek het nie geroep nie. Gaan lê maar weer.” Hy het toe gaan lê.

8Die Here roep toe weer na Samuel vir die derde maal. Hy staan toe op, gaan na Eli en sê: “Hier is ek, want u het na my geroep.” Eli besef toe dat dit die Here is wat na die seun roep.

maar soms kan ander dit ook hoor – soos by Moses, Aäron en Mirjam (Num 12:4) 4Die Here het dadelik vir Moses, Aäron en Mirjam gesê: “Gaan julle drie na die Tent van Ontmoeting!” Hulle drie het toe gegaan. 

asook Paulus en dié wat saam met hom op die pad na Damaskus was (Hand 9:3-5, 7).
3Terwyl hy onderweg was, en naby Damaskus kom, het ‘n lig uit die hemel hom skielik omstraal, 4en hy het op die grond neergeval en ‘n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” 5Hy het gevra: “Wie is U, Here?” En Hy antwoord: “Ek is Jesus, wat jy vervolg.
 7Die manne wat saam met hom gereis het, het sprakeloos gestaan, omdat hulle wel die stem gehoor het, maar niemand gesien het nie. 

Vir Israel was die aanhoor van die Here se stem by tye so ’n vreesaanjaende ervaring dat hulle Moses versoek het om liewer namens hulle voor God te verskyn en met Hom te praat (Eks 20:18-19).18Toe die hele volk die donderslae hoor en die weerlig sien, asook die geluid van die •ramshoring, en die berg wat rook, was hulle bang en het gebewe. Hulle het op ‘n afstand bly staan 19en vir Moses gesê: “Praat u met ons, en ons sal luister. Maar God moet nie met ons praat nie, sodat ons nie sterf nie.” 

God is soewerein en praat hoorbaar wanneer Hy wil, met wie Hy wil en soos Hy wil. So praat Hy hoorbaar wanneer dit bv. nodig is dat die hoorder ’n baie moeilike opdrag uitvoer en nodig het om krag te put uit so ’n besondere ervaring (Num 12:2-8).2Hulle het gesê: “Is dit dan net deur Moses wat die Here gepraat het? Het Hy nie deur ons ook gepraat nie?” Die Here het dit gehoor. 3Maar die man Moses was baie beskeie, meer as enige mens op aarde. 4Die Here het dadelik vir Moses, Aäron en Mirjam gesê: “Gaan julle drie na die Tent van Ontmoeting!” Hulle drie het toe gegaan. 5Die Here het in die wolkkolom afgekom. Hy het by die ingang van die tent gestaan en Aäron en Mirjam geroep. Toe hulle twee vorentoe kom, 6het Hy gesê: “Luister nou na my woorde:

“As daar ‘n profeet onder julle is,
sal Ek, die Here, Myself
in ‘n visioen aan hom bekend maak;
in ‘n droom sal Ek met hom praat.
7Met my dienskneg Moses is dit anders.
In my hele huishouding
is hy betroubaar.
8Van aangesig tot aangesig
praat Ek met hom,
in ‘n verskyning, nie in raaisels nie;
die verskyningsvorm van die Here
sien hy.
Waarom was julle dan nie bang
om teen my dienskneg, Moses,
uit te vaar nie?”

*Edith Schaefer: The Tapestry, 1981; Cathrine Marshall: A man called Peter, 1951

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Matt 3:17- 4:1;Matt 17:5; Joh 12:27-28; Hand 10:9-16;Hand 23:11.

Matt 3:17- 4:1;
17En meteens het ‘n stem uit die hemele gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.”
41Hierna is Jesus deur die Gees die woestyn ingelei om deur die Duiwel versoek te word.

Matt 17:5;
5Terwyl hy nog praat, het ‘n helder wolk skielik ‘n skaduwee oor hulle gegooi, en kyk, ‘n stem uit die hemel sê: “Dit is my geliefde Seun, oor wie Ek My verheug. Luister na Hom.”

Joh 12:27-28;
27“Nou is my siel ontsteld. Wat sal Ek sê? Vader, red My uit hierdie uur? Maar Ek het tog juis met die oog op hierdie uur gekom! 28Vader, verheerlik u Naam!” Daar het toe ‘n stem uit die hemel gekom: “Ek het dit verheerlik, en Ek sal dit weer verheerlik.”

Hand 10:9-16;
9Die volgende dag, terwyl hulle op reis was en al amper by die stad, het Petrus teen ongeveer die sesde uur na die dakstoep opgeklim om te gaan bid. 10Hy het honger geword en wou eet. Terwyl hulle besig was om die maaltyd voor te berei, het hy in geestesvervoering geraak. 11Hy sien toe die hemel geopen, en iets soos ‘n groot linnedoek wat afsak en aan sy vier hoeke op die aarde neergelaat word. 12Daarin was allerhande viervoetige en kruipende diere van die aarde en voëls van die hemel. 13Toe kom daar ‘n stem tot hom: “Staan op, Petrus, slag en eet!” 14Maar Petrus het geantwoord: “Onder geen omstandighede nie, Here! Want ek het nog nooit iets wat besoedel of •onrein is geëet nie.” 15Maar die stem het weer, ‘n tweede keer, na hom gekom: “Wat God rein gemaak het, mag jy nie as onrein beskou nie.” 16Dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is dadelik weer in die hemel opgeneem.

Hand 23:11
11Daardie nag het die Here by Paulus kom staan en gesê: “Hou moed! Want net soos jy in Jerusalem oor My getuig het, so moet jy ook in Rome getuig.”

Dit kan ook gebeur wanneer daar ’n keerpunt in ’n persoon se lewe aanbreek en die ervaring ’n bevestiging van God se barmhartigheid is (Deut 4:12-15, 32-36).
Deut 4:12-15, 32-36

12Die Here het met julle uit die vuur gepraat. Julle het die geluid van woorde gehoor, maar julle kon geen sigbare gestalte sien nie. Daar was net die stem. 13Hy het aan julle sy verbond bekend gemaak, naamlik die Tien Gebooie, waarvolgens julle moet leef, soos Hy beveel het. Hy het dit ook op twee kliptafels gegraveer. 14Vir my het die Here in daardie tyd die opdrag gegee om julle sy vaste voorskrifte en beslissings te leer sodat julle daarvolgens kan leef in die land waarheen julle trek om dit in besit te neem.

15“Omdat julle nie enige sigbare gestalte gesien het op die dag toe die Here by Horeb met julle uit die vuur gepraat het nie, moet julle uiters versigtig wees ter wille van julleself,

32“Ja, doen gerus navraag van die een uiterste van die hemel tot die ander uiterste oor wat vroeër jare, voor julle tyd, gebeur het, van die dag af dat God mense geskape het op die aarde. Het iets so groots al ooit gebeur of is daar al ooit van so iets gehoor? 33Het enige volk al die stem van ‘n god gehoor wat uit vuur praat, soos wat julle self gehoor het, en nogtans bly leef het? 34Of het enige god dit al gewaag om vir homself ‘n nasie te gaan neem uit die midde van ‘n ander nasie, met teistering, met tekens en met wondertekens, met stryd, met ‘n sterk hand en uitgestrekte arm, en met vreesaanjaende magsvertoon, soos alles wat die Here julle God voor julle oë in Egipte vir julle gedoen het? 35Julle was self ooggetuies daarvan, sodat julle kan besef: die Here, Hy is God. Naas Hom is daar geen ander nie.

36“Uit die hemel het Hy julle sy stem laat hoor om julle op te voed, en op die aarde het Hy julle sy groot vuur laat sien. En sy woorde het julle uit die vuur gehoor. 

Lees die Skrif

Lees Eseg 14:1-4.
141Manne uit die oudstes van Israel het by my aangekom en voor my gaan sit. 2Die woord van die Here het tot my gekom: 3“Mensekind, hierdie manne het aan afgodsbeelde ‘n plek gegee in hulle harte. Hulle sien nie af van die struikelblok wat hulle sondeskuld meebring nie. Moet Ek My enigsins deur hulle laat raadpleeg? 4Daarom, spreek hulle aan, sê vir hulle, ‘So sê my Heer, die Here: “Enige persoon uit die huis van Israel wat aan sy afgodsbeelde ‘n plek gee in sy hart en nie afsien van die struikelblok wat sy sonde meebring nie, en dan na ‘n profeet toe kom – Ek, die Here, voel Ek moet hom antwoord in ooreenstemming met die omvang van sy afgodery,

Soms praat die Here ook deur ’n innerlike stem soos in die geval van Esegiël. Die gelowige wéét dan dat dié innerlike oortuiging (ingewing) van die Here is. Paulus het op grond van die innerlike oortuiging, deur die werking van die Heilige Gees, besluit om na Jerusalem te reis, ten spyte van Agabus se voorspelling. (Vgl Hand 21:10-13;Hand 20:22-24.)

Hand 21:10-13;
10Terwyl ons ‘n hele paar dae daar oorgebly het, het ‘n sekere profeet met die naam Agabus uit Judea daar aangekom. 11Hy het na ons toe gekom, Paulus se gordel gevat, en sy eie voete en hande daarmee vasgebind, en gesê: “So sê die Heilige Gees, ‘Op hierdie manier sal die Jode in Jerusalem die man aan wie hierdie gordel behoort, vasbind en in die hande van nie-Jode oorgee.’ ” 12Toe ons dit hoor, het ons en die plaaslike mense Paulus gesmeek om nie na Jerusalem op te gaan nie. 13Daarop het Paulus geantwoord: “Wat probeer julle bereik deur te huil en my hart te breek? Ek is bereid om nie net gevange geneem te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterf ter wille van die Naam van die Here Jesus.”

Hand 20:22-24
22En kyk, nou gaan ek, gebind deur die Gees, na Jerusalem, sonder om te weet wat daar met my gaan gebeur – 23behalwe dat die Heilige Gees van stad tot stad aan my bevestig het dat gevangenskap en swaarkry op my wag. 24Maar ek heg geen waarde aan my eie lewe nie, solank ek my lewenstaak en die bedieningsopdrag wat ek van die Here Jesus ontvang het, kan voltooi: om kragtig te getuig van die evangelie van die genade van God.

Skryf / Vul in

Lees Hand 2:16-18;

16Wat hier gebeur, is deur die profeet Joël aangekondig:
17“ ‘En dit sal in die laaste dae gebeur,’ sê God:
‘Ek sal my Gees op alle mense uitstort –
julle seuns en julle dogters sal profeteer,
en julle jongmense sal visioene sien,
en julle ou mense sal drome droom.
18Ja, ook oor my slawe en slavinne
sal Ek in daardie dae my Gees uitstort,
en hulle sal profeteer.

Joël 2:28.

28“Ná hierdie dinge sal Ek
my Gees uitstort op alle mense.
Dan sal julle seuns en julle dogters profeteer.
Julle ou mense sal drome droom,
en julle jong mense
sal visioene sien.

Wat is die twee besondere wyses van kommunikasie waarvan ons hier lees?


Met die uitstorting van die Heilige Gees breek ’n nuwe tydvak in die heilsgeskiedenis aan. Drome en visioene (gesigte) was besondere wyses waarop die Here met mense gekommunikeer het (Matt 2:12-13; Luk 1:11, 26- 38; Hand 10:10-11; 18:9-11; 22:17-18; 2 Kor 12:1, 7).
Matt 2:12-13;
12Hoeveel meer is ‘n mens dan nie werd as ‘n skaap nie! Daarom is dit toelaatbaar om op die Sabbat goed te doen.” 13Toe sê Hy vir die man: “Steek uit jou hand!” Hy het dit uitgesteek en dit het gesond geword, gesond soos die ander een. 

Luk 1:11, 26- 38;
11‘n Engel van die Here het toe aan hom verskyn en aan die regterkant van die altaar vir die reukwerk gestaan.

26In die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na Nasaret, ‘n dorp in Galilea, 27na ‘n maagd wat verloof was aan ‘n man met die naam Josef, uit die nageslag van Dawid. Die maagd se naam was Maria. 28Die engel het na haar gegaan en gesê: “Gegroet, begenadigde vrou! Die Here is met jou!”

29Sy was verward oor die woorde en het gewonder wat hierdie groet tog kon beteken. 30Die engel het vir haar gesê:

“Moenie bang wees nie, Maria,
want jy het genade by God gevind.
31Kyk, jy sal swanger word
en aan ‘n seun geboorte skenk.
Jy moet Hom Jesus noem.
32Hy sal magtig wees,
en die Seun van die Allerhoogste genoem word.
En die Here God sal aan Hom
die troon van sy voorvader Dawid gee.
33Hy sal vir ewig oor die nageslag van Jakob regeer.
Aan sy heerskappy sal daar geen einde kom nie.”
34Maar Maria het vir die engel gesê: “Hoe kan so iets moontlik wees, aangesien ek nie gemeenskap met ‘n man het nie?” 35Die engel het haar geantwoord:

“Die Heilige Gees sal oor jou kom
en die krag van die Allerhoogste
sal jou oorskadu.
Daarom sal die Kind wat gebore word, heilig wees;

Hy sal •Seun van God genoem word.36“Kyk, Elisabet, ‘n familielid van jou, is ook swanger, en sy verwag ‘n seun ten spyte van haar hoë ouderdom. Alhoewel sy vroeër as onvrugbaar beskou is, is sy reeds ses maande swanger, 37want geen woord wat van God af kom, is kragteloos nie.” 38Toe sê Maria: “Kyk, ek is die diensmeisie van die Here. Mag met my gebeur volgens u woord.” En die engel het van haar af weggegaan.

Hand 10:10-11;
10Hy het honger geword en wou eet. Terwyl hulle besig was om die maaltyd voor te berei, het hy in geestesvervoering geraak. 11Hy sien toe die hemel geopen, en iets soos ‘n groot linnedoek wat afsak en aan sy vier hoeke op die aarde neergelaat word.

Hand 18:9-11;
9Die Here het een nag deur ‘n visioen vir Paulus gesê: “Moenie bang wees nie, maar hou aan praat en moenie stilbly nie! 10Ek is immers met jou en niemand sal ‘n vinger op jou lê om jou kwaad aan te doen nie, want in hierdie stad is daar baie mense wat aan My behoort.” 11Paulus het ‘n jaar en ses maande lank daar gebly en hulle in die woord van God onderrig.

Hand 22:17-18;
17“Toe ek ná my terugkeer na Jerusalem besig was om in die tempelterrein te bid, het ek in geestesvervoering geraak. 18Ek het Hom gesien wat vir my sê, ‘Maak gou en gee haastig pad uit Jerusalem, want hulle sal jou getuienis oor My nie aanvaar nie!’ 

2 Kor 12:1, 7
1As daar dan geroem moet word, is dit nie voordelig nie; maar ek kom nou by gesigte en openbarings van die Here. 

7selfs met inagneming van die buitengewone aard van my openbarings. Daarom, om te keer dat ek opgeblase word, en sodat ek nie hoogmoedig mag word nie, is daar vir my ‘n doring in die vlees gegee, ‘n engel van Satan, om my met die vuis te slaan.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Matt 1:20, 24;Matt 2:12, 19, 24; Luk 1:11-22, 26-38; Hand 8:26;Hand 11:5; Ef 3:3; Op 9:17.

Matt 1:20, 24;
20Terwyl hy daaroor nagedink het, het daar skielik ‘n engel van die Here in ‘n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om Maria as jou vrou by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees.

24Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en haar as sy vrou by hom geneem. 25Hy het nie met haar gemeenskap gehad totdat sy aan ‘n seun geboorte gegee het nie. En hy het Hom Jesus genoem.

Matt 2:12, 19, 22;
12En omdat hulle in ‘n droom ‘n waarskuwing van God ontvang het om nie na Herodes terug te keer nie, het hulle met ‘n ander pad langs na hulle land teruggegaan.

19Herodes het gesterf, en kyk, daar het in Egipte ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef verskyn 

22Maar toe hy hoor dat Argelaos in die plek van sy vader Herodes oor Judea regeer, was hy bang om daarheen te gaan. Nadat hy in ‘n droom ‘n opdrag van God ontvang het, het hy na die landstreek Galilea vertrek 

Luk 1:11-22, 26-38;

11‘n Engel van die Here het toe aan hom verskyn en aan die regterkant van die altaar vir die reukwerk gestaan. 12Sagaria was ontsteld toe hy hom sien, en vrees het hom oorval, 13maar die engel het vir hom gesê:
“Moenie bang wees nie, Sagaria,
want jou gebed is verhoor.
Jou vrou, Elisabet, sal vir jou
geboorte gee aan ‘n seun,
en jy moet hom Johannes noem.
14Jy sal blydskap en uitbundige vreugde beleef,
en baie mense sal bly wees oor sy geboorte.
15Inderdaad, hy sal groot wees
in die oë van die Here.
Hy sal glad nie wyn en gegiste drank drink nie,
en hy sal reeds van voor sy geboorte af
met die Heilige Gees vervul wees.
16Hy sal baie van die kinders van Israel
na die Here hulle God laat terugkeer.
17Hy sal met die gees en krag van Elia
voor die Here uitgaan
om die harte van vaders na hulle kinders terug te bring,
en ongehoorsames na die denkwyse van •regverdiges,
en só ‘n goed voorbereide volk vir die Here gereed te maak.”

18Sagaria sê toe vir die engel: “Hoe sal ek dit weet? Want ek is al oud, en my vrou is al op ver gevorderde leeftyd.” 19Daarop antwoord die engel hom: “Ek is Gabriël, wat in die teenwoordigheid van God staan. Ek is gestuur om met jou te praat en hierdie goeie boodskap vir jou te bring. 20Ek sê vir jou: Omdat jy my woorde, wat op hulle vasgestelde tyd in vervulling sal gaan, nie geglo het nie, sal jy stom wees. Jy sal nie kan praat nie, tot op die dag waarop hierdie dinge gebeur.”

21Die volk het ondertussen vir Sagaria gestaan en wag, en was verbaas dat hy so lank in die heiligdom talm. 22Maar toe hy uitkom, kon hy nie met hulle praat nie. Hulle besef toe dat hy ‘n visioen in die heiligdom gesien het. Hy het aanhoudend vir hulle beduie en stom gebly.

26In die sesde maand is die engel Gabriël deur God gestuur na Nasaret, ‘n dorp in Galilea, 27na ‘n maagd wat verloof was aan ‘n man met die naam Josef, uit die nageslag van Dawid. Die maagd se naam was Maria. 28Die engel het na haar gegaan en gesê: “Gegroet, begenadigde vrou! Die Here is met jou!”

29Sy was verward oor die woorde en het gewonder wat hierdie groet tog kon beteken. 30Die engel het vir haar gesê:
“Moenie bang wees nie, Maria,
want jy het genade by God gevind.
31Kyk, jy sal swanger word
en aan ‘n seun geboorte skenk.
Jy moet Hom Jesus noem.
32Hy sal magtig wees,
en die Seun van die Allerhoogste genoem word.
En die Here God sal aan Hom
die troon van sy voorvader Dawid gee.
33Hy sal vir ewig oor die nageslag van Jakob regeer.
Aan sy heerskappy sal daar geen einde kom nie.”
34Maar Maria het vir die engel gesê: “Hoe kan so iets moontlik wees, aangesien ek nie gemeenskap met ‘n man het nie?” 35Die engel het haar geantwoord:
“Die Heilige Gees sal oor jou kom
en die krag van die Allerhoogste
sal jou oorskadu.
Daarom sal die Kind wat gebore word, heilig wees;
Hy sal •Seun van God genoem word.36“Kyk, Elisabet, ‘n familielid van jou, is ook swanger, en sy verwag ‘n seun ten spyte van haar hoë ouderdom. Alhoewel sy vroeër as onvrugbaar beskou is, is sy reeds ses maande swanger, 37want geen woord wat van God af kom, is kragteloos nie.” 38Toe sê Maria: “Kyk, ek is die diensmeisie van die Here. Mag met my gebeur volgens u woord.” En die engel het van haar af weggegaan.

Hand 8:26;
26‘n Engel van die Here het vir Filippus gesê: “Maak gereed en gaan na die suide, met die pad wat van Jerusalem afwaarts loop na Gasa. Dit is ‘n verlate pad.”

Hand 11:5;
5“Ek was in die stad Joppe besig om te bid, en in ekstase het ek ‘n visioen gesien: iets soos ‘n groot linnedoek wat afsak en wat aan sy vier hoeke uit die hemel neergelaat word; en dit het tot by my gekom.

Ef 3:3;
3Deur openbaring is die geheimenis aan my bekend gemaak, soos ek reeds kortliks geskryf het.

Op 9:17
7Net so het ek ook in die visioen die perde en hulle ruiters gesien: hulle het vuurrooi, oranjekleurige en swaelgeel borsplate gedra. Die perde se koppe het soos dié van leeus gelyk met vuur, rook en swael wat uit hulle bekke borrel. 

Skryf / Vul in

Lees Hand 9:3-7. (Indien jy tyd het, lees gerus die hele perikoop vanHand 9:1-19.)

SAULUS SE BEKERING

91Saulus, wat nog steeds dreigemente en moord teen die dissipels van die Here aangeblaas het, het na die hoëpriester gegaan 2en van hom briewe gevra aan die •sinagoges in Damaskus, sodat, indien hy enige mense opspoor wat aanhangers van die Weg is, mans sowel as vroue, hy hulle geboeid na Jerusalem kon bring.

3Terwyl hy onderweg was, en naby Damaskus kom, het ‘n lig uit die hemel hom skielik omstraal, 4en hy het op die grond neergeval en ‘n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” 5Hy het gevra: “Wie is U, Here?” En Hy antwoord: “Ek is Jesus, wat jy vervolg. 6Maar staan op en gaan na die stad, en daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.” 7Die manne wat saam met hom gereis het, het sprakeloos gestaan, omdat hulle wel die stem gehoor het, maar niemand gesien het nie. 8Saulus het van die grond af opgestaan en, alhoewel sy oë oop was, kon hy niks sien nie. Hulle het hom aan die hand gelei en Damaskus binnegebring. 9Drie dae lank kon hy nie sien nie, en het hy nie geëet of gedrink nie.

10Daar was ‘n dissipel in Damaskus met die naam Ananias. In ‘n visioen het die Here vir hom gesê: “Ananias!” En hy het geantwoord: “Hier is ek, Here.” 11Toe sê die Here vir hom: “Maak gereed en gaan na die straat bekend as Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na iemand uit Tarsus met die naam Saulus. Want kyk, hy is besig om te bid, 12en het in ‘n visioen gesien dat ‘n man met die naam Ananias binnekom en hom die hande oplê om hom weer te laat sien.” 13Ananias het geantwoord: “Here, ek het by baie mense van hierdie man gehoor, van al die kwaad wat hy u •heiliges in Jerusalem aangedoen het. 14En hier het hy volmag van die leierpriesters om almal wat u Naam aanroep, in boeie te slaan.” 15Maar die Here sê vir hom: “Gaan, want Ek het hom uitgekies as instrument om my Naam uit te dra na nasies en na konings en na Israel. 16Ek sal boonop aan hom toon hoeveel hy ter wille van my Naam moet ly.” 17Ananias het toe vertrek, en die huis binnegegaan en hom die hande opgelê, met die woorde: “Saul, broer, die Here het my gestuur – Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het – sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.” 18En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval. Hy kon weer sien en het opgestaan en is gedoop. 19Nadat hy geëet het, het hy sy krag herwin.

Hy was ‘n paar dae lank saam met die dissipels in Damaskus, 

Op watter wyses kommunikeer God in dié Skrifgedeelte?


Verskeie artikels in Christelike en populêre tydskrifte het al beweer dat engele mense te hulp gesnel het. Alhoewel dit moeilik kontroleerbaar is, moet ons dit op grond van Bybelse getuienis as ’n moontlikheid aanvaar.

Die Here maak soms ook daarvan gebruik om sy boodskap op ongewone wyses by mense tuis te bring.

Skryf / Vul in

Watter wyses gebruik Hy in die volgende Skrifgedeeltes:
1 Sam 15:26-28?

1 Sam 15:26-28

26Maar Samuel het vir Saul gesê: “Ek sal nie saam met jou teruggaan nie. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het die Here jou verwerp as koning oor Israel.”

27Toe Samuel omdraai om te loop, gryp Saul die soom van sy mantel, en dit het geskeur. 28Samuel sê toe vir hom: “Die Here het vandag die koningskap van Israel van jou afgeskeur en Hy het dit aan jou medemens gegee wat beter as jy is.


Ps 119:71;

71Dit is goed vir my
dat ek verneder was,
sodat ek u voorskrifte kon leer.

Jes 30:19-21?

19Ja, volk wat op Sion,
in Jerusalem, woon,
julle sal sekerlik nie meer huil nie.
Die Here sal beslis genade
aan julle bewys
op julle roepstem om hulp.
Wanneer Hy hoor,
sal Hy julle antwoord.
20My Heer sal vir julle
brood van kommer
en water van verdrukking gee.
Maar dan sal julle Groot
Leermeester Hom nie meer
vir julle verberg nie;
julle eie oë sal julle Groot
Leermeester sien.
21Met julle ore sal julle
‘n woord agter julle hoor:
“Hier is die pad, gaan daarop,
wanneer julle regs of links wil hou!”


Jer 18:1-6;

181Dit is die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het: 2“Maak gereed en gaan af na die pottebakker se huis; daar sal Ek jou my woorde laat hoor.” 3Ek het toe afgegaan na die pottebakker se huis; hy was juis besig om iets op die pottebakkerswiel te maak. 4Maar die houer wat hy besig was om van klei te maak, het onder die hand van die pottebakker misluk. Hy het toe ‘n ander houer gemaak, soos die pottebakker dit goed gedink het om te maak.

5Toe het die woord van die Here tot my gekom: 6“Is Ek nie in staat om soos hierdie pottebakker met julle te maak nie, huis van Israel?” is die uitspraak van die Here. “Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, huis van Israel.

Hos 1:2-6?

2Die begin van wat die Here deur Hosea gesê het.
Die Here het vir Hosea gesê:
“Gaan neem vir jou as vrou
‘n prostituut wat hoerkinders het,
want die land hou aan hoereer,
weg van die Here af.”

3Hy het gegaan en Gomer, dogter van Diblajim, as vrou geneem. Sy het swanger geword en vir hom ‘n seun in die wêreld gebring. 4Die Here sê toe vir hom:
“Noem hom Jisreël,
want nog ‘n klein rukkie,
dan roep Ek die huis van Jehu
tot verantwoording
oor die bloedbad by Jisreël.
Ek gaan ‘n einde maak
aan die koninkryk
van die huis van Israel.
5Op daardie dag sal Ek
die boog van Israel breek
op die vlakte van Jisreël.”

6Sy het weer swanger geword en geboorte gegee aan ‘n dogter. Die Here sê toe vir hom:
“Noem haar Lo-Rugama,
want Ek gaan My nie langer
ontferm oor die huis van Israel nie,
ja, Ek sal hulle geensins vergewe nie.


Lees Hag 1:1-11.

11In die tweede regeringsjaar van koning Darius, op die eerste dag van die sesde maand, het die woord van die Here by monde van die profeet Haggai gekom tot Serubbabel, seun van Sealtiël en •streekgoewerneur van Juda, en tot Josua, die hoëpriester en seun van Jehosadak: 2“So sê die Here, Heerser oor alle magte,

‘Hierdie volk sê die tyd is nog nie ryp om die Here se huis te herbou nie.’ ” 3Die woord van die Here het gekom by monde van die profeet Haggai: 4“Is die tyd dan wel vir julle ryp om in huise met houtpanele te woon, terwyl hierdie huis ‘n bouval is? 5Daarom,” so sê die Here, Heerser oor alle magte, “neem ter harte wat julle beleef het:

6Julle het baie gesaai,
maar dit het min opgelewer;
julle eet,
maar word nie versadig nie;
julle drink,
maar julle dors word nie geles nie;
julle trek aan,
maar word nie warm nie.
Wie homself uithuur,
doen dit vir ‘n beursie vol gate.”
7So sê die Here, Heerser oor alle magte: “Neem ter harte wat julle beleef het:
8Gaan teen die berge uit,
bring hout en herbou my huis;
dit sal vir My vreugde verskaf
en Ek sal daardeur verheerlik word.”
Dit is wat die Here sê.
9“Julle verwag baie,
maar kyk, julle kry bloedweinig.
As julle iets huis toe bring,
blaas Ek dit weg.

“En waarom? Omdat my huis ‘n bouval is, terwyl elkeen van julle rondhardloop vir sy eie huis.” Dit is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte.

10“Daarom het die hemel bo júlle die dou teruggehou en die aarde sy opbrengs. 11Ek het droogte uitgeroep oor die land en oor die heuwels, oor die koring, die •nuwe wyn en die olie, oor alles wat die grond oplewer; oor mens en dier en alles wat met moeite tot stand gebring is.”

Op watter omstandighede wys Haggai die Israeliete waardeur die Here ’n belangrike saak wou tuisbring?


Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Gen 9:12-13;Gen 12:7-8;Gen 26:19-25;Gen 28:10-12, 17-19;Gen 35:1-7.

Gen 9:12-13;
12God het gesê: “Dit is die verbondsteken wat Ek plaas tussen My en julle en al die lewende wesens by julle, vir toekomende geslagte: 13My boog plaas Ek in die wolke. Dit sal dien as teken van die verbond tussen My en die aarde.

Gen 12:7-8;
7Die Here verskyn toe aan Abram en sê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land.” Hy het toe daar ‘n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het. 8Hy het daarvandaan verder getrek na die heuwelland oos van Bet-El, en sy tente opgeslaan tussen Bet-El aan die westekant en Ai aan die oostekant. Daar het hy vir die Here ‘n altaar gebou en die Naam van die Here aangeroep.

Gen 26:19-25;

19Terwyl die slawe van Isak in die dal grawe, kom hulle toe daar in ‘n put af op ‘n wateraar. 20Maar die herders van Gerar het met Isak se herders gestry en gesê: “Die water behoort aan ons!” Hy het toe die put Esek genoem, omdat hulle daaroor rusie gemaak het. 21Isak se slawe het toe ‘n ander put gegrawe, maar hulle het ook daaroor gestry. Daarom het Isak dit Sitna genoem. 22Hy het daarvandaan verder getrek en ‘n ander put gegrawe, maar daaroor is daar nie gestry nie. Hy het dit Regobot genoem, “want,” het hy gesê, “nou het die Here vir ons ruimte gemaak, en ons sal vrugbaar wees in die land.”

23Hy het toe daarvandaan opgetrek na Berseba. 24Daardie nag het die Here aan hom verskyn en gesê: “Ek is die God van jou vader Abraham. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou. Ek sal jou seën en jou nageslag talryk maak ter wille van Abraham, my dienskneg.” 25Hy het toe daar ‘n altaar gebou en die Naam van die Here aangeroep. Isak het sy tente daar opgeslaan, en sy slawe het daar ‘n put uitgekap.

Gen 28:10-12, 17-19;
10Jakob het uit Berseba vertrek en na Haran gegaan. 11Hy kom toe by ‘n plek en oornag daar, want die son was al onder. Hy het een van die klippe van die plek geneem, dit as sy kopstut neergesit en op daardie plek gaan lê. 12Hy droom toe: Kyk, daar is trappe wat op die aarde staan, waarvan die bopunt na die hemel reik. Daar was boodskappers van God wat daarlangs op- en afgaan!

17Hy het bang geword en gesê: “Hoe vreesaanjaend is hierdie plek nie! Dit is niks anders as die huis van God nie. Dit is die poort na die hemel!”

18Jakob het die oggend vroeg opgestaan en die klip wat hy as ‘n kopstut neergesit het, geneem en dit as ‘n gedenksteen opgerig. Hy het olie oor die bopunt daarvan uitgegiet. 19Hy het die plek Bet-El genoem; maar die naam van die dorp was vroeër Lus.

Gen 35:1-7
1God het vir Jakob gesê: “Maak gereed, trek op na Bet-El en woon daar. Bou daar ‘n altaar vir die God wat aan jou verskyn het toe jy op vlug was voor jou broer Esau.” 2Jakob sê toe vir sy huis en almal wat by hom was: “Verwyder die vreemde gode wat in julle midde is en reinig julle; trek ander klere aan. 3Kom ons maak gereed en trek op na Bet-El, sodat ek daar ‘n altaar kan bou vir die God wat my geantwoord het op die dag toe ek in die nood was, en by my was op die pad wat ek gegaan het.” 4Hulle het toe al die vreemde gode wat hulle by hulle gehad het, vir Jakob gegee, ook die ringe wat aan hulle ore was. Hy het dit onder die groot terebintboom wat by Sigem is, weggesteek. 5Hulle het toe weggetrek, en ‘n verskrikking van God af het oor die dorpe rondom hulle geheers, sodat hulle nie die seuns van Jakob agtervolg het nie.

6Toe Jakob by Lus, dit is Bet-El, in die land Kanaän aankom, hy en al die mense wat by hom was, 7het hy daar ‘n altaar gebou en die plek El-Bet-El genoem, omdat God Hom daar aan hom geopenbaar het toe hy op vlug was voor sy broer.

Die Here werk nie lukraak nie, daarom gee Hy dikwels ook bakens in ’n mens se lewe as rigtingwysers. Wanneer ons kan sien waar ons vandaan kom, sal ons duideliker sien waarheen God met ons op pad is.

Soms stuur die Here ook wyse persone wat ’n situasie goed (en reg) kan opsom en kommunikeer (
Spr 5:1 1My seun, op my wysheid
moet jy ag slaan,
vir my verstandigheid
moet jy jou ore spits
,).

Die Here kan deur vriende, familie of gemeentelede met ons praat.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Spr 7:1, 6-8, 24-25; Ps 37:25-26

Spr 7:1, 6-8, 24-25;

71My seun, neem my woorde
ter harte;
en my opdragte,
hou dit veilig by jou.

6Want deur die venster van my huis,
deur my latwerk, het ek afgekyk;
7en ek sien toe
daar by die onkundiges,
ja, ek merk toe onder die seuns
‘n jong man sonder verstand,
8wat die stegie by haar hoek
oorsteek,
wat op pad na haar huis stap

24Daarom, seuns, luister na my,
en slaan ag op die woorde
uit my mond.
25Laat jou hart nie afdraai
na haar weë nie;
moenie op haar paaie ronddwaal nie.

Ps 37:25-26

25Toe ek jonk was en selfs
noudat ek oud geword het,
het ek nie gesien
dat ‘n regverdige versaak word,
of dat sy nageslag kos soek nie.
26Hy is altyd goedhartig
en leen graag uit,
sy nageslag is ‘n seën vir ander.

Lees die Skrif

Lees Hand 13:1-3; 17:10-11; 1 Kor 14:29.

Hand 13:1-3;
131In die plaaslike •gemeente in Antiogië was daar profete en leermeesters, onder andere Barnabas, Simeon bekend as Niger, Lucius van Sirene, Manaen, ‘n jeugvriend van Herodes die tetrarg, en Saulus. 2Toe hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees vir hulle gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af vir die werk waartoe Ek hulle geroep het.” 3Toe die gemeente klaar gevas en gebid het, het hulle hulle die hande opgelê en weggestuur.

Hand 17:10-11;
10Die broers het Paulus en Silas, toe dit nag word, dadelik na Berea gestuur. Met hulle aankoms het hulle na die Joodse sinagoge gegaan. 11Die mense daar was meer welwillend as dié in Thessalonika. Hulle het die boodskap baie geesdriftig ontvang en die Skrifte daagliks bestudeer om vas te stel of dit so is. 

1 Kor 14:29
29Laat twee of drie profete praat, en die ander dit sorgvuldig beoordeel.

Skryf / Vul in

Dink jy dis nodig om elke openbaring, visioen, gesig, stem, boodskap, preek of watter manier ek ook al mag ervaar dat die Here met my (of ons) praat, aan die Skrif te toets? Waarom sê jy so? (Vgl Hand 17:11.)

Hand 17:11
11Die mense daar was meer welwillend as dié in Thessalonika. Hulle het die boodskap baie geesdriftig ontvang en die Skrifte daagliks bestudeer om vas te stel of dit so is.


God is met sy gemeente op pad. Hy het ’n doel en bestemming met ons en daarom wil Hy dit met ons kommunikeer. Hy wil midde in die bedrywighede van elke dag ons tree vir tree lei (Jes 30:21 21Met julle ore sal julle
‘n woord agter julle hoor:
“Hier is die pad, gaan daarop,
wanneer julle regs of links wil hou!”).

Daarom praat die Here vandag steeds op verskillende maniere met sy mense – net soos in Bybelse tye!

Gebed

Praat met die Here oor wat jy vandag beleef het.

Week 5 Dag 23 Verskilmakers is ontvanklik vir die Here
Week 5 Dag 23 Verskilmakers is ontvanklik vir die Here
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 76-81
Lees gerus ook Eks 17:8-9, 15-16; 24:4-7; Jos 4:8,9; Rig 6:22-24; 1 Sam 7:10-12

Eks 17:8-9, 15-16;
8Toe die Amalekiete kom om teen Israel te veg by Refidim, 9het Moses vir Josua gesê: “Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Amalek. Môre sal ek op die heuweltop gaan staan met die staf van God in my hand.”

15Moses het ‘n altaar gebou en dit genoem, Die Here is my banier. 16Hy het gesê:
“Omdat ‘n hand teen die troon
van die Here was,
is daar oorlog vir die Here teen
Amalek van geslag tot geslag.”

Eks 24:4-7;

4Moses het al die woorde van die Here neergeskryf. Hy het vroeg die oggend opgestaan en aan die voet van die berg ‘n altaar opgerig en twaalf gedenkstene vir die twaalf stamme van Israel. 5Hy het jong manne uit die Israeliete gestuur, en hulle het •brandoffers geoffer, en vir die Here bulle geslag as •maaltydoffers. 6Moses het die helfte van die bloed geneem en in bakke gegooi. Die ander helfte van die bloed het hy teen die altaar gesprinkel.
7Toe neem hy die Boekrol van die Verbond en lees dit duidelik hoorbaar aan die volk voor. Hulle het gesê: “Alles wat die Here gesê het, sal ons doen en gehoorsaam.”

Jos 4:8,9;

8Die Israeliete het gemaak soos Josua beveel het: Hulle het twaalf klippe, net soveel as die stamme van die Israeliete, uit die middel van die Jordaan opgetel, soos die Here vir Josua gesê het. Hulle het dit met hulle saamgeneem na hulle oornagplek en dit daar neergesit.
9Nog twaalf klippe is deur Josua in die middel van die Jordaan opgerig op die plek waar die voete van die priesters wat die verbondsark gedra het, gestaan het. Dit is daar tot vandag toe.

Rig 6:22-24;
22en Gideon het besef dat dit die Engel van die Here was. Toe sê Gideon: “Ag, Here, my Heer! Want nou het ek die Engel van die Here van aangesig tot aangesig gesien!” 23Maar die Here sê vir hom: “Vrede vir jou! Moenie bang wees nie; jy sal nie sterf nie!” 24Gideon het toe daar ‘n altaar vir die Here gebou en dit genoem “Die Here is vrede”. Tot vandag toe is dit nog daar in Ofra, wat aan die familie van Abiëser behoort.

1 Sam 7:10-12
10Terwyl Samuel nog die brandoffer bring, het die Filistyne nader beweeg vir die geveg teen Israel. Maar die Here het op daardie dag harde donderslae laat dreun oor die Filistyne en hulle verwar. Hulle is toe voor Israel uit verslaan. 11Die manskappe van Israel het uit Mispa getrek en die Filistyne agtervolg en bly neervel, tot onderkant Bet-Kar. 12Toe het Samuel ‘n klip geneem en dit tussen Mispa en Sen opgerig. Hy het dit Eben-Haeser genoem en gesê: “Tot hiertoe het die Here ons gehelp.”

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 5 Dag 22 – Arm van Gees? – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 5 Dag 22 Die Heilige Gees maak ons sensitief - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
Gebed

Raak geestelik en emosioneel stil in die lewende God se teenwoordigheid. As jy nou bly fokus op goed wat jy nog moet doen of op ander knaende gedagteafleiers, gaan hierdie tyd vir jou min beteken. Neem ’n wilsbesluit om vir die volgende halfuur of meer op niks anders te fokus as op God en sy Woord nie.

Skryf / Vul in

Die Skrifgeleerdes en Fariseërs het ’n behoefte gehad aan ’n koninklike Messias wat hulle van die Romeinse juk kon verlos. Lees Joh 5:37-40 en kyk wat is die fundamentele fout wat hulle gemaak het?

Joh 5:37-40
37En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gestalte gesien nie. 38En julle het sy woord nie blywend in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie. 39Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig. 40Maar julle wil nie na My kom, sodat julle die lewe kan hê nie.


Net so maak gelowiges meermale die fout om die Bybel te degradeer tot op die vlak waar dit met hulle belewenis of ervaring versoen kan word. Ons ervaring (of gebrek daaraan) word dan ’n demper wat God se stem verdoof. Bv: My ervaring van God se teenwoordigheid of afwesigheid bepaal dan wat ek daarvan glo en nie God se beloftes of sy Woord nie. (Vgl Matt 18:20 “want, waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle.”) Petrus het aan die tradisies van die Ou Testament bly vashou. Dit het gemaak dat hy vergeet het wat Jesus op ’n keer gesê het (Mark 7:6-9).

6En Hy antwoord hulle: “Jesaja het tereg oor julle skynheiliges geprofeteer, soos daar geskryf staan,
“ ‘Hierdie volk eer My met die lippe,
maar hulle harte is ver van My af.
7Tevergeefs vereer hulle My,
want hulle onderrig as leerstellings
die voorskrifte van mense.’
8“Julle versaak die gebod van God en klou vas aan die tradisie van mense.”
9Hy het ook vir hulle gesê: “Julle verstaan die kuns goed om die gebod van God opsy te skuif en sodoende julle tradisie te handhaaf. 
Hierdie verknogtheid aan tradisies het verder gemaak dat hy blykbaar nie die implikasies van Jesus se belofte in Hand 1:8 ten volle kon begryp nie. Die Here moes hom deur ’n visioen wakker skud om die evangelie na die heidene te neem (Hand 10:13-16).

13Toe kom daar ‘n stem tot hom: “Staan op, Petrus, slag en eet!” 14Maar Petrus het geantwoord: “Onder geen omstandighede nie, Here! Want ek het nog nooit iets wat besoedel of •onrein is geëet nie.” 15Maar die stem het weer, ‘n tweede keer, na hom gekom: “Wat God rein gemaak het, mag jy nie as onrein beskou nie.” 16Dit het drie maal gebeur, en die voorwerp is dadelik weer in die hemel opgeneem.

Skryf / Vul in

Daar is ook ander filters of dempers wat daartoe aanleiding gee dat ons God verkeerd kan hoor. Dink aan ’n paar voorbeelde:


Ek noem slegs 2 moontlikhede:

  • Verkeerde, onverantwoordelike interpretasie van die Bybel.
  • Kultuuropvattings.
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook 2 Pet 1:20-21; 3:16.

2 Pet 1:20-21;
20Dit moet julle veral besef: Geen profesie in die Skrif berus op eie uitleg nie. 21Want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie; maar, meegevoer deur die Heilige Gees, het mense die woorde uitgespreek wat van God afkomstig is.

2 Pet 3:16
16soos in al sy briewe waarin hy oor hierdie sake praat. Daarin kom sekere moeilik verstaanbare dinge voor, wat onkundige en onstandvastige mense tot hulle eie ondergang verdraai – soos hulle ook met die ander geskrifte maak.

Skryf / Vul in

Lees 1 Kor 2:13-14;1 Kor 3:1.

1 Kor 2:13-14;
13Ons praat ook oor hierdie dinge, nie met woorde wat menslike wysheid ons leer nie, maar met woorde wat die Gees ons leer, terwyl ons geestelike dinge met geestelike dinge beoordeel. 14Maar ‘n niegeestelike mens aanvaar nie wat van die Gees van God kom nie; vir hom is dit immers dwaasheid, en hy kan dit nie begryp nie, omdat dit slegs geestelik beoordeel kan word.

1 Kor 3:1
31Wat my betref, broers, ek kon nie met julle praat soos met geestelike mense nie, maar wel soos met wêreldse mense, soos met klein kindertjies, in •Christus.

Wat maak dat ons die Woord nie verstaan en dus nie geestelik groei nie?


Daar was niks verkeerd met die Emmausgangers se IK’s nie. Tog vermaan Jesus hulle oor hulle gebrek aan begrip en traagheid van gees . Hy moes hulle verstand open (hulle in staat stel) om die Skrif te verstaan (Luk 24:25, 45).
25Toe sê Hy vir hulle: “O, julle wat so sonder begrip is, met harte wat traag is om alles te glo wat die profete gesê het! 
45Daarop het Hy hulle verstand daarvoor geopen om die Skrifte te verstaan, 

Niks het sedertdien verander nie. Ons het vandag steeds nodig dat Hy deur sy Gees ons in staat stel om die Bybel te verstaan.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Dan 2:21-22; 2 Kor 4:3-6; Ef 1:17-18; 1 Joh 2:27.

Dan 2:21-22;
21Hy verander tye en tydperke;
Hy sit konings af
en stel konings aan.
Hy gee wysheid aan wyses
en kennis aan wie insig het.
22Hy openbaar dit wat diep
en verborge is;
Hy weet wat in die duisternis is.
Die lig is by Hom tuis.

2 Kor 4:3-6;
3As ons evangelie dan tog nog versluier is, is dit versluier vir dié wat verlore gaan, 4vir die ongelowiges wie se denke deur die god van hierdie bedeling verblind is, sodat die lig van die evangelie van die heerlikheid van •Christus, wat die beeld van God is, nie oor hulle skyn nie. 5Ons verkondig immers nie onsself nie, maar Jesus Christus as Here, en onsself as julle diensknegte, ter wille van Jesus. 6Want God wat gesê het, “Laat daar uit die duisternis lig skyn,” dit is Hy wat in ons harte geskyn het om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, in die aangesig van Jesus Christus.

Ef 1:17-18;
17Dan bid ek dat die God van ons Here Jesus •Christus, die Vader van die heerlikheid, vir julle dit sal gee: geestelike wysheid en openbaring, wat in die kennis van Hom bestaan, 18en dat die oë van julle harte verlig mag wees, sodat julle kan insien
wat die hoop is wat sy roeping bied,
wat die heerlike rykdom van sy erfenis vir die heiliges behels,

1 Joh 2:27
27Maar wat julle betref: die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en daarom hoef niemand julle te leer nie. Maar omdat sy salwing julle alles leer, en omdat dit die waarheid is, en nie ‘n leuen nie, bly in Hom, net soos Hy julle geleer het.

Skryf / Vul in

Lees Joh 16:12-14. 12“Ek het nog baie dinge om vir julle te sê, maar julle kan dit nie nou verwerk nie. 13Maar wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die volle waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die toekomstige dinge aan julle bekend maak. 14Hy sal My verheerlik omdat Hy dit wat Hy van My sal ontvang, aan julle bekend sal maak.

Wat is deurslaggewend vir insig en begrip in die Woord van die Here?


Ons gees moet ingestem wees op die Heilige Gees. Westerlinge het baie oefening hierin nodig.

Skryf / Vul in

Lees Mark 7:6-8.

6En Hy antwoord hulle: “Jesaja het tereg oor julle skynheiliges geprofeteer, soos daar geskryf staan,
“ ‘Hierdie volk eer My met die lippe,
maar hulle harte is ver van My af.
7Tevergeefs vereer hulle My,
want hulle onderrig as leerstellings
die voorskrifte van mense.’

8“Julle versaak die gebod van God en klou vas aan die tradisie van mense.”

Wat is die gevaar waarteen Jesus waarsku?


Ons verval so maklik in die ritueel van Bybellees (of eredienste toe gaan) sónder die verwagting dat ons die Here gaan ontmoet en dat Hy met ons gaan praat. Dit hang saam met die beweegrede/s waarom mense die Bybel lees.

Skryf / Vul in

Dink aan ’n paar redes vir bogenoemde.


Hier is ’n paar moontlikhede:

  • Om beginsels te ontdek?
  • Om meer beloftes te kry wat ek vir myself kan toe-eien?
  • Om bewyse te kry vir my eie oortuigings?
  • Om preek-materiaal te kry?
  • Om krag te kry in my bediening?
  • Of dalk sommer omdat dit my gewete sus?
  • Om te groei in my kennis en aanbidding van, liefde vir, asook geloof in God?
Skryf / Vul in

Lees Joh 10:27. 27My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. 

Wat is kenmerkend van die Here se skape?


Ons behoort die Bybel te lees met die doel om ’n verhouding met die Outeur te hê. Ons besigwees met die Bybel moet eerstens lei tot ’n ontmoeting met Jesus. (Joh 5:39-40)39Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig. 40Maar julle wil nie na My kom, sodat julle die lewe kan hê nie.

Ons moet fokus op ons verhouding met die Here. Dit is die spil waarom alles draai. Dit verg harde oefening om toegewy aan die Here te leef (1 Tim 4:7-8; 1 Tim 6:11-12).

1 Tim 4:7-8 7Vermy goddelose en dwase mites. Oefen jouself om godvresend te leef; 8want liggaamlike oefening is wel in ‘n geringe mate nuttig, maar godvresendheid is nuttig in alle opsigte. Dit hou belofte in vir die huidige én die toekomstige lewe. 

1 Tim 6:11-12
11Maar jy, o man van God,
vlug weg van hierdie dinge!
Streef eerder na •geregtigheid,
godvresendheid, betroubaarheid,
liefde, volharding, sagmoedigheid.
12Stry die goeie stryd van die geloof;
gryp die ewige lewe aan,
waartoe jy geroep is
en waarvan jy die goeie belydenis
voor baie getuies afgelê het.
Wie so geoefen is, sal sy stem hoor.

Dit is duidelik dat God se Woord nie deur menslike inspanning verstaan kan word nie, maar dat ons die Heilige Gees nodig het om vir ons insig en begrip te gee (Luk 24:45)25Toe sê Hy vir hulle: “O, julle wat so sonder begrip is, met harte wat traag is om alles te glo wat die profete gesê het!.

Ons moet dus ’n intieme verhouding met die Here koester – dan sal ons sy stem hoor.

Gebed

Praat met die Here oor wat jy vandag beleef het.

Week 5 Dag 22 Die Heilige Gees maak ons sensitief
Week 5 Dag 22 Die Heilige Gees maak ons sensitief
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Ons is die Plan handboek, p 76-81
Lees gerus ook Eseg 13; Joh 14:23, 26; 15:26-27; 16:13; Hand 17:11; Rom 8:9.

Eseg 13;
OORDEEL OOR VALS PROFETE

131Die woord van die Here het tot my gekom: 2“Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat besig is om te profeteer. Sê vir die profete wat uit hulle eie harte praat, ‘Hoor die woord van die Here! 3So sê my Heer, die Here: “Wee die dwase profete wat hulle eie gees volg, maar niks gesien het nie. 4Soos jakkalse tussen puinhope het jou profete geword, Israel. 5Hulle het nie opgeklim na die bresse en ‘n klipmuur gepak ter verdediging van die huis van Israel, sodat hy staande kan bly in die stryd op die dag van die Here nie. 6Hulle visioene is vals, ‘n leuenagtige voorspelling, hulle wat telkens sê, ‘Dit is die uitspraak van die Here.’ Die Here het hulle egter nie gestuur nie. En dan wag hulle nog dat die woord vervul sal word! 7Het julle nie valse visioene gesien en ‘n leuenagtige godspraak gelewer toe julle gesê het, ‘Dit is die uitspraak van die Here,’ terwyl Ek nie iets aangekondig het nie?” 8Daarom, so sê my Heer, die Here: “Omdat julle valse uitsprake maak en bedrieglike visioene sien, daarom is dit nou Ek teen julle.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.’

9“ ‘ “My hand sal gekeer wees teen die profete wat valse visioene sien en leuenagtige voorspellings maak. In die binnekring van my volk sal hulle nie wees nie, in die boek van die huis van Israel sal hulle nie opgeskryf word nie, en op die grond van Israel sal hulle nie kom nie. Julle sal besef dat Ek, die Heer, die Here, is, 10omdat, ja, omdat hulle my volk mislei het deur te sê, ‘Vrede!’ toe daar geen vrede was nie. Wanneer iemand ‘n klipmuur pak, kyk, dan pleister hulle dit met kalk. 11Sê vir hulle wat met kalk pleister, ‘Die muur gaan val!’ ‘n Geweldige stortreën kom, Ek sal groot haelstene gee, hulle sal val. ‘n Stormwind sal losbreek – 12en kyk, die muur het geval! Daar sal sekerlik vir julle gevra word, ‘Waar is die klei waarmee julle gepleister het?’ ” 13Daarom, so sê my Heer, die Here, “Ek laat ‘n stormwind losbreek in my woede; in my toorn sal stortreën val, ook groot haelstene met vernietigende venyn. 14Ek sal die muur wat julle met kalk gepleister het, afbreek en dit op die grond neergooi, sodat sy fondament ontbloot word. Dit sal val en julle sal daarin omkom. Julle sal besef dat Ek die Here is. 15Ek sal my woede laat uitwoed op die muur en op hulle wat dit met kalk pleister. Dan sal Ek vir julle sê, ‘Die muur is nie meer daar nie, en ook nie hulle wat dit pleister nie – 16daardie profete van Israel wat vir Jerusalem profeteer en vir haar visioene van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie.’ ” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.’

17“En jy, mensekind, rig jou tot die dogters van jou volk wat uit hulle eie harte profeteer. Profeteer teen hulle 18en sê, ‘So sê my Heer, die Here: “Ellende wag vir hulle wat towerbande maak vir almal se polse, en hoofbedekkings maak vir koppe van alle groottes, om so op lewens jag te maak. Sal julle op die lewens van my volk jag maak, maar julle eie lewens behou? 19Julle het my heiligheid aangetas by my volk, vir ‘n paar hande vol gars en ‘n paar stukkies brood, deur lewens te vernietig van mense wat nie moes sterf nie, en lewens te behou van mense wat nie moes bly leef nie, toe julle vir my volk wat na leuens luister, gelieg het.” 20Daarom, so sê my Heer, die Here: “Kyk, Ek is teen julle towerbande waarmee julle daar in Jerusalem op lewens jag maak asof hulle voëls is. Ek sal dit van julle voorarms afskeur. Ek sal die lewens wat julle vang asof hulle voëls is, vrylaat. 21Ek sal julle hoofbedekkings afskeur en my volk red uit julle hand. Hulle sal nie meer as ‘n vangs in julle hand wees nie. Julle sal besef dat Ek die Here is. 22Omdat julle deur leuens die harte van regverdiges laat ineenkrimp, terwyl Ek hulle nie pyn wil aandoen nie, en omdat julle die hande van goddeloses sterk, sodat hulle hulle nie bekeer van hulle bose optrede en gevolglik bly leef nie – 23daarom: Valse visioene sal julle nie sien nie, en voorspellings sal julle nie meer maak nie. Ek sal my volk uit julle hand red. Julle sal besef dat Ek die Here is.” ’ ”

Joh 14:23, 26;
23Jesus antwoord hom: “As iemand My liefhet, sal hy ter harte neem wat Ek sê, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.

26Die Parakleet, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle in alles onderrig en julle aan alles herinner wat Ek vir julle gesê het.

Joh 15:26-27;
26“Wanneer die Parakleet kom wat Ek van die Vader af aan julle sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig. 27En julle moet ook getuig, omdat julle van die begin af by My is.

Joh 16:13;
13Maar wanneer Hy kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die volle waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself praat nie, maar Hy sal net sê wat Hy hoor, en Hy sal die toekomstige dinge aan julle bekend maak.

Hand 17:11;
11Die mense daar was meer welwillend as dié in Thessalonika. Hulle het die boodskap baie geesdriftig ontvang en die Skrifte daagliks bestudeer om vas te stel of dit so is. 

Rom 8:9
9Julle, daarenteen, bly nie in julle sondige aard nie, maar in die Gees – as die Gees van God inderdaad in julle woon. As iemand nie die Gees van Christus het nie, behoort hy nie aan Hom nie. 

Wenk

WENK: Vra die Here wat dit vandag van jou mag vra om soos Henog van ouds “met God te wandel”. Dan doen jy dit (Joh 12:26)26As iemand My wil dien, laat hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienskneg ook wees. As iemand My dien, sal die Vader hom eer..

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 5 Dag 21 – Troebel water – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 5 Dag 21 Die lewende God is n kommunikasie wese - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Praat God vandag nog met ons soos in Bybelse tye? Vir baie gelowiges is dit nie ’n uitgemaakte saak nie. Alhoewel ons seker sal saamstem dat Hy wel in die Bybelse tye gepraat het, glo baie Christene dat God om een of ander rede besluit het om dit nie meer vandag só te doen nie.

Gebed

Praat met God en laat Hom toe om ook met jou te praat…

Lees die Skrif

Lees Gen 1 en tel hoeveel keer daar staan: Toe het God gesê . In Gen 3 kry ’n mens die indruk dat God in die koelte van die vroeë aand met Adam en Eva wou kommunikeer. Hulle kruip egter weg omdat hulle teen Hom gerebelleer het – maar Hy roep na hulle. God is ’n kommunikerende wese – van die skepping af is dit duidelik. Hy kommunikeer ook met Kaïn, Abel, Noag, Abraham, Moses, die profete en in die laaste dae doen Hy dit deur sy Seun (Heb1:1-2). Ons is na sy beeld geskep met die vermoë om te kommunikeer – waarom sal Hy dan nou, strydig met sy aard, ophou om met sy mense te praat?

Gen 1

SKEPPING

11In die begin het God die hemel en die aarde geskep. 2Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die •oerwater. Maar die Gees van God het oor die water gesweef,

3en God het gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.
4God het gesien dat die lig goed was.
God het toe die lig en die donker
van mekaar geskei.
5God het die lig dag genoem
en die donker het Hy nag genoem.
En dit was aand en dit was oggend –
dag een.

6God het gesê: “Laat daar ‘n gewelf wees tussen die waters, en laat dit skeiding maak tussen water en water.” 7God het die gewelf gemaak, en Hy het die water wat onder die gewelf was, geskei van die water wat bo die gewelf was. Dit het toe so gebeur. 8God het die gewelf hemel genoem.
En dit was aand en dit was oggend –
‘n tweede dag.

9God het gesê: “Laat die water wat onder die hemel is, op een plek bymekaarkom, sodat die droë grond sigbaar word.” Dit het toe so gebeur. 10God het die droë grond ‘land’ genoem en die versamelplek van die water het Hy ‘see’ genoem. God het gesien dat dit goed is.

11God het gesê: “Die land moet groen plante laat uitspruit – gewasse wat saad gee, bome wat op die land vrugte dra, vrugte volgens elkeen se aard, vrugte waarin hulle saad is.” Dit het toe so gebeur. 12Die land het toe groen plante voortgebring, gewasse wat saad gee volgens elkeen se aard, en bome wat vrugte dra waarin hulle saad is, volgens elkeen se aard. God het gesien dat dit goed is.

13En dit was aand en dit was oggend –
‘n derde dag.

14God het gesê: “Laat daar ligte wees aan die hemelgewelf om skeiding te maak tussen dag en nag. Hulle moet daar wees vir tekens en vir vaste tye, en vir dae en jare. 15Hulle moet daar wees as ligte aan die hemelgewelf om lig te gee op die aarde.” Dit het toe so gebeur.

16God het die twee groot ligte gemaak,
die groot lig om te heers oor die dag,
en die klein lig om te heers oor die nag,
en ook die sterre.

17God het hulle aan die hemelgewelf geplaas om lig te gee op die aarde, 18en om te heers oor die dag en die nag, en om skeiding te maak tussen die lig en die donker. God het gesien dat dit goed is.

19En dit was aand en dit was oggend –
‘n vierde dag.

20God het gesê: “Laat die water wemel met lewende wesens, en laat voëls oor die aarde vlieg langs die hemelgewelf.” 21God het volgens hulle aard die groot seediere geskep en al die lewende wesens wat rondbeweeg, waarvan die water wemel, en alle vlieënde voëls, volgens elkeen se aard. God het gesien dat dit goed is. 22God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar, word meer en vul die water in die seë; en laat die voëls meer word op die land.”

23En dit was aand en dit was oggend –
‘n vyfde dag.

24God het gesê: “Laat die land lewende wesens voortbring volgens elkeen se aard: mak diere, kruipende diere en wilde diere van die land, volgens elkeen se aard.” Dit het toe so gebeur.

25God het die wilde diere van die aarde
gemaak volgens elkeen se aard,
die mak diere volgens elkeen se aard,
en al die diere wat op die grond kruip
volgens elkeen se aard.
God het gesien dat dit goed is.

26God het gesê: “Laat Ons mense maak na ons beeld, as ons afbeelding, sodat hulle kan heers oor die visse van die see, die voëls van die hemel, die diere en oor die hele aarde, en oor al die kruipende diere wat op die aarde rondbeweeg.”

27God het die mens geskep na sy beeld,
na die beeld van God
het Hy hom geskep,
manlik en vroulik het Hy hulle geskep.

28God het hulle geseën; God het vir hulle gesê: “Wees vrugbaar, vermeerder, vul die aarde en onderwerp dit. Heers oor die visse van die see, die voëls van die hemel en al die diere wat op die aarde rondbeweeg.”

29God het gesê: “Kyk, Ek gee vir julle al die gewasse wat saad dra, wat op die oppervlakte van die hele aarde is, en al die bome waaraan daar vrugte is, wat saad dra. Vir julle sal dit as voedsel dien. 30En vir al die diere van die aarde en vir al die voëls van die hemel en alles wat rondbeweeg op die aarde waarin lewensasem is, gee Ek al die groen gewasse as voedsel.” Dit het toe so gebeur.

31God het na alles gekyk wat Hy gemaak het, en kyk, dit was baie goed.

En dit was aand en dit was oggend –
die sesde dag.

Heb1:1-2
1In die ou tyd het God baie keer en op baie maniere met ons voorvaders gepraat deur die profete, 2maar in hierdie eindtyd het Hy met ons gepraat deur sy Seun.
Hom het Hy aangestel
as erfgenaam van alle dinge,
en deur Hom het Hy
ook die wêreld geskep.

Skryf / Vul in

Lees 2 Tim 3:16-17 en skryf die 6 dinge neer waarvoor die Skrif nuttig is.

2 Tim 3:16-17
16Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam, 17sodat die mens wat aan God behoort, bekwaam kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie taak.


Dink na / Besin

Die Bybel is dus die belangrikste manier waardeur God met ons kommunikeer. Sy Woord is waar, maar hoekom is daar dan so baie verskillende interpretasies daarvan? Is Hy uitgelewer aan die manier waarop ons sy Woord interpreteer? Dink oor hierdie stelling

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Joh 17:17; Heb 6:18; 2 Pet 1:17-21; 1 Joh 1:5.

Joh 17:17;
17Heilig hulle deur die waarheid – u woorde is die waarheid.

Heb 6:18;
18Die doel daarvan was dat, deur hierdie twee onveranderlike dinge, waarvolgens dit vir God onmoontlik sou wees om te lieg, ons wat vrygekom het, ‘n kragtige bemoediging sou hê om stewig vas te hou aan die hoop wat voorlê. 

2 Pet 1:17-21;
17Nadat Hy van God die Vader eer en heerlikheid ontvang het, toe die luisterryke Majesteit die stem tot Hom laat kom het wat sê, “Hy is my Seun, my geliefde Seun, in wie Ek My verbly,” 18het ook ons daardie stem gehoor wat uit die hemel kom, terwyl ons saam met Hom op die heilige berg was. 19En daarom beskik ons oor die profetiese woord, wat nog vaster staan. Julle doen die regte ding as julle daarop fokus, soos op ‘n lamp wat in ‘n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek, en die môrester opgaan in julle harte. 20Dit moet julle veral besef: Geen profesie in die Skrif berus op eie uitleg nie. 21Want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie; maar, meegevoer deur die Heilige Gees, het mense die woorde uitgespreek wat van God afkomstig is.

1 Joh 1:5
5Dit is die boodskap wat ons van Hom gehoor het, en wat ons aan julle bekend maak: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.

Skryf / Vul in

Lees Jer 17:9-10. Wat sê God, volgens Jeremia, oor die mens se hart?

Jer 17:9-10
9Die hart is bedriegliker as alles;
dit is ongeneeslik.
Wie kan die hart verstaan?
10“Ek, die Here, deursoek harte
en toets niere,
om elkeen te vergeld
volgens sy optrede,
volgens die vrug van sy dade.”


Lees 2 Pet 1:20-21; 3:16c – Is die verkeerde interpretasie van die Skrif ’n moderne verskynsel? (Lees gerus ook Matt 22:29; Joh 5:39-40.)

2 Pet 1:20-21;
20Dit moet julle veral besef: Geen profesie in die Skrif berus op eie uitleg nie. 21Want geen profesie is ooit deur die wil van ‘n mens voortgebring nie; maar, meegevoer deur die Heilige Gees, het mense die woorde uitgespreek wat van God afkomstig is.

2 Pet 3:16c
16soos in al sy briewe waarin hy oor hierdie sake praat. Daarin kom sekere moeilik verstaanbare dinge voor, wat onkundige en onstandvastige mense tot hulle eie ondergang verdraai – soos hulle ook met die ander geskrifte maak.

Matt 22:29
29Jesus het hulle egter geantwoord: “Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie, en ook nie die krag van God nie.

Joh 5:39-40
39Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle dink dat die ewige lewe daarin te vinde is. En dit is juis hulle wat oor My getuig. 40Maar julle wil nie na My kom, sodat julle die lewe kan hê nie.


Nou moet jy die langste Psalm in die Bybel onder oë neem. Lees die volgende verse van Psalm 119 en kyk of jy kan agterkom watter gesindheid die skrywer teenoor God en sy Woord (Wet) openbaar. Verse: Psalm 119:1-4, 10-11, 31-32, 47-48, 54-57, 174-175.

Psalm 119:1-4, 10-11, 31-32, 47-48, 54-57, 174-175

1191Gelukkig is mense
wie se lewenspad onberispelik is
en wat die wet van die Here volg!
2Gelukkig is hulle
wat hou by sy bepalings,
wat Hom met hulle hele hart soek;
3wat ook nie onreg pleeg nie,
maar net sy paaie volg!
4U het self u opdragte gegee,
sodat mense dit noukeurig sal nakom.

10Met my hele hart soek ek U;
laat my tog nie afdwaal van u bevele nie.
11In my hart koester ek u woord,
sodat ek nie teen U sondig nie.

31Ek hou aan u bepalings vas;
Here, laat my nie beskaamd staan nie.
32Die pad van u bevele
volg ek geesdriftig,
want U verruim my insig.

47Ek vind vreugde in u bevele
wat ek liefhet;
48ek reik uit na u opdragte
wat ek liefhet;
ek dink na oor u voorskrifte.

54Maar u voorskrifte
was vir my liedere
in ‘n plek waar ek
‘n vreemdeling was.
55Ek het u Naam
in die nag onthou, Here,
en ek het u wet nagekom.
56Dit het deel geword van my –
dat ek by u opdragte hou.
57U, Here, is my deel,
ek het onderneem om u woorde
na te kom.

174Ek verlang na u verlossing, Here;
u wet is my vreugde.
175Hou my lewend
sodat ek U kan loof
en laat u beslissings my help.


Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Ps 119:14-16, 24, 71-72, 97, 103, 111-114,127-131, 162-165, 167, 172.

Ps 119:14-16, 24, 71-72, 97, 103, 111-114,127-131, 162-165, 167, 172

14Oor die pad van u bepalings
is ek verheug
soos oor enige rykdom.
15Oor u opdragte wil ek nadink;
ek wil op u paaie let.
16In u voorskrifte vind ek vreugde;
ek sal u woord nie vergeet nie.

24Nog steeds is u bepalings
my grootste vreugde;
hulle is my raadgewers.

71Dit is goed vir my
dat ek verneder was,
sodat ek u voorskrifte kon leer.
72Die onderrig uit u mond
is vir my beter as duisende
stukke goud en silwer.

97Hoe lief het ek u wet –
die hele dag dink ek daaroor na.

103Hoe strelend is u woord vir my verhemelte,
meer as heuning vir my mond.

111Ek het u bepalings as blywende
erfporsie ontvang;
ja, dit is die vreugde van my hart.
112Ek rig my hart daarop
om u voorskrifte uit te voer –
vir altyd, tot die einde toe.
113Dubbelhartige mense haat ek,
maar u wet het ek lief.
114My skuilplek en my skild is U;
op u woord vestig ek my hoop.

127Daarom het ek u bevele lief,
ja, meer as goud, as suiwer goud.
128Daarom volg ek alle opdragte
oor alles;
elke pad van bedrog haat ek.
129U bepalings is wonderlik;
daarom hou ek daarby.
130As u woorde oopgaan, gee dit lig;
dit gee insig aan onkundiges.
131Met ‘n oop mond hyg ek,
want ek hunker na u gebooie.

162Ek verheug my oor u woord,
soos iemand wat ‘n groot buit
gevind het.
163Ek haat en verafsku valsheid,
maar u wet het ek lief.
164Sewe keer per dag loof ek U
oor u regverdige beslissings.
165Groot vrede is daar vir hulle
wat u wet liefhet;
vir hulle is daar
geen struikelblokke nie.

167Ek kom u bepalings na;
ja, ek het dit baie lief.
168Ek kom u opdragte
en u bepalings na,
want al my paaie lê oop voor U.

172My tong besing u woord,
want al u gebooie is regverdig.

Nie net is ons ingesteldheid teenoor die Bybel uiters belangrik nie, maar die Here gee ook sy seën wanneer ons met die regte ingesteldheid deur sy Woord, met Hom omgaan. Sonder die regte beweegrede sal ’n mens nie die Here deur sy Woord hoor praat nie (Ps 119:9-11,92,118-120).

Ps 119:9-11,92,118-120

9Hoe sal ‘n jongmens sy lewenspad
suiwer hou?
Deur te hou by u woord.
10Met my hele hart soek ek U;
laat my tog nie afdwaal van u bevele nie.
11In my hart koester ek u woord,
sodat ek nie teen U sondig nie.

92As u wet nie my vreugde was nie,
sou ek in my ellende
vergaan het.

118U verwerp almal wat dwaal,
weg van u voorskrifte af;
want hulle bedrog is misleidend.
119Soos metaalskuim verwyder U
al die goddeloses van die aarde;
daarom het ek u bepalings lief.
120My lyf bewe omdat U
vrees inboesem;
ja, vir u beslissings is ek vol ontsag.


Ons moenie beoordelaars van die Woord wees nie – ons moet eerder met dieselfde liefde wat die digter van Psalm 119 vir God en sy Woord openbaar, voor God’s Woord buig en Hom gehoorsaam. Ware Woord-studie loop uit op aanbidding van God.

Skryf / Vul in

Lees Ps 1:1-2; 119:147-148.

Ps 1:1-2;
11Gelukkig is die mens
wat nie die raad
van goddeloses volg,
nie op die pad van sondaars
gaan staan
en nie in die byeenkoms
van spotters sit nie,
2maar wat vreugde vind
in die wet van die Here
en sy wet dag en nag
mymerend prewel.


Ps 119:147-148
147Voor die oggendskemer
roep ek al om hulp;
op u woorde wag ek.
148Met oop oë gaan ek
elke nagwaak in,
sodat ek oor u woord kan nadink

Hoe dikwels moet ons volgens hierdie Skrifgedeeltes met die Woord omgaan? Waarom?


Die Olimpiese atleet raak nie fiks deur dan en wan oordadig te oefen, of net ’n paar keer per week ’n paar oefeninge te doen nie. Nee, dit vra 4 jaar van getroue, toegewyde, gefokusde oefening. So moet ons die Bybel daagliks getrou lees en oordink met die verwagting en ingesteldheid om God se stem te hoor.

Josua het die onbenydenswaardige taak gehad om Moses se skoene vol te staan.
“Die Here het direk met Moses gepraat soos ’n man met sy vriend” (Eks 33:11).

Skryf / Vul in

Lees nou Jos 1:5-9…

Jos 1:5-9
5Solank jy leef, sal niemand voor jou kan standhou nie. Soos Ek by Moses was, sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie. 6Wees dapper en sterk, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met ‘n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee. 7Wees net baie dapper en sterk, sodat jy die hele wet wat Moses, my dienskneg, jou beveel het, nougeset uitvoer. Moenie links of regs daarvan afwyk nie, sodat jy sukses kan behaal oral waar jy gaan. 8Hierdie •boekrol van die wet mag nie uit jou mond verdwyn nie. Jy moet dit dag en nag mymerend prewel, sodat jy alles wat daarin geskryf is, nougeset kan nakom; want dan sal jy voorspoedig wees op jou pad; dan sal jy sukses behaal. 9Het Ek jou nie beveel, ‘Wees dapper en sterk’ nie? Moenie paniekbevange wees nie en moet jou nie laat afskrik nie, want die Here jou God is by jou, oral waar jy gaan.”

…en kyk wat was die Here se belofte aan Josua?
Watter voorwaarde het Hy gestel vir die belofte?


Dit moet deel van ons lewe wees om God intiem deur sy Woord te leer ken.

Dink na / Besin

’n Laaste gedagte: God verlang meer om met ons te praat as wat ons begerig is om sy wil te ken. Dink ’n bietjie oor hierdie stelling
Daarom is ons verhouding met Hom vir God baie belangriker as dit wat ons vir Hom kan doen. Die Bybel is die basis vir hierdie verhouding (Hos 6:6; 11:8-9) – so leer ons Hom ken.

Hos 6:6;
6want Ek verwag troue liefde,
nie offers nie;
kennis van God,
eerder as •brandoffers.”

Hos 11:8-9
8“Hoe kan Ek jou prysgee, Efraim?
Hoe kan Ek jou oorlewer, Israel?
Hoe kan Ek jou prysgee soos Adma,
jou maak soos Sebojim?
My hart is diep ontroer in My,
die deernis brand in My.
9Ek sal nie in my brandende toorn
optree nie;
Ek sal nie omdraai en Efraim
vernietig nie;
want Ek is God, nie ‘n mens nie –
die Heilige in jou midde;
Ek sal nie in woede kom nie.”

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Vgl ook Joh 15:3, 7, 15; 17:14, 17; 1 Joh 1:3; 3:1.

Joh 15:3, 7, 15;
3Julle is egter reeds skoon deur die woorde wat Ek vir julle gesê het.

7As julle in My bly, en my woorde in julle bly, vra dan wat julle wil, en dit sal met julle gebeur.

15Ek noem julle nie meer slawe nie, omdat ‘n slaaf nie weet wat sy eienaar doen nie. Ek het julle egter vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek by my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.

Joh 17:14, 17;
14Ek het aan hulle u woorde gegee; maar die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.

7Heilig hulle deur die waarheid – u woorde is die waarheid.

1 Joh 1:3; 3:1
3Ja, wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons ook aan julle, sodat ook julle aan ons verbonde kan wees. En ons verbondenheid is aan die Vader en aan sy Seun Jesus •Christus.

31Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! En dit is ons ook. Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat hulle Hom nie leer ken het nie.

Gebed

Praat met die Here en vertel Hom van jou ervaring terwyl jy met hierdie dag se studie besig was. Vertel Hom van jou emosies, maar ook van jou begeertes.
Wees stil en ontvanklik – verlustig jou in sy teenwoordigheid en vra Hom om op ’n besondere manier met jou te praat.

Week 5 Dag 21 Die lewende God is n kommunikasie wese
Week 5 Dag 21 Die lewende God is n kommunikasie wese
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 76-81
Lees gerus ook 1 Sam 15:22-23; Jak 1:22-27; 1 Joh 5:3.

1 Sam 15:22-23;
22Daarop het Samuel geantwoord:
“Is daar vir die Here vreugde
in •brandoffers en •maaltydoffers,
soos in gehoorsaamheid
aan die stem van die Here?
Kyk, om gehoorsaam te wees
is beter as maaltydoffers,
om te luister
beter as die vet van ramme.
23Ja, opstandigheid
is soos die sonde van waarsêery,
en eiesinnigheid
soos die euwel van huisgode.
Omdat jy die woord
van die Here verwerp het,
het Hy jou as koning verwerp.”

Jak 1:22-27;
22Wees doeners van die woord, en nie slegs hoorders wat julleself mislei nie. 23Want wie ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n doener nie, is soos iemand wat sy eie gesig in ‘n spieël sien. 24Hy sien homself, gaan weg en vergeet onmiddellik hoe hy gelyk het. 25Maar wie diep in die volmaakte wet van vryheid inkyk en daaraan hou, sal gelukkig wees in wat hy doen, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n doener. 26As iemand dink dat hy godsdienstig is en nie sy tong kan beheer nie, mislei hy homself; so ‘n mens se godsdiens is vergeefs. 27Dít is suiwer en onbesmette godsdiens voor ons God en Vader: om na weeskinders en weduwees om te sien in hulle ellende, en jouself onbesmet van die wêreld te hou.

1 Joh 5:3
3Want dit is die liefde vir God, dat ons sy gebooie onderhou, en sy opdragte is nie ‘n swaar las nie; 

Wenk

WENK: As jy ernstig is oor jou verhouding met God, doen dan moeite en maak (ekstra) tyd om in sy teenwoordigheid te verkeer en sy Woord te bestudeer.

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 4 Groepgesprek – God se mense praat met Hom- Ons is die plan: 9 weke van Transformasie

Week 4 Groepgesprek - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke
Skryf / Vul in

Bybelverse wat jou vandag aangespreek het:


Belewenisse en ervarings tydens vandag se Bybelstudie:


Wat het jy geleer of ontdek?


Verstaan jy die verskil tussen ’n kerk (of gemeente) met ’n
gebedsaksie en ’n biddende gemeente ? Deel jou mening met die groep.


Hoe het vandag se studie jou tot aksie geïnspireer? Hoe het jy geestelik gegroei of is jou lewe verander?


Iets wat jy graag met die groep wil deel of bespreek?


Gebed

Gebedsonderwerpe:


Boublokvrae of -stellings:

  1. Waarom is dit so moeilik om stil te wees en na God te luister?
  2. Waarom is ’n intieme verhouding met God nie moontlik sonder ’n toegewyde gebedslewe nie? Of is dit moontlik?
  3. Hoe is ons veronderstel om God te verteenwoordig? (Wees asb
    prakties.)
  4. Gebruik God NETbiddende mense om sy wil uit te voer?
  5. Wat is die verband tussen gebed en getuienis?

Week 4 Groepgesprek God se mense praat met Hom
Week 4 Groepgesprek God se mense praat met Hom
Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Week 4 Dag 20 -Die anderkant van die munt – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 4 Dag 20 Gebed is een van die belangrikste hoekstene vir getuienis - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Die Morawiese kerk het ontstaan uit ’n aantal Duitse armlastiges, die Herrnhutters. Herlewing het uitgebreek en hulle het begin om sendelinge die wêreld in te stuur terwyl ’n groep van 24 mans en 24 vroue, twee-twee vir 24 uur om die beurt vir die redding van mense gebid het. Hierdie gebedsketting is ononderbroke vir 102 jaar lank in stand gehou! Die resultaat was dat hierdie klein groepie mense meer sendelinge die wêreld ingestuur het as al die ander sendingorganisasies saam. Baie bekeerlinge, ook in Suid-Afrika, was die vrug op hulle werk.

Iemand het by geleentheid van gebed gesê: “Gebed is die keersy van die sendingmunt.” Gedurende die tweede week van hierdie Bybelstudie, is uit die Woord ontdek dat sending eintlik by GOD begin. Vanuit hierdie hoek gesien, gaan gebed dus ten diepste om God se hartklop te hoor.

Gebed

Stel jou nou in op God jy wil sy hartklop hoor! Fokus al jou aandag op Hom alleen, sodat jy in gebed met Hom kan praat en sy wil kan verwoord en joune maak…

Lees die Skrif

Lees Luk 10:1-3; Luk 19:10; Eseg 18:23.

Luk 10:1-3;
1Hierna het die Here nog twee-en-sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek. 2Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Daarom moet julle bid tot die Here, aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3Gaan nou! Kyk, Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.

Luk 19:10;
10Die •Seun van die Mens het gekom om diegene wat verlore is, te soek en te verlos.”

Eseg 18:23
3Sou Ek enige vreugde vind in die dood van ‘n goddelose?” is die uitspraak van my Heer, die Here. “Is vreugde nie eerder daarin geleë dat hy van sy verkeerde paaie terugkeer en leef nie?

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Eseg 18:30-32; Joh 3:16-17; 1 Tim 2:3-7; 2 Pet 3:9

Eseg 18:30-32;
30Daarom sal Ek julle oordeel, huis van Israel, elkeen volgens sy optrede,” is die uitspraak van die Heer, die Here. “Bekeer julle! Draai weg van al julle oortredings, sodat dit nie vir julle ‘n struikelblok word wat sondeskuld meebring nie. 31Werp al julle oortredings van julle af weg, dit waarmee julle oortree het, en maak vir julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees. Waarom moet julle sterf, huis van Israel? 32Ja, Ek vind nie vreugde in die dood van een wat moet sterf nie,” is die uitspraak van die Heer, die Here. “Bekeer julle en leef!”

Joh 3:16-17;
16Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. 17God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word. 

1 Tim 2:3-7;
Dit is goed en reg in die oë van God, ons Verlosser, 4wat wil hê dat alle mense verlos word en tot kennis van die waarheid kom.
5Want daar is een God,
en een Middelaar tussen God en die mense:
die mens •Christus Jesus,
6wat Homself as losprys vir almal gegee het,
tot getuienis op die bestemde tyd.7Hiervoor is ek aangestel as prediker en •apostel – ek praat die waarheid, ek lieg nie – as leermeester om die heidene in geloof en waarheid te onderrig.

2 Pet 3:9
9Die Here stel nie die belofte uit, soos party mense dink nie. Inteendeel, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê sommige mense moet verlore gaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.

Skryf / Vul in

Begin deur God se hartklop neer te skryf soos wat jy dit in jou
gebedsgesprek gehoor het.


Skryf ook die kern neer van dit wat jy uit sy Woord gehoor het.


Dit lyk vir my dat God ernstig is oor die soek en red van verlore mense. Sy visie vir die wêreld is dat almal sal glo dat Jesus Christus mense se sonde vergewe en hulle weer met God versoen om sy gebroke beeld in hulle te herstel.

God se begeerte is om mense tot hul oorspronklike verhouding met Hom te herstel. Sy droom is daarom dat sy kinders Hom in Gees en in waarheid sal aanbid, Hom weer in gedagte, woord en daad sal ver-TEENWOORDIG en sy beeld sal uitdra na dié wat nog vasgevang is in sonde.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus Joh 4:23-24

Joh 4:23-24
23Daar kom egter ‘n tyd, en dit is nou, dat die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis sulke aanbidders hê. 24God is Gees, en wie Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.”

Lees die Skrif

Lees weer Luk 10:1-3; Matt 28:19-20; Hand1:8; Rom 10:13-17; 2 Kor 5:17-6:2.

Luk 10:1-3;
1Hierna het die Here nog twee-en-sewentig ander aangewys en hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek. 2Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Daarom moet julle bid tot die Here, aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. 3Gaan nou! Kyk, Ek stuur julle soos lammers tussen wolwe in.

Matt 28:19-20;
19Gaan dan en maak dissipels van al die nasies, deur hulle te doop in die Naam van die Vader en van die Seun en van die Heilige Gees, 20en hulle te leer om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae, tot aan die voleinding van die tyd.”

Hand1:8;
8Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle moet my getuies wees in Jerusalem, in die hele Judea en Samaria, en tot aan die einde van die aarde.” 

Rom 10:13-17;
13Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.”
14Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig? 15En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!”
16Nie almal het egter aan die goeie boodskap gehoor gegee nie. Jesaja vra immers: “Here, wie het geglo toe hulle ons gehoor het?” 17Die geloof kom dus uit die aanhoor, en die aanhoor kom deur die verkondiging van Christus.

2 Kor 5:17-6:2
17Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepping. Die ou dinge het verbygegaan – kyk, hulle het nuut geword. 18En dit alles kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen het, en aan ons die bediening van die versoening gegee het. 19Dit bestaan daarin dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle nie hulle oortredings toe te reken nie; en Hy het aan ons die boodskap van versoening toevertrou. 20Ons tree dan op as gesante ter wille van Christus, asof God self deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons pleit by julle, om Christus ontwil: Laat julle met God versoen! 21Hy wat nie sonde geken het nie, Hom het God ter wille van ons tot sonde gemaak, sodat ons in Hom voor God geregverdig kon word.

61As medewerkers van God doen ons ‘n ernstige beroep op julle om nie die genade van God tevergeefs te ontvang nie! 2Want Hy sê:
“Op die regte tyd
het Ek na jou geluister,
en op die dag van verlossing
het Ek jou gehelp.”
Kyk, nou is die gunstige tyd,
kyk, nou is die dag van verlossing!

Skryf / Vul in

Dink ’n bietjie na – veral oor Luk 10. Wat lees jy in vers 2-3a? Skryf dit neer.


Ons as gelowiges weet mos dat God Jesus gestuur het om die oes in te samel. Hy kyk met deernis na die oes, maar hoekom stuur Hy dan nie self die arbeiders nie? Is dit dan nie waarvoor Hy gekom het nie? Skryf neer wat jy hieroor dink.


Wanneer ’n mens van nader na Luk 10:2-3 kyk, dan sien jy dat Jesus in sy soewereiniteit kies om mense te gebruik. Sy opdrag is daarom kort en kragtig:

“Bid” , want sónder Hom is ons tot NIKS in staat nie! Ons neem dus nie sy plek oor nie; Hy betrek ons net as sy medewerkers. Maar hier hou dit nie op nie – Jesus gaan dan voort om te sê: “Gaan nou! Ek stuur julle ”! (Die soos “skape tussen wolwe” in het met die hoe van die stuur te doen.) Dit wil sê dat Jesus ons leer dat gebed nie dade vervang nie, maar dat dit juis uitloop op dade van gehoorsaamheid (in hierdie geval: getuienis)! Jy sou ook kon sê dat hierdie vertelwerk (of dan getuigwerk), by die medewerker van God lê en die oortuigingswerk by die Heilige Gees.

Skryf / Vul in

Dink ’n oomblik hieroor na en sê wat jy van die volgende stelling dink:
“Wanneer ek gebid het, moet ek bereid wees om van my knieë af op te staan en gewillig wees om God se antwoord op my gebed te wees.”


Neem nou maar voorbeeld: iemand bid: “Here, stuur asseblief werkers uit vir die oes”, of: “Here, help asseblief dat die sendelinge genoeg ondersteuning sal kry”, MAAR hy is nie bereid om SELF beskikbaar te wees om te gaan of te gee nie Waarom het hy dan gebid? Net om ’n skuldige gewete te sus? Is jy bereid om jouself beskikbaar te stel vir dit wat jy van die Here in gebed vra?

Gaan kyk maar dwarsdeur die Nuwe Testament, veral in Handelinge en lees die geskiedenis van die Kerk. God werk wanneer gelowiges bid. Hy het so gekies. ’n Biddende gemeente raak ’n gestuurde gemeente, ’n sending gemeente. Hoe meer ons bid, hoe meer verstaan ons God se hartklop vir die wêreld. Ons kan dan nie anders as om te ontdek dat ons gestuur is nie. Die omgekeerde is natuurlik ook waar. ’n Gestuurde gemeente kom gou agter dat ons niks kan doen as ons nie bid nie, want ons kan nie sonder die Boer, ons Vader (Joh 15:1, 51“Ek is die egte druiwestok en my Vader is die landbouer. … 5Ek is die druiwestok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrug, want sonder My kan julle niks doen nie.), in sy akker werk as ons nie by Hom hoor hoe, waar, wanneer, wie en wat nie.

Kerkgroei en gebed is daarom onafskeidbaar van mekaar, want die groei lê nie in ons hande nie. Dit lê in God se hande. God het gekies dat ons sy medewerkers moet wees. Ons roeping en verantwoordelikheid is om te getuig en te bid terwyl sy deel is om te oortuig en groei in sy Koninkryk te bewerkstellig.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook 1 Kor 3:1-9.

1 Kor 3:1-9
1Wat my betref, broers, ek kon nie met julle praat soos met geestelike mense nie, maar wel soos met wêreldse mense, soos met klein kindertjies, in •Christus. 2Ek het julle melk gegee om te drink, nie vaste kos nie, omdat julle nog nie daartoe in staat was nie. Selfs nou is julle nog nie daartoe in staat nie, 3want julle is steeds wêrelds. Waar daar onder julle afguns en onenigheid is, is julle dan nie wêrelds, en gedra julle julle dan nie soos wêreldse mense nie? 4Elke keer as een van julle sê, “Ek is van Paulus,” en ‘n ander, “Ek van Apollos,” is julle nie wêreldse mense nie? 5Wat is Apollos nou eintlik? En wat is Paulus? Hulle is dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, soos die Here dit vir elkeen van hulle gegee het. 6Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar God het laat groei. 7Daarom is nóg hy wat plant, nóg hy wat natgooi iets, maar slegs God wat laat groei. 8Dit is een wat plant, en dit is een wat natgooi, en elkeen sal sy loon volgens sy eie arbeid ontvang. 9Ons is medewerkers van God; julle is God se saailand, God se bouwerk.

Ons het in Hand 1:8 gelees dat die krag van ’n gestuurde kerk lê in die dinamiese krag van God se Gees. Dit is Hy wat mense sal oortuig en stuur.
Waar kry jy dit? Net by Hom, biddend. Wanneer ’n gemeente dus bid vir die verlorenes, kom ons voor God in afhanklikheid en bely ons dat daar niks is wat ons kan doen nie, behalwe om te getuig en met ons hand in sy hand en met ons oor op sy bors voort te gaan.
Kom ons wees prakties: Wat bid ’n mens dan? Jy vra die Vader om hemelse afsprake met mense te reël – vir jou en vir die ander vir wie die Gees jou lei om voor te bid. Jy vra dat die Here jou oë en die oë van die ander gestuurdes sal oopmaak om geleenthede te sien; jy bid vir ’n wag voor jou mond, ’n hart wat oorloop van liefde, asook vir gesalfde lippe wat sal praat as instrumente van die Gees (Matt 10:19-20 19En wanneer hulle julle oorlewer, moet julle julle nie bekommer oor hoe en wat julle moet sê nie, want wat julle moet sê, sal op daardie oomblik aan julle gegee word. 20Dit is immers nie julle wat praat nie, maar die Gees van julle Vader wat deur julle praat.). Vra dan dat die Here soewerein sal werk wanneer jy of een van die ander gestuurdes getuig.
Ons is die plan: God gebruik sy Kerk om ’n verskil te maak. Gebed bring jou in God se troonsaal – daar waar jy sy ewige plan vir die wêreld kan sien en dankbaar en gehoorsaam daarop sal reageer. Aanbid Hom daarvoor en stort jou hart voor Hom uit (Ps 62:9 9Vertrou te alle tye op Hom, o volk, stort julle hart voor Hom uit. God is vir ons ‘n skuilplek. Sela).

Skryf / Vul in

Praat met God en as God met jou praat, skryf jou gewaarwordinge neer.


Week 4 Dag 20 Gebed is een van die belangrikste hoekstene vir getuienis
Week 4 Dag 20 Gebed is een van die belangrikste hoekstene vir getuienis
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 74 -76
Het jy toe al die -videos gekyk? Dis die moeite werd.

Wenk

WENK: Skryf drie wêrelddele waar daar min Christene is, op ’n stuk papier neer. Plaas dit in jou handsak of hempsak of plak dit teen die yskas. Gebruik elke geleentheid wat jy het om te bid dat die werkers daar, geleenthede sal kry om te kan getuig en dat hulle dit sal raaksien en gebruik.
(Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.)

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 4 Dag 19 -Kan gebed die wêreld verander? – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 4 Dag 19 God gebruik biddende mense om sy wil in die wereld uit te voer - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Baie mense hou van toer. Kom ons neem ’n toer deur Handelinge en leer by die vroeë Kerk. God was besig om deur sy biddende Kerk, as instrumente in sy diens, die wêreld om hulle te verander.

Gebed

Stel jouself nou as biddende instrument in die lewende God se hande. Hoor sy plan met jou lewe (ook vir vandag spesifiek). Staan dan aan die einde van hierdie stiltetyd van jou knieë af op en gaan leef in biddende afhanklikheid as instrument van God wat die wêreld liefhet en wil red.

Lees die Skrif

Lees Hand 1:14; 2:42, 47; 6:1-7; 10:9, 19; 13:2-3; 14:23

Hand 1:14;
14Hulle het almal eensgesind in gebed volhard, saam met die vroue, en ook saam met Maria, die moeder van Jesus, en sy broers.

Hand 2:42, 47;
42Hulle het bly volhard in die leer van die •apostels, die verbondenheid met mekaar, die breek van die brood, en gebede.

47Hulle het God bly prys, en die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het daagliks verlostes by hulle getal gevoeg.

Hand 6:1-7;
61Maar in dié dae, toe die aantal dissipels al hoe meer geword het, het ‘n gemor onder die Helleniste teen die Hebreërs ontstaan omdat hulle weduwees in die daaglikse versorging oor die hoof gesien word. 2Die twaalf het daarop die hele groep dissipels bymekaargeroep en gesê: “Dit is nie goed dat ons die woord van God verwaarloos om by die tafels diens te verrig nie. 3Broers, soek dan sewe mans onder julle, van goeie getuienis en vol van die Gees en van wysheid, wat ons vir hierdie taak kan aanstel. 4En ons sal ons dan toelê op gebed en die bediening van die woord.” 5Die voorstel het by die hele groep byval gevind, en hulle het vir Stefanus, vol van geloof en die Heilige Gees, en ook Filippus, Progorus, Nikanor, Timon, Parmenas en Nikolaus, ‘n proseliet uit Antiogië, gekies. 6Hulle het hierdie manne aan die •apostels voorgestel, en die apostels het vir hulle gebid en hulle die hande opgelê.

7En die woord van God het versprei en die aantal dissipels in Jerusalem het aansienlik vermeerder, en ‘n groot menigte priesters het aan die geloof gehoorsaam geword.

Hand 10:9, 19;
9Die volgende dag, terwyl hulle op reis was en al amper by die stad, het Petrus teen ongeveer die sesde uur na die dakstoep opgeklim om te gaan bid. 

19Terwyl Petrus nog nadink oor die visioen, sê die Gees vir hom: “Kyk, daar is drie manne wat na jou soek. 

Hand 13:2-3;
2Toe hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees vir hulle gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af vir die werk waartoe Ek hulle geroep het.” 3Toe die gemeente klaar gevas en gebid het, het hulle hulle die hande opgelê en weggestuur.

Hand 14:23
23Hulle het in elke •gemeente vir hulle ouderlinge aangestel, en nadat hulle gebid en gevas het, hulle opgedra aan die Here in wie hulle nou geglo het.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Hand 9:31; Kol 4:2-4.

Hand 9:31;
31Die •kerk dwarsdeur die hele Judea, Galilea en Samaria het vrede beleef en is opgebou. Hulle het met ontsag voor die Here geleef, en met die bemoediging van die Heilige Gees, het hulle getalle toegeneem.

Kol 4:2-4
2Volhard in gebed. Wees waaksaam en dankbaar as julle bid. 3Bid terselfdertyd ook vir ons, dat God vir ons ‘n deur vir die Woord sal oopsluit, om die misterie van •Christus te verkondig – dit waarvoor ek in boeie is – 4en bid dat ek dit met die regte woorde sal kan verduidelik. 

Skryf / Vul in

Wat hoor jy van God?


Dit is lekker om so ’n ietsie van ons broers en susters in die vroeë Kerk te leer. Dit is nog lekkerder om te weet dat die God wat hulle toe aanbid het, dieselfde God is wat ons vandag aanbid en dat Hy nie verander het nie! Ons kan na al die eeue steeds met Hom deur GEBED praat. Die vroeë Kerk het gebid en God het hulle gebruik om die wêreld te verander. Ek glo dat God vandag steeds die Kerk, vir my en jou wat glo en aan Hom behoort deur die bloed van sy Seun, wil gebruik om die wêreld te verander!

Ek wil ’n stelling maak deur te sê dat ’n gemeente se geestelike temperatuur bepaal word deur die leiers se gebedslewe, of dan: die afwesigheid daarvan! (Vgl weer Hand 6:2, 4.)

Skryf / Vul in

Dis só ’n radikale stelling dat ons nie kan aangaan voor jy nie gesê het hoe jy daaroor voel nie. Wees eerlik en sê sommer ook hoekom jy so voel.


Die leiers van ’n gemeente bepaal in groot mate hoe groot die deur oopgemaak word vir die toegang van die Heilige Gees in ’n gemeente. Wat ’n ongelooflike voorreg vir ’n leier, maar wat ’n groot verantwoordelikheid. In Matt 5:3(3“Gelukkig is die armes van gees,want aan hulle behoort die •koninkryk van die hemele.) leer Jesus ons dat sy kinders in afhanklikheid van God moet leef en daarom erken ’n biddende kerk dat sy niks het nie en ook niks is nie, maar dat God alles is. Dit gaan alles oor God.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Ps 104:27-30; 115:1; Matt 23:1-39; Luk17:1-3; Joh 15:5; Fil 4:13.

Ps 104:27-30;
27Hulle almal sien op na U
om vir hulle kos te gee op tyd.
28Gee U vir hulle, raap hulle dit op;
maak U u hand oop,
word hulle versadig met wat goed is.
29Verberg U u gesig,
is hulle angsbevange;
neem U hulle asem weg,
vergaan hulle en keer terug
na die stof wat hulle was.
30Stuur U u asem, word hulle geskape.
U gee die oppervlak van die grond
‘n nuwe voorkoms.

Ps 115:1;
1151Nie aan ons nie, Here,
nie aan ons nie,
maar aan u Naam kom die eer toe,
oor u troue liefde,
oor u bestendigheid.

Matt 23:1-39;

WAARSKUWING TEEN DIE SKRIFKENNERS EN FARISEËRS

(Mark 12:37-39; Luk 20:45-46)

231Toe het Jesus vir die skare en vir sy dissipels gesê: 2“Die skrifkenners en •Fariseërs sit op die stoel van Moses. 3Doen en onderhou dan alles wat hulle vir julle sê. Maar moenie doen wat hulle doen nie, want hulle praat net en doen nie. 4Hulle bind swaar vragte saam, ja, moeilik om te dra, en lê dit op die mense se skouers, maar self is hulle nie bereid om met ‘n vinger aan die vrag te raak nie. 5Al hulle dade is bedoel om deur die mense gesien te word. Hulle maak immers hulle gebedsrieme breër en die tossels langer. 6Hulle hou van die ereplek by feesmaaltye en die voorste sitplekke in die •sinagoges, 7om op die markpleine begroet en om deur die mense as ‘rabbi’ aangespreek te word. 8Maar julle, julle moet julle nie as ‘rabbi’ laat aanspreek nie; want net Een is julle Leermeester, en julle is almal broers. 9En moet niemand op aarde as julle ‘vader’ aanspreek nie; want julle het net een Vader, Hy wat in die hemel is. 10Julle moet julle ook nie as leraars laat aanspreek nie, omdat net Een julle Leraar is, naamlik die •Christus. 11Die belangrikste onder julle moet julle dienaar wees. 12Wie homself verhef, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhef word.”

JESUS SE SEWE OORDELE

13“Wee julle, skrifkenners en •Fariseërs, skynheiliges! Want julle sluit die mense uit die •koninkryk van die hemele uit. Self gaan julle nie in nie, en boonop laat julle die mense wat probeer ingaan, nie toe om in te gaan nie.

15“Wee julle, skrifkenners en Fariseërs, skynheiliges! Want julle deurkruis land en see om ‘n enkele proseliet te werf, en wanneer dit gebeur, maak julle hom ‘n kind van Gehenna, dubbel so erg as julleself.

16“Wee julle, blinde leiers! Julle sê, ‘Wie by die heiligdom van die •tempel sweer – dit beteken niks nie; maar wie sweer by die goud van die heiligdom, is gebonde.’ 17Dwase en blindes! Wat is belangriker, die goud of die heiligdom wat die goud heilig? 18Verder sê julle, ‘Wie by die altaar sweer – dit beteken niks nie; maar wie sweer by die offergawe daarop, is gebonde.’ 19Blindes! Wat is belangriker, die offergawe of die altaar wat die offergawe heilig? 20Wie dan sweer by die altaar, sweer daarby en by alles daarop. 21Wie sweer by die heiligdom, sweer daarby en by Hom wat dit bewoon. 22En wie by die hemel sweer, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.

23“Wee julle, skrifkenners en Fariseërs, skynheiliges! Want julle gee tiendes van kruisement en vinkel en komyn, maar julle het die gewigtigste van die wet nagelaat – die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge moes julle gedoen het sonder om die ander na te laat. 24Blinde leiers! Julle sif die muggie uit, maar sluk die kameel in.

25“Wee julle, skrifkenners en Fariseërs, skynheiliges! Want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roofsug en onbeheersdheid. 26Blinde Fariseër! Maak eers die binnekant van die beker skoon, dan sal ook die buitekant skoon wees.

27“Wee julle, skrifkenners en Fariseërs, skynheiliges! Want julle is soos witgekalkte grafte wat van buite pragtig lyk, maar van binne is julle vol doodsbeendere en elke vorm van •onreinheid. 28So lyk julle inderdaad ook van buite vir die mense regverdig, maar van binne is julle vol skynheiligheid en wetteloosheid.

29“Wee julle, skrifkenners en Fariseërs, skynheiliges! Want julle bou die grafte vir die profete en versier die grafmonumente van die •regverdiges. 30En julle sê, ‘As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons nie saam met hulle deel gehad het aan die bloed van die profete nie.’ 31Daarmee getuig julle teen julleself dat julle kinders is van hulle wat die profete vermoor het. 32Maak julle dan maar die maat van julle vaders vol. 33Slange, addergeslag! Hoe sal julle die oordeel van die Gehenna ontvlug? 34Daarom, kyk, Ek stuur vir julle profete en wyses en skrifkenners. Julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig, en julle sal sommige van hulle in julle •sinagoges gesel en hulle van dorp tot dorp vervolg. 35So sal alle regverdige bloed wat op aarde vergiet is, vir julle toegereken word, van die bloed van Abel, die regverdige, tot by die bloed van Sagaria, die seun van Beregja, wat julle tussen die heiligdom en die altaar vermoor het. 36•Amen, Ek sê vir julle: Al hierdie dinge sal op hierdie geslag neerkom.”

JESUS SE KLAG OOR JERUSALEM

37“Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en dié stenig wat na jou gestuur is! Hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak soos ‘n hen haar kuikens onder haar vlerke bymekaarmaak, maar julle wou nie. 38Kyk, julle huis word vir julle verwoes agtergelaat. 39Want Ek sê vir julle, van nou af sal julle My beslis nie weer sien nie, totdat julle sal sê,

‘Geseënd is Hy wat kom
in die Naam van die Here.’ ”

Luk17:1-3;
1Jesus het vir sy dissipels gesê: “Dit is onvermydelik dat daar struikelblokke kom, maar wee die een deur wie dit kom. 2Dit is beter vir hom dat ‘n maalklip om sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie geringes laat struikel. 3Wees dus op julle hoede. As jou broer sondig, wys hom tereg, en as hy berou het, vergewe hom. 

Joh 15:5;
5Ek is die druiwestok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, hy dra baie vrug, want sonder My kan julle niks doen nie. 

Fil 4:13.
13Tot dit alles is ek in staat deur Hom wat my krag gee. 

God het ’n plan vir sy Kerk (lees: my en jou) op ’n spesifieke plek, vir ’n spesifieke tyd. Ons kan nie vandag kerk wees soos 10 of 20 jaar gelede nie. Ons kan nie hier kerk wees soos ’n kerk op ’n ander plek kerk is nie. Daarom is dit noodsaaklik dat kerke moet bid, sodat hulle kan werk waar God nou werk. God soek nie ’n kerk met ’n gebedsaksie nie, Hy soek ’n biddende kerk, sodat hulle sy hart vir hulself en die wêreld rondom hulle kan hoor.

Skryf / Vul in

Skryf kortliks jou mening neer van die verskil tussen ’n kerk met ’n gebedsaksie en ’n biddende kerk .


’n Gemeente se basis vir enige geestelike (of praktiese) aktiwiteit, behoort
gebed te wees. Ek hoor so dikwels mense sê ons het nou alles probeer, al wat
ons nou kan doen is om te bid. So asof gebed ’n na-gedagte of laaste poging
is. Gebed moet die begin en alles van ʼn gelowige en ’n gemeente wees! Dit is
die asemhaling van ons (die kerk se) verhouding met God en wat ons ook al in
sy Naam en diens as instrumente wil of kan doen! In Hand 2:42 lees ons die
gemeente het hulle heelhartig toegelê op:

  • Die leer van die apostels.
  • Die onderlinge verbondenheid.
  • Die gemeenskaplike maaltyd.
  • Die gebede.

Dit is duidelik dat gebed ’n integrale deel van die daaglikse verhouding van gelowiges en die gemeente met God was. Die vroeë Kerk het die erns en noodsaaklikheid van kommunikasie met God besef. Hulle het besef dat die Kerk nie kan bestaan sonder om gereeld met die Hoof, Jesus, te praat nie. God wil hê dat ons sal bid (met Hom sal praat), want Hy het sy kerk aangestel as die verteenwoordigers van sy Koninkryk en Hy het die Goeie Nuus aan ons toevertrou. Só het Hy gekies.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook 1 Kor 4:1; Gen 1:27

1 Kor 4:1;
1Só moet mense ons beskou: as diensknegte van •Christus en as bedienaars van die verborgenhede van God.

Gen 1:27
27God het die mens geskep na sy beeld,
na die beeld van God
het Hy hom geskep,
manlik en vroulik het Hy hulle geskep.

Lees die Skrif

Dit kan van tyd tot tyd gebeur dat daar struikelblokke in die Kerk van die Here se pad kom. Die eerste ding wat ’n kerk behoort te doen is om saam te bid. Tog werk dit in die praktyk dikwels andersom. Baie gemeentes word struikelblokke in God se pad, juis omdat hulle nie bid nie. Lees weer Jak 4:1-5 (:4); Hand 12:5, 12.

Jak 4:1-5 (:4);
1Waar kom al die oorloë en gevegte onder julle vandaan? Kom dit nie van julle begeertes, wat in julle ledemate oorlog voer nie? 2Julle begeer, maar julle besit niks nie; julle pleeg moord, en is vol jaloesie, en julle kan niks bereik nie. Julle veg en maak oorlog, en tog het julle niks, omdat julle nie bid nie. 3Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle op die verkeerde manier vra, sodat julle dit in julle wellus kan deurbring. 4Egbreeksters! Weet julle dan nie dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God beteken nie? Wie ook al ‘n vriend van die wêreld wil wees, maak homself ‘n vyand van God. 5Of dink julle dat die Skrif verniet sê dat God hunker met besitlikheid na die gees wat Hy in ons laat woon het? 

Hand 12:5, 12.
5So is Petrus dan in die tronk bewaak, maar ‘n volgehoue gebed tot God het uit die gemeente vir hom opgegaan.
12Met dié besef gaan hy toe na die huis van Maria, die moeder van Johannes, bekend as Markus, waar daar baie mense byeen was en gebid het. 

Skryf / Vul in

Verbeel jou dat jy een van Jesus se dissipels is; Hy het so pas opgevaar hemel toe en jou borrel het gebars. Hoe sou jy voel?


Ek dink hulle was erg verward. Wat doen hulle? Lees weer Hand 1:12-14(12Daarna het hulle van die berg wat as die Olyfberg bekend staan en wat digby Jerusalem was, ‘n Sabbatsreis ver, teruggekeer na Jerusalem. 13Toe hulle daar aankom, het hulle opgegaan na die bovertrek waar hulle gebly het: •Petrus en Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Thomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus, seun van Alfeus, Simon die Seloot en Judas, die seun van Jakobus. 14Hulle het almal eensgesind in gebed volhard, saam met die vroue, en ook saam met Maria, die moeder van Jesus, en sy broers.).

Hulle bid. Die geheim van ’n groeiende gemeente, wat besef hulle is die plan, is dat hulle nie een tree beweeg voordat hulle nie eendragtig en volhardend saam gebid het en God se wil gehoor het nie. (Vgl Eks 33:12-16.12Moses het vir die Here gesê: “Kyk, U sê vir my, ‘Laat hierdie volk optrek,’ maar self maak U nie aan my bekend wie U saam met my sal stuur nie. U is die Een wat gesê het, ‘Ek ken jou by die naam, en jy het ook guns gevind in my oë.’ 13Daarom, as ek wel guns gevind het in u oë, maak tog aan my u paaie bekend, dat ek U kan ken, sodat ek guns bly vind in u oë; besef tog dat hierdie nasie u volk is.” 14Die Here het gesê: “Moet my teenwoordigheid saamgaan, en moet Ek vir jou rus gee?” 15Hy het vir die Here gesê: “As u teenwoordigheid nie saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat optrek nie. 16Waaraan sou mense dan weet dat ek guns gevind het in u oë, ek en u volk? Is dit nie wanneer U met ons saamgaan, dat ons onderskei sal word, ek en u volk, van elke ander volk op die aardbodem nie?”)

Jesus se dissipels het nie sommer die toekoms in gestorm en gemaak wat hulle goed dink nie. Hulle het die aangesig van God opgesoek en saam gebid.

Waar Christus se volgelinge in liefde en eensgesindheid bymekaar is en volkome aan Hom oorgegee is, sal die Heilige Gees se werk en vrug sigbaar teenwoordig wees. Miskien is die rede vir soveel kragteloosheid in die Kerk juis die feit dat gemeentes nie volhardend en eendragtig bid nie (2 Tim 3:5 5mense wat wel ‘n skyn van godvresendheid voorhou, maar wat die krag van godvresendheid misken. Bly weg van sulke mense. ).

As ’n mens die briewe van die apostels aan die gemeentes lees dan hoor jy by almal van hulle die belangrike oproep om te bid.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Ef 6:18-20; 1 Tess 5:17, 24; Jak 1:5-6; 1 Pet 4:7; Jud :20

Ef 6:18-20;
18By elke geleentheid wanneer julle bid en smeek, moet julle telkens deur die Gees bid. Daarom moet julle waaksaam wees, deur volhardend te pleit vir al die •heiliges. 19Bid ook vir my sodat, wanneer ek my mond oopmaak, die gepaste woord vir my gegee mag word, om met vrymoedigheid die geheimenis van die evangelie bekend te maak – 20hiervoor is ek ‘n gesant in kettings – sodat ek vrymoedig daaroor kan praat soos ek moet.

1 Tess 5:17, 24;

17bid sonder ophou;

24Hy wat julle roep, is getrou en sal dit doen.

Jak 1:5-6;
5As enigiemand van julle wysheid kortkom, laat hy dit vra van God, wat aan almal gee, sonder voorbehoud en sonder verwyt, en dit sal aan hom gegee word. 6Maar hy moet in die geloof vra, sonder om enigsins te twyfel, want wie twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind rondgeruk en voortgesleep word.

1 Pet 4:7;
7Die einde van alle dinge is op hande. Daarom moet julle selfbeheersd en nugter wees, met die oog op gebed.

Jud 1:20
20Maar julle moet, geliefdes, deur julleself op te bou in julle allerheiligste geloof, en deur in die Heilige Gees te bid,

Die voortbestaan van die Kerk van die Here Jesus Christus deur die eeue heen was gedra deur die gebede van die gelowiges. God wil dat die Kerk van Christus vandag ook kragtig sal voortgaan en ’n verskil in die wêreld maak, maar dan sal ons biddende gemeentes moet wees, wat sorg dat niks ons weghou van gebed nie.

Ons is die plan: Dit was nog altyd God se wil om deur gemeentes en gelowiges wat bid, die wêreld te verander. Jy is die Kerk van die Here. Jou gesin is die kleinste gemeente. Begin om daar te bid. Stel julle as gesin beskikbaar vir God om deur julle die omgewing te verander.

Skryf / Vul in

Praat met God en wanneer Hy met jou praat, skryf jou gewaarwordinge hieronder neer.


Week 4 Dag 19 God gebruik biddende mense om sy wil in die wereld uit te voer
Week 4 Dag 19 God gebruik biddende mense om sy wil in die wereld uit te voer
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 74 tot 76
Lees gerus: Eks 33:11-17; 1 Kron 29:10-15, 18; Jer 7; Eseg 13; 34.
Kyk gerus ook die -videos wat handel oor God se wonderwerkende ingrype in gemeenskappe waar die gelowiges as liggaam van Jesus Christus in eenheid en eensgesindheid begin saambid het. Dit kan by NUPSA bestel word.

Eks 33:11-17;
11Die Here het met Moses van aangesig tot aangesig gepraat, soos ‘n man met sy vriend praat. Dan het Moses teruggekeer na die kamp, maar sy helper, Josua, seun van Nun, ‘n jong man, het nie die tent verlaat nie.

GOD SE HEERLIKHEID
12Moses het vir die Here gesê: “Kyk, U sê vir my, ‘Laat hierdie volk optrek,’ maar self maak U nie aan my bekend wie U saam met my sal stuur nie. U is die Een wat gesê het, ‘Ek ken jou by die naam, en jy het ook guns gevind in my oë.’ 13Daarom, as ek wel guns gevind het in u oë, maak tog aan my u paaie bekend, dat ek U kan ken, sodat ek guns bly vind in u oë; besef tog dat hierdie nasie u volk is.” 14Die Here het gesê: “Moet my teenwoordigheid saamgaan, en moet Ek vir jou rus gee?” 15Hy het vir die Here gesê: “As u teenwoordigheid nie saamgaan nie, moet U ons nie van hier af laat optrek nie. 16Waaraan sou mense dan weet dat ek guns gevind het in u oë, ek en u volk? Is dit nie wanneer U met ons saamgaan, dat ons onderskei sal word, ek en u volk, van elke ander volk op die aardbodem nie?” 17Die Here sê toe vir Moses: “Ook aan hierdie versoek wat jy uitgespreek het, sal Ek voldoen, omdat jy guns gevind het in my oë, en Ek jou by die naam ken.”

1 Kron 29:10-15, 18;
10Daarop het Dawid die Here ten aanskoue van die hele geloofsgemeenskap geprys. Dawid het gesê:
“U moet geprys word, Here,
God van ons vader Israel,
van altyd af en vir ewig.
11Aan U, Here,
behoort die grootheid,
die sterkte, die luister,
die roem en die majesteit –
ja, alles in die hemel
en op die aarde.
Aan U, Here,
behoort die koningskap,
en U is as hoof verhewe bo alles.
12Rykdom en eer kom van U,
en U regeer oor alles.
In u hand is krag en sterkte,
en dit is in u hand om enigiemand
groot en sterk te maak.
13Daarom, ons God, prys ons U
en loof ons u luisterryke Naam.
14Want wie is ek,
en wie is my volk,
dat ons in staat is
om vrywillige gawes
soos hierdie te gee?
Ja, van U kom alles,
en uit u hand het ons dit
aan U gegee.
15Want •vreemdelinge is ons
voor U,
en bywoners, soos al ons voorouers.
Soos ‘n skaduwee
is ons dae op die aarde,
en daar is geen sekerheid nie.

18Here, God van ons voorvaders
Abraham, Isak en Israel,
bewaar dit vir ewig
as die gesindheid
van die gedagtes in die harte
van u volk.
Rig hulle harte op U,

Jer 7;
VALS VERTROUE OP DIE TEMPEL

71Dit is die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het: 2“Gaan staan by die poort van die huis van die Here. Roep hierdie woorde daar uit en sê, ‘Hoor die woord van die Here, die hele Juda wat by hierdie poorte ingaan om voor die Here in aanbidding te buig! 3So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Laat julle doen en late goed wees, sodat Ek julle in hierdie plek kan laat bly! 4Moet julle vertroue nie stel op bedrieglike woorde deur te sê, ‘Die •tempel van die Here, die tempel van die Here, die tempel van die Here is dit!’ nie. 5As julle werklik julle doen en late goed maak, as julle werklik die reg handhaaf onder mekaar, 6•vreemdelinge, vaderloses en weduwees nie verdruk nie, nie onskuldige bloed vergiet op hierdie plek nie, en agter ander gode nie aanloop tot onheil vir julleself nie, 7dan sal Ek julle in hierdie plek laat bly, in die land wat Ek vir julle voorouers gegee het, van altyd af en vir altyd. 8Kyk, julle bly julle vertroue stel op bedrieglike woorde wat niks baat nie.

9“ ‘ “Sal julle steel, moord pleeg, egbreuk pleeg, vals sweer, vir Baäl offers verbrand, agter ander gode aanloop vir wie julle nie ken nie, 10en dan inkom en in my teenwoordigheid kom staan in hierdie huis, waaroor my Naam uitgeroep is, en dan nog sê, ‘Ons is gered!’ sodat julle met hierdie afstootlike dinge kan voortgaan? 11Het hierdie huis, waaroor my Naam uitgeroep is, ‘n grot van struikrowers geword in julle oë? Ook Ek, kyk, Ek het dit gesien,” ’ is die uitspraak van die Here.

12“ ‘ “Ja, gaan gerus na my plek wat in Silo was, waar Ek vroeër my Naam laat woon het, en kyk wat Ek daaraan gedoen het weens die boosheid van my volk, Israel. 13Nou, omdat julle al hierdie dinge gedoen het,” ’ is die uitspraak van die Here, ‘ “en Ek aanhoudend met julle gepraat het, maar julle nie geluister het nie, Ek julle geroep het, maar julle nie geantwoord het nie, 14sal Ek met hierdie huis, waaroor my Naam uitgeroep is, waarop julle vertrou, die plek wat Ek aan julle en julle voorouers gegee het, doen wat Ek met Silo gedoen het. 15Ek sal julle wegwerp uit my teenwoordigheid, soos Ek al julle broers, die hele nageslag van Efraim, weggewerp het.” ’ ”

16“En jy, jy moenie vir hierdie volk bid nie; moenie vir hulle ‘n klaagroep, ‘n gebed opstuur nie, en moenie by My pleit nie. Want Ek sal glad nie na jou luister nie. 17Sien jy nie wat doen hulle in die dorpe van Juda en op die strate van Jerusalem nie? 18Die kinders maak hout bymekaar, en die pa’s steek die vuur aan. Die vroue knie deeg om offerkoeke gereed te kry vir die koningin van die hemel, en hulle giet drankoffers uit vir ander gode, net om My te tart. 19Tart hulle My?” is die uitspraak van die Here. “Tart hulle nie hulleself nie, sodat hulle beskaamd sal staan? 20Daarom,” so sê die Heer, die Here, “Kyk, my toorn en my woede sal uitbars teen hierdie plek, oor mens en dier, oor die bome van die veld en oor die opbrengs van die landerye. Dit sal brand en nie geblus word nie.”

21“ ‘So sê die Here, Heerser oor alle magte, die God van Israel: “Julle •brandoffers, voeg dit by julle •maaltydoffers en eet vleis! 22Ja, Ek het nie, op die dag toe Ek hulle uit Egipteland laat optrek het, met julle voorouers soseer gepraat of opdrag gegee oor brandoffers of maaltydoffers nie, 23maar eintlik hierdie saak aan hulle opgedra, ‘Luister na my stem, dan sal Ek vir julle ‘n God wees, en julle sal vir My ‘n volk wees! Loop die hele pad wat Ek julle beveel, sodat dit met julle goed kan gaan.’ 24Maar hulle het nie geluister nie, nie hulle ore oopgemaak nie. Hulle het voortgegaan met hulle eie planne, in die verstoktheid van hulle bose harte. Hulle het agteruit gegaan en nie vooruit nie. 25Vanaf die dag dat julle voorouers uit Egipteland getrek het tot vandag toe, het Ek aanhoudend al my diensknegte, die profete, na julle gestuur – dag vir dag. 26Maar hierdie volk het nie na My geluister nie, nie hulle ore oopgemaak nie. Hulle was hardnekkig en het hulle nog slegter gedra as hulle voorouers. 27Jy moet al hierdie woorde vir hulle sê, maar hulle sal nie na jou luister nie; jy moet hulle roep, maar hulle sal jou nie antwoord nie. 28Dan moet jy vir hulle sê, ‘Dit is die nasie wat nie na die stem van die Here hulle God luister nie en teregwysing nie aanvaar nie. Betroubaarheid het verdwyn, dit is uitgewis uit hulle monde.’ ” ’ ”

29Sny jou lang hare af, Jerusalem,
en gooi dit weg!
Hef op die woestynpaaie ‘n klaaglied aan.
Want die Here het verwerp,
Hy het die geslag wat sy gramskap
opwek, prysgegee.

30“Ja, die nageslag van Juda het gedoen wat verkeerd is in my oë,” is die uitspraak van die Here. “Hulle het hulle verfoeilike afgode geplaas in die huis waaroor my Naam uitgeroep is, om dit te verontreinig. 31Hulle het die offerhoogtes van Tofet in die Ben-Hinnomdal gebou om hulle seuns en dogters met vuur te verbrand – iets wat Ek nie beveel het nie, en wat nie in my gedagtes opgekom het nie. 32Daarom, kyk, daar kom dae,” is die uitspraak van die Here, “wanneer daar nie meer gesê sal word ‘Tofet’ en ‘Ben-Hinnomdal’ nie, maar ‘Moorddal’. Hulle sal in Tofet mense begrawe vanweë ‘n gebrek aan plek. 33Die lyke van hierdie volk sal kos wees vir die voëls van die hemel en die diere van die aarde, en niemand sal hulle verwilder nie. 34Ek sal in die dorpe van Juda en in die strate van Jerusalem die geluid van vrolikheid en vreugde laat verdwyn, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid uitdoof, want die land sal ‘n puinhoop word.

Eseg 13;
OORDEEL OOR VALS PROFETE

131Die woord van die Here het tot my gekom: 2“Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat besig is om te profeteer. Sê vir die profete wat uit hulle eie harte praat, ‘Hoor die woord van die Here! 3So sê my Heer, die Here: “Wee die dwase profete wat hulle eie gees volg, maar niks gesien het nie. 4Soos jakkalse tussen puinhope het jou profete geword, Israel. 5Hulle het nie opgeklim na die bresse en ‘n klipmuur gepak ter verdediging van die huis van Israel, sodat hy staande kan bly in die stryd op die dag van die Here nie. 6Hulle visioene is vals, ‘n leuenagtige voorspelling, hulle wat telkens sê, ‘Dit is die uitspraak van die Here.’ Die Here het hulle egter nie gestuur nie. En dan wag hulle nog dat die woord vervul sal word! 7Het julle nie valse visioene gesien en ‘n leuenagtige godspraak gelewer toe julle gesê het, ‘Dit is die uitspraak van die Here,’ terwyl Ek nie iets aangekondig het nie?” 8Daarom, so sê my Heer, die Here: “Omdat julle valse uitsprake maak en bedrieglike visioene sien, daarom is dit nou Ek teen julle.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.’

9“ ‘ “My hand sal gekeer wees teen die profete wat valse visioene sien en leuenagtige voorspellings maak. In die binnekring van my volk sal hulle nie wees nie, in die boek van die huis van Israel sal hulle nie opgeskryf word nie, en op die grond van Israel sal hulle nie kom nie. Julle sal besef dat Ek, die Heer, die Here, is, 10omdat, ja, omdat hulle my volk mislei het deur te sê, ‘Vrede!’ toe daar geen vrede was nie. Wanneer iemand ‘n klipmuur pak, kyk, dan pleister hulle dit met kalk. 11Sê vir hulle wat met kalk pleister, ‘Die muur gaan val!’ ‘n Geweldige stortreën kom, Ek sal groot haelstene gee, hulle sal val. ‘n Stormwind sal losbreek – 12en kyk, die muur het geval! Daar sal sekerlik vir julle gevra word, ‘Waar is die klei waarmee julle gepleister het?’ ” 13Daarom, so sê my Heer, die Here, “Ek laat ‘n stormwind losbreek in my woede; in my toorn sal stortreën val, ook groot haelstene met vernietigende venyn. 14Ek sal die muur wat julle met kalk gepleister het, afbreek en dit op die grond neergooi, sodat sy fondament ontbloot word. Dit sal val en julle sal daarin omkom. Julle sal besef dat Ek die Here is. 15Ek sal my woede laat uitwoed op die muur en op hulle wat dit met kalk pleister. Dan sal Ek vir julle sê, ‘Die muur is nie meer daar nie, en ook nie hulle wat dit pleister nie – 16daardie profete van Israel wat vir Jerusalem profeteer en vir haar visioene van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie.’ ” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.’

17“En jy, mensekind, rig jou tot die dogters van jou volk wat uit hulle eie harte profeteer. Profeteer teen hulle 18en sê, ‘So sê my Heer, die Here: “Ellende wag vir hulle wat towerbande maak vir almal se polse, en hoofbedekkings maak vir koppe van alle groottes, om so op lewens jag te maak. Sal julle op die lewens van my volk jag maak, maar julle eie lewens behou? 19Julle het my heiligheid aangetas by my volk, vir ‘n paar hande vol gars en ‘n paar stukkies brood, deur lewens te vernietig van mense wat nie moes sterf nie, en lewens te behou van mense wat nie moes bly leef nie, toe julle vir my volk wat na leuens luister, gelieg het.” 20Daarom, so sê my Heer, die Here: “Kyk, Ek is teen julle towerbande waarmee julle daar in Jerusalem op lewens jag maak asof hulle voëls is. Ek sal dit van julle voorarms afskeur. Ek sal die lewens wat julle vang asof hulle voëls is, vrylaat. 21Ek sal julle hoofbedekkings afskeur en my volk red uit julle hand. Hulle sal nie meer as ‘n vangs in julle hand wees nie. Julle sal besef dat Ek die Here is. 22Omdat julle deur leuens die harte van regverdiges laat ineenkrimp, terwyl Ek hulle nie pyn wil aandoen nie, en omdat julle die hande van goddeloses sterk, sodat hulle hulle nie bekeer van hulle bose optrede en gevolglik bly leef nie – 23daarom: Valse visioene sal julle nie sien nie, en voorspellings sal julle nie meer maak nie. Ek sal my volk uit julle hand red. Julle sal besef dat Ek die Here is.” ’ ”

Eseg 34
TERUGKEER VAN GOD SE HEERLIKHEID

431Die man neem my toe na die poort, die poort wat oos front. 2En kyk, die heerlikheid van die God van Israel het uit die ooste gekom! Die geluid daarvan was soos die geluid van baie water, en die aarde het gestraal van sy heerlikheid. 3Die visioen wat ek gesien het, was soos die visioen wat ek gesien het met sy koms om die stad te verwoes. Ja, die visioene was soos die visioen wat ek gesien het by die Kebarrivier. Ek het neergeval met my gesig teen die grond. 4Die heerlikheid van die Here het na die •tempel gekom deur die poort wat oos front. 5‘n Gees het my opgelig en my na die binneste voorhof geneem. Kyk, die heerlikheid van die Here het die tempel gevul!

6Terwyl die man langs my staan, het ek iemand met my hoor praat uit die tempel. 7Hy het vir my gesê: “Mensekind, dit is die plek van my troon, die plek vir my voetsole, waar Ek tussen die Israeliete sal woon, vir altyd. Die huis van Israel, hulle en hulle konings, sal nie weer my heilige Naam verontreinig met hulle hoerery, met die grafsuile van hulle konings wanneer hulle sterf nie. 8Toe hulle hulle drumpel teen my drumpel geplaas het, en hulle deurkosyn langs my deurkosyn, en daar net ‘n muur tussen My en hulle was, het hulle my heilige Naam verontreinig met die afstootlike dade wat hulle gedoen het, sodat Ek hulle in my toorn verteer het. 9Nou sal hulle hulle hoerery en die grafsuile van hulle konings ver van My af verwyder; en Ek sal tussen hulle woon, vir altyd.

10“Jy, mensekind, moet vir die huis van Israel die tempel beskryf, sodat hulle beskaamd kan staan oor hulle sondeskuld. Laat hulle ‘n model daarvan uitmeet. 11As hulle dan beskaamd staan oor alles wat hulle gedoen het, maak hulle vertroud met die sketsplan van die tempel, sy ontwerp, sy uitgange en ingange, al sy sketsplanne, al sy vaste voorskrifte, ja, al sy sketsplanne en al sy wette. Skryf dit voor hulle oë neer, sodat hulle al sy sketsplanne en al sy vaste voorskrifte sal bewaar en uitvoer.

12“Dit is die wet vir die tempel: Op die kruin van die berg is die hele gebied van die tempel reg rondom besonder heilig. Kyk, dit is die wet vir die tempel.”

VOORSKRIFTE VIR DIE ALTAAR
13“Dit is die afmetings van die altaar in el – elke el is ‘n el en ‘n handbreedte lank. Die voor is een el diep en een el breed, en die rand daarvan al langs die kant is rondom een span. Dit vorm dan die basis van die altaar. 14Vanaf die voor in die grond tot by die laer lys is dit twee el, en die lys is een el breed; en van hierdie smaller lys tot by die hoër lys is dit vier el. Die breedte van die hoër lys is een el. 15Die vuurmaakplek is vier el hoog, en uit die vuurmaakplek wys vier horings na bo. 16Die vuurmaakplek is twaalf el lank en twaalf el breed – vierkantig, gemeet aan sy vier kante. 17Die hoër lys is veertien el lank en veertien el breed, gemeet aan sy vier kante. Die rand rondom is ‘n halwe el, en die voor van die altaar is rondom een el diep. Die trappe front oos.”

18Die man het vir my gesê: “Mensekind, so sê my Heer, die Here, ‘Dit is die vaste voorskrifte vir die altaar, vir die dag wanneer dit opgerig is om •brandoffers daarop te bring en bloed daarteen te sprinkel: 19Gee vir die priesters, die Leviete uit die nageslag van Sadok wat na My mag nader kom om My te dien, ‘n jong bul as •reinigingsoffer.’ Dit is die uitspraak van my Heer, die Here. 20‘Neem van die bloed en smeer dit aan die vier horings, aan die vier hoeke van die lys en aan die rand rondom, en reinig die altaar deur daarvoor versoening te doen. 21Neem dan die bul vir die reinigingsoffer en verbrand hom in die aangewese deel van die tempel buite die heiligdom. 22Op die tweede dag moet jy ‘n bokram sonder gebrek as reinigingsoffer bring, en hulle moet die altaar daarmee reinig, soos hulle dit met die bul gereinig het. 23Wanneer jy klaar is met die reiniging, moet jy ‘n jong bul sonder gebrek en ‘n skaapram sonder gebrek uit die kleinvee naderbring. 24Bring hulle nader voor die Here. Die priesters moet sout op hulle gooi en hulle as brandoffer vir die Here offer. 25Sewe dae lank moet jy elke dag ‘n bokram offer as reinigingsoffer; en hulle moet ook ‘n jong bul en ‘n skaapram uit die kleinvee offer, diere sonder gebrek. 26Sewe dae lank moet hulle versoening doen vir die altaar en dit dan rein verklaar. So moet hulle dit wy. 27Nadat die dae verloop het, moet die priesters vanaf die agtste dag en daarna julle brandoffers en •maaltydoffers op die altaar bring, en Ek sal julle aanvaar.’ Dit is die uitspraak van my Heer, die Here.”

Wenk

WENK: Dink aan drie mense na aan jou wat jy weet die Here vandag nodig het. Bid nou vir hulle. Skryf hulle name op ’n kaartjie. Bêre dit op ’n veilige plek en wanneer jy deur die dag ’n kans kry, bid weer vir hulle.
(Agter in die gids is ’n bladsy met kaartjies vir hierdie doel wat uitgeskeur kan word.)

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za

Week 4 Dag 18 – Soos Pa! – Ons is die Plan – 9 weke van Transformasie

Week 4 Dag 18 God het jou gemaak om Hom te verteenwoordig en sy beeld uit te dra - 9 Weke van Transformasie Dr. Frans Hancke

Voor jy Bybel lees, gaan kyk gou na jouself in die spieël

Wat het jy gesien?

Natuurlik die weerkaatsing van jou beeld. Het jy geweet dat God ook die weerkaatsing van sy beeld in jou geplaas het?

Maak vir ’n oomblik jou oë toe en sien jouself as klein kindjie op jou Pa se skoot klim. Kyk jou hemelse Vader in die oë en deel jou gevoelens eerlik met Hom – ook jou hartsbegeerte vir hierdie kosbare oomblikke op sy skoot

Luister na lied

Luister na snit 8 (ABBA VADER) op die ingeslote CD.

Johann Botes – Abba Vader

O Vader ek soek na u wil,
My siel wag op U
O Heer ek smag na U,
Hoor my roep, hoor my roep

O Here ek dors na u Woord,
My wese reik na U
Kom Vader ek wag op U,
Hoor my roep, hoor my roep

O Vader, Heer Jesus, Gees van God
Hoor my bid, ek smeek U o God
Abba Vader, Vader Heer, Abba Vader, Vader Heer

Christus Jesus, neem my hand,
Ek kom, ja ek kom
O Heer, hier is my hart,
Neem dit nou, neem dit nou

Lees die Skrif

Lees Gen 1:26-27.

Gen 1:26-27
26God het gesê: “Laat Ons mense maak na ons beeld, as ons afbeelding, sodat hulle kan heers oor die visse van die see, die voëls van die hemel, die diere en oor die hele aarde, en oor al die kruipende diere wat op die aarde rondbeweeg.”

27God het die mens geskep na sy beeld,
na die beeld van God
het Hy hom geskep,
manlik en vroulik het Hy hulle geskep.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Rom 8:29; Kol 3:10.

Rom 8:29;
29want Hy het hulle wat Hy reeds tevore geken het, ook vooruit bestem om gelykvormig aan die beeld van sy Seun te word, sodat Hy die •Eersgeborene onder baie broers kan wees;

Kol 3:101
0en die nuwe mens aangetrek het, wat tot volle kennis en na die beeld van sy Skepper vernuwe word.

Skryf / Vul in

Waarom het God jou gemaak? Wat staan in Gen 1:26-27? Skryf die redes vir die skepping van die mens hier neer.

Gen 1:26-27

26God het gesê: “Laat Ons mense maak na ons beeld, as ons afbeelding, sodat hulle kan heers oor die visse van die see, die voëls van die hemel, die diere en oor die hele aarde, en oor al die kruipende diere wat op die aarde rondbeweeg.”

27God het die mens geskep na sy beeld,
na die beeld van God
het Hy hom geskep,
manlik en vroulik het Hy hulle geskep.


Die Ou Testament is in Hebreeus en hier en daar ook in Aramees, geskryf en in
hierdie gedeelte is daar veral drie belangrike woorde.

“Tselem” wat vertaal kan word as skaduwee of illusie en wat in die Nuwe
Vertaling vertaal word as verteenwoordiger . Die doel waarom God mense
gemaak het, is sodat hulle as ’t ware sy skaduwee in die wêreld kan wees. Dit
beteken dat ons God in hierdie wêreld deur ons lewens sigbaar teenwoordig
moet maak – dit is tog wat verTEENWOORDIG beteken.

“Demuwth” beteken soos , of om te vergelyk en word in die meeste
vertalings, vertaal met beeld van God . Sonde het hierdie beeld van God in
mense afgebreek, maar Jesus het dit kom herstel en die Heilige Gees is tans
besig met die daaglikse voortgaande herstelproses (Kol 3:10).

Kol 3:10
10en die nuwe mens aangetrek het, wat tot volle kennis en na die beeld van sy Skepper vernuwe word.

“Radah” beteken om te heers . Die wêreld het die geneigdheid om mense te
oorheers. Mense is oral in verslawing vasgevang. God se plan is dat die mens
oor die aarde moet heers, nie die aarde (ingesluit die wêreld met sy
versoekings en misleidings) oor ons nie (Gal 5:1).

Gal 5:1
51Vryheid is waarvoor •Christus ons bevry het! Staan dan vas, en laat julle nie weer onder ‘n juk van slawerny indwing nie!

Nou wat het dit alles met gebed uit te waai? Ek is bly jy vra die vraag. Wat het
die feit dat ek God se verteenwoordiger is, dat ek na sy beeld geskape is en dat
ek moet heers, met gebed te doen?

Skryf / Vul in

Ek gee jou ’n paar minute om daaroor te dink. Skryf jou gedagtes neer.


As gelowiges glo ons dat Jesus ons posisie kom herstel het en dat die Heilige Gees ons deur geloof in Jesus Christus, kinders van God maak. Met ander woorde: Ons raak deel van die familie van God. God se besigheid is mense. Hy het hulle so lief gehad dat Hy sy Seun gestuur het om hulle (ons!) te kom versoen met Hom. God se besigheid is om mense wat seer het en swaarkry aan te raak. God se besigheid is om hulle wat weggedwaal het, te vind. God se besigheid is om hulle wat nog nooit gehoor het nie, in kennis te stel van sy verlossing.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook Rom 8:15-17;Rom 10:13-15; Ef 1:4-5.

Rom 8:15-17;
15Julle het immers nie ‘n Gees ontvang wat verslawing bring, sodat julle weer bang hoef te wees nie; nee, julle het die Gees ontvang wat bevestig dat ons tot kinders aangeneem is, en deur Hom roep ons “Abba, Vader!” 16Die Gees self getuig teenoor ons gees dat ons kinders van God is. 17Maar as ons kinders is, is ons ook erfgename – erfgename van God en mede-erfgename met Christus mits ons inderdaad saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.

Rom 10:13-15;
13Want “elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.”
14Hoe kan hulle Hom dan aanroep, as hulle nie tot geloof in Hom gekom het nie? En hoe kan hulle in iemand glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder iemand wat dit verkondig? 15En hoe kan hulle dit verkondig as hulle nie gestuur word nie? Soos daar geskryf staan: “Hoe lieflik is die voetstappe van diegene wat die goeie boodskap verkondig!”

Ef 1:4-5
4So het Hy ons voor die grondlegging van die wêreld in Hom uitgekies,
sodat ons heilig en onberispelik in liefde voor Hom sou wees,
5nadat Hy ons voorbestem het om ons deur Jesus Christus as sy kinders aan te neem,
soos Hy dit volgens sy wil goedgedink het,

As dit God se besigheid is en God is ons Vader en ons dra ons Vader se belange op die hart, dan is ons betrokke in ’n familiebesigheid en bedryf ons as kind van God ’n familiesaak, waarin dit nodig is om baie met die Hoof, ons Vader, te praat. Daarom is gebed noodsaaklik.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: As jy meer wil weet van God se besigheid, lees gerus Luk 4:16-19; Luk 19:10;Luk 24:46-48.

Luk 4:16-19;
16Toe Jesus in Nasaret kom, waar Hy grootgeword het, het Hy op die Sabbat na die •sinagoge gegaan, soos sy gewoonte was. Toe Hy opstaan om voor te lees, 17is die boekrol van die profeet Jesaja vir Hom aangegee, en Hy het dit oopgerol en die plek gevind waar geskryf staan:
18“Die Gees van die Here is op My,
omdat Hy My gesalf het
om die goeie boodskap
aan arm mense te verkondig.
Hy het My gestuur om vir gevangenes aan te kondig dat hulle vrygelaat sal word,
en vir blindes dat hulle weer sal sien,
om onderdruktes te bevry,
19en om die genadejaar van die Here aan te kondig.”

Luk 19:10;
10Die •Seun van die Mens het gekom om diegene wat verlore is, te soek en te verlos.”

Luk 24:46-48
46en vir hulle gesê: “So staan daar geskryf dat die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, 47en dat in sy Naam bekering tot die vergewing van sondes aan alle nasies verkondig moet word. Julle moet by Jerusalem begin, 48en getuies van hierdie dinge wees. 

Ek dink as jy eerlik moet wees, dan sal jy moet erken dat in die wêreld waarin ons vandag leef, bitter min van God sigbaar is. Die wêreld gaan net aan asof God nie bestaan nie. Tog vra mense diep in hul harte die vraag: “Waar is God?” (Ps 42; 43; 73).

Ps 42;

421Vir die •musiekleier. ‘n Maskiel. Van die Koragiete.
2Soos ‘n wildsbok
wat smag na waterstrome,
so smag my siel na U, o God.
3My siel dors na God,
na die lewende God.
Wanneer kan ek in die •tempel ingaan
en voor God verskyn?
4Trane is dag en nag my brood,
omdat daar die hele dag lank
vir my gevra word:
“Waar is jou God?”
5Hieraan moet ek dink
terwyl ek my hart uitstort,
hoe ek optrek in ‘n magtige skare,
hoe ek voor hulle uit gaan
na die huis van God,
met luide jubelkrete
en dankliedere –
‘n feesvierende menigte.
6Waarom kwyn jy weg, my siel,
en is jy so onrustig in my?
Hoop op God,
want ek sal Hom weer prys
vir die verlossing
wat sy teenwoordigheid bring.
7My God!
My siel kwyn weg in my,
daarom dink ek aan U
hier uit die Jordaanstreek
en by die Hermonberge,
hier van berg Misar af.
8Die diep water laat die geluid
van u watervalle weergalm.
Al u deinings en golwe
het oor my gespoel.
9Bedags sal die Here
sy troue liefde laat geld,
en snags sal ‘n lied vir Hom
by my opkom,
‘n gebed tot die God van my lewe.
10Ek wil vir God sê:
“My rotsvesting,
waarom het U my vergeet,
waarom moet ek in rouklere loop
oor die verdrukking deur ‘n vyand?”
11Dit sny tot op die been,
as my teenstanders my tart
deur die hele dag lank vir my te vra:
“Waar is jou God?”
12Waarom kwyn jy weg, my siel,
en is jy so onrustig in my?
Hoop op God, want ek sal Hom,
my God, weer prys vir die
verlossing wat Hy, my God,
deur sy teenwoordigheid bring.

Ps 43;

431Handhaaf my reg, o God,
en verdedig my saak
teen ‘n ontroue nasie;
bevry my van mense
wat bedrog en onreg pleeg.
2U is immers die God by wie
ek toevlug soek.
Waarom verwerp U my dan;
waarom moet ek in rouklere loop
oor die verdrukking deur ‘n vyand?
3Stuur u lig en u waarheid;
laat dit my lei, my bring
na u •heilige berg
en na u woonplek,
4sodat ek kan ingaan
na die altaar van God,
na die God wat my
van blydskap laat jubel,
en sodat ek U, o God, my God,
kan prys met ‘n lier.
5Waarom kwyn jy weg, my siel,
en is jy so onrustig in my?
Hoop op God, want ek sal Hom,
my God, weer dank vir die
verlossing wat Hy, my God,
deur sy teenwoordigheid bring.

Ps 73

731‘n Psalm. Van Asaf.
God is waarlik vir Israel goed,
vir hulle wat rein harte het.
2Maar ek, my voete het amper gegly
my treë was amper wankelrig.
3Want ek het verwaande mense beny;
ek het die voorspoed
van goddeloses gesien.
4Hulle het immers tot hulle dood
geen sorge nie;
en hulle liggame is vet.
5Aan die sorge van sterflinge
het hulle nie deel nie,
en hulle word nie geteister
saam met gewone mense nie.
6Daarom versier hoogmoed
hulle nekke,
bedek ‘n kleed van geweld hulle.
7Van vet peul hulle oë uit,
die versinsels van hulle hart
oorskry alle perke.
8Smalend onderhandel hulle
met bose bedoelings;
uit die hoogte dreig hulle
met afpersing.
9Hulle rek hulle monde teen die hemel,
en laat hulle tonge gaan oor die aarde.
10Daarom draai sy volk hierheen.
Wie vol is,
word deur hulle uitgepers,
11en hulle sê:
“Hoe sal God dit weet?
Is daar dan kennis by die Allerhoogste?”
12Kyk, dit is hoe goddeloses is:
Immer sorgeloos vermeerder hulle
hulle rykdom.
13Ja, tevergeefs het ek my hart
rein gehou
en my hande in onskuld gewas.
14Ek is die hele dag geteister;
my kastyding was elke oggend
opnuut daar.
15As ek sou dink,
ek wil soos hulle praat,
kyk, dan sou ek ontrou wees
aan die nageslag van u kinders.
16Ek het toe probeer om dit te verstaan,
maar het dit as vermoeiend beskou,
17totdat ek in die heiligdom
van God ingegaan het.
Ek het insig gekry in hulle uiteinde.
18Waarlik, U laat hulle
op gladde plekke beland,
U bring hulle tot ‘n val
oor hulle geknoei.
19Hoe word hulle in ‘n oogwink
‘n skrikbeeld,
hoe kom hulle volledig tot ‘n einde
deur verskrikking!
20Asof dit ‘n droom is
waaruit mens wakker word,
verag U hulle beeld, my Heer,
wanneer U ontwaak.
21Toe my hart verbitterd was
en my niere gepyn het,
22was ek dom en sonder begrip;
ek was ‘n dier teenoor U.
23En tog was ek altyd by U;
U het my regterhand vasgehou.
24Deur die raad wat U gee, lei U my,
en daarna neem U my eervol weg.
25Wie is daar vir my in die hemel?
As ek by U is,
begeer ek niks op aarde nie.
26My liggaam en my hart
kan maar wegkwyn,
God is die rots van my hart
en my erfdeel vir altyd.
27Want kyk, dié wat ver
van U af is, gaan ten gronde;
U vernietig dié wat aan U ontrou is.
28Maar wat my betref,
die nabyheid van God is vir my goed.
Ek het my Heer, die Here,
my skuilplek gemaak,
sodat ek van al u werk kan vertel.


Stel jou voor êrens in die hemel is ’n groot skatkamer. Jy staan buite die skatkamer met jou neus platgedruk teen die venster, jou hand bo jou oë sodat jy beter kan sien. In die skatkamer is dit wat die wêreld nodig het. Genade, liefde, vergifnis, vrede, genesing, verligting, redding, noem maar op – dit is daar. Rakke en rakke vol. Jou hart krimp ineen: “Dit is daar, maar ek kan nie inkom nie.” Net toe kom ’n engel aan. “Dit is alles wat die wêreld nodig het.” sê jy hartseer. Dan hoor jy die engel vra: “Wil jy ingaan en dit gaan haal?” “Natuurlik,” antwoord jy opgewonde, “maar die deur is gesluit,” sê jy moedeloos. “Ek sal jou die kode gee, dan kan jy dit gaan haal en dit vir die wêreld gee, want jy is mos die Vader se verteenwoordiger.” “Gee vir my die kode asseblief.” sê jy opgewonde. “Die kode is G-E-B-E-D,” sê die engel…

Voordat jy God se plan aan die wêreld kan gaan vertel, begin dit by Hóm. Jy hoor die strategie, jy hoor waar, wanneer en hoe, by Hom. Daar is voortdurende kommunikasie en stelselmatig sal God sy plan aan jou openbaar, sodat jy sy verteenwoordiger in die wêreld kan wees. Kan ’n mens so arrogant (dom?) wees om God se verteenwoordiger te wil wees, sonder om Hom deel te maak van jou lewe en gedurig met Hom te praat oor sy wil vir jou en die wêreld?

Ons is die plan: Onthou, God vertrou mense om sy verteenwoordigers in die wêreld te wees. Gebed is een manier om God se plan vir jou en die wêreld te hoor.

Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: Lees gerus ook 2 Kor 5:14-6:1.

2 Kor 5:14-6:1
14Die liefde van •Christus dryf ons, omdat ons tot dié insig gekom het dat, indien Een vir almal gesterf het, almal dan gesterf het; 15en Hy het ter wille van almal gesterf, sodat dié wat leef, nie meer vir hulleself sal leef nie, maar vir Hom wat ter wille van hulle gesterf het en opgewek is.

16Gevolglik ken ons van nou af niemand meer na sy uiterlike nie. Selfs al het ons Christus eens na die uiterlike leer ken, ken ons Hom nou nie meer so nie. 17Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepping. Die ou dinge het verbygegaan – kyk, hulle het nuut geword. 18En dit alles kom van God af, wat ons deur Christus met Homself versoen het, en aan ons die bediening van die versoening gegee het. 19Dit bestaan daarin dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle nie hulle oortredings toe te reken nie; en Hy het aan ons die boodskap van versoening toevertrou. 20Ons tree dan op as gesante ter wille van Christus, asof God self deur ons ‘n beroep op julle doen. Ons pleit by julle, om Christus ontwil: Laat julle met God versoen! 21Hy wat nie sonde geken het nie, Hom het God ter wille van ons tot sonde gemaak, sodat ons in Hom voor God geregverdig kon word.

61As medewerkers van God doen ons ‘n ernstige beroep op julle om nie die genade van God tevergeefs te ontvang nie!

Skryf / Vul in

Praat met God en as jy daarvan bewus raak dat God met jou praat, skryf jou gewaarwordinge van sy wil neer.


Week 4 Dag 18 God het jou gemaak om Hom te verteenwoordig en sy beeld uit te dra
Week 4 Dag 18 God het jou gemaak om Hom te verteenwoordig en sy beeld uit te dra
Delf dieper
Delf dieper

DIEPER DELF: handboek, p 74-76
Lees gerus ook Jes 60:1-4; Matt 5:16.

Jes 60:1-4;
601“Staan op, laat jou lig skyn!
Ja, jou lig het gekom,
en die heerlikheid van die Here
skyn oor jou.
2Ja, kyk, donkerte bedek die aarde,
en diepe duisternis die volke;
maar oor jou skyn die Here,
en oor jou word sy heerlikheid sigbaar.
3Nasies sal na jou lig trek,
en konings na die helder lig
van jou sonsopkoms.
4Kyk om jou rond en neem waar:
Hulle almal kom byeen,
hulle kom na jou toe.
Jou seuns – van ver af kom hulle aan;
en jou dogters – op die heup
word hulle gedra.

Matt 5:16
16“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

Wenk

WENK: Dink wat beteken die Engelse spreekwoord: “you must talk to God about people before you can talk to people about God” in die praktyk. Praat met Hom… en dan verteenwoordig jy Hom in en deur jou lewe!

Doen die volgende

Onthou om die bladsy vir die week se groepgesprek te voltooi!

Inhoudsopgawe

Kopiereg
Dr. Frans Hancke.

Hierdie werk word deur kopiereg beskerm. Dit word aan u gebring deur die NG Kerk Groot-Brakrivier onder kopieregtoestemming soos verleen deur Dr. Frans Hancke aan die NG Kerk Groot-Brakrivier webtuiste. Enige kopieering of herverspreiding van hierdie materiaal is onderhewig aan goedkeuring van die kopiereghouer (Dr. Frans Hancke).

Sien ook die volgende kopiereg bepalings:
Kopiereg: Ons is die plan – 9 Weke van Transformasie

Skrifaanhalings geneem uit:
die Bybel in Afrikaans 2020-vertaling
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 2020.
Gebruik met toestemming.
Alle regte voorbehou.
www.bybelgenootskap.co.za / www.biblesa.co.za.
Kontak:
copyright@biblesociety.co.za