2 Oktober
My gebed is dat jy vandag moed sal kry en ook ander sal bemoedig. Hier is God se spesiale Boodskap net vir jou.
Tema: Praat mekaar moed in
Teks: “Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad…” (Deut. 3:28b)
- Die Here verstaan jou onsekerhede.
- Wanneer jy bang is of jy iets moet doen, onthou: die Here help jou elke oomblik.
- God gebruik jou om ander mense moed in te praat – wees vandag ’n bron van bemoediging.
- Soek ook self bemoediging by ander gelowiges – God werk deur mense om jou te versterk.
- Wees opgewonde oor wat wag! Leef met moed! Die Here versterk jou!
Gebed
Liewe Vader, dankie dat U my die moed gee om elke dag se uitdagings te kan hanteer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


