Skep asem vir vandag: 6 Augustus 2025

Dagstukkies April

6 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om altyd in God se teenwoordigheid te bly. Lees God se Woord vandag – dit is vir jou.

Tema: Bly in God se teenwoordigheid

Teks: “Die magtige teenwoordigheid van die Here het op Sinaïberg gebly… ” (Eks 24:15)

  • Die Here is jou Beskermer, Helper en Versorger.
  • Jy is elke oomblik, elke minuut, uur en dag in die magtige teenwoordigheid van die Here.
  • Leef binne hierdie magtige teenwoordigheid van die Here God.
  • Hy sal jou slegste situasie in die beste situasie omskep.

Gebed 

Liewe Vader, maak my bekwaam om te leef asof ek in U magtige teenwoordigheid is. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 Augustus 2025

Dagstukkies April

5 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om te onthou dat die Here altyd vir jou sal sorg. Dit is ‘n boodskap uit die Bybel vir vandag.

Tema: Die Here sal altyd vir jou sorg

Teks: “Hulle het soos een man gesê: Ons sal alles doen wat die Here beveel het (Eks 24:3)

  • Die Here sal jou altyd beskerm en help.
  • Wees getrou en doen alles wat die Here binne jou vermoë gee om te doen – volg Hom!
  • Elke goeie geskenk kom van Hom af.
  • Jou geloof, vertroue en gehoorsaamheid sal beloon word.
  • Wees gelukkig. Leef met innerlike vrede. Geniet God se rus.

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U Gees my help om U wil te doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Augustus 2025

Dagstukkies April

4 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy sal leer om nie ander se goed te begeer nie. Hier is ‘n boodskap van die Heilige Gees vir jou.

Tema: Woestyntyd – leer om tevrede te wees met wat jy het.

Teks: “Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie…” (Eks 20:17)

  • Die Here gee vir jou besittings, wees tevrede daarmee (Fil 4:11).
  • Ontevredenheid lei daartoe dat jy planne maak om ander se eiendom te neem. Dis sonde.
  • Waardeer eerder iemand anders se eiendom as ‘n geskenk wat hulle van God ontvang het.
  • Dank, prys, loof en eer die Here vir wat jy en ander mense gekry het.

Gebed

 Liewe Vader, help my om tevrede te wees met dit wat U vir my gegee het. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Augustus 2025

Dagstukkies April

3 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy altyd eerlik sal wees. Geniet God se boodskap vandag.

Tema: Woestyntyd – leer om altyd eerlik te wees

Teks: “Jy mag nie vals getuienis teen ‘n ander gee nie” (Eks 20:16)

  • Ons is God se beeld en Sy verteenwoordigers.
  • Hanteer alle ander mense met respek en menswaardigheid.
  • Jy mag niemand voortrek nie, ook mag jy nie valshede vertel nie, of die waarheid verdraai om jouself of vriende te bevoordeel of beskerm nie.
  • God het nie witbroodjies of gunstelinge nie – jy moet ook so optree (Rom. 2:11).
  • God die Regverdige hanteer almal dieselfde, ongeag klas, finansies, ras, kleur of taal.  Bring ‘n glimlag om mense se gesig deur hulle mooi te hanteer. Maak soos die Here maak.

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat ek ook eerlik kan wees.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Augustus 2025

Dagstukkies April

2 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy soos gister, ook sal onthou om ander se besittings te respekteer. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Woestyntyd – leer ander se besittings te respekteer

Teks: “Jy mag nie steel nie” (Eks 20:15)

  • Alles behoort aan die Here; Hy gee aan elkeen soos Hy goed dink om te gee.
  • Alle vorme van onregmatige toe-eiening is diefstal, ook belastingontduiking.
  • Waar armoede tot steel lei, is dit jou verantwoordelikheid om te help.
  • Hoe meer ons mekaar help, hoe minder sal daar diefstal en geweld wees.
  • Hoe meer ons mekaar help, hoe meer geluk en rustigheid sal daar ook wees.

Gebed 

Liewe Vader, gee my genade dat ek ‘n vredemaker sal wees. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 Augustus 2025

Dagstukkies April

1 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy sal leer om ander se besittings te respekteer. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Woestyntyd – leer ander se besittings te respekteer

Teks: “Jy mag nie steel nie” (Eks 20:15)

  • Die Here stel belang in jou doen en late.
  • Soos jy leef, weet dan, die Here besit alle silwer en goud (Spr. 30:8b).
  • Hy gee besittings uit genade, selfs aan sommige meer as ander
  • Jaloesie, gierigheid, nood en honger lei dikwels tot diefstal en onregmatige wins.
  • Deur mekaar te help, verminder jy geweld en diefstal.
  • Deur mense te help bevorder jy vrede in die gemeenskap.

Gebed 

Liewe Vader, gee my genade sodat ek nie steel nie en altyd U wil gehoorsaam. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 31 Julie 2025

Dagstukkies April

31 Julie

EK bid dat jy mense se menswaardigheid sal respekteer. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Respekteer mense

Teks:“Jy mag nie moord pleeg nie” (Eks 20:13)

  • Hierdie opdrag geld vir alle mense met wie jy te doen het.
  • Daardie mense vir wie jy kwaad is, hulle van wie jy nie hou nie en diegene wat jou seergemaak het – die opdrag geld vir julle wedersydse verhouding.
  • Almal het iets van God in ons (Gen 1:27).
  • Almal is God se ambassadeurs en verteenwoordigers.
  • Christusgelowiges soos jy, hanteer alle mense met menswaardigheid.

Gebed

Liewe Vader. dankie vir genade dat U my help om mense met menswaardigheid te hanteer.

Help my om dit te doen.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 Julie 2025

Dagstukkies April

30 Julie

Ek bid dat jy jou huwelik sal beskerm en bewaar. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Respekteer die huwelik

Teks:“Jy mag nie egbreuk pleeg nie” (Eks 20:14)

  • Alle huwelike is ‘n besonderse, diep en onbreekbare eenheid.
  • Hierdie eenheid is die geheim vir jou om gelukkig te lewe.
  • Hierdie eenheid is die grondslag vir jou gesonde gesinslewe.
  • Hierdie eenheid is die hoeksteen vir ‘n stabiele samelewing waarbinne jy leef.
  • Hierdie eenheid is die getuienis van Christusgelowiges sodat die mense ons Goeie liefdevolle God volg.
  • Pas jou huwelik op. Begin vandag weer van voor af daarmee.

Gebed 

Liewe Vader, gee my die krag om my huwelik ‘n diep, besonderse onbreekbare eenheid te maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 Julie 2025

Dagstukkies April

29 Julie

My gebed is dat jy gesag sal rerspekteer. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Respekteer gesag

Teks:” Eer jou Vader en jou moeder…” (Eks 20:12)

  • As jy vir God respek het, sal jy vir gesagsfigure op aarde ook respek hê.
  • Selfs al verskil jy van die gesagsfigure, hanteer hulle steeds met respek.
  • Bid vir alle gesagsfigure, bid vir elkeen wat moet sorg dat alles in die gemeenskap goed verloop (1 Tim 2:2-3).
  • Bid dat daar vrede sal wees, sodat mense tot bekering kan kom.
  • Dan sal dit in jou gemeenskap goed gaan en jy sal gelukkig wees. (1 Tim 2:1-7).

Gebed 

Liewe Vader, maak die mense wat gesag uitoefen wys en eerlik, sodat ons gelukkig kan wees.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 Julie 2025

Dagstukkies April

28 Julie

EK bid dat jy insig sal kry om na jouself om te sien deur jouself geestelik, emosioneel en fisies te versorg. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Herstel jou geestelike, emosionele en fisiese batterye

Teks:” Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. ” (Eks 20:8)

  • God die Vader het ‘n voorbeeld gestel dat almal iewers moet rus – hulself moet versorg (Gen 1:31-2:3).
  • Die meeste van jou konflik, ongelukkigheid en foute ontstaan omdat jy uitgeput is.
  • Rus is nodig vir jou geestelike en verstandelike groei en insig, emosionele en fisiese herstel.
  • Gebrek aan selfversorging en selfdissipline lei tot die dood (Spr. 5:23).
  • Prioriseer jou lewe –rus: geestelik, emosioneel en fisies.

Gebed 

Liewe Vader, gee my die wil en die insig om rusdae soos U dit wil hê, deel van my lewe te maak.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 27 Julie 2025

Dagstukkies April

27 Julie

Mag jy vandag die Here deur jou woorde, denke en dade eer. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou is.

Tema: Gebruik die Here se Naam reg

Teks:” Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie,” (Eks. 20:7)

  • Alles wat jy sê moet van goeie smaak getuig (:Ef. 5:4).
  • Die heilige God moet bly wees oor wat jy sê en dink (Ps. 19:15).
  • Gebruik God se Naam slegs wanneer jy met Hom praat of wanneer jy oor Hom sing.
  • Jy sal die Here God so gelukkig maak. Daarom sal jyself ook gelukkig wees.

Gebed 

Liewe Vader, maak my gewillig om U deur my woorde te eer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 26 Julie 2025

Dagstukkies April

26 Julie

Mag jy vandag met nuwe oorgawe die Here alleen dien. Dit is ‘n besonderse boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Dien net die Here

Teks:” Jy mag naas My geen ander gode hê nie. ” (Eks. 20:3)

  • God is jou Redder, jou Beskermer, jou Versorger.
  • Fokus op die kernsake van die lewe – op God se dinge.
  • Stap agter die Heilige Gees se leiding aan – doen soos Hy in hierdie situasie sou doen.
  • Die Here God is jou Voorloper.

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U voor my uitloop en dat ek U kan volg.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 25 Julie 2025

Dagstukkies April

25 Julie

Mag jy vandag van die emosionele slawerny van bitterheid vergewe word. God het hierdie boodskap spesiaal net vir jou.

Tema: God bevry jou van die slawerny van bitterheid

Teks:“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. ” (Eks 20:1)

  • Baie dinge plaas ‘n binding op jou – gebrek aan ware vergifnis, boekhou van die kwaad wat oorloop tot bitterheid is maar sommige van hierdie sake.
  • God die Redder, bevry jou van al jou sonde teen Hom (Joh. 3:16).
  • Soos jy ander mense vergewe wat teenoor jou verkeerd optree, so vergewe die Vader jou ook (Matt 6:14).
  • Jy is God se spesiale ambassadeur van versoening – wees dan een (2 Kor 5:18-20).
  • Tree elke dag op soos ‘n burger van God se nuwe wêreld.

Gebed 

Liewe Vader, maak my vry van sonde. Laat mense wat teen my sondig, my ook vrymaak.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 24 Julie 2025

Dagstukkies April

24 Julie

Mag jy vandag wysheid kry om jou las ligter te maak en verstandig te beplan. Hier is God se Woord vir vandag.

Tema: Voorkom uitbranding

Teks: “Jy en al hierdie mense by jou sal uitgeput raak…” (Eks 18:18)

  • Dikwels wil jy dinge alleen doen. Jy vertrou nie ander mense nie. Jy dink: Net ek kan hierdie saak reg hanteer.
  • Daar is baie ander Christusgelowiges wat jou kan help – moenie die las alleen dra nie.
  • Jy is nie die enigste persoon met gawes nie. Vra advies en gebruik ander se wysheid en insig.
  • Die Gees se teenwoordigheid in jou en ander gelowiges maak ‘n groot verskil.
  • Daarom sal die Here jou wys wat om te doen – selfs al maak dit nie onmiddellik sin nie.
  • Vertrou Hom! Leef in vrede en hoop! Wees gelukkig!

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ander mense die lewe vir my ligter maak. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 23 Julie 2025

Dagstukkies April

23 Julie

Ek bid dat jy sal begin om vir alle mense van die wonderlike dinge wat God in jou lewe doen te vertel. Geniet God se boodskap wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Vertel van die werk van die Here

Teks: “Daar het Moses vir sy skoonpa alles vertel wat die Here gedoen het ter wille van Israel, en ook van al die ontberings wat die Israeliete op pad gehad het en hoe die Here hulle bevry het.” (Eks 18:8)

  • Wanneer jy God se wonders in jou lewe raaksien, sal jy daaroor praat.
  • Dit sal so goed soos ‘n loflied vir God klink.
  • Van jou geboorte af, deur jou hele lewe, is en was die Here God altyd met jou.
  • Die Here God was nog altyd jou Raadgewer en Beskermer.
  • Beleef die vrede en vreugde wanneer jy oor Sy groot en magtige dade in jou lewe vertel.
  • Dit sal jou gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek oor U kan praat. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 22 Julie 2025

Dagstukkies April

22 Julie

My gebed vir jou is vreugde, vrede, hoop en geluk. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Leer om geloofstoetse te slaag

Teks: “Toe het die volk met Moses rusie gemaak en gesê: ‘Gee jý vir ons water om te drink!'” (Eks. 17:2)

  • Die vierde geloofstoets is skaarsheid aan water.
  • Soms word jy met oënskynlik onmoontlike dinge gekonfronteer.
  • Daar was al soveel geleenthede waar die Here van genade en mag jou gehelp het.
  • Wat jy nie kan doen nie, kan God die Skepper doen.
  • Weet dit: God is met jou. Jy is Sy beminde. Hy is lief vir jou en sorg vir jou.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U in my lewe die onmoontlike moontlik maak. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 21 Julie 2025

Dagstukkies April

21 Julie

Mag jy vandag glo dat jy in God se hande veilig is. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: God sorg wanneer jy honger is

Teks: “As ons maar liewer in Egipte omgekom het deur die hand van die Here terwyl ons by die vleispotte kon sit en oorgenoeg kos kon hê om te eet!” (Eks. 16:3)

  • Die Israeliete dop die derde geloofstoets (honger).
  • Tog het die Here al soveel wonderwerke vir hulle (en jou) gedoen.
  • Die Here het jou in die palm van Sy hand (Jes. 41:10).
  • God die Almagtige wat die onmoontlike moontlik maak, sal jou nooit uit Sy hand laat gaan nie (Joh. 10:28-30).
  • Dit het tyd geword dat jy begin glo dat jy in Sy hande veilig is.

Gebed

Liewe Vader, maak my sensitief om te glo dat U werklik vir my sorg. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 20 Julie 2025

Dagstukkies April

20 Julie

Ek bid vir jou. Ek bid dat jy sal sien dat die Here God in jou behoeftes voorsien. Hier is die boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou is.

Tema: God voorsien in skaarsheid

Teks: “Die volk het by Moses gekla: ‘Wat moet ons drink?'” (Eks 15:24)

  • Ten spyte van wonderwerke, twyfel die Israeliete elke keer of die Here hulle ‘n volgende keer sal help.
  • Dink gou vir 30 sekondes… Watter wonderwerke het die Here alles vir jou gedoen?
  • Dan twyfel jy nog steeds of die Here in jou behoeftes en uitdagings vandag en môre sal voorsien.
  • Elke probleem, uitdaging en krisis is ‘n geloofstoets.
  • Hoe jy geloofstoetse hanteer wys of jy God regtig vertrou.
  • Onthou altyd: God maak die onmoontlike moontlik! Hy doen dit spesiaal ook vir jou!

Gebed

Liewe Vader, gee my genade om elke geloofstoets te slaag. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 19 Julie 2025

Dagstukkies April

19 Julie

Mag jy vandag jou vrese aan die Here gee en vertrou dat Hy jou sal red. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Moenie vrees nie

Teks: “Toe die Farao nader kom, sien die Israeliete skielik die Egiptenaars sit hulle agterna. Hulle het baie bang geword en benoud na die Here geroep.” (Eks 14:10)

  • Nou op hierdie oomblik, in die middel van die uitdagings wat jy in die gesig staar, kan jy die Here vertrou.
  • God die Almagtige en Beskermer sal jou deur jou donker water lei.
  • God van wonderwerke sal jou deur jou Rietsee droogvoets laat gaan.
  • Jy het hierdie versekering – wat benodig jy meer?
  • Roep na die Here. Hy help jou uit elke probleem, uitdaging en nood.

Gebed

Liewe Vader, vandag gee ek my vrese aan U sodat U my kan leer om te glo. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 18 Julie 2025

Dagstukkies April

18 Julie

Mag jy vandag begin vertel van die wonderwerke wat die Here in jou lewe gedoen het. Hier is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Vertel van God se wonderwerke.

Teks: “Dan kan jy aan jou kinders en kleinkinders vertel wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het en watter wonders Ek onder hulle verrig het om julle te laat besef dat Ek die Here is.” (Eks 10:2)

  • Hoe kan mens van die Here weet as jy nog nooit van Hom gehoor het nie? (Rom. 10:14)
  • Hoe kan mens in die Here glo as jy nog nooit van Hom gehoor het nie? (Rom. 10:14)
  • Hoe kan mens van die groot dinge van die Here weet?
  • Vertel van God se wonderwerke.
  • Wanneer jy oor God se wonderwerke praat, help jy ander om tot geloof te kom.
  • Hoe wonderlik klink die voetstappe van iemand wat vir ander mense van God se groot en wonderlike dinge vertel (Rom. 10:15).

Gebed

Liewe Vader, dankie vir die wonderwerke in my lewe en help my om daarvan te vertel. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.