Missie Japan Nuusflits – 13 April 2022

Missie Japan Kobe

Beste Ondersteuner,
 
Lente-groete uit Kobe! Net ‘n paar gedagtes van hier voor jy die Paasweek ingaan. 
 Die RCJ (Reformed Church in Japan) Westelike Ring se 34 gemeentes vergader vandag, in Groot Lydensweek. Baie verhale en gebeure word gedeel. ‘n Jong nuwe leraar is aangestel by ‘n gemeente wat vier jaar lank moes wag om hom te kon beroep. ‘n Ander gemeente getuig van hulle pyn en worsteling na hul predikant se bediening gestop moes word omdat hy internet preke misbruik het. In sy plek kom ‘n nuwe leraar wat self deur erge swaarkry is a.g.v. (verbale/emosionele) magsmisbruik in sy vorige gemeente. 

Lees meer “Missie Japan Nuusflits – 13 April 2022”

Oekraïne: Michelle Potgieter

Liewe familie en vriende 

Vanaand is ‘n koue en reënerige aand in Reni. Dit was ‘n stil dag. Niemand mag uit hulle huise gaan nie. Van Vrydagaand tot Maandag oggend moet almal in die Odessa streek binnenshuis bly. Hulle verwag ‘n lug aanval oor die naweek.
Ons kry af en toe waarskuwings op ons telefone “The Government of Ukraine has issued an air raid alert in your region.” Maar die Here is ‘n muur van vuur om ons en my geloof is sterker as ooit in die Here. Ek weet dat Sy vlerke oor ons is daarom sal ons vanaand rustig slaap. 

More sal dit ses maande wees wat die Here vir Ockert kom haal het.  Soveel het gebeur. Ons lewens is omgekeer. Party dae mis ek hom so dat dit ondraaglik is. Donderdag het ek vir Cilliers en Tanya gaan groet voor hulle Duitsland toe vertrek het. Ek stop die kar weer voor ons huis en sit die ligte af. Terwyl die musiek speel sit ek in die donker en kyk. Nou is ons net drie. Ek, Ivan en Benjamin. Ek sit en kyk na die huis hoe ons 26 jaar hier soveel herinneringe gehad het. Die herinneringe speel soos films voor my af. Hoe ons babas in die arm in en uit die hekkie gegaan het. Vyf kinders, kleuters, babas en dan tieners. Hoe ek en Ockert in die stof straat hand aan hand geloop het. Die blydskap oor elke roos wat in die voortuin blom en die rose wat tot bo ons kamervenster rank. Nou is die roosboom se takke nog lewensloos in die koue. Terwyl ek so in die donker sit en huil, voel ek net die Here se teenwoordigheid by my in die motor. Hy vat die seer weg en vertroos my en droog elke traan af. Hy is so naby aan die wat hart gebroke is. Nader as ooit. 

Die volgende oggend gee Hy nuwe vreugde en ons maak kos vir die vlugtelinge, deel kospakkies uit aan gesinne wat swaar kry.

Hulle se dat daar meer as 15000 vlugtelinge in Reni is. Reni is ‘n toevlugsoord! Ons ontvang elke dag vlugtelinge in ons kerkgebou en maak gratis etes. Ons sit by die tafels en luister na hul stories van hoe hulle gevlug het. Baie keer is dit net met die klere aan hul lywe. Ons gee klere, kos en verblyf. Almal in die gemeente help. Ons nooi hulle kerk toe en hulle kom. Van die mense geuig hoeveel genesing hulle ontvang het. ‘n Vrou vertel hoe sy en haar man en kindertjies gevlug het. Dit was so erk dat sy in die kar flou geword het. Ons het ook warm etes na die grenspos geneem waar vlugtelinge tot drie dae wag om die land te verlaat. Dit is ‘ voorreg om nou hier te kan wees.

Die week het ‘n ander gesinnetjie gekom met twee klein kindertjies. Die twee jarige dogtertjie het ‘n seldsame sindroom wat net 70 mense in die wêreld ooit gehad het. Sulke kindertjies lewe net tot twee of drie jaar oud. Sy weeg maar 6kg en kan nie loop nie. Ek het nog nooit voorheen ‘n baba gesien wat soveel vreugde uitstraal nie. Sy wil net drukkie gee en lag altyd. Die mamma vra hulp indien enige iemand van dokters weet wat met sulke kindertjies werk sodat sy behandeling kan kry. Nou met die oorlog kan hulle amper na enige land gaan as vlugtelinge. 

Mari-Alena is veilig terug in  Suid-Afrika. Cilliers en Tanya is veilig in Duitsland. Hannes-Joshua en Anastasia is oppad Amerika toe, hulle wag nog vir hul christelike werkers visums. En ons drie is veilig in Reni. Pappa Hannes en mamma Magda is veilig in Santa Rosa, Kalifornië. 

Baie dankie dat julle bid en intree. Dankie vir elke boodskap en bemoediging. 

Baie dankie vir elke bydrae en hulp. Ons waardeer dit oneindig baie. Vergewe asseblief as ek lank vat om boodskappe te antwoord. Ek is ver agter. Elke dag is ons besig van vroeg tot laat. Elke aand het ons gebed by die kerk. Ons is so dankbaar vir elkeen van julle. Dankie dat julle ons arms hoog hou.

Die Here is my Rots en my veilige vestig. Ek sal niks vrees nie.

Die Here is met ons. Hy is getrou en goed. 

Baie liefde en seën

Missie Japan – Nuusbrief 18 Maart 2022

Missie japan 18-3-2022

SAAM OP WEG 
soos kleipotte in ‘n gebroke wêreld

Beste Ondersteuner
 
Graadvang beteken altyd baie meer as die ontvang van ‘n akademiese kwalifikasie. Dis ‘n lang reis van saam verras word, saam moeg word en stilstaan langs die pad, saam worstel en groei. Dit gaan oor ‘n integrasie van leer en lewe. Daar was botstil dae (soos by verlede week se plegtigheid), maar ook stormdae (soos met dié groep studente se inhuldiging in April 2018). Só sit ek en dink terwyl ek sien hoe sewe studente ná 4 jaar van harde werk met dankbare harte hulle pad by KRTS voltooi. Dis die sewende keer dat ek die voorreg gehad het om hiervan deel te wees … ‘n klein entjie se saamstap by dié sewentigste gradeplegtigheid van die RCJ kweekskool se geskiedenis. 
 

Lees meer “Missie Japan – Nuusbrief 18 Maart 2022”

Oekraïne – Nuusbrief van Michelle 8 Maart 2022

Oekraïne

Liewe vriende en familie

Ons is veilig en alles gaan goed onder omstandighede.

Ek wil net eers jammer sê dat ek so lanklaas geskryf het.

Ek kom net nie by al die e-posse uit nie.  Dankie vir elke e-pos, bemoediging en boodskap. Ek sal elkeen nog antwoord.

Elke dag maak ons kos, deel kospakkies uit aan vlugtelinge en ook aan mense in die dorp wat nie kos het nie. Elke dag het ons gebed in die kerk.

Lees meer “Oekraïne – Nuusbrief van Michelle 8 Maart 2022”

Madagaskar – Lynette’s Madanews : Update 5 March 2022

Dries en Michelle - Madagaskar

I know that there has not been an update from our side for a while, so to dispel any ‘fake news’, let me share with you what is happening.

During the week, a date has been given for the re-opening of Madagascar’s borders. Starting from 5 March theoretically, flights from other countries apart from France should open up. No indication has been given when this will include Nosy Be, but we are hopeful that it will be by the end of March or April.

Lees meer “Madagaskar – Lynette’s Madanews : Update 5 March 2022”

Missie Japan Nuusflits – 14 Februarie 2022

Cariena Lodewyk by RCJ Tokyo bay Maart 2014

SENDELING IN JAPAN

Wat beteken dit?

Wat Beteken dit om ‘n Sendeling te wees in Japan? 
Oor brandende bosse…en brandende harte (wat nie uitbrand nie…)

 
Beste Ondersteuner

Dertien jaar gelede, ses maande volswanger, met ‘n 18 maande oue, hiper-aktiewe dogtertjie, was daar min tyd vir my Japannese taalstudies. Destyds het ons allerhande dinge blameer en onsself baie jammer gekry, omdat nie een van ons vier kinders goeie slapers was nie. Inteendeel, hulle het bitter min geslaap. Min slaap. Aktiewe kleuter én ‘n pap babatjie.

Lees meer “Missie Japan Nuusflits – 14 Februarie 2022”

Konnichiwa Nuusbrief 

Konnichiwa Nuusbrief 
Liewe ondersteuner,
Ons skryf hierdie nuusbrief nie uit ‘n koue Japan nie, maar hier vanuit ‘n sonnige Suid-Afrika. Terwyl ons harte verlang om weer in Japan te wees, is ons dankbaar vir elke oomblik saam ons geliefde familie en vriende. Ons koester hierdie tyd en sien dit as ‘n geskenk uit die Here se Hand. Ons sien ook uit na toekomstige geleenthede waar ons met julle, ons ondersteuners, kan tyd saam spandeer. Ons bid dat hierdie tyd in Suid-Afrika mag dien as ‘n tyd waarin ons dieper verhoudings met u kan bou. 

In hierdie nuusbrief wil ons baie graag groot nuus met u deel. Ons deel graag met u ‘n brief spesifiek gerig aan u, inligting oor waar onsself nou in Suid-Afrika bevind en waarmee ons tans besig is.

Brief aan u, ons ondersteuner.

Lees meer “Konnichiwa Nuusbrief “

Missie Japan Nuusflits – 1 Februarie 2022

IETS VAN ALLES in 2022

Beste Ondersteuner
 
As gedeelde vreugde verdubbel, en gedeelde smart halveer, wat gebeur met gedeelde Corona?! Die afgelope week was dit ons gesin se beurt om uit te vind (saam met Carina se broer Nico en sy vriendin wat tydelik by ons oorbly). Ons was almal tegelyk redelik plat, maar is baie verlig om weer aan die gang te wees, al is dit nog bietjie wankelrig. Die sesde infeksie-vlaag is besig om ‘n piek te bereik in Japan, met 85000 nuwe gevalle vandag. Ons dien nog die laaste dae van verpligte isolasie uit, maar sien weer kans vir wat kom. Intussen werk ons aanlyn voort …

Lees meer “Missie Japan Nuusflits – 1 Februarie 2022”

Opvolg: Ellmar en Nadine van Missie Japan:

Missie Japan

Goeie middag almal

Hiermee die brief rakende Elmar en Nadine, soos ons bespreek het in ons vergadering vir julle inligting en voorbidding asb. Ek is in gesprek met Missie Japan aangesien hierdie brief baie eensydig is. Ons gaan voort om hulle te ondersteun aangesien hulle passie nog steeds is om sendingwerk in Japan te doen ( dit het geensins verander nie) en om die Evangelie na die die 99% nie-Christene in Japan te neem. Sodra ek hul nuwe bankrekening ontvang het sal ek dit aan die kerkkantoor stuur.

Groete en lekker naweek.

Emile

Lees meer “Opvolg: Ellmar en Nadine van Missie Japan:”

Konnichiwa Nuusbrief – Elmar & Nadine (Missie Japan)

Konnichiwa Nuusbrief

 Liewe ondersteuner,In Japan is daar ‘n gebruik om te sê 久しぶり (hisashiburi) vir iemand wat jy vir ‘n lang tydperk nie gesien het nie. Aangesien ons elkeen van julle lank terug gesien het sê ons aan julle elkeen Konnichiwa, 久しぶり Hisashiburi.
In hierdie brief wil ons baie belangrike nuus met julle deel. Hierdie nuusbrief sluit in ‘n brief vanuit die Missie Japan kantoor sowel as ‘n video waarin ons meer verduidelik.

Lees meer “Konnichiwa Nuusbrief – Elmar & Nadine (Missie Japan)”

TWEE UITHOEKE – Japan en Suid-Afrika

Missie Japan - Twee wêrelde

Beste Ondersteuners
 
Kan twee lande meer van mekaar verskil as Japan en Suid-Afrika? Suid-Afrika is ‘n warm, soms lawaaierige, onvoorspelbare mengelmoes van kulture van die Weste, Nabye Ooste en Afrika. Japan is stil, homogeen en voorspelbaar. Na 12 en ‘n halwe jaar in Japan en ons onlangse besoek aan Suid-Afrika na ‘n besondere lang onafgebroke 4 jaar in Japan – boonop midde-in die derde golf van Covid-19 – was dit bykans onmoontlik om nie konstant melodramatiese vergelykings te tref nie.

Lees meer “TWEE UITHOEKE – Japan en Suid-Afrika”

Algerië: Amos en Lynda se boodskap van dank betuiging

Let asseblief daarop dat op versoek, alle foto’s weerhou word.

Liewe Vriende

Hiermee Amos en Lynda se boodskap van dank betuiging  wat ek gister ontvang het vir julle kennisname.

Die skrifgedeelte is uit Jesaja  58:6 tot 10 wat julle straks liefs in die Afrikaanse vertaling moet lees.

GCM is Global Christian Ministry , ‘n sambreel organisasie waaronder Campus Crusade in Islamietiese lande werk.

Die fotos GCM 9,10 en 20 is eintlik hart verskeurend as mens dink dat daardie streek van Algerie normaalweg groen en boomryk is!!

Algerie Sending groete.

Jacques

Lees meer “Algerië: Amos en Lynda se boodskap van dank betuiging”

Missie Japan: Konnichiwa Nuusbrief – 29 June 2021

Sendingaksie Japan

Konnichiwa Nuusbrief  Liewe ondersteuner,
Met die toename van Covid-19 in Suid-Afrika, dink en bid ons voortdurend vir u. Ons hoor van meer en meer mense waarvan ons weet wat weens Covid-19 siek geword het. Dit is kommerwekkend dat die daaglikse hoeveelheid infeksiestelling teen so ‘n tempo styg. Ons is bewus daarvan dat Suid-Afrika na vlak 4 geskuif is en besef dit hou verskeie uitdagings in.

Lees meer “Missie Japan: Konnichiwa Nuusbrief – 29 June 2021”