1 Oktober
My wens is dat jy vandag sal verstaan dat God jou spesifieke opdragte gee en jou toerus om dit uit te voer. Hier is die Here se Woord vir jou.
Tema: Die Here gee vir jou take
Teks: “Gee vir Josua sy opdragte, praat hom moed in en gee hom raad…” (Deut. 3:28a)
- Die Alwyse Here gee aan jou spesifieke take en verantwoordelikhede.
- Jou opdragte verskil van ander mense s’n – dit is uniek vir jou situasie, ouderdom en verhoudinge.
- God roep jou om elke taak wat Hy aan jou gee met oorgawe aan te pak en dit tot Sy eer uit te voer.
- Moenie die klein of groot take wat Hy jou gee onderskat nie – alles is belangrik in Sy oë.
- Wees dankbaar dat Hy jou gebruik. Wees rustig, die Gees lei jou. Wees bly dat Hy jou raaksien!
Gebed
Liewe Vader, maak my oë oop sodat ek elke taak tot U eer kan uitvoer.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


