Gebedsgids Julie 2024

Gebed

GEBEDSGIDS – JULIE 2024

Voor hulle nog roep, sal Ek antwoord, terwyl hulle nog praat, sal Ek hulle gebed verhoor (Jes 65:24).

Maandag 1 Julie – Volhard in gebed

Ons prys die Here vir soveel lewens en gesindhede van mense wat Hy elke dag verander as gevolg van volgehoue gebed. Dank Hom vir getroue bidders en hou aan om die Here te vertrou vir wysheid en insig om mense se geestelike behoeftes met liefde en begrip aan te spreek.

Dinsdag 2 Julie – Gevangenes

Lees meer “Gebedsgids Julie 2024”

Gebedsgids vir April 2024

Gebed

GEBEDSGIDS – APRIL 2024

Ef 6:18. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

Maandag 1 April – Gesinsdag

Gesinne is vir God belangrik. In die Ou Testament vind ons baie voorskrifte dat kinders kennis en godsdienstige gebruike van God se weë met sy volk sal eerbiedig en oordra aan die volgende geslagte. Kom ons bid dat ook ons as gesinne saam die Here sal ken en dien.

Dinsdag 2 April – Die Owerheid

Lees meer “Gebedsgids vir April 2024”

Wêreld biddag vir vroue: 1 Maart 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

“Ek smeek jou… Aanvaar mekaar in Liefde”

Datum: 1 Maart 2024 ​

Tyd: 16:00

Plek: Nederduits Gereformeerde Kerk Groot-Brakrivier

Program geskryf deur: Ekumeniese Christen Palestynse vroue

Agtergrond

1 Maart 2024 ​

Hietdie program versoek ons om mekaar in liefde te aanvaar, ten spyte van alle probleme en ondrrdrukking. Die program is geskryf deur ‘n groep ekumenise Christen Palestynse vroue in antwoord op Eff. 4:1-7 (“Daarom spoor ek julle aan, ek, wat ter wille van die Here ‘n gevangene is, om so te leef dat julle die roeping waarmee julle geroep is, waardig is: deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, 3 en julle daarop toe te lê om die eenheid wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede – een liggaam en een Gees, soos julle ook deur julle roeping tot een hoop geroep is: een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in almal is. Maar aan elkeen van ons is ‘n genadegawe geskenk, soos Christus dit uitgedeel het.“). Ons het die gedeelte saam oordink vanuit die konteks en onmoontlike moeilike omstandighede van ons Palestynse Christen vroue. Ons hoop om ander vroue dwarsdeur die wereld te inspireer om mekaar te verdra in liefde ten tye van nood en swaarkry.

​Bybelstudie

“Daarom spoor ek julle aan, ek, wat ter wille van die Here ‘n gevangene is,* om so te leef dat julle die roeping waarmee julle geroep is, waardig is:* 2 *deur mekaar met volkome nederigheid en saggeaardheid, en met geduld in liefde te verdra, 3 *en julle daarop toe te lê om die eenheida wat die Gees bewerk, te bewaar deur die band van vrede –” Eff 4:1-3 (2020 vertaling)

Effesiers word beskou as een van Paulus se“tronk briewe”, geskryf in Rome ongeveer 60-61 NC. Paulus het hierdie briewe geskryf om die Christen gemeenskap se geloof in Jesus Christus, die genade van God en die werk van die Evangelie te versterk. Hy het ook geskryf om hulle aan te moedig om vol te hou met hulle werk en in hul leefwyse, in onderdanigheid aan God en mekaar en in diens van God se verlossende genade. Die brief van Effesiers dra dus ‘n tema van vermaning en versekering.

Die eerste drie hoofstukke van Effesiers verduidelik God se verlossing en die gawe van Eenheid, terwyl die laaste drie hoofstukke die reaksie van die gelowiges op God se plan van verlossing beskryf. Hierdie jaar se Wereldbiddag program kom vanuit die eerste ses verse van hoofstuk vier. In hierdie verse, moedig Paulus die Effesiers aan om heilig te lewe in ootmoed, om mekaar te aanvaar en te verdra in nederigheid en liefde, om die gawe van eenheid wat God gegee het te kan behou. Paulus herinner die Effesiers dat God beide die nie-Jode en die Jode red en dus mense van uiteenlopende en versillende agtergronde saambring in die gedeelde belofte van verlossing deur Jesus Christus aan alle lede van Sy kerk. Paulus versoek die Effesiers dringend om ‘n lewe waardig aan die roeping wat hul ontvang het te lewe, as verenigde lede deur Christus se verlossings werk.

Hierdie roeping is nie maklik nie. Dit vereis geduld, self-verloening, en liefde. Paulus herinner die Effesiers om een te wees in gees deur die hoop wat hulle deel in Christus. En soos ons Christene versprei deur die wereld kan ons ook ons eenheid en hoop vind in hierdie teksverse. ​

Geskiedenis en Kultuur

Wie van julle het nog nie gehoor van hierdie klein stukkie land in die Midde Ooste, wat vir oor die 3000 jaar belangrik was vir drie monoteïstiese gelowe: Judaisme, die Christelike geloof, en die Islamitiese geloof.

Hoewel die streek baie ouer is, en vele name gehad het, afhangend van die volke wat verskillende tye in die land gevestig het. Die land is gevoed deur ‘n verskeidenheid van civilizations en strukture as gevolg van sy strategiese posisie tussen drie kontinente: Asia, Afrika en Europa.

In 1967, toe Israel die Palestynse gebiede beset het, het Western magte die streek die West Bank genoem, omdat dit op die westelike oewer van die Jordana Rivier gelee is. Na die Oslo Ooreenkomste van 1993-1995, was die Wes Bank verdeel in Areas A, B en C. Om te reis tussen hierdie areas van die Wes Bank, moet Palestyne deur kontrolepunte gaan.

Vanaf Julie 31, 2019, het 138 van die 193 Verenigde State (UN) lede state Palestina as staat aanvaar, en die Palestynse vlag wapper nou buite die Verenigde State.

Daar is ‘n persepsie/geloof deur die wereld heen dat die vroue van die Midde Ooste passief, stil en nie invloed het nie. Alhoewel, die rol van die vroue in Palestina (beide histories en in moderne tye) is aktief en invloedryk. Hulle is standvastig, sterk en moedig.

Alhoewel Palestynse vroue ‘n belangrike rol in die sosiale sisteem speel, is daar plek vir verbeterde toestande. Sommige van die Protestantse kerke het onlangs begin verbeter aangaande geslags kwessies, soos die ordening van Sally Azar as die eerste Palestynse vroulike pastoor in Palestinia getuig.

Meer oor die Kuns en Kunstenaar

Foto van Halima Aziz (geb. 1999 in Hagen, Duitsland) is ‘n passievolle Palestynse visuele kunstenares en ontwerp student gebaseer in Duitsland.

Sy het haar kinderdae in Palestina deurgebring. Halima het die oorlog van 2008 indie Gaza strook beleef en oorleef. In 2009 het sy terug getrek na Duitsland. Hierdie kunswerk is spesiaal gemaak vir die Wereldbiddag vir vroue. Die kunswerk verteenwoordig drie Palestynse vroue wat saam bid in ‘n vredevolle plek in die natuur. Haar werk vertoon verskillende motiewe en simbole wat die oorsprong en die samehorigheid van hierdie vroue aantoon.

Olyfbome en takke is ‘n teken van ewigdurende en oorvloedige lewe, aangesien hulle vir duisende jare kan leef.

Die goue wortels onderskryf die feit dat die Palestyne sal voortleef en bestaan, sodoende sal hulle opstaan vir hulle regte en vryheid. Papawer blomme is volop en betekenisvol vir die Palestynse bevolking. Dit herinner Palestyne aan geliefdes wat hulke lewe opgeoffer het vir hul land.

Die vrou dra tradisionele Palestynse rokke met die ‘tatreez’ (borduurwerk) ‘thobe’ (rokke) of die wit serp en die sleutels is ‘n simbool van hoop om terug te keer na Palistina.

‘n Voorsmaak van die Musiek

Yarabba ssalami (God of Peace) – Traditional Palestinian Song

I Urge You (Composed especially for the 2023 WDP Program) – Najwa Hashweh Azazian

Your Word Lights the Path – Luai Zaher and Rabab Zaitoun

Addisionele inligting

Op 2 December 2023, WDPIC, in samewerking met die WDP Palestina Kommittee, het ‘n Globale Gesprek gehad gebaseer op die WDP 2024 program met die tema, “Ek smeek jou… Aanvaar mekaar in Liefde” (Eff. 4:1-3).

Dit was’ n wonderlike geleentheid vir die Kommitee om hulself voor te stel en hul ervaring tydens die ontwikkeling van die program vir 2024, asook die huidige situasie in Palestina.

World day of prayer: 1 March 2024 – I beg you… bear with another in love.

I Beg You… Bear With One Another in Love”

Date: March 1, 2024 ​

Time: 16:00

Place: Dutch Reformed Church Groot-Brakrivier

Program written by: Ecumenical Christian Palestinian women

Background

March 1, 2024 ​

This program calls us to bear with each other in love, despite all difficulties and oppression. The program was written by a group of ecumenical Christian Palestinian women in response to the passage from Ephesians 4:1-7. We reflected collectively on this theme from the context of our suffering as Palestinian Christian women. We hope to inspire other women around the world to bear with one another in love during troubled times.

​Bible Study

“I therefore, the prisoner in the Lord, beg you to lead a life worthy of the calling to which you have been called, with all humility and gentleness, with patience, bearing with one another in love, making every effort to maintain the unity of the Spirit in the bond of peace.” Ephesians 4:1-3 (NRSV)

Ephesians is considered one of Paul’s “prison letters,” written in Rome around 60-61 CE. Paul wrote this epistle to strengthen the community of faith in Christ, the grace of God and the Gospel. He also wrote to encourage them to continue their work of living in holiness and service in response to God’s saving grace. Ephesians therefore carries themes of exhortation and assurance.

The first three chapters of Ephesians discuss God’s salvation and the gift of unity, while the last three chapters describe the response of believers to God’s plan of salvation. This year’s World Day of Prayer program comes from the first six verses of chapter four. In these verses, Paul encourages the Ephesians to live a sanctified life, bearing with one another in humility and love in order to maintain the gift of unity that God had given them. Paul reminds the Ephesians that God chose both Gentiles and Jews to be saved, bringing together people of very different backgrounds through the shared promise guaranteed by Christ to all the members of his church. Paul urges the Ephesians to live a life worthy of the calling they received, as people united with one another through Christ’s saving work.

This calling is not easy. It requires patience, self-denial, and love. Paul reminds the Ephesians to be united in one spirit by the hope they share in Christ. And so, we Christians spread throughout the world, can also find our unity and hope in this text. ​

History & Culture

Who among you has not heard of this tiny spot in the Middle East, that for over 3000 years has been significant to three monotheistic religions: Judaism, Christianity, and Islam.

However, the region is much older and has had many names, depending on the many tribes that have settled at different times in the land. The land has been nourished by an unfolding series of civilizations and structures because of its strategic position as a crossroad to three continents: Asia, Africa and Europe.

In 1967, when Israel occupied the Palestinian territories, Western powers called the region the West Bank, because it was on the west bank of the Jordan River. After the Oslo Accords of 1993-1995, the West Bank was divided into Areas A, B and C. In order to travel between any of the areas in the West Bank, Palestinians must go through checkpoints.

As of July 31, 2019, 138 of the 193 United Nations member states have recognized Palestine as a state, and the Palestinian flag now flies outside of the United Nations.

There is a perception/belief around the world that women in the Middle East region are passive, silent, and non-influential. However, the role of women in Palestine (both historically and in modern times) is active and influential. They are steadfast, strong and courageous.

Although Palestinian women have played an influential role in society, there is still room for better conditions. Recently, some Protestant churches have progressed on gender issues, such as ordaining Sally Azar as the first Palestinian female pastor in Palestine.

About the Art & Artist

PictureHalima Aziz (b.1999 in Hagen, Germany) is a passionate Palestinian visual artist and design student based in Germany.

She spent her childhood in Palestine. Halima experienced the war in Gaza in 2008 and survived it. In 2009 she moved back to Germany. This artwork is made in honor of the World Day of Prayer. Through her artwork, Halima represents three Palestinian women praying together in nature in a peaceful place. In her work, she has different motives and symbols that indicate the origin of these women and their cohesion​.

Olive trees/ branches are a sign of everlasting and abundant life because they can live for thousands of years.

The golden roots are underlining the fact that the Palestinians will always exist and as they exist, they will always resist for their rights and freedom. Poppy flowers are abundant and meaningful to Palestinians. They remind Palestinians of loved ones who have given their lives for their country.

The women are wearing traditional Palestinian dresses like the tatreez (embroidery) thobe (dress) or the white scarf. And the keys are a symbol of the hope to return back to Palestine.

A Taste of Music

Yarabba ssalami (God of Peace) – Traditional Palestinian Song

I Urge You (Composed especially for the 2023 WDP Program) – Najwa Hashweh Azazian

Your Word Lights the Path – Luai Zaher and Rabab Zaitoun

Aboun d’Bishmayo (Lord’s Prayer in Aramaic) – Latin Patriarchate & George Salsa

Additional Materials

On December 2 2023, WDPIC, in collaboration with the WDP Palestine Committee, hosted a Global Conversation based on the WDP 2024 program and theme, “I Beg You… Bear With One Another in Love” (Ephesians 4:1-3).

It was a great opportunity for the writing committee to introduce themselves and their experience developing the program for 2024, as well as the current situation in Palestine today.

Gebedsgids Februarie 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier

GEBEDSGIDS
FEBRUARIE 2024

Gebed verander alles.
Moenie angstig wees nie. Bid tot God.
As God vir ons is, wie kan teen ons wees.
Sy genade is genoeg.


1 Februarie – Donderdag – Mense op straat
Ons bid vandag in die besonder vir die sendelinge en predikers en hulpwerkers wat op straat die mense help en leiding gee. Mag hul elke dag God se nabyheid ervaar, en die wonderwerke waarvoor hulle bid raaksien in die straatmense se lewens.
2 Februarie – Vrydag – Kragvoorsiening

Lees meer “Gebedsgids Februarie 2024 – NG Kerk Groot-Brakrivier”

Gebedsgids vir Januarie 2024

GEBEDSGIDS – JANUARIE 2024

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. (Filippense 4:6).

Maandag 1 Januarie – Wees getrou hierdie Jaar

Ons dank God vir getroue bidders en vra vir volharding, wysheid en insig om te soek na Sy wil. Prys die Here vir soveel lewens en gesindhede van mense wat Hy verander as gevolg van volgehoue gebed.

Dinsdag 2 Januarie – Getuienisbediening

Lees meer “Gebedsgids vir Januarie 2024”

Gebedsgids Desember 2023 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Gebed Foto deur Ivan Samkov: https://www.pexels.com/photo/woman-in-gray-knit-sweater-praying-6436311/

Vrydag, 1 Desember: Vakansiemaand

Dit is vakansiemaand in Suid-Afrika. Almal is in ‘n vrolike gees en der duisende mense durf ons paaie aan, geniet ons strande, kuier by familie, kuier by ouers of kinders en dit is so maklik om van ons Skepper te vergeet. Kom ons bid vir die veiligheid van elke vakansieganger en dat die Heilige Gees met elke persoon sal wees en sodoende ‘n verantwoordelikheid in elke persoon sal vaslê.

Saterdag, 2 Desember: Eensaamheid

Lees meer “Gebedsgids Desember 2023 – NG Kerk Groot-Brakrivier”

Gebedsgids vir November 2023 – NG Kerk Groot-Brakrivier

Gebed

GEBEDSGIDS – NOVEMBER 2023

Jesus het vir hulle ‘n gelykenis vertel om duidelik te maak dat ‘n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word. (Luk 18:1)

Woensdag, 1 November Eksamentyd

Ons kinders is reeds besig met eksamen. Bid vir elkeen, maar in besonder vir ons matrieks, dat hulle ook kan sê: “Dit is goed om elke môre van God se liefde te getuig.” (Ps 92:3)

Donderdag, 2 November Oorstromings

Baie dorpe sukkel nog om paaie en geboue te herstel na die onlangse vloede. Kom ons bid dat hulle nie moedeloos en ongelowig word nie. Dank die Here vir elkeen wat kos en warm klere voorsien het.

Vrydag, 3 November Veldbrande

Dit is met hartseer dat ons hoor en sien hoe groot dele van ons land deur veldbrande verwoes is. Bid vir ons boere wat nie net veld nie, maar ook baie diere verloor het. Bid vir plaaswerkers wat moontlik afgedank moet word omdat daar nie nou vir hulle werk op die plase is nie.

Saterdag, 4 November Omgeebediening

Kom ons dank die Here vir die groot werk wat ons Omgeebediening in ons gemeente doen. Ons bid vir Corrie Pieters en haar span vir wysheid met die werk en dat die Here vir hulle duidelik sal wys waar hulp nodig is.

Sondag, 5 November Geopende Deure

Afrika suid van die Sahara was vroeër ‘n uitstekende toeriste bestemming. Met die agteruitgang van die veiligheidsituasie word godsdiensvryheid drasties ondermyn. Bid ernstig vir Evangelieverspreiding in die hele Afrika, deur Geopende Deure se voltydse lede.

Maandag, 6 November Afsluiting van Bybelstudie

Dank die Here vir Bybelstudieleiers wat die afgelope maande getrou in Sy diens gestaan het. “Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof Sy heilige Naam!” (Ps 30:5)

Dinsdag, 7 November Kerkraad

Bid vir ons leiers in die gemeente vir wysheid met die beroep van ‘n tweede leraar: dat dit die regte persoon sal wees tot eer van die Here.

Woensdag, 8 November Dankbaarheid

Ons dank die Here vir elke gemeentelid wat uitreik na mense in nood en wie se harte oop is vir die sending en ander instansies. Mag ons gemeente met wysheid gelei word waar om te help.

Donderdag, 9 November Getuienisbediening

Kom ons dra ons Getuienisbediening aan die Here op. Dankie vir die goeie werk wat hulle in Wolwedans en ook op ander plekke doen. Ons bid vir Emile Hurter en sy span vir leiding.

Vrydag, 10 November Werkloses

Kom ons bid vir duisende mense in ons land wat werkloos is. Bid dat die Vader die situasie in ons land sal verander – dat werk geskep sal word en dat mense wat werk kry, dit sal oppas.

Saterdag, 11 November Naasteliefde

Ons vra vandag vir ‘n gesindheid van liefde en rustigheid in ons mooi land. Gee dat politieke- en gemeenskapsleiers asook verskillende rassegroepe die wysheid sal ontvang om mekaar beter te verstaan en lief te hê.

Sondag, 12 November Kinderdankoffer

Vandag bid ons spesiaal vir ons kinders in die gemeente. Mag dit vir elkeen van hulle ‘n voorreg wees om hul dankoffers vir die Here te gee.

Maandag, 13 November Polisie

Bid dat daar oplossings gevind word vir die deeglike opleiding en beskerming van ons polisie. Hulle word ingestuur om vrede en orde te herstel, maar boet dikwels met hul lewe daarvoor.

Dinsdag, 14 November Nooddienste

Terwyl die vakansietyd nader kom, bid ons vir alle nooddienste, mediese dienste en ook geestelike dienste wat daarvoor gereed maak. Gee dat hierdie tyd ook tot eer van U Naam sal wees.

Woensdag, 15 November Kerkraadsvergadering

Dank die Here vir ons leraar, vir elke kerkraadslid, en vir elkeen wat in ons gemeente ‘n bydrae lewer om die Woord te verkondig en uit te leef.

Donderdag, 16 November Godsdiensvryheid

Dankie Vader dat ons in hierdie land nog vryelik en onbevrees kan aanbid. Ons bid baie ernstig vir mede-gelowiges in geslote lande waar Christene vervolg, gemartel en vermoor word. Gee U aan hulle vertroue en vertroosting.

Vrydag, 17 November Getuienis

Vader, wil U ons gedurig daaraan herinner dat ons volkome van U afhanklik is. “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.” (Mat 5:3) Gee dat ons so sal lewe dat ander vir Jesus in ons sal sien.

Saterdag, 18 November Kanker

Elkeen van ons ken iemand, of is verwant, aan iemand met kanker. Mense wat aan hierdie gevreesde siekte (of ander ernstige siekte) ly, het ons voorbidding baie nodig. Dra hulle aan die Here op.

Sondag, 19 November Biddag vir Beskermingsdienste

Dank God vir ons polisie en weermag wat mense beskerm. Bid dat ons sal onthou “God is vir ons ‘n toevlug en beskerming. Hy was nog altyd bereid om te help in nood.” (Ps 46:2)

Maandag, 20 November Lewenskoste

Vader, ons bid vir ons land en sy mense aangesien lewenskoste al hoe hoër word. Baie mense word moedeloos omdat hulle hul werk verloor en nie hul gesinne kan onderhou nie. Ons bid vir hulp en vertroosting.

Dinsdag, 21 November Boere-gemeenskap

Ons bid vir ons boere wat met uiterste weersomstandighede te doen kry. Verder ondervind hulle dikwels veediefstal asook veldbrande. Dankie, Here, vir elke boer wat volhard om voedsel te produseer.

Woensdag, 22 November Kerk in Buiteland

Baie van ons gekwalifiseerde jonger mense gaan in die buiteland werk. Bid dat die Here hulle sal gebruik om ook Sy getuies te wees.

Donderdag, 23 November Geweld

Min of meer elke nuusuitsending begin met geweldsverslag. Op die Kaapse Vlakte word heen-en-weer-skietery duidelik vertoon. Kinders word raak geskiet. Baie mense is bevrees om op straat te stap. Bid dat die Here ons polisiemag sal bewaar en sal lei om daar veiligheid te skep.

Vrydag, 24 November Televisie en Rekenaars

Dit is vir ouers moeilik om te kontroleer waarmee hul kinders op televisie en rekenaars besig is. Bid dat ouers ook hierin vir hul kinders duidelik sal lei. “Kinders, wees in alles aan julle ouers gehoorsaam, want die Here verlang dit van kinders wat in Hom glo.” (Kol 3:20)

Saterdag, 25 November Eredienste

Bid vandag ernstig dat die Here mense na geestelike byeenkomste sal stuuren dat elkeen wat DV môre die Woord verkondig, biddend sal voorberei.

Sondag, 26 November Kerssangdiens

Kom ons loof Jesus met ons hart en verstand. Jesus, ons loof U! Jesus, ons prys U! Laat ons met eng’le ‘n loflied sing Nie meer verlore; U is gebore; Ontvang die dank wat ons U bring!

Maandag, 27 November Leiers

Kom ons bid vandag vir al ons leiers: staatsleiers, maar ook geestelike leiers, dat hulle die Here as hul Leier sal dien. “Moenie van mekaar kwaadpraat nie. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet… (Jak 4:11)

Dinsdag, 28 November Veiligheid

Gedurende vakansietye gebeur meer padongelukke. Bid dat die Here sy kinders sal bewaar: dat ons geduldig sal wees op die pad, nie onder die invloed van drank bestuur nie en spoedbeperkings sal gehoorsaam. “Die Here beskerm jou, die Here bewaar jou van alle gevare.” (Ps 121:5)

Woensdag, 29 November Eensames

Here, dis so wonderlik om ons familie naby ons te hê. Maar ons bid vandag vir so baie gemeentelede wat alleen in hul huisie of kamer woon. Laat ons Ps 25:16 vir hulle bid: “Sien my in genade aan, Here, want ek is eensaam en verstote.”

Donderdag, 30 November Waak en Bid

Gedurende vakansietyd is baie mense geneig om minder na eredienste te gaan. Bid dat ouers vir hul kinders ‘n voorbeeld sal wees. “Omdat julle kinders van God is…, moet julle sy voorbeeld volg. (Efes 5:1)

GEBEDSGIDS OKTOBER 2023

Gebed

Gebed verander alles.
Moenie angstig wees nie.
Bid tot God.
As God vir ons is,
wie kan teen ons wees.
Sy genade is genoeg.

1 Oktober – Sondag- Eljada Nasorg

Ons gee vandag ons spesiale kollekte vir Eljada in Oudtshoorn wat hierdie spesiale werk verrig. Bid dat die hande en harte oop sal wees vir hierdie saak en dat daar ‘n groot kollekte ingesamel sal word.

2 Oktober – Maandag – Bejaardes

Gister was biddag vir bejaardes en wil ons vandag spesiaal dink aan al ons bejaardes. Bid dat hulle nie alleen sal wees nie en dat hul in die besonder ook sal uitreik na vriende en familie en ‘n gees van positiwiteit sal aankweek.

3 Oktober – Dinsdag – Polisie

Ons dra vandag alle lede van die polisiemag op aan die sorg van die Here en bid dat hulle hul werk met die nodige sorg sal verrig en dat die Hand van die Here hul veilig sal bewaar waar hulle in groot gevaar verkeer in hul daaglikse werk.

4 Oktober – Woensdag – Bybelvertaling

Daar is miljoene mense wat nog nie een woord van die skrif in hul eie taal gehoor of gelees het nie. Bid dat die Bybel binnekort in meer tale vertaal sal word.

5 Oktober – Donderdag – Mediese personeel

Bring mediese personeel in hospitale, noodeenhede en nasorg fasiliteite in gebed na God. Bid vir hulle vir krag, akkurate diagnoses, geduld en liefdevolle sorg aan hul pasiënte.

6 Oktober – Vrydag – Moslems

Vandag is dit die Moslems se “kerkdag”. Bid dat hul die woord sal hoor en tot inkeer sal kom. Ons bid ook vir die baie bekeerde Moslems wat nie in hul eie huise en families aanvaar word nie, maar daagliks vervolg word.

7 Oktober – Saterdag – Studente

Bid vir werksgeleenthede vir die studente wat hulle studies voltooi en hul grade, diplomas of sertifikate sal ontvang. Bid ook dat hulle hul lewe en toekoms aan God sal toevertrou vir die regte geleenthede en leiding.

8 Oktober – Sondag – Alta du Toit Skool

Alta du Toit versorg kinders van klein tot 18 jaar. Bid dat mense se harte sal oopgaan en sal help deur te bid, skenkings te gee, te help met huiswerk, handvaardighede, klere, biblioteek, toiletware asook skryfgoed en speelgoed. Bid ook dat die mense se harte sal oop wees en mildelik sal gee by vanoggend se spesiale offer by die kerk.

9 Oktober – Maandag – MIV/Vigs

Hou asseblief aan om te bid vir mediese deurbrake in die behandeling van MIV/VIGS. Bid vir die wat geïnfekteer is vir ‘n geleentheid om die Here Jesus persoonlik te leer ken.

10 Oktober – Dinsdag – Skole heropen

Bid vir die leerders en leerkragte dat hulle hul werk met entoesiasme sal voltooi vir die laaste kwartaal. Ons bid ook spesifiek vir die matrieks waar hul eindeksamens nou sal plaasvind.

11 Oktober – Woensdag- Werkskepping

Diefstal vier hoogty a.g.v. ‘n tekort aan werk en bid ons dat daar werkskepping sal plaasvind maar dat die mense wat nie werk het nie, ook hul kant sal bring indien hul ‘n werk ontvang om dit met die nodige aandag te verrig.

12 Oktober – Donderdag – Woorde en Dade

Kom ons bid vandag dat ons dade en ons woorde ooreenstem, laat ons met ons verlede breek en ‘n bewustelike keuse maak om ‘n verskil te maak daar waar ons is.

13 Oktober – Vrydag – Families

Bid vandag vir huwelike, verhoudings tussen ouers en kinders, asook tussen kinders onder mekaar. Bid vir sagte harte in die daaglikse omgang met mekaar.

14 Oktober – Saterdag – Kerkbywoning

Na Covid is baie mense nie genoop om die kerkdienste by te woon nie. Ons bid dat daar weer ‘n gees van samesyn en vriendskap sal ontstaan wat die mense na die kerk sal lei waar hul weer die Here kan bedien met lofprysing en sang.

15 Oktober – Sondag – Gideons

Die Gideons reik uit na mense wat nie die woord van God ken nie deur onder andere Bybels te versprei. Ons bid dat hulle werk geseën sal word en dat die plekke waar hulle uitdeel hulle goedgunstiglik sal ontvang.

16 Oktober – Maandag – Christene in die Midde-Ooste

Bid asseblief vir alle Christene wat in die Midde-Ooste en Asië woon om steeds met vrymoedigheid van die liefde van Christus teenoor ander te getuig en dat hulle sal getrou bly aan die Here.

17 Oktober – Dinsdag – Rasseverhoudinge

Ons bid, Heer, dat daar ‘n positiewe gesindheid sal heers tussen die verskillende rasse op Grootbrak en dat hulle in vrede en liefde sal saamleef.

18 Oktober – Woensdag – Geestelike leiers

Vandag bid ons in besonder vir ons geestelike leiers en leraars in ons Ring – vir hulle gesinne, hulle gesondheid, hulle huwelike en bid ons teen aanvalle van die Bose, kritiek, misverstande, moegheid en dat hulle harte met God se liefde vervul sal wees.

19 Oktober – Donderdag – Gevangenes

Bid dat gevangenes, veral jongmense, ‘n persoonlike openbaring van die liefde van Christus sal ervaar. Ons bid dat hulle harte ontvanklik sal word en dat hulle gewillig sal wees om te leer en getrou aan die rehabilitasie projekte sal deelneem.

20 Oktober – Vrydag – Verslawing

Ons bid vir soveel mense wat vasgevang is deur een of ander vorm van verslawing soos alkohol, dwelms, kos, tegnologie of slegte gewoontes. Vra vir die oortuiging van die Heilige Gees om hulle uit die duisternis na die lig te bring.

21 Oktober- Saterdag – Ons Middelpunt

Bid dat ons gemeente elke dag van die week en nie net Sondae, alle eer aan ons Hemelse Vader sal gee en besef dat Hy die middelpunt van alles en elkeen is.

22 Oktober – Sondag – Aarde

Laat ons vandag dink aan ons aarde en dat die mens wat aangestel is om die aarde te beskerm, sal optree met die nodige sorg en ook almal sal bewus maak van ons aarde se bronne se beskerming.

23 Oktober – Maandag – Sendelinge

Ons het baie sendelinge wat ons ondersteun in ons gemeente. Bid asseblief vir almal van hulle en bid ook dat ons gemeentelede sal uitreik na hulle en getrou hul werk sal ondersteun. Bid ook vir geestelike ondersteuning.

24 Oktober – Dinsdag – Radio Feba

Radio Feba doen sending d.m.v. die radio en wil ons bid dat die Here se woord ook so uitgedra sal word na die onbereiktes. Maak hulle harte ook ontvanklik vir die woord wat hulle so ontvang.

25 Oktober – Woensdag- Blokbyeenkomste

Elke Woensdag word Blokbyeenkomste gereël waar ons in kleingroepe bymekaar kom. Bid dat die nuwe intrekkers hier sal inskakel en deel van die gemeente sal word. Laat dit ook ‘n samesyn tussen die wykslede bewerkstellig.

26 Oktober – Donderdag – Regering

Ons bid vandag vir ons Regering (Rom 13 : 1-7). Die owerhede is daar deur God se beskikking. Ons vra ernstig dat U Gees harte en lewens sal verander en dat magsug, hebsug, korrupsie en misdaad uitgeroei sal word.

27 Oktober – Vrydag- Gemeentefees en Konsert

“ Here, ons wil ons lewe aan U wy en wil ons met die konsert ons talent aan U opdra. Ons vra ook dat U elke projek by die fees sal seën en dat die gelde wat so ingesamel word tot U eer aangewend sal word.”

28 Oktober – Saterdag- Kerkprojekte

Ons bid vir alle projekte wat in ons kerk geloods word en dat dit deur U geseën sal word. Ons dank U vir lidmate wat getrou is met die Kategese-klasse, projekte, sopkokers, nasorg-aktiwiteite, gebede groepe en bid vir kreatiewe idees, geduld en liefde om hierdie groot werk te doen.

29 Oktober – Sondag- Kindersorg

Vandag is die spesiale offer by die deure vir Kindersorg en bid ons dat die lidmate mildelik sal gee vir die aanwending by behoeftes waar dit die grootste is.

30 Oktober – Maandag – Sendelinge

Ons bid vandag in die besonder vir die sendelinge en predikers en hulpwerkers wat op straat die mense help en leiding gee. Mag hul elke dag God se nabyheid ervaar, en die wonderwerke waarvoor hulle bid raaksien in die Straatmense se lewens.

31 Oktober – Dinsdag – Eskom

Bid dat Eskom sy probleme sal oorkom en dat die Here al hoe meer son-en windkrag projekte tot stand sal laat kom. Bid dat soortgelyke projekte spoedig voltooi sal word en werk verskaf aan baie mense.

Biddag vir Dowes 3 September 2023

Eerskomende Sondag is Biddag vir Dowes. Ons deel graag met u ‘n kort video wat diversiteit van Dowe persone uitbeeld, asook ons gebed vir hulle. Dowe personeel en meervoudige gestremde- en bejaarde inwoners wys ons hoe uniek, verskillend en waardig hul elkeen is. Hierdie video is deur Dowe personeel by ons Gebaretaalsentrum vervaardig. Besigtig dit gerus hieronder via YouTube.

Ons dank ook elke gemeente wat 3 September deuroffers opneem vir NID en die Bediening aan Dowes, die Here seën u en dra u. Vriendelike groete,

Lees meer “Biddag vir Dowes 3 September 2023”

GEBEDSGIDS SEPTEMBER 2023

Gebed

Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking.

Jak. 5:16

Vrydag 1 September – ‘n Nuwe Maand

Here Jesus, ons wil U loof en eer vir al die seëninge wat ons onverdiend en mildelik van U ontvang. Dankie vir nog ‘n maand wat voor ons lê. Help ons om te volhard in gebed. Ons eer U as die Lewende God, die Almagtige, ons Verlosser, Leidsman en Hoorder van ons gebede.”

Lees meer “GEBEDSGIDS SEPTEMBER 2023”