Ons gemeente is altyd besig om maniere te vind om meer insluitend en toeganklik te wees vir almal. Met groot vreugde deel ons vandag ’n paar nuwe verbeterings wat ons gedoen het om te verseker dat elke persoon, ongeag hul fisiese vermoëns, met gemak en waardigheid ons eredienste en byeenkomste kan bywoon. Boonop het ons ook stappe geneem om ons kerkgebou meer omgewingsvriendelik te maak!
Baie welkom by die erediens gelei deur ds Danie Goosen.
Ons skriflesing kom vanoggend uit Genesis 18:20-32.
Die tema van die prediking is: Hoor die geroep?
Kategese.
Sinodale offer vir Gemeentebediening by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.
Charne verlof
Woensdag 30 Julie 2025 :
Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida-082 471 0751. Alle belangstellendes is welkom.
Sondag 3 Augustus 2025 :
Erediens om 10:00 – Ds Danie Goosen.
Nagmaal.
GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
Spesiale offer vir Plaaslike Omgeebediening by die deure.
Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
Groenkloof preek om 10:00 – Dr Gerrie van Deventer (Nagmaal).
Kategese :
JAM 27 Julie 2025
Kleuterkerk/Kategese begin weer vandag en vind Sondae tydens die erediens (10:00-11:00) plaas. Kinders 2-5 jaar kom in die konsistorie bymekaar. Kinders Gr R – Gr 11 kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.
Gebedsgidse :
Gebedsgidse vir Augustus 2025 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.
Verjaarsdae Week 30 – 2025
Bybelblokraai :
Bybelblokraai & Bybelwoordsoek nommer 26, asook die antwoorde vir nommer 25, is beskikbaar in die voorportaal en by die traliehek van die kerkkantoor.
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 6 & 20 Augustus en 3 & 17 September.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Uniek vrou – Lindie Strydom
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
Hulp met inkopies.
Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons
Die Meesterplan Dr Frans Hancke
FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se Leierskap Akademie
Dapper leierskap is noodsaaklik tot effektiewe evangelisasie. FEBA belê in sy toekomstige leiers deur middel van die Leierskap Akademie, wat hulle toerus om spanne te lei met die uitsending van die Goeie Nuus in verskillende kontekste, elkeen met sy eie uitdagings en geleenthede. Hierdie week vergader FEBA-direkteure en opkomende leiers in Kambodja vir opleiding.
Ons gebed vir die week: Bid dat deelnemers veilig sal arriveer en dat hierdie jaar se Leierskap Akademie dapper leiers na vore sal bring om FEBA se missie die toekoms in te dra.
Klub 50 Pannekoek
Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
1. Erediensbediening: Die skakel na die YouTube Erediens van 27 Julie, gelei deur Ds Danie Goosen, is beskikbaar.
Getuienisbediening: FEBA se nuutste nusbrief is op die webtuiste.
Bybelstudiereeks:
Die ‘Skep asem vir vandag’ is beskikbaar, moet dit nie mis nie.
Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Betrokkenheid!”
Gemeentenuus:
Die gebedsgids vir Augustus is beskikbaar.
Die blokraai en woordsoek No. 26 is beskikbaar op die webtuiste.
Die Afkondigings is op die webtuiste indien u wil seker maak van enigiets.
Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here
Vir julle lyk dit dalk na ‘n stuk toerusting, maar ek het die Goeie Nuus deur hierdie sender gehoor. Ek het Jesus, my Redder, daardeur ontmoet. Ek lewe as gevolg van wat ek gehoor het…”
Ek bid dat jy sal begin om vir alle mense van die wonderlike dinge wat God in jou lewe doen te vertel. Geniet God se boodskap wat spesiaal vir jou gegee word.
Tema: Vertel van die werk van die Here
Teks:“Daar het Moses vir sy skoonpa alles vertel wat die Here gedoen het ter wille van Israel, en ook van al die ontberings wat die Israeliete op pad gehad het en hoe die Here hulle bevry het.”(Eks 18:8)
Wanneer jy God se wonders in jou lewe raaksien, sal jy daaroor praat.
Dit sal so goed soos ‘n loflied vir God klink.
Van jou geboorte af, deur jou hele lewe, is en was die Here God altyd met jou.
Die Here God was nog altyd jou Raadgewer en Beskermer.
Beleef die vrede en vreugde wanneer jy oor Sy groot en magtige dade in jou lewe vertel.
Dit sal jou gelukkig maak.
Gebed
Liewe Vader, dankie dat ek oor U kan praat. In Jesus se Naam. Amen.
Mag jy vandag glo dat jy in God se hande veilig is. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.
Tema: God sorg wanneer jy honger is
Teks:“As ons maar liewer in Egipte omgekom het deur die hand van die Here terwyl ons by die vleispotte kon sit en oorgenoeg kos kon hê om te eet!”(Eks. 16:3)
Die Israeliete dop die derde geloofstoets (honger).
Tog het die Here al soveel wonderwerke vir hulle (en jou) gedoen.
Die Here het jou in die palm van Sy hand (Jes. 41:10).
God die Almagtige wat die onmoontlike moontlik maak, sal jou nooit uit Sy hand laat gaan nie (Joh. 10:28-30).
Dit het tyd geword dat jy begin glo dat jy in Sy hande veilig is.
Gebed
Liewe Vader, maak my sensitief om te glo dat U werklik vir my sorg. In Jesus se Naam. Amen.
11 Julie – Heila Steyn: Wyk 9B Ons innige meegevoel aan haar familie & vriende.
Verjaarsdae Week 30 2025Rolstoel toeganklikheid
Bedieninge
Getuienisbediening :
Wolwedans boodskap, sop en brood
Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 23 Julie, 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September.
Dankie aan almal wat ekstra sop gebring het tydens die 2 maande wat een van ons groot verskaffers uitstedig was. Ons het groot waardering vir u hulp en wil u aanmoedig om steeds sop te bring soos u kan. Daar is ‘n groot behoefte daarvoor.
Resep – 100g sopmengsel, 100g rys, 100g lensies, 150g soja, 1 blokkie aftreksel, 1 pakkie sop. Om gaar te maak roer 3,5liter water by mengsel en kook tot gaar.
U kan dit skenk in die volgende twee formate:
1. Droë bestanddele in ‘n glas koffiebottel of
2. Gekook en gevries in 2 liter roomysbak.
Behoeftes vir Getuienisprojekte
Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.
Ondersteuningsgroep :
Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.
Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:
Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
Hulp met inkopies.
Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.
Vir meer inligting kontak:Riana Briers – Kontak Ons / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons
Dis met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van: 11 Julie – Heila Steyn: Wyk 9B Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende, mag God jullle ondersteun in hierdie moeilike tyd.
Ons hardloop deur die lewe, van kinderdae tot in die ouderdom, sonder baie gedagte aan hoe verganklik ons is. DIs eers wanneer ons met die dood gekonfronteer word, op welke manier ook al, wat dit mens laat besef hoe verganklik ons as mens is. Vir my was die dood van my pa op 24-jarige ouderdom ‘n skok, maar dit was eers jare later toe ‘n werksvriend, wat toe pas getroud was, en mateloos gelukkig was, oorlede is wat dit ‘n baie traumatiese ervaring was. Hy moes vir werk Suid-Amerika toe gaan, en met die uitry uit die lughawe perseel is hy opslag gedood in ’n motorongeluk, saam met ‘n ewe jong mede werker. Hulle dood, in die fleur van hulle jare, het my totaal en al omgegooi.
Mag jy vandag jou vrese aan die Here gee en vertrou dat Hy jou sal red. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.
Tema: Moenie vrees nie
Teks:“Toe die Farao nader kom, sien die Israeliete skielik die Egiptenaars sit hulle agterna. Hulle het baie bang geword en benoud na die Here geroep.”(Eks 14:10)
Nou op hierdie oomblik, in die middel van die uitdagings wat jy in die gesig staar, kan jy die Here vertrou.
God die Almagtige en Beskermer sal jou deur jou donker water lei.
God van wonderwerke sal jou deur jou Rietsee droogvoets laat gaan.
Jy het hierdie versekering – wat benodig jy meer?
Roep na die Here. Hy help jou uit elke probleem, uitdaging en nood.
Gebed
Liewe Vader, vandag gee ek my vrese aan U sodat U my kan leer om te glo. In Jesus se Naam. Amen.
Mag jy vandag begin vertel van die wonderwerke wat die Here in jou lewe gedoen het. Hier is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.
Tema: Vertel van God se wonderwerke.
Teks:“Dan kan jy aan jou kinders en kleinkinders vertel wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het en watter wonders Ek onder hulle verrig het om julle te laat besef dat Ek die Here is.”(Eks 10:2)
Hoe kan mens van die Here weet as jy nog nooit van Hom gehoor het nie? (Rom. 10:14)
Hoe kan mens in die Here glo as jy nog nooit van Hom gehoor het nie? (Rom. 10:14)
Hoe kan mens van die groot dinge van die Here weet?
Vertel van God se wonderwerke.
Wanneer jy oor God se wonderwerke praat, help jy ander om tot geloof te kom.
Hoe wonderlik klink die voetstappe van iemand wat vir ander mense van God se groot en wonderlike dinge vertel (Rom. 10:15).
Gebed
Liewe Vader, dankie vir die wonderwerke in my lewe en help my om daarvan te vertel. In Jesus se Naam. Amen.