Skep asem vir vandag: 14 Julie 2025

14 Julie

Mag jy vandag seker wees dat jy honderd persent binne God se wil is. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Moenie God se arm te draai nie.

Teks: ” Toe roep die farao vir Moses en Aäron en sê: “Julle kan vir julle God gaan offer, maar hier in dié land!” (Eks 8:25; 10:8, 11, 20, 24)

  • Soms doen ons dinge op ons eie sonder om Sy wil oor daardie sake te soek.
  • Dan probeer ons na die tyd God se arm draai sodat Hy daarby inpas.
  • So gee jy dikwels voor dat jy God se wil doen, maar doen eintlik jou eie wil.
  • Dit is belangrik om agter God aan te stap, nie voor Hom nie.
  • Maak seker jy weet wat Sy wil is – tree eers op as jy weet wat Sy wil is.
  • Wees by die Here (Ps. 73:23).

Gebed 

Liewe Vader, help my om los te kom van my eie wil sodat ek agter U kan stap. In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.