Afkondigings 5 – 12 Oktober 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Sondag 5 Oktober 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 17:11-19 (2020-vertaling).
  • Die tema van die prediking is: Die geskenk van dankbaarheid?
  • Biddag vir Bejaardes.
  • GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
  • Spesiale offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA – George) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 8 Oktober 2025 :

  • Klub 50 saamkoms in saal – 10:00 (slegs vir persone wat bespreek het).
  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes welkom.

Sondag 12 Oktober 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Charné Viljoen.
  • GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
  • Paul Smuts van Gideons besoek ons gemeente.
  • Spesiale offer vir Gideons by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.
Week 41 Verjaarsdae
Week 41 Verjaarsdae
Geloofsonderskeiding
Geloofsonderskeiding
SS Konsrt
SS Konsrt

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Oktober 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 28, asook die antwoorde vir nommer 27, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Ons vra asb u voorbidding vir spesiale kerkraadsvergadering wat op 14 Oktober in die kerksaal gaan plaasvind, betreffende die standplaasverwisseling tussen ds Danie Goosen en ds Leon Cronje van NG Stellenbosch Welgelegen gemeente.

Gebedsontbyt – Geopende Deure

Saterdag, 18 Okt om 09:00 (NG Hartenbos gemeente).

Kom geniet ‘n heerlike boere-ontbyt @ R70 pp, en bid saam vir ons vervolgde broers en susters.  Spesiale gas:  Henk Taute.
Bespreek jou plek by die kerkkantoor (044-6950440) of ds Johan E (0823726729).

Bedieninge

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die vierde kwartaal is 8 & 22 Oktober, 5 & 19 November en 10 Desember.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is ’n deurlopende behoefte aan wol.

Ons benodig ook asseblief tweedehandse selfone in ‘n werkende toestand vir ons Wolwedans uitreik werkers. Indien u het om te skenk kan u dit asb tydens kantoorure by die kerkkantoor afgee of kontak vir Aletia – 084 783 1308  om dit by u af te haal.

Die getuienisbediening sê baie dankie aan al die gemeentelede vir hul skenkings om die Dagsentrum vir 60Plussers in bedryf te stel, asook die skenker van die een selfoon ontvang.

Ondersteuningsbediening :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Dankfees Okt 2025
Dankfees Okt 2025

Dankfees

  • Dankfeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB, Rek no 53083186511,
takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk).

Ons het vrywilligers nodig wie ‘n handjie kan by sit by onderskeie tafels/stalletjies.

Kontak asb vir Ruan as jy kan help – 082 762 0003.

Basaar Tafels
Basaar Tafels

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Filippyne

In die Filippyne het sommige mense beperkte toegang tot opvoeding omdat hulle ver van skole af grootword, of omdat hulle weens omstandighede op ’n jong ouderdom moet begin werk. FEBA Filippyne werk saam met die regering om programme uit te saai wat mense help om hul basiese opvoeding te voltooi, wat vir hulle deure oopmaak vir nuwe moontlikhede in die toekoms.

Ons gebed vir die week: Loof God dat Hy FEBA Filippyne gebruik om hoop deur opvoeding te bring en bid dat FEBA se uitsendings luisteraars sal aanspoor om hul geloof in Christus te plaas.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za) Nuut op 5 Oktober 2025

1.  Erediensbediening:

Die skakel na die YouTube Erediens van 5 Oktober, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.

Getuienisbediening:

  1.  Ons neem afskeid van Michele se dogter, Mari-Alena, wat haar einddoel in Christus bereik het.
  2. Die nuutste nuus van Lynette van Madagaskar is beskikbaar. Sy besoek tans Suid -Afrika.

Bybelstudiereeks:

  1.  Die ‘Skep asem vir vandag’, ‘n heerlike begin vir elke dag.
  2.  Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: God se Beloftes”

Gemeentenuus:

  • Deel met ons jou gunsteling Christelike geestelike liedere sodat ons skakels op die webtuiste kan plaas. WhatsApp julle keuses se tema, sanger of orkes na 073 319 9807.
  • Die Gebedsgids vir Oktober is beskikbaar.
  • Die weeklikse Afkondigings is op die webtuiste, indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier