4 Oktober
My gebed is dat jy vandag sal onthou dat dieselfde God wat in die verlede gehelp het, steeds vir jou sal sorg. Hier is God se Woord net vir jou vir vandag.
Tema: Vertrou die Here
Teks: “Ek het destyds vir Josua gesê: ‘Jou twee oë het nou alles gesien wat die Here julle God met daardie twee konings gedoen het'” (Deut. 3:21)
- God herinner jou aan al Sy wonderwerke en magtige dade – Hy wil hê jy moet dit onthou.
- Neem vandag tyd om te dink aan hoe die Here jou al gehelp het – maak ’n lys van Sy getrouheid.
- Die Here van toe is steeds die Here van vandag en môre – Hy verander nooit nie (Heb. 13:8).
- Moenie bang wees vir uitdagings, probleme, hartseer en geleenthede nie.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U vir my omgee en my elke dag help.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


