8 Julie
Mag jy vandag glo dat die Here groter is as jou grootste probleem. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.
Tema: Die Here is groter as jou vyande.
Teks: “Ek is die Here. Gaan sê vir die farao, die koning van Egipte, alles wat Ek vir jou gesê het.” (Eks 6:27)
- Soms is jy bang vir mense of dalk vir omstandighede waarbinne jy is of wat wag.
- Kyk wie die Here God is – Hy is die Skepper. Hy bring nuwe dinge, nuwe tydperke, nuwe lewensreise en oorwinnings tot stand.
- Jy kan uitdagings hanteer, want die Almagtige God wat nuwe uitkomste gee, help.
- Die Here is beter, groter en magtiger as alles.
- Aanbid en glo in die Here wat vir jou ‘n nuwe kans gee. Glo in tweede kanse..
Gebed
Liewe Vader, leer my om U te volg omdat U die Here is wat ‘n nuwe begin gee.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


