Afkondigings 28 – 5 Oktober 2025

Sondag 28 September 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Johan & Monique Pieters (dogtertjie – Diamé Pieters).
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Romeine 6:1-11 (2020-vertaling).
    • Die tema van die prediking is: Die onmoontlike?
  • Biddag vir Bediening aan die Jode.
  • Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
  • Sinodale offer vir Bediening aan die Jode by die deure.
  • Daar is GEEN tee vandag na afloop van die erediens nie.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Danie Goosen.

Woensdag 1 Oktober 2025 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – 082 471 0751. Alle belangstellendes welkom.

Vrydag 3 Oktober 2025 :

  • Skole sluit.

Sondag 5 Oktober 2025 :

  • Erediens om 09:00 – Ds Danie Goosen.
  • Biddag vir Bejaardes.
  • GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
  • Spesiale offer vir Huis JJ Watson vir Bejaardes (BADISA – George) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Oktober 2025 is beskikbaar in die voorportaal.

Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar. 

Bybelblokraai :

Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 28, asook die antwoorde vir nommer 27, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.

Bloedskenk

Die bloedskenking op 25 September 2025 het 87 volpinte bloed opgelewer.Baie dankie vir die 69 mense wat opgedaag het om te skenk,u skenkings kan lewens red.Ons sal u in kennis stel wanneer die volgende geleentheid plaasvind. 

Verjaarsdae Week 40
Verjaarsdae Week 40
SS Gemeentekonsert
SS Gemeentekonsert
Dankfees 25 Oktober 2025
Dankfees 25 Oktober 2025

 Dankfees

Dankfeeslyste sirkuleer tans. Bydraes kan ook by die kerkkantoor of deur die internet inbetaal word.

Enige bestanddele is ook baie welkom. Dui dit asb op u lys aan of kontak die betrokke persone. Die bestanddele moet asb ‘n week voor die dankfees by die betrokke sameroeper of by die kerkkantoor ingehandig word.

Ons rekening is:

NG Kerk Groot-Brakrivier,
FNB, Rek no 53083186511,
takkode 210314. (Indien ‘n EFT gedoen word, moet u dit asb as “DFees” & Bloknr  & Van,  merk).

Ons het vrywilligers nodig wie ‘n handjie kan by sit by onderskeie tafels/stalletjies.

Daar is ’n lys by die tee na die erediens waar enigeen wie graag by die basaar as vrywilliger wil help, jou naam kan opgee. Alternatiewelik kan julle vir Ruan kontak – 082 762 0002.

Verdere inligting sal volg.

Bedieninge

Gesinskamp

Gesinskamp 31 Okt * 2 Nov 2025
Gesinskamp 31 Okt * 2 Nov 2025

Ons familie-“kamp” vind plaas 31 Okt – 2 Nov.

Kamers is privaat (met stapel bedjies), maar ons deel ‘n saal, kombuis en kleetkamers (mans & vroue het elkeen 3 storte en 3 toilette).

Beperkte aparte verblyf beskikbaar teen adissionele fooi of jy is welkom om jou eie tent of karavaan te bring en saam te kamp.

RSVP asb teen 29 September by die kerkkantoor of per WhatsApp by Carmi – 0842996226.

Getuienisbediening :

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die vierde kwartaal is 8 & 22 Oktober, 5 & 19 November en 10 Desember.

60Plussers Dagsentrum
60Plussers Dagsentrum

Klub 50

Klub 50 Anthony Noble
Klub 50 Anthony Noble

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  Kontak Ons  / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons 

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons .

Gevulde Koffieflesse vir Kersfees

Gevulde koffieflesse vir kersfees
Gevulde koffieflesse vir kersfees

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA Malawi

Bid vir FEBA-luisteraars in Malawi wat weens hul geloof vervolg word. Baie mense onder die Yao word deur hul families mishandel en verwerp wanneer hulle tot bekering kom. Ibrahim en Khadija se families het hulle fisies aangerand, hul besittings vernietig en hul grond gevat, wat hulle sonder heenkome laat.

Ons gebed vir die week: Bid dat God FEBA se Yao-luisteraars sal bewaar en aan al hulle behoeftes sal voorsien.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

  • Erediensbediening:
    • Die skakel na die YouTube Erediens van 28 September, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.
  • Getuienisbediening:
    • Die video van die getuienis toerusting naweek van 20-21 September 2025, met die tema: ” ‘n Getuigende lewe, 24/7″ is beskikbaar op die webwerf.
    • Ons neem afskeid van Michele se dogter, Mari-Alena, wat haar einddoel in Christus bereik het.
  • Bybelstudiereeks:
    •  Die ‘Skep asem vir vandag’, vir elke dag.
    •  Vind die Weeklikse:Stof tot nadenke: Die Heilige Gees”
  • Gemeentenuus:
    • Deel met ons jou gunsteling Christelike geestelike liedere sodat ons skakels op die webtuiste kan plaas. WhatsApp julle keuses se tema, sanger of orkes na 073 319 9807.
    • Die Gebedsgids vir Oktober is beskikbaar.
    • Die weeklikse Afkondigings is op die webwerf.

Vakante pos: Seminarium Koordineerder Stellenbosch

Seminarium Koordineerder
Seminarium Koordineerder

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

2 Antwoorde op “Afkondigings 28 – 5 Oktober 2025”

Kommentare is gesluit.