Skep asem vir vandag: 16 Julie 2025

Dagstukkies April

16 Julie

Mag jy vandag met integriteit optree sodat mense jou kan vertrou. Lees hierdie boodskap uit die Bybel wat vir jou gegee word.

Tema: Leef met integriteit.

Teks: “U Majesteit moet nou net nie weer u woord breek deur die volk nie te laat gaan (Eks 8:29; 9:34-35).

  • Jou optrede is nie ‘n geheim nie – mense weet watter tipe mens jy is.
  • Sommige mense bou ‘n naam op dat hulle onbetroubaar, liefdeloos, wreed, geldgierig of selfs selfsugtig is.
  • Hou jou woord – ‘n goeie naam is baie meer as edelmetale en edelstene werd (Spr. 22:1; Pred. 7:1).
  • Leer om met eerlikheid en integriteit op te tree.
  • Hanteer ander mense met respek en menswaardigheid.
  • Wie ‘n goeie naam opgebou het, is gelukkig.

Gebed 

Liewe Vader, help my om met integriteit te leef sodat U geëer word. In Jesus se Naam.  Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 15 Julie 2025

Dagstukkies April

15 Julie

Mag jy vandag die dapperheid hê om presies te doen wat die Here van jou vra. Hier is God se boodskap wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Stap die pad wat die Here wil.

Teks: “Maar Moses antwoord: “Dit kan ons nie doen nie…” (Eks 8:26)

  • Weier om die misleidende en verkeerde planne van Satan te volg en te doen.
  • Weier om op te tree as jy nie seker is dis die wil van die Here wat jy doen nie.
  • Moet jou nie laat mislei deur valshede nie.
  • Wees fyn ingestel om God se wil te doen.
  • Stap agter Hom aan sodat jy gelukkig kan wees.

Gebed 

Liewe Vader, gee my dapperheid om te doen wat U van my vra.

In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 Julie 2025

Dagstukkies April

14 Julie

Mag jy vandag seker wees dat jy honderd persent binne God se wil is. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Moenie God se arm te draai nie.

Teks: ” Toe roep die farao vir Moses en Aäron en sê: “Julle kan vir julle God gaan offer, maar hier in dié land!” (Eks 8:25; 10:8, 11, 20, 24)

  • Soms doen ons dinge op ons eie sonder om Sy wil oor daardie sake te soek.
  • Dan probeer ons na die tyd God se arm draai sodat Hy daarby inpas.
  • So gee jy dikwels voor dat jy God se wil doen, maar doen eintlik jou eie wil.
  • Dit is belangrik om agter God aan te stap, nie voor Hom nie.
  • Maak seker jy weet wat Sy wil is – tree eers op as jy weet wat Sy wil is.
  • Wees by die Here (Ps. 73:23).

Gebed 

Liewe Vader, help my om los te kom van my eie wil sodat ek agter U kan stap. In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 28 van 2025

Nuusflitse

Sondag 13 Julie 2025: Erediens 10:00 Geen Kategese. Groenkloof preek om 10:00
Woensdag 16 Julie 2025 : GEEN Kooroefening
Sondag 20 Julie 2025 : GEEN Kategese. Erediens om 10:00
Wolwedans boodskap, sop en brood: 23 Julie, 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September
Donderdag 24 Julie 2024 – Bloedskenk geleentheid

Lief en Leed Week 29 van 2025

Lief en Leed

Sterftes

Dis met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van:
5 Julie – Manie de Lange: Wyk 12B
9 Julie – Sue Conradie: Wyk 5 Hersham
Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende, mag God jullle ondersteun in hierdie moeilike tyd.

Verjaarsdae

Verjaarsdae

Afkondigings 13 – 20 Julie 2025

Afkondigings

Sondag 13 Julie 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Lukas 10:25-37.
  • Die tema van die prediking is: Gaan doen jy dit ook!
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Sendelinge wat deur die gemeente ondersteun word by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Lees meer “Afkondigings 13 – 20 Julie 2025”

Skep asem vir vandag: 13 Julie 2025

Dagstukkies April

13 Julie

Mag jy vandag weet dat die Here vir jou sorg selfs in moeilike tye. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: God beskerm Sy kinders.

Teks: “Ek neem mý volk in beskerming, joune nie.” (Eks 8:23)

  • Die Here gaan vandag van jou ‘n uitsondering maak.
  • Daarom beskerm die Here jou vandag – in jou moeilike tye.
  • Die lewe rondom jou kan ineenstort, tog sal jy vasstaan.
  • Gryp die dag aan en leef voluit.
  • Niks kan jou uit die Vader se hand ruk nie (Joh. 10:28-30).

Gebed 

Liewe Vader, help my om U werk in geloof raak te sien sodat ek U sal eer.
In Jesus se Naam. 
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Ondersteuningsgroep: 60+ Funksie

Wolwedans 60Plussers Gemeenskapsprojek

Die Ondersteuningsgroep van die NG Kerk Groot-Brakrivier het op 9 Julie 2025 ‘n pragtige funksie in die Kerksaal aangebied saam met Seeds of Hope, vir die 60+groep. Die oggend was gevul met die veelsydige musiek van Paul Hoffman, Coosie de Beer en Jaconette Brink.

Die keurig gedekte tafels het beloof om die oggend in styl af te sluit met sop en broodjie, terwyl daar ook heerlike warm komberse verskaf is.

Klub50: Bingo wenners

Klub50 se lede het op 2 Julie 2025 ‘n heerlike oggend van Bingo geniet. Die geleentheid is afgesluit met heerlike warm sop en broodjies op hierdie koue Wintersoggend.

Skep asem vir vandag: 12 Julie 2025

Dagstukkies April

12 Julie

Mag jy vandag met geestesoë na die lewe kyk en God se werk raaksien. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Daar is grense wat mense nie kan oorsteek nie

Teks: “Die towenaars het dieselfde probeer doen met hulle towerkunste, dié keer om muggies voort te bring, maar hulle kon nie.” (Eks 8:19)

  • Met die derde plaag kon die towenaars nie meer sukses behaal nie.
  • God trek ‘n streep en vertoon Sy almag. Tot hier toe en nie verder nie…
  • Die wêreld kan wonderlike dinge regkry, maar God is groter as die magtigste, as die wonderlikste en slimste.
  • God neem openlik oor wanneer dinge begin vasbrand.
  • Wees by die Here, agter Hom en met Hom.
  • Hy maak mense gelukkig en veilig.
  • Wees veilig en gelukkig in Sy beskerming en versorging.

Gebed 

Liewe Vader, gee my die vermoë om geestelik na die lewe te kyk. In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 11 Julie 2025

Dagstukkies April

11 Julie

Mag jy vandag onverskrokke in die God van die Bybel glo. Hier is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Die wêreld is nie God se vriend nie

Teks: “Maar die Egiptiese towenaars het met hulle towerkunste dieselfde gedoen, sodat die farao koppig gebly het.” (Eks. 7:22)

  • Die Satan is ‘n na-aper en probeer beter as God wees. Tog kry hy dit nie reg nie (Open. 12-14).
  • Sommige ongelowiges bly hardkoppig en weier om te glo. Hulle is blind vir God se werk.
  • Sommige mense manipuleer die wetenskap om die Bybel te verkleineer. Hulle is verblind en kan nie glo nie.
  • Die duiwel gee glad nie vir die waarheid om nie. Hy stel net belang om vir jou te lieg en te bedrieg (Joh. 8:44).
  • Moet jou nie deur sulke misleiers laat mislei nie.
  • Glo in God – glo in Christus (Joh. 14:1).

Gebed 

Liewe Vader, gee my onderskeidingsvermoë om nie mislei te word nie. In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 10 Julie 2025

Dagstukkies April

10 Julie

Mag jy vandag jou uitdagings as geleenthede vir God om wonders te doen, sien. Hier is ‘n goeie boodskap uit die Woord van God vir jou.

Tema: Uitdagings word wonders

Teks: “Maar Ek sal die farao hardkoppig maak, sodat Ek baie tekens en wonders in Egipte kan doen. ” (Eks 7:3 )

  • Geloof is nie altyd maklik nie, maar jy kan glo dat die Here in beheer is.
  • Wat vir jou na ‘n probleem lyk, is vir God ‘n geleentheid.
  • Met elke uitdaging is die Here gereed om groot tekens en wonders te doen.
  • Sien dit raak en aanvaar dit met geloof.
  • Glo dat God die onmoontlike moontlik maak.
  • Gryp elke wonderwerk in jou lewe met oop arms aan.

Gebed

Liewe Vader, verander my hart sodat ek U magtige optrede kan sien.
In Jesus se Naam. 
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 Julie 2025

Dagstukkies April

9 Julie

Mag jy vandag die vrede hê dat die Here altyd vir jou sorg. Hier is ‘n gedagte uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: God sorg vir jou.

Teks: “Kyk, Ek gee aan jou gesag oor die farao, en jou broer Aäron sal jou woordvoerder wees. ” (Eks 7:1)

  • Jou vyande en probleme sal onder die gesag van die Here swig.
  • Die Here gee vir jou hulp om jou hierin te ondersteun, te help, by te staan en te lei.
  • Moenie benoud wees oor wat jy moet doen nie.
  • Begin hoop op die beter môres.
  • Die Here sal aan jou alles gee wat jy nodig het. Hy is jou veilige Beskermer.

Gebed 

Liewe Vader, gee my insig om U hulp in my lewe raak te sien. In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 Julie 2025

Dagstukkies April

8 Julie

Mag jy vandag glo dat die Here groter is as jou grootste probleem. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Die Here is groter as jou vyande.

Teks: “Ek is die Here. Gaan sê vir die farao, die koning van Egipte, alles wat Ek vir jou gesê het.” (Eks 6:27)

  • Soms is jy bang vir mense of dalk vir omstandighede waarbinne jy is of wat wag.
  • Kyk wie die Here God is – Hy is die Skepper. Hy bring nuwe dinge, nuwe tydperke, nuwe lewensreise en oorwinnings tot stand.
  • Jy kan uitdagings hanteer, want die Almagtige God wat nuwe uitkomste gee, help.
  • Die Here is beter, groter en magtiger as alles.
  • Aanbid en glo in die Here wat vir jou ‘n nuwe kans gee. Glo in tweede kanse..

Gebed 

Liewe Vader, leer my om U te volg omdat U die Here is wat ‘n nuwe begin gee.
In Jesus se Naam. 
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 Julie 2025

Dagstukkies April

7 Julie

Mag jy vandag ophou verskonings maak en met oorgawe begin doen wat die Here van jou vra. Hierdie is God se spesiale woord vir jou.

Tema: Geen verskonings meer nie

Teks: “Die Israeliete luister nie eens na my nie, hoe sal die farao nog na my luister? Ek praat juis nie maklik nie.” (Eks 6:11)

  • Dikwels hou ons terug omdat ons onseker of bang is.
  • Ons dink ons is nie goed genoeg nie, of nie bekwaam nie.
  • Maar God aanvaar nie verskonings wanneer Hy jou roep nie—Hy gee jou Sy hulp.
  • Hy voorsien altyd wat jy nodig het om Sy wil te doen.
  • Die Heilige Gees gee jou die wil én die krag om te doen wat God vra (Fil 2:13–14).

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my nie net roep nie, maar ook help om te doen wat U van my vra. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Beproewings…

Beproewings

“Almal sal met die vuur van beproewing gelouter word.”

Mark. 9: 49

Soms wonder mens hoekom ons as mense dink dat ons enige beproewings sal vryspring? Elkeen van ons word deur ons lewe blootgestel aan ‘n verskeidenheid van beproewings. Dit is iets wat reeds vroeg in mens se lewe kan gebeur, of heelwat later. Een van die groot beproewings van ons tyd, is om aan kanker of een of ander ongeneeslike siekte of onverwagte dood blootgestel te word. Daar is sekerlik bitter min mense wat nie een of ander direkte kontak of verlies gehad het van ‘n geliefde, ouer, vriend, vriendin, broer of suster wat deur erge beproewing moes gaan en heel dikwels die geveg teen die groot K of ongeneeslike siekte verloor het. In ons gemeente was ons die laaste maand blootgestel aan die verlies van verskeie mense, wat baie geliefd was. Omdat ons dit nie altyd verstaan nie, hou dit vir ons ‘n sekere vrees of angs in! Ek kan onthou hoe my Pa eenmaal sy vakansie moes kortknip as gevolg van ‘n gemeentelid se dood aan kanker. Dit het my destyds regtig beangs gelaat. Nie baie jare daarna nie, moes ek my Pa aan die groot K afgee; en dit nadat hy 6 weke gegee is om nog te leef…omtrent tot op die dag.

Lees meer “Stof tot nadenke: Beproewings…”

Skep asem vir vandag: 6 Julie 2025

Dagstukkies April

6 Julie

Mag jy vandag fyn ingestel wees op die stem en leiding van die Here. Hierdie is God se persoonlike boodskap aan jou.

Tema: Luister na God se beloftes

Teks: “Dit het Moses toe aan die Israeliete vertel, maar in hulle moedeloosheid oor die harde werk het hulle nie na hom geluister nie.” (Eks 6:8)

  • God se wil en beloftes is dikwels vir jou duidelik.
  • Maar as jy net op swaarkry fokus, vervaag daardie beloftes.
  • Negatiwiteit maak jou geestelik blind en doof vir wat God besig is om te doen.
  • Leer om anders te dink—om jou denke met hoop te vul.
  • Stel jou fokus op wat God belowe het, en leef vanuit daardie waarheid.

Gebed:

Liewe Vader, leer my om te luister wanneer U deur mense met my praat, en om U beloftes vas te hou.

In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.