Die Gemeente se Oktober 2024 dankfees is Vrydagaand 25 Oktober afgeskop met die SSSSS (Sop, Sjerrie, Sap, Stoepstories en ander Stuitighede) Konsert. Dr Gerrie van Deventer het die geleentheid op gepaste wyse geopen. Dit was ‘n interessante variasie wat die uniekheid van ons mense beklemtoon.
Saterdag het die kerk terrein gewoel en gewerskaf van vroeg af, om die Pretdraf aan die gang te sit, en alles reg te kry vir die dag. Daar is heerlik saam gewerk, gebak, gebraai, gekuier, gespeel, geeet, koffie, tee en koeldrank gedrink. Deur dit alles is ons met heerlike musiek oorlaai.
Die dag was ‘n wonderlike feestelike geleentheid, met die groot verskeidenheid produkte en nuwe aktiwiteite vir die kinders. Dankie vir elkeen wat so hard gewerk het, en almal wat die dag bygewoon het om dit so ‘n lekker onthou dag te maak.
Die naweek is Sondag afgesluit, op gepaste wyse, deur die erediens. Die Nagmaal is bedien, met hulp van die jeug, en die inlei van die dankseisoen deur Ds Viljoen.









































































