7 Julie
Mag jy vandag ophou verskonings maak en met oorgawe begin doen wat die Here van jou vra. Hierdie is God se spesiale woord vir jou.
Tema: Geen verskonings meer nie
Teks: “Die Israeliete luister nie eens na my nie, hoe sal die farao nog na my luister? Ek praat juis nie maklik nie.” (Eks 6:11)
- Dikwels hou ons terug omdat ons onseker of bang is.
- Ons dink ons is nie goed genoeg nie, of nie bekwaam nie.
- Maar God aanvaar nie verskonings wanneer Hy jou roep nie—Hy gee jou Sy hulp.
- Hy voorsien altyd wat jy nodig het om Sy wil te doen.
- Die Heilige Gees gee jou die wil én die krag om te doen wat God vra (Fil 2:13–14).
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U my nie net roep nie, maar ook help om te doen wat U van my vra. In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


