13 Julie
Mag jy vandag weet dat die Here vir jou sorg selfs in moeilike tye. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel wat spesiaal vir jou gegee word.
Tema: God beskerm Sy kinders.
Teks: “Ek neem mý volk in beskerming, joune nie.” (Eks 8:23)
- Die Here gaan vandag van jou ‘n uitsondering maak.
- Daarom beskerm die Here jou vandag – in jou moeilike tye.
- Die lewe rondom jou kan ineenstort, tog sal jy vasstaan.
- Gryp die dag aan en leef voluit.
- Niks kan jou uit die Vader se hand ruk nie (Joh. 10:28-30).
Gebed
Liewe Vader, help my om U werk in geloof raak te sien sodat ek U sal eer.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


