Verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.
Rom. 12:12
1 Junie – Maandag โ Polisiemag
Ons dra vandag elke polisielid aan U op en vra U hand van bewaring oor hul lewe en hul gees. Gee dat hul familie sal weet dat U ook daar by hulle sal wees en bedank ons U dat U na hulle omsien, soos hulle na ons welsyn omsien.
2 Junie โ Dinsdag โ Leraars
Ons vra vandag dat U ons leraars bystaan en vir hulle die Woord oopbreek sodat hulle insig sal hรช rondom U boodskap en U wil en dat hulle dit met die regte insig sal oordra.
3 Junie – Woensdag โ Siekes
Ons bid vandag vir alle siek mense en allerhande soorte siektes van ons tyd en bid dat hulle die nodige geduld sal hรช om dit te hanteer en ook bid ons vir U genesende hand oor elkeen.
4 Junie – Donderdag โ Sosiale media
Ons bid vandag dat mense sosiale media nie sal misbruik nie of dalk heeldag dit doen en heeltemal vergeet om tyd saam met Jesus deur te bring nie.
5 Junie – Vrydag โ Gaan uit en vertel!
Jesus self gee vir ons instruksies. Hy belowe dat Hy die Heilige Gees opdrag sal gee om woorde in ons mond te lรช as ons getuig. Luk. 21:12-15.
6 Junie – Saterdag โ Innovation for the Blind
Ons dank u, Vader, dat ons kan sien. Mรดre is daar โn spesiale offer en vra ons U dat U die bydraes van die gemeente sal seรซn vir hierdie verdienstelike beweging.
7 Junie – Sondag โ Biddag vir die blindes
โVader, ons kom dank U dat ons geseรซnd is om te kan sien. Ons bid vir mense wat nie kan sien nie of moeilik kan sien en ons kom dra hulle nood aan U op en vra dat U hulp sal stuur.โ
8 Junie – Maandag โ Sendingwerk
Ons bid vir ons sendingwerkers wรชreldwyd wat onverpoos die Here se woord en liefde verkondig. Ons bid dat hulle die nodige geldelike ondersteuning sal kry, maar ook geestelik nie afgemat sal word nie.
9 Junie – Dinsdag โ Finansies
โHere, Ons bring ons finansies na U. Help ons om dit aan te wend met die nodige sorg en ons vra U seรซn op ons handewerk, sodat ons ons families kan versorg, maar gee ons ook die moed om U werk met ons tiende te seรซn.โ
10 Junie – Woensdag โ God se liefde
Wie kan ons van die liefde van Christus skei? โVader, U is daar vir ons en het vir die Israeliete in die woestyn versorg en U beloof dat U ook nou na ons sal omsien. Vader, ons dank U daarvoor.โ (Rom. 8:35).
11 Junie โ Donderdag โ Ongelowige vriende
Nie almal is โn gelowige nie en vra ons dat ons gebed sal wees vir vriende wat nie glo nie en dat Jesus en die Gees ons sal lei om met ons optrede en woorde hulle na Jesus sal lei. Ons vra ook dat ons Jesus se skild teen die aanslae van die vyand sal gebruik.
12 Junie – Vrydag โ Offer vir Jeugwerk Sondag
Ons vra vandag dat U die gemeente se harte en hande sal oopmaak vir die bydrae vir die jeug op Sondag en dat die fondse op die regte plekke aangewend sal word.
13 Junie – Saterdag โ Biddag vir Jeug en Kategese
Mรดre is dit biddag vir die jeug en vir kategese en vra ons, Here, dat u met ons jeug sal wees en vra ons ook dat hulle getrou die kategese sal bywoon en so meer van u kan leer en dat hulle getroue apostels van U sal raak.
14 Junie โ Sondag โ Vadersdag
Ons kom sรช vandag dankie vir pappas en instaan pappas en vir die leiding wat hulle in hulle gesinne bied. Praat met hulle harte Here, en lei hulle om โn voorbeeld en steunpilaar vir hulle families te kan wees.
15 Junie – Maandag โ Kinders
Vader, ons bid vir ons kinders in Suid-Afrika en ons vra dat waar hulle vandag n ekstra afdag het, dat U die rus vir hulle sal seรซn en dat hulle uitgerus weer met nuwe krag hul skooltake sal aanpak op Woensdag.
16 Junie – Dinsdag โ Jeugdag
Here, ons bid vandag vir ons Jeug en dat hulle by die regte mense sal uitkom wat in โn leiersposisie vir hulle die regte leiding sal gee om respekvolle grootmense te wees.
17 Junie – Woensdag โ VADER
Dankie Vader vir U groot genade dat ons U ons Vader mag noem. Ons wil u Naam verheerlik oor die hele aarde en vertel van U groot mag en krag en U wonderlike Liefde vir die mens.
18 Junie – Donderdag โ My vrese en drome
โHere, U ken my vrese en drome. Ek kom lรช nou my vrese voor U voete neer en vra ek dat U dit sal wegneem en my drome in lyn met U wil bring sodat ander daardeur bemoedig sal word en nader aan U sal kom.โ
19 Junie โ Vrydag – Is jy reg?
Is daar genoeg olie in jou lampie vir die Bruidegom se koms? Ons bid Heer dat U ons sondes sal vergewe en dat ons reg sal wees vir U koms.
20 Junie โ Saterdag โ Leiers
โVader, daar is baie leiers om ons. Leiers in die skool, kerk, dorp, land en in die wรชreld. Hulle besluite raak โn klomp mense om hulle en Vader ons bid dat hulle genoeg goeie oordeel aan die dag sal lรช en dat hulle met insig en kennis hul besluite sal neem en uitvoer.โ
21 Junie โ Sondag โ Jan Kriel-Instituut
Ons bid vir ons mense in die Jan Kriel-instituut wat baie afhanklik is van donasies om die nodige sorg aan die inwoners te verleen. Ons bid dat U die bydraes sal seรซn en dat dit tot groot seรซn vir die Instituut sal wees.
22 Junie – Maandag โ Afhanklikheid van middels
โHere, die lewe is deurmekaar en is baie mense soekend en kom by verkeerde plekke en dinge uit. Ons bid, Vader, verlos die kettings van middel-afhanklikheid van diรฉ wat daaronder gebuk gaan en bevry hulle sodat hulle in U sorg en Lig sal lewe.โ
23 Junie – Dinsdag – Mense wat vervolg word
โJesus, Ons vra dat U met ons mede-broers en -susters in die geloof in vervolgde lande sal wees, waar hulle nie openlik kan bid of oor U kan gesels en getuig van U hulp en liefde nie.โ
24 Junie โ Woensdag โ Mediese personeel
Baie dankie, Heer, vir dokters en ander mediese personeel wat na die siekes omsien. Hulle moet heeldag op en wakker wees en wil ons vra dat U hulle werk sal seรซn, maar dat hulle ook met die nodige empatie hul werk sal verrig en dat die mens belangriker as geld sal wees.
25 Junie – Donderdag โ Familiebande
Kom ons bid vandag vir ons families en familiebande wat maklik kan versuur. Bid dat daar eenheid in die families en huise sal heers en dat families โn voorbeeld van U liefde sal najaag en uitleef.
26 Junie – Vrydag โ Skoolvakansie
โVader, ons bid dat U die leerkragte sal seรซn met rus of ook hul sal seรซn waar hulle op die paaie gaan om sport by te woon of te bestuur. Ons bid ook, Vader, dat U ons kinders sal vashou in U Hand en hulle sal bystaan en rus sal verleen.
27 Junie – Saterdag โ Gemeentebediening
Ons gemeente het baie nood en vra dat die getuienisbediening moet uitreik en help met die nodige asook die Boodskap van hoop. Ons bid dat daar altyd genoeg voorraad in die โkasteโ van die kerk sal wees om die hoop te versprei.
28 Junie – Sondag – Ondersteuningsbediening
โHere, soos hierbo ook genoem, help ons gemeente om die nood raak te sien en mildelik te gee waar hulle sien nood bestaan. Laat hulle bydraes ook by die regte persone uitkom om so ook tot opbou van die gemeente te wees.
29 Junie – Maandag โ Radio Feba
Die Radio word gebruik om uitreike te doen. Ons bid ook dat die Goeie Nuus Boodskap by almal sal uitkom en in โn goeie gees ontvang sal word en dat hulle so tot bekering sal kom.
30 Junie – Dinsdag โ Besluite
Liewe Vader, ek wil nie net besluite neem en my kop stamp nie. Laat ek volgens U wil bid en in U spoor loop sodat ek die regte optrede aan die dag sal lรช en so U Naam verheerlik.























