30 September
Liewe vriend
Aan die einde van hierdie maand roep God jou om vir ander op te staan — mag jy vandag jou stem gebruik vir wie nie hulle eie kan gebruik nie. Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag.
Tema: Praat vir die stemloses
Teks: “”Praat jý vir dié wat self nie hulle sê mag sê nie, kom op vir die reg van dié wat te gronde gaan; praat, en lewer regverdige uitsprake, laat reg geskied aan die armes en ellendiges.”” (Spr. 31:8-9)
- Sy troue dienaars juig oor sy mag, jubel selfs as hulle op hulle beddens gaan lê. (Ps. 149:5)
- Omdat God se mag so groot is, kan Hy jou gebruik om vir ander wat swakker is op te staan.
- Regverdigheid beteken jy sien raak wanneer iemand oneerlik behandel word, en jy doen iets daaromtrent.
- Wees vandag ‘n stem vir iemand wat gepla of onregverdig behandel word — staan by hulle.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat ek ‘n hele maand lank saam met U deur Spreuke geloop het — help my om wysheid elke dag te leef, en gebruik my om vir ander op te staan.
In die Naam van Jesus Christus die Here.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


