Skep asem vir vandag: 17 Julie 2025

Dagstukkies April

17 Julie

Mag jy vandag rustig wees omdat die Here vir jou sorg. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Die Here beskerm Sy kinders

Teks: “Die farao het navraag gedoen en jou werklik waar, nie ‘n enkele stuk van die Israeliete se vee is dood nie. (Eks 9:7, 26 )

  • Mense dink dikwels dat God Sy kinders sleg behandel.
  • God is ‘n fontein van alles wat goed is.
  • Daarom sal God vir Sy kinders sorg.
  • Wanneer moeilike tye toeslaan moet jy rustig bly.
  • Leef so dat ander mense jou geloof sal raaksien.
  • God wat alles weet, ook dit wat nog gaan kom, sal vir jou uitkoms gee.

Gebed 

Liewe Vader, maak my oë oop vir U versorging in my lewe.

In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 16 Julie 2025

Dagstukkies April

16 Julie

Mag jy vandag met integriteit optree sodat mense jou kan vertrou. Lees hierdie boodskap uit die Bybel wat vir jou gegee word.

Tema: Leef met integriteit.

Teks: “U Majesteit moet nou net nie weer u woord breek deur die volk nie te laat gaan (Eks 8:29; 9:34-35).

  • Jou optrede is nie ‘n geheim nie – mense weet watter tipe mens jy is.
  • Sommige mense bou ‘n naam op dat hulle onbetroubaar, liefdeloos, wreed, geldgierig of selfs selfsugtig is.
  • Hou jou woord – ‘n goeie naam is baie meer as edelmetale en edelstene werd (Spr. 22:1; Pred. 7:1).
  • Leer om met eerlikheid en integriteit op te tree.
  • Hanteer ander mense met respek en menswaardigheid.
  • Wie ‘n goeie naam opgebou het, is gelukkig.

Gebed 

Liewe Vader, help my om met integriteit te leef sodat U geëer word. In Jesus se Naam.  Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 15 Julie 2025

Dagstukkies April

15 Julie

Mag jy vandag die dapperheid hê om presies te doen wat die Here van jou vra. Hier is God se boodskap wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Stap die pad wat die Here wil.

Teks: “Maar Moses antwoord: “Dit kan ons nie doen nie…” (Eks 8:26)

  • Weier om die misleidende en verkeerde planne van Satan te volg en te doen.
  • Weier om op te tree as jy nie seker is dis die wil van die Here wat jy doen nie.
  • Moet jou nie laat mislei deur valshede nie.
  • Wees fyn ingestel om God se wil te doen.
  • Stap agter Hom aan sodat jy gelukkig kan wees.

Gebed 

Liewe Vader, gee my dapperheid om te doen wat U van my vra.

In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 Julie 2025

Dagstukkies April

14 Julie

Mag jy vandag seker wees dat jy honderd persent binne God se wil is. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Moenie God se arm te draai nie.

Teks: ” Toe roep die farao vir Moses en Aäron en sê: “Julle kan vir julle God gaan offer, maar hier in dié land!” (Eks 8:25; 10:8, 11, 20, 24)

  • Soms doen ons dinge op ons eie sonder om Sy wil oor daardie sake te soek.
  • Dan probeer ons na die tyd God se arm draai sodat Hy daarby inpas.
  • So gee jy dikwels voor dat jy God se wil doen, maar doen eintlik jou eie wil.
  • Dit is belangrik om agter God aan te stap, nie voor Hom nie.
  • Maak seker jy weet wat Sy wil is – tree eers op as jy weet wat Sy wil is.
  • Wees by die Here (Ps. 73:23).

Gebed 

Liewe Vader, help my om los te kom van my eie wil sodat ek agter U kan stap. In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 13 Julie 2025

Dagstukkies April

13 Julie

Mag jy vandag weet dat die Here vir jou sorg selfs in moeilike tye. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: God beskerm Sy kinders.

Teks: “Ek neem mý volk in beskerming, joune nie.” (Eks 8:23)

  • Die Here gaan vandag van jou ‘n uitsondering maak.
  • Daarom beskerm die Here jou vandag – in jou moeilike tye.
  • Die lewe rondom jou kan ineenstort, tog sal jy vasstaan.
  • Gryp die dag aan en leef voluit.
  • Niks kan jou uit die Vader se hand ruk nie (Joh. 10:28-30).

Gebed 

Liewe Vader, help my om U werk in geloof raak te sien sodat ek U sal eer.
In Jesus se Naam. 
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 12 Julie 2025

Dagstukkies April

12 Julie

Mag jy vandag met geestesoë na die lewe kyk en God se werk raaksien. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Daar is grense wat mense nie kan oorsteek nie

Teks: “Die towenaars het dieselfde probeer doen met hulle towerkunste, dié keer om muggies voort te bring, maar hulle kon nie.” (Eks 8:19)

  • Met die derde plaag kon die towenaars nie meer sukses behaal nie.
  • God trek ‘n streep en vertoon Sy almag. Tot hier toe en nie verder nie…
  • Die wêreld kan wonderlike dinge regkry, maar God is groter as die magtigste, as die wonderlikste en slimste.
  • God neem openlik oor wanneer dinge begin vasbrand.
  • Wees by die Here, agter Hom en met Hom.
  • Hy maak mense gelukkig en veilig.
  • Wees veilig en gelukkig in Sy beskerming en versorging.

Gebed 

Liewe Vader, gee my die vermoë om geestelik na die lewe te kyk. In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 11 Julie 2025

Dagstukkies April

11 Julie

Mag jy vandag onverskrokke in die God van die Bybel glo. Hier is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Die wêreld is nie God se vriend nie

Teks: “Maar die Egiptiese towenaars het met hulle towerkunste dieselfde gedoen, sodat die farao koppig gebly het.” (Eks. 7:22)

  • Die Satan is ‘n na-aper en probeer beter as God wees. Tog kry hy dit nie reg nie (Open. 12-14).
  • Sommige ongelowiges bly hardkoppig en weier om te glo. Hulle is blind vir God se werk.
  • Sommige mense manipuleer die wetenskap om die Bybel te verkleineer. Hulle is verblind en kan nie glo nie.
  • Die duiwel gee glad nie vir die waarheid om nie. Hy stel net belang om vir jou te lieg en te bedrieg (Joh. 8:44).
  • Moet jou nie deur sulke misleiers laat mislei nie.
  • Glo in God – glo in Christus (Joh. 14:1).

Gebed 

Liewe Vader, gee my onderskeidingsvermoë om nie mislei te word nie. In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 10 Julie 2025

Dagstukkies April

10 Julie

Mag jy vandag jou uitdagings as geleenthede vir God om wonders te doen, sien. Hier is ‘n goeie boodskap uit die Woord van God vir jou.

Tema: Uitdagings word wonders

Teks: “Maar Ek sal die farao hardkoppig maak, sodat Ek baie tekens en wonders in Egipte kan doen. ” (Eks 7:3 )

  • Geloof is nie altyd maklik nie, maar jy kan glo dat die Here in beheer is.
  • Wat vir jou na ‘n probleem lyk, is vir God ‘n geleentheid.
  • Met elke uitdaging is die Here gereed om groot tekens en wonders te doen.
  • Sien dit raak en aanvaar dit met geloof.
  • Glo dat God die onmoontlike moontlik maak.
  • Gryp elke wonderwerk in jou lewe met oop arms aan.

Gebed

Liewe Vader, verander my hart sodat ek U magtige optrede kan sien.
In Jesus se Naam. 
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 9 Julie 2025

Dagstukkies April

9 Julie

Mag jy vandag die vrede hê dat die Here altyd vir jou sorg. Hier is ‘n gedagte uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: God sorg vir jou.

Teks: “Kyk, Ek gee aan jou gesag oor die farao, en jou broer Aäron sal jou woordvoerder wees. ” (Eks 7:1)

  • Jou vyande en probleme sal onder die gesag van die Here swig.
  • Die Here gee vir jou hulp om jou hierin te ondersteun, te help, by te staan en te lei.
  • Moenie benoud wees oor wat jy moet doen nie.
  • Begin hoop op die beter môres.
  • Die Here sal aan jou alles gee wat jy nodig het. Hy is jou veilige Beskermer.

Gebed 

Liewe Vader, gee my insig om U hulp in my lewe raak te sien. In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 8 Julie 2025

Dagstukkies April

8 Julie

Mag jy vandag glo dat die Here groter is as jou grootste probleem. Dit is ‘n boodskap uit die Woord van God wat spesiaal vir jou gegee word.

Tema: Die Here is groter as jou vyande.

Teks: “Ek is die Here. Gaan sê vir die farao, die koning van Egipte, alles wat Ek vir jou gesê het.” (Eks 6:27)

  • Soms is jy bang vir mense of dalk vir omstandighede waarbinne jy is of wat wag.
  • Kyk wie die Here God is – Hy is die Skepper. Hy bring nuwe dinge, nuwe tydperke, nuwe lewensreise en oorwinnings tot stand.
  • Jy kan uitdagings hanteer, want die Almagtige God wat nuwe uitkomste gee, help.
  • Die Here is beter, groter en magtiger as alles.
  • Aanbid en glo in die Here wat vir jou ‘n nuwe kans gee. Glo in tweede kanse..

Gebed 

Liewe Vader, leer my om U te volg omdat U die Here is wat ‘n nuwe begin gee.
In Jesus se Naam. 
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 Julie 2025

Dagstukkies April

7 Julie

Mag jy vandag ophou verskonings maak en met oorgawe begin doen wat die Here van jou vra. Hierdie is God se spesiale woord vir jou.

Tema: Geen verskonings meer nie

Teks: “Die Israeliete luister nie eens na my nie, hoe sal die farao nog na my luister? Ek praat juis nie maklik nie.” (Eks 6:11)

  • Dikwels hou ons terug omdat ons onseker of bang is.
  • Ons dink ons is nie goed genoeg nie, of nie bekwaam nie.
  • Maar God aanvaar nie verskonings wanneer Hy jou roep nie—Hy gee jou Sy hulp.
  • Hy voorsien altyd wat jy nodig het om Sy wil te doen.
  • Die Heilige Gees gee jou die wil én die krag om te doen wat God vra (Fil 2:13–14).

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my nie net roep nie, maar ook help om te doen wat U van my vra. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 6 Julie 2025

Dagstukkies April

6 Julie

Mag jy vandag fyn ingestel wees op die stem en leiding van die Here. Hierdie is God se persoonlike boodskap aan jou.

Tema: Luister na God se beloftes

Teks: “Dit het Moses toe aan die Israeliete vertel, maar in hulle moedeloosheid oor die harde werk het hulle nie na hom geluister nie.” (Eks 6:8)

  • God se wil en beloftes is dikwels vir jou duidelik.
  • Maar as jy net op swaarkry fokus, vervaag daardie beloftes.
  • Negatiwiteit maak jou geestelik blind en doof vir wat God besig is om te doen.
  • Leer om anders te dink—om jou denke met hoop te vul.
  • Stel jou fokus op wat God belowe het, en leef vanuit daardie waarheid.

Gebed:

Liewe Vader, leer my om te luister wanneer U deur mense met my praat, en om U beloftes vas te hou.

In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 Julie 2025

Dagstukkies April

5 Julie

Mag jy vandag rus vind in die wete dat God alles van jou lewe ken. Hierdie is Sy persoonlike boodskap aan jou.

Tema: God hoor jou nood

Teks: “Ek het die gekerm van die Israeliete, … duidelik gehoor en Ek het aan my verbond gedink.” (Eks 6:4)

  • Die Here weet wat jy beleef – Hy is nooit onbewus nie.
  • Hy onthou Sy beloftes en staan getrou aan Sy verhouding met jou.
  • God is besig om op te tree – al sien jy dit dalk nog nie.
  • Wat jy deurmaak, is nooit buite Sy aandag of beheer nie.
  • Hy is teenwoordig, Hy weet, Hy sorg.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U my nood hoor en getrou bly aan U beloftes.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Julie 2025

Dagstukkies April

4 Julie

Mag jy vandag die nuwe geleenthede wat die Here vir jou voorberei het, raaksien. Hierdie is Sy spesiale boodskap aan jou.

Tema: God skep nuwe geleenthede

Teks: “God het vir Moses gesê: ‘Ek is die Here!’ ” (Eks 6:1)

  • Jou lewe staan op die drumpel van iets nuuts.
  • Die Naam “Here” beteken dat Hy doen wat Hy sê – Hy bring dit tot stand.
  • God het ’n nuwe toekoms vir Israel begin – en vir jou ook.
  • Jou pad vorentoe begin nou, saam met Hom.
  • Vat Sy hand en vertrou Sy leiding.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat U nuwe geleenthede bring en my roep om ‘n verskil te maak.
In Jesus se Naam. 
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Julie 2025

Dagstukkies April

3 Julie

Mag jou oë vandag oopgaan om raak te sien hoe die Here vir jou uitkoms gee. Ontvang hierdie boodskap vandag uit Sy Woord.

Tema: Die Here sal jou red

Teks: “Nou sal jy sien wat Ek met die farao gaan doen: Ek gaan hom dwing om my volk te laat gaan; ja, Ek gaan hom dwing om hulle uit sy land uit weg te jaag.” (Eks 5:24)

  • Baie keer raak ons haastig en wil ons dinge self probeer oplos
  • Staan eerder stil… en kyk wat God regtig doen. Hou jou geestesoë oop – die Here se uitkoms is op pad.
  • So seker soos Hy Israel bevry het, sal Hy jou situasie ook verander.
  • Moenie miskyk wat God reeds besig is om te doen nie.

Gebed:

Liewe Vader, maak my geestesoë oop sodat ek U hand duidelik kan sien.
In Jesus se Naam.
Amen

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 2 Julie 2025

Dagstukkies April

2 Julie

Mag jy vandag vrede beleef om saam met die Here te bly wandel – al verstaan jy nie wat Hy doen nie. Hierdie boodskap is direk uit die Woord van God en net vir jou bedoel.

Tema: As jy nie verstaan wat God doen nie

Teks: “Here, waarom werk U so sleg met hierdie volk? Waarom het U my nou eintlik gestuur?” (Eks 5:22)

  • Selfs al volg jy die Here, beteken dit nie altyd dinge gaan maklik wees nie.
  • Moses het ook geworstel omdat alles verkeerd geloop het.
  • Soos Jesus in Getsemane, mag jy jou hart eerlik voor God uitstort.
  • Jou hemelse Vader sal jou nooit los nie – Hy bring uitkoms wanneer jy vasdraai.

Gebed:

Liewe Vader, dankie dat ek met U mag worstel en U altyd uitkoms gee.
In Jesus se Naam. 

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 Julie 2025

Dagstukkies April

1 Julie

Mag jy vandag ware vreugde beleef omdat jy die Here ken en weet Hy lei jou. Hierdie is ’n boodskap uit God se Woord – spesiaal net vir jou.

Tema: Ken jy die Here regtig?

Teks: “Ek ken die Here nie, en ek sal Israel nie laat gaan nie!” (Eks 5:2)

  • Mense wat nie hul lewens aan God se leiding onderwerp nie, ken Hom nie.
  • Bou op jou eie verhouding met die Vader, Seun en Heilige Gees.
  • As jy sê jy ken Hom, leef dan soos Hy jou vra.
  • Mense wat God ken en Sy wil doen, beleef Sy seën.

Gebed:

Liewe Vader, help my om elke dag vanuit my verhouding met U te leef.
In Jesus se Naam.
Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 30 Junie 2025

Dagstukkies April

30 Junie

Liewe ….

My wens is dat jy gelukkig sal wees. Gister het jy gehoor dat dit belangrik is om die regte keuses te maak. Ek bid dat jy jou sonde opreg voor die Here en ander mense sal bely. Hier is ‘n boodskap uit die Woord vir jou.

Tema: Valse belydenisse

Teks:“ Ek het verkeerd gedoen teen julle God, die Here, en teen julle…” (Eks 10:16)

  • Dit gebeur dikwels dat wanneer jy in die nood is, jy ‘n belydenis doen net om uit die moeilikheid te kom.
  • Die regte hartseer, die soort wat Hy vra, bring jou egter by God uit (2 Kor 7:10).
  • Dit bring jou by die ware lewe uit en daaroor was niemand nog ooit spyt nie (2 Kor 7:10).
  • As jy aan die ander kant net oor jouself hartseer is, en nie ook jou probleme na God neem nie, mis jy die betekenis van belydenis (2 Kor 7:10).
  • Dan is jy met jou trane en al op pad na die doderyk toe (2 Kor 7:10).
  • Wanneer jy bely, bely omdat jy God seer gemaak het. Dit is wat die genadige God van jou vra.
  • Wees nou vry!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek opreg my sonde voor U kan bely.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 29 Junie 2025

Dagstukkies April

29 Junie

Liewe ….

Ek hoop dat jy vandag vrede en rustigheid sal ervaar. Jy weet nou dat jy ‘n persoonlike verhouding met God moet hê. My gebed is dat jy God as die Een wat regverdig is, sal leer ken. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Kies reg

Teks:“Die Here sal onderskeid maak tussen die vee van Israel en die van Egipte… “(Eks. 9:4)

  • Dikwels kies ons verkeerd. Verkeerde keuses het slegte dinge tot gevolg: vir jou, vir ander mense, vir diere en selfs vir die natuur of skepping.
  • Dikwels kies ons reg. Goeie keuses het goeie gevolge : vir jou, vir ander mense, vir diere en selfs vir die natuur of skepping.
  • As jy die pad van die Here kies, stap jy die pad na die lewe toe (Ps. 119:30).
  • ‘n Wyse mens kies sy woorde reg en is stadig voor hy praat (Spr. 16:21, 23).
  • Kies wat jy wil doen: Kies geluk en lewe of kies straf en dood (Deut. 30:19).
  • Wanneer jy die lewe en geluk kies sal jy voorspoedig wees, geluk ervaar en vreugde beleef (Deut. 30:19).
  • Kies lewe! Wees gelukkig!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek deur U Gees reg kan kies.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 28 Junie 2025

Dagstukkies April

28 Junie

Liewe ….

My wens vir jou is dat jy vandag gelukkig sal wees. My wens is dat jy ‘n goeie dag sal beleef. Gister het jy gehoor dat jy nie moed moet opgee as jy teenstand kry nie, want dit kom. Ek bid dat jy die onverstaanbare God daarom persoonlik sal leer ken. Ontvang Sy spesiale Woord vandag.

Tema: Ken God persoonlik

Teks:“’Ek is wat Ek is’… ‘ Ek is’ het my na julle toe gestuur” (Eks 3:14)

  • “Ek is wat Ek is” of “Ek wat is” is God se persoonlike naam. Jy kan God nou ook persoonlik op die naam ken.
  • Hy stel in jou belang. Hy wil die persoonlike verhouding tussen jou en Hom laat groei.
  • Hy help jou. Hy gee vir jou om. Hy omarm jou. Hy gee warmte en liefde aan jou.
  • Hy bevry jou. Hy verlos jou. Hy red jou. Hy gee jou ook dié ewige lewe.
  • Buiten Hom is daar geen Helper en Redder nie.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek “Ek is wat Ek is” persoonlik as my liefdevolle Redder kan ken.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.