Nuusflitse Week 28 van 2025

Nuusflitse

Sondag 6 Julie 2025: Erediens 10:00 Geen Kategese. Groenkloof preek om 10:00
Woensdag 9 Julie 2025 : GEEN Kooroefening
Sondag 13 Julie 2025 : GEEN Kategese. Erediens om 10:00
Wolwedans boodskap, sop en brood: 9 & 23 Julie, 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September

Skep asem vir vandag: 5 Julie 2025

Dagstukkies April

5 Julie

Mag jy vandag rus vind in die wete dat God alles van jou lewe ken. Hierdie is Sy persoonlike boodskap aan jou.

Tema: God hoor jou nood

Teks: “Ek het die gekerm van die Israeliete, … duidelik gehoor en Ek het aan my verbond gedink.” (Eks 6:4)

  • Die Here weet wat jy beleef – Hy is nooit onbewus nie.
  • Hy onthou Sy beloftes en staan getrou aan Sy verhouding met jou.
  • God is besig om op te tree – al sien jy dit dalk nog nie.
  • Wat jy deurmaak, is nooit buite Sy aandag of beheer nie.
  • Hy is teenwoordig, Hy weet, Hy sorg.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my nood hoor en getrou bly aan U beloftes.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Julie 2025

Dagstukkies April

4 Julie

Mag jy vandag die nuwe geleenthede wat die Here vir jou voorberei het, raaksien. Hierdie is Sy spesiale boodskap aan jou.

Tema: God skep nuwe geleenthede

Teks: “God het vir Moses gesê: ‘Ek is die Here!’ ” (Eks 6:1)

  • Jou lewe staan op die drumpel van iets nuuts.
  • Die Naam “Here” beteken dat Hy doen wat Hy sê – Hy bring dit tot stand.
  • God het ’n nuwe toekoms vir Israel begin – en vir jou ook.
  • Jou pad vorentoe begin nou, saam met Hom.
  • Vat Sy hand en vertrou Sy leiding.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U nuwe geleenthede bring en my roep om ‘n verskil te maak.
In Jesus se Naam. 
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Julie 2025

Dagstukkies April

3 Julie

Mag jou oë vandag oopgaan om raak te sien hoe die Here vir jou uitkoms gee. Ontvang hierdie boodskap vandag uit Sy Woord.

Tema: Die Here sal jou red

Teks: “Nou sal jy sien wat Ek met die farao gaan doen: Ek gaan hom dwing om my volk te laat gaan; ja, Ek gaan hom dwing om hulle uit sy land uit weg te jaag.” (Eks 5:24)

  • Baie keer raak ons haastig en wil ons dinge self probeer oplos
  • Staan eerder stil… en kyk wat God regtig doen. Hou jou geestesoë oop – die Here se uitkoms is op pad.
  • So seker soos Hy Israel bevry het, sal Hy jou situasie ook verander.
  • Moenie miskyk wat God reeds besig is om te doen nie.

Gebed:

Liewe Vader, maak my geestesoë oop sodat ek U hand duidelik kan sien.
In Jesus se Naam.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Julie 2025

Dagstukkies April

2 Julie

Mag jy vandag vrede beleef om saam met die Here te bly wandel – al verstaan jy nie wat Hy doen nie. Hierdie boodskap is direk uit die Woord van God en net vir jou bedoel.

Tema: As jy nie verstaan wat God doen nie

Teks: “Here, waarom werk U so sleg met hierdie volk? Waarom het U my nou eintlik gestuur?” (Eks 5:22)

  • Selfs al volg jy die Here, beteken dit nie altyd dinge gaan maklik wees nie.
  • Moses het ook geworstel omdat alles verkeerd geloop het.
  • Soos Jesus in Getsemane, mag jy jou hart eerlik voor God uitstort.
  • Jou hemelse Vader sal jou nooit los nie – Hy bring uitkoms wanneer jy vasdraai.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat ek met U mag worstel en U altyd uitkoms gee.
In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 Julie 2025

Dagstukkies April

1 Julie

Mag jy vandag ware vreugde beleef omdat jy die Here ken en weet Hy lei jou. Hierdie is ’n boodskap uit God se Woord – spesiaal net vir jou.

Tema: Ken jy die Here regtig?

Teks: “Ek ken die Here nie, en ek sal Israel nie laat gaan nie!” (Eks 5:2)

  • Mense wat nie hul lewens aan God se leiding onderwerp nie, ken Hom nie.
  • Bou op jou eie verhouding met die Vader, Seun en Heilige Gees.
  • As jy sê jy ken Hom, leef dan soos Hy jou vra.
  • Mense wat God ken en Sy wil doen, beleef Sy seën.

Gebed:

Liewe Vader, help my om elke dag vanuit my verhouding met U te leef.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 27+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 29 Junie 2025 : Doop. Erediens om 10:00 GEEN Kategese. Doop ouers: Ruan & ds Charné Viljoen (seuntjie – Sion Viljoen
Woensdag 2 Julie 2025 – GEEN Kooroefening nie.
Woensdag 2 Julie 2025 : Klub 50 Bingo – 10:00
Woensdag 9 Julie 2025: Ondersteuningsgroep 60+ bederf 10:00
Sondag 6 Julie 2025 : Erediens 10:00 GEEN Kategese.
Wolwedans boodskap, sop en brood: 9 & 23 Julie, 6 & 20 Augustus, 3 & 17 September

Lief en Leed Week 27 van 2025

Lief en Leed

Sterftes 2025 A black and white image of a plant

Description automatically generated

. 
Sterftes 2025:

Dit is met leedwese dat ons kennis neem van die afsterwe van:

21 Junie – Matthys Johannes Engelbrecht: Wyk 01

22 Junie – Hannes van Eeden: Wyk 14 Ons innige meegevoel aan hul familie & vriende.

Ons enige meegevoel aan hul familie en vriende.

Verjaarsdae

Verjaarsdae
Verjaarsdae Junie 2025

Afkondigings 29 Junie 2025 – 6 Julie 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Afkondigings

Sondag 29 Junie 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Ruan & ds Charné Viljoen (seuntjie – Sion Viljoen).
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit 2 Korintiërs 3:1-11.
  • Die tema van die prediking is: Laat dit skyn.
  • GEEN Kategese.
  • Spesiale offer vir Jan Kriel-Instituut (Kuilsrivier) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 2 Julie 2025 :

Lees meer “Afkondigings 29 Junie 2025 – 6 Julie 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier”

GEBEDSGIDS – JULIE  2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Gebed

1 Julie – Dinsdag – Siekes      

Ons Bid vandag vir alle siek mense en allerhande soorte siektes van ons tyd en bid dat hulle die nodige geduld sal hê om dit te hanteer en ook bid ons vir U genesende hand.

2 Julie – Woensdag – Besluite

Liewe Vader,  ek wil nie net besluite neem en my kop stamp nie. Laat ek volgens U wil bid en in U spoor loop sodat ek die regte optrede aan die dag sal lê.   

Lees meer “GEBEDSGIDS – JULIE  2025 NG Kerk Groot-Brakrivier”

Nuusflitse Week 31+ van 2024

Nuusflitse

Woensdag 31 Julie 2024 : • Kooroefening by die orrel om 17:00
Vrydag 2 Augustus 2024 : • Magda Louw vertoning om 19:00 in die kerksaal
Sondag 4 Augustus 2024 : • Prediker – Ds Gerrie van Deventer. • Aktief Kerk Wees om 08:30
7 Augustus 10:00 Noot vir Noot – Klub 50
Wolwedans boodskap, sop en brood: 7 & 21 Augustus en 4 & 18 September

Afkondigings: 28 Julie 2024 – 4 Augustus 2024

Afkondigings

Sondag 28 Julie 2024 :
• Baie welkom by die erediens en ’n spesiale verwelkoming aan die familie en vriende van die doop ouers: Ds Danie Goosen & Nadia Marais (seuntjie – Theo Goosen).
• Predikers – Ds Danie Goosen & Dr Nadia Marais.
• Ons skriflesing kom vanoggend uit Johannes 4:1-30.
Die tema van die prediking is: Ken jy jou?
• Kategese.
• Sinodale offer vir Gemeentebediening by die deure.
• Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.

Woensdag 31 Julie 2024 :
• Kooroefening by die orrel om 17:00. Marida – 082 471 0751.
Alle belangstellendes is welkom.

Vrydag 2 Augustus 2024 :
• Magda Louw vertoning om 19:00 in die kerksaal.

Sondag 4 Augustus 2024 :

• Prediker – Ds Gerrie van Deventer. • Aktief Kerk Wees om 08:30. • Kategese. • Spesiale offer vir Plaaslike Bejaardesorg by die deure. • Tee word bedien in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom. • Groenkloof Nagmaal: Ds Danie Goosen.

Bybelblokraaie :

Bybelblokraai 7 & 8 se antwoorde is beskikbaar in die voorportaal asook by die traliehek van die kerkkantoor.

Gebedsgidse :

Gebedsgidse vir Augustus 2024 is beskikbaar in die voorportaal.
Die gebedsgidse, dankofferkoeverte, Kerkbode en Gemeentebriewe is ook by die traliehek van die kerkkantoor beskikbaar.

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke :

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi en by die kerkkantoor inhandig of u kan dit in die posbus by die kerkkantoor ingooi.

Omgeebediening :
Vandag wil ons net sê BAIE DANKIE!!!!!
Sonder ons gemeente se gereelde bydraes van klere, beddegoed, kruideniersware, huisware, geld, plastieksakke ens sal ons nie kan funksioneer met soveel seëninge as ‘n bediening nie. Hierdeur is julle prakties betrokke by ander se nood.

Ondersteuningsgroep :
Ons groep wil graag mense ondersteun met:
• Vervoer na doktersafsprake of vir inkopies.
• Emosionele ondersteuning weens verlies van een of ander aard.
Soms het ’n mens net iemand nodig om te luister of by jou te sit.
Skakel ons gerus: Riana Briers – 081 039 8853 / Riëtte Jansen van Rensburg – 082 928 9625.

Getuienisbediening :
• Wolwedans boodskap, sop en brood:
Ons nooi die gemeente om deel te neem aan ons projek – om 2 liter sop, ‘n brood en ‘n bemoedigende boodskap te voorsien aan 100 gesinne elke 2de week. Die datums vir die derde kwartaal is 7 & 21 Augustus en 4 & 18 September. By voorbaat baie dankie.

• Behoeftes vir Getuienisprojekte:

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, eetgerei en gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïk projekte). Baie dankie vir alles wat deurlopend voorsien word.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)
28 Julie 2024
1. Erediensbediening:
Skakel na die YouTube Erediens van 28 Julie 2024.
2. Getuienisbediening:
a) Die weeklikse nuusbrief van Madagaskar is beskikbaar.
b) Die video reeks van die Getuienisnaweek 2024 is beskikbaar per skakel op die
webwerf.
c) ‘n Gees-gevulde Getuienisnaweek oorsig en fotocollage is beskikbaar op die
webwerf.
3. Bybelstudiereeks:
Die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Vreugde en Vrede…”
4. Gemeente Nuus:
Die Gebedsgids vir Augustus is beskikbaar.
5. Die Afkondigings word weekliks op die webwerf geplaas.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars: Danie Goosen – 079 525 3624
Charné Viljoen – 083 294 6640

Langstraat 10, Groot-Brakrivier, 6525  044 620 2205
e-pos: kerkkantoor@nggrootbrak.co.za / kassiere@nggrootbrak.co.za
Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede: FNB tjekrekening
Rek Nr. 530 831 865 11
Takkode 210314

Stof tot nadenke: Vreugde en Vrede…

“Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!”
Rom. 15: 13

‘n Vraag “Is ons te bang om na die stem van die Heilige Gees te luister?”, het my laat wonder hoekom ons dan bang sal wees? Kan ons bekostig om nie na die stem van die Heilige Gees te luister nie? (“Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos. Daarom moet ons sy grootheid prys.” (Eff. 1: 14)). Die stem van die Heilige Gees is die enigste wat ware vreugde kan gee en ook ‘n vrede (Rom. 15: 13) wat alle verstand te bowe gaan (“Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. ” (Eff. 3: 19); (“En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. ” (Fil. 4:7)). Die bang moet dus

Lees meer “Stof tot nadenke: Vreugde en Vrede…”

Sendingnuus: Madagaskar – Konsert 2024

“But by the grace of God I am what I am, and His grace to me was not without effect. No, I worked harder than all of them—yet not I, but the grace of God that was with me.”

I Corinthians 15:10

“By the grace of God!” This was the theme of the school concert this year.  As each year goes by, we are sure of one thing and that it is God’s grace which pulls us through and helps us to keep going.  The concert was special in that the teachers chose the theme, did all the choreography and even had different coloured T-shirts with I Cor 15:10 printed on them.  Victoria came to help Larisdiana with the practise as she was already eight months pregnant. Victoria also painted the backdrop. Randria opened with a message and it was good to see how much the parents enjoyed it all. 

Lees meer “Sendingnuus: Madagaskar – Konsert 2024”

Getuienisnaweek 12-14 Julie 2024. Kontak besonderhede van sprekers en uitstallers

Sprekers
Eugene PienaarGideonsIs 100 miljoen genoeginfo.pienaar@gmail.com
Ds Hendrik SaaymanNGK Houtbaain Geesdriftige Gemeente – Hand 19hendriksaayman54@gmail.com
Marina LouwFrontiers SATot aan die uithoeke vd wereldmlouw777@gmail.com
Dr Jurie VermeulenFEBA RadioBybelse Beginsels vir effektiewe sendingjvermeulen@febaradio.co.za
Dr Johan LouwMegaVoice IntDissipelmaking in ‘n wêreld wat nie lees niejlouw@megavoice.africa
Stories vanuit die sendingveld
Suria ScholtzEthnos Movement International“-30, ‘n Strategie vir sending”suria.scholtz@ethnosmi.org
Ds Hendrik SaaymanNGK HoutbaaiTema: Wie weet wat, Skrif: Lukas 1:1-4
Ds Charné ViljoenNGK G/BrakrivierNagmaalcharne.mathewson@gmail.com
Gemeentes
Unis OosthuizenNGK HartenbosUitstallingunis@suremasters.co.za
Uitstallers
Dawid & HeimahSendelinge – NepalUitstallingdawidheimah@gmail.com
Blackie SwartArbeidsbediening MosselbaaiSaam met Pierre Lambrechts en Johan Pretoriusgerhard@thegreenoffice.com
Unis OosthuizenNGK HartenbosUitstallingunis@suremasters.co.za
Alfie ViljoenFoodsocksUitstallingalfie@echo.org.za
Paul SmutsGideonsUitstallingpauljsmuts@icloud.com
Dr Jurie VermeulenFEBA RadioUitstallingjvermeulen@febaradio.co.za
Dr Johan LouwMegaVoice IntUitstallingjlouw@megavoice.africa
Marina LouwFrontiers SAUitstallingmlouw777@gmail.com
Mark Ftnes-ClintonOperasie MobilisasieUitstallingMark.fynes-clinton@om.org
Bets NelSearle MemorialUitstallingbetsnel@outlook.com
Jannes BuysGBR NetwerkforumUitstallingjannes@wonderfulsa.co.za
Sonja PelserSkarrelhuisieUitstalling
Suria ScholtzEthnos Movement InternationalUitstallingsuria.scholtz@ethnosmi.org
Isabella BuysLittle Seeds/SmartStartUitstallingisabella@littleseeds.org.za
Aletia NortjeNGK Groot-BrakrivierUitstallingaletia.nortje@gmail.com

Nuusflitse Week 31+ van 2024

Nuusflitse

Woensdag 24 Julie 2024 : • Kooroefening by die orrel om 17:00
Sondag 28 Julie 2024 : 10:00 Erediens • Prediker – Ds Danie Goosen. • Kategese.
• Doop
Wolwedans boodskap, sop en brood: 24 Julie, 7 & 21 Augustus en 4 & 18 September