Skep asem vir vandag: 11 Julie 2025

11 Julie

Mag jy vandag onverskrokke in die God van die Bybel glo. Hier is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Die wêreld is nie God se vriend nie

Teks: “Maar die Egiptiese towenaars het met hulle towerkunste dieselfde gedoen, sodat die farao koppig gebly het.” (Eks. 7:22)

  • Die Satan is ‘n na-aper en probeer beter as God wees. Tog kry hy dit nie reg nie (Open. 12-14).
  • Sommige ongelowiges bly hardkoppig en weier om te glo. Hulle is blind vir God se werk.
  • Sommige mense manipuleer die wetenskap om die Bybel te verkleineer. Hulle is verblind en kan nie glo nie.
  • Die duiwel gee glad nie vir die waarheid om nie. Hy stel net belang om vir jou te lieg en te bedrieg (Joh. 8:44).
  • Moet jou nie deur sulke misleiers laat mislei nie.
  • Glo in God – glo in Christus (Joh. 14:1).

Gebed 

Liewe Vader, gee my onderskeidingsvermoë om nie mislei te word nie. In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.