6 Julie
Mag jy vandag fyn ingestel wees op die stem en leiding van die Here. Hierdie is God se persoonlike boodskap aan jou.
Tema: Luister na God se beloftes
Teks: “Dit het Moses toe aan die Israeliete vertel, maar in hulle moedeloosheid oor die harde werk het hulle nie na hom geluister nie.” (Eks 6:8)
- God se wil en beloftes is dikwels vir jou duidelik.
- Maar as jy net op swaarkry fokus, vervaag daardie beloftes.
- Negatiwiteit maak jou geestelik blind en doof vir wat God besig is om te doen.
- Leer om anders te dink—om jou denke met hoop te vul.
- Stel jou fokus op wat God belowe het, en leef vanuit daardie waarheid.
Gebed:
Liewe Vader, leer my om te luister wanneer U deur mense met my praat, en om U beloftes vas te hou.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


