16 Julie
Mag jy vandag met integriteit optree sodat mense jou kan vertrou. Lees hierdie boodskap uit die Bybel wat vir jou gegee word.
Tema: Leef met integriteit.
Teks: “U Majesteit moet nou net nie weer u woord breek deur die volk nie te laat gaan (Eks 8:29; 9:34-35).
- Jou optrede is nie ‘n geheim nie – mense weet watter tipe mens jy is.
- Sommige mense bou ‘n naam op dat hulle onbetroubaar, liefdeloos, wreed, geldgierig of selfs selfsugtig is.
- Hou jou woord – ‘n goeie naam is baie meer as edelmetale en edelstene werd (Spr. 22:1; Pred. 7:1).
- Leer om met eerlikheid en integriteit op te tree.
- Hanteer ander mense met respek en menswaardigheid.
- Wie ‘n goeie naam opgebou het, is gelukkig.
Gebed
Liewe Vader, help my om met integriteit te leef sodat U geëer word. In Jesus se Naam. Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


