15 Julie
Mag jy vandag die dapperheid hê om presies te doen wat die Here van jou vra. Hier is God se boodskap wat spesiaal vir jou gegee word.
Tema: Stap die pad wat die Here wil.
Teks: “Maar Moses antwoord: “Dit kan ons nie doen nie…” (Eks 8:26)
- Weier om die misleidende en verkeerde planne van Satan te volg en te doen.
- Weier om op te tree as jy nie seker is dis die wil van die Here wat jy doen nie.
- Moet jou nie laat mislei deur valshede nie.
- Wees fyn ingestel om God se wil te doen.
- Stap agter Hom aan sodat jy gelukkig kan wees.
Gebed
Liewe Vader, gee my dapperheid om te doen wat U van my vra.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


