10 Julie
Mag jy vandag jou uitdagings as geleenthede vir God om wonders te doen, sien. Hier is ‘n goeie boodskap uit die Woord van God vir jou.
Tema: Uitdagings word wonders
Teks: “Maar Ek sal die farao hardkoppig maak, sodat Ek baie tekens en wonders in Egipte kan doen. ” (Eks 7:3 )
- Geloof is nie altyd maklik nie, maar jy kan glo dat die Here in beheer is.
- Wat vir jou na ‘n probleem lyk, is vir God ‘n geleentheid.
- Met elke uitdaging is die Here gereed om groot tekens en wonders te doen.
- Sien dit raak en aanvaar dit met geloof.
- Glo dat God die onmoontlike moontlik maak.
- Gryp elke wonderwerk in jou lewe met oop arms aan.
Gebed
Liewe Vader, verander my hart sodat ek U magtige optrede kan sien.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


