12 Julie
Mag jy vandag met geestesoë na die lewe kyk en God se werk raaksien. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.
Tema: Daar is grense wat mense nie kan oorsteek nie
Teks: “Die towenaars het dieselfde probeer doen met hulle towerkunste, dié keer om muggies voort te bring, maar hulle kon nie.” (Eks 8:19)
- Met die derde plaag kon die towenaars nie meer sukses behaal nie.
- God trek ‘n streep en vertoon Sy almag. Tot hier toe en nie verder nie…
- Die wêreld kan wonderlike dinge regkry, maar God is groter as die magtigste, as die wonderlikste en slimste.
- God neem openlik oor wanneer dinge begin vasbrand.
- Wees by die Here, agter Hom en met Hom.
- Hy maak mense gelukkig en veilig.
- Wees veilig en gelukkig in Sy beskerming en versorging.
Gebed
Liewe Vader, gee my die vermoë om geestelik na die lewe te kyk. In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


