Skep asem vir vandag: 6 Maart 2025

Mag jy die nuwe era en seisoen vir jou lewe wat God laat aanbreek, raaksien. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Die moeilike besluit is soms reg
Teks: “ Moenie Egipte toe trek nie. Bly waar Ek jou sê: in hierdie land” (Gen. 26:2)

  • Oënskynlike beter opsies is nie noodwendig die regte opsie en uitkoms nie.
  • Soms wys die Here vir jou om iets te doen wat teen die verloop van die lewe gaan
  • Dit lyk na ‘n dom besluit, maar dit is die wil van die Here – stap agter die Here aan.
  • Wie die wil van die Here doen, sal gelukkig wees.

Gebed
Liewe Vader. Gee my ‘n fyn aanvoeling sodat ek U wil sal doen. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 5 Maart 2025

My wens is dat jy vandag besonderse respek aan die Here sal wys. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Alles wat moontlik is, is nie aanvaarbaar nie
Teks: “ Dit is hoe min Esau gedink het van sy reg as eersgeborene.” (Gen. 25:34)

  • Ideale en volmaakte omstandighede bestaan nie altyd in die lewe nie. Moet nie daarvoor wag nie.
  • God is jou Beskermer, jou Rots, jou Skepper en jou Versorger.
  • Daarom kan jy onbesorg in die aande slaap en in die dag leef (Ps. 4:9)
  • Leef met jou oë gerig op die toekoms – ‘n beter toekoms.
  • Die Drie-enige God, Hy maak jou baie gelukkig.

Gebed
Liewe Vader. Dankie dat U vir my sorg.
In Jesus se Naam. Amen

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 4 Maart 2025

Ek bid dat jy sal leer om die regte waardes te hê. Geniet God se Woord vandag vir jou.

Tema: ʼn Droom vir iets beters
Teks: “Verkoop eers jou reg as eersgeborene aan my.” (Gen. 25:31)

  • Die Here sal die goeie dinge van die lewe vir jou gee(Spr. 3:4).
  • As die Here jou nie help nie, werk niks vir jou uit nie(Ps. 94:17).
  • Gryp na beter dinge in die lewe. Kry dit op ‘n eerlike en hardwerkende maniere. Jy sal vol geluk wees.
  • Moenie met die minder belangrike en middelmatige dinge tevrede wees nie.
  • Neem eerlike leiding en bereik die beste vir God en vir jouself.

Gebed
Liewe Vader. Maak my oë oop dat ek kan sien wat U vir my wil gee. In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 3 Maart 2025

Ek hoop dat jy sal leer om alle mense dieselfde te hanteer.

Vandag se Woord vir jou is as volg:

Tema: Hanteer almal die dieselfde
Teks: Isak het vir Esau voorgetrek,… Rebekka het vir Jakob voorgetrek…” (Gen. 25:28).

  • Ons is geneig om sekere mense beter en met meer respek as ander mense te hanteer.
  • Wanneer sekere mense voorgetrek word, diskrimineer jy teen ander. Dit bring wrywing tussen mense.
  • Ongelukkig gebeur dit wel binne ons gesinne, ons families, werkplek, ons vriendekring, ons kerke, die regspraak, ons samelewing en ons land se politiek.
  • God werk nie so nie: Hy hanteer alle mense presies dieselfde. Almal is voor Hom gelyk (Job 36:4; Spr.18:5; 22:2; 29:7; Rom. 2:11; Kol 3:25).
  • Volg God se voorbeeld. Hanteer alle mense dieselfde.
  • Volg God se voorbeeld: Sien alle mense as Sy beeld en Sy verteenwoordigers op aarde.

Gebed

Liewe Vader. Laat ek U voorbeeld volg. Help my om almal regverdig te hanteer. In Jesus se Naam. Amen

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Dié volkome onkreukbare en liefdevolle God

- NG Kerk Groot-Brakrivier

“Ja, die Naam van die Here roep ek uit, erken die grootheid van ons God, die Rots! Volmaak is sy werk, ja, al sy paaie is ‘n maatstaf. ‘n Betroubare God, sonder onreg, regverdig en onkreukbaar is Hy.”

Deut. 32: 3-4

Is daar genoeg woorde om dié enigste, lewende God te beskryf? In hierdie stukkie haal ek enkele beskrywings van God, wat my opgeval het, aan. Die Vader is die enigste, lewende God van lewendes! In Jesus se eie woorde, asook die woorde van Petrus:

Lees meer “Stof tot nadenke: Dié volkome onkreukbare en liefdevolle God”

Skep asem vir vandag: 2 Maart 2025

Bybel dagstukkies

My hoop vir jou is dat jou toekoms rooskleurig sal wees.

Vandag se Woord vir jou is as volg:

Tema: Weet: Dinge verbeter vir jou
Teks: “ Die Here het sy Gebed verhoor, en sy vrou Rebekka het swanger geword.” (Gen. 25:21)

  • Die Here se beloftes word altyd waar!
  • Jou geloof moet in jou alledaagse lewe kan waar word, anders beteken dit niks.
  • Selfs in donker oomblikke kan jou omstandighede goed en reg uitdraai.
  • Eers as jy die onmoontlike raaksien, sal jy ook God se wonderwerk in jou lewe raaksien.
  • So bring die Here God aan jou lig en hoop.

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat U my lewe vol en gelukkig maak.
In Jesus se Naam. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – Gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 1 Maart 2025

Vandag begin die derde maand van hierdie jaar. Kan jy dit glo. Ek bid dat dit vir jou ‘n goeie maand sal wees. Mag jou drome waar word.

Hier is God se boodskap aan jou:

Tema: Kry hoop! Moenie onrustig en ontsteld wees nie.
Teks: “ Isak het tot die Here gebid oor sy vrou, want sy was
kinderloos. (Gen. 25:21)

  • Is jou hart onrustig en is jy ontsteld? (Ps. 4:5)
  • Jy voel so omdat jy dikwels voor toe deure staan.
  • Die Here wil jou troos: Wees geduldig, alles sal regkom. Los dit daarby.
  • Hy help jou en gee jou wysheid en insig. Volg Hom en kry hoop.

Gebed

Liewe Vader. Dankie dat U my probleme van gister, vandag en môre oplos. Amen.

Vorige Dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – Gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Nuwe Lewe

Stof - NG Kerk Groot-Brakrivier

“Deur die doop is ons dus saam met Hom in die dood begrawe, sodat net soos Christus deur magtige heerlikheid van die Vader uit die dood opgewek is, ook ons só ‘n nuwe lewe kan lei.”

Rom. 6: 4

Nuwe lewe is ‘n konsep wat ons as so dikwels met die geboorte van ‘n mens assosieer. Daardie klein lewetjie wat in hierdie wêreld aankom. Ons, as ouer mense, besef so dikwels hoe ‘n moeilike pad moontlik vir hierdie nuwe lewetjie hier op aarde wag. Ons kyk ons vas in die hier en nou. Die aardse bestaan, sonder God. Dis wanneer ons so dikwels miskyk hoe wonderlik God dit vir ons gewil het. Dat ons die nuwe lewe in Christus mis kyk. Christus waarborg vir ons die lewe as ons op God vertrou, soos ‘n kind op sy ouers vertrou, en soos wat die voëls van die hemel op God vertrou vir elke ding wat hulle nodig mag hê (“Daarom sê Ek vir julle, moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle sal eet, of oor wat julle sal drink, of oor julle liggaam, wat julle sal aantrek nie. Is die lewe dan nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Let op die voëls van die hemel: Hulle saai nie en hulle maai nie, en hulle versamel niks in skure nie. Tog sorg julle hemelse Vader vir hulle. Is julle nie meer werd as hulle nie? Wie van julle kan deur hom te bekommer, een el by sy lewe voeg?” (Matt. 6: 25-27)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Nuwe Lewe”

Stof tot nadenke: Die ewigdurende aardse soeke…

NG Kerk Groot-Brakrivier

“Kyk, al wat ek kon vasstel, is dat God die mensdom reg geskape het, maar hulle is op soek na allerlei slim verklarings.”

Pred. 7: 29

Deur elkeen van ons se lewe is ons op soek na soveel verskillende dinge. Sommiges soek na geluk; sommiges soek na ewigdurende lewe; sommige na rykdom; sommige na eer en roem; sommige na wysheid en kennis; sommige na die liefde; sommige na genot. Elkeen word deur verskillende begeertes in die hart in hierdie aardse bestaan voortgedryf. Soms dink ons ons het gevind wat ons gesoek en nagejaag het; soms besef ons, net soos die Prediker, dat baie van hierdie soeke, net ‘n gejaag na wind en ‘n sinnelose soeke is (“Sinloos, volslae sinloos, sê Prediker, sinloos, volslae sinloos; alles is sinloos.” (Pred. 1: 2); (“Alles bly aan die worstel – ‘n mens kan dit onder woorde nie bring nie; oë raak nie versadig van sien en ore raak nie vol van hoor nie.” (Pred. 1: 8); “Ek het gekyk na alles onder die son: Kyk, dit alles is sinloos, ‘n gejaag na wind.” (Pred. 1: 14b)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Die ewigdurende aardse soeke…”

Stof tot nadenke: Mag ons die lewe geniet?

Stof tot nadenke - NG Kerk Groot-Brakrivier

“Beveel die rykes in die huidige wêreld om nie hoogmoedig te wees nie, en nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom te vestig nie, maar op God, wat alle dinge in oorvloed aan ons gee om te geniet.”

Tim 6: 17

Vir elkeen van ons, is die idee van geniet, heel moontlik verskillend. Een mens hou van kuier, lag en gesels, ‘n ander van hardloop en oefen tot die sweet hom of haar aftap, terwyl ‘n ander van stil-in-‘n-hoek sit en lees hou, om maar enkele teenstrydige genietinge te noem. God het ons elkeen op ‘n pad geneem, wat maak dat ons enig is in ons genietinge, ervaringe en waarmee ons ons besig hou. Ons worstel dikwels met die vraag: “Mag ons die lewe geniet?” Die antwoord lê heel moontlik daarin: “Wat ons as genieting beskou?” Is dit tot ondersteuning en uitbou van die Koninkryk? Is dit ten koste van ander, of is dit tot opbou van ander?

Lees meer “Stof tot nadenke: Mag ons die lewe geniet?”

Stof tot nadenke: Die Enigste Leidsman

Stof NG Kerk Groot-Brakrivier

“Hom het God as Leidsman en Verlosser tot aan sy regterhand verhoog, om aan Israel bekering en vergewing van sondes te skenk. Ons is die getuies van hierdie gebeure, en so ook die Heilige Gees, wat God gegee het aan hulle wat aan Hom gehoorsaam is.”

Hand. 5: 31-32

Met elke verkiesing, wêreldwyd en plaaslik, word mense voor die keuse van ‘n leier geplaas. Met ons beperkte kennis oor enigiemand wat hom, of haarself beskikbaar stel, is dit bykans onmoontlik om ‘n goeie keuse te maak. Dan word dit, waarvoor elke persoon staan, beoordeel. Ons is egter deeglik bewus daarvan dat mense wat politieke aspirasies het, bykans enigiets vir die mense beloof voor sulke verkiesings, want hulle wil verkies word. Dit is onmoontlik om, uit menselike perspektiewe, ‘n goeie keuse te maak. Die media ondersteun duidelik sekere rigtings en persone. Op langerlaas, word daar selde uitvoer gebring aan al hierdie beloftes, want uit die menslike natuur, staan mense dikwels vir hulle self, en wat hulle daardeur vir hulle self kan bereik. Dit maak die volgende verkiesing net nog moeiliker vir ‘n keiser, want wie kan jy glo? Wie kan jy navolg? Wie is getrou aan dit wat hulle beloof het? Wie doen wat hulle doen werklik vir die kieser?

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Enigste Leidsman”

Stof tot nadenke: Waarmee is ons besig?

Stof tot nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

“Laat julle lig só voor die mense skyn, sodat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, kan verheerlik.”

Matt. 5: 16

Ons hou ons besig met allerlei dinge vir die kerk, in die kerk en om die kerk. Doen ons dit uit geloof en omdat dit die begeerte van ons hart is, daartoe gedring deur die Heillige Gees? Of doen ons dit om deur mense gesien en bewonder te word? Salomo wys ons duidelik daaroop dat ons nie self moet roem op wat ons doen nie (“Moenie spog oor die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal oplewer nie. Laat ‘n vreemde jou prys, en nie jou eie mond nie, ‘n buitestander, en nie jou eie lippe nie.” (Spr. 27: 1-2)). Is dit vir ons so belangrik om erkenning te kry vir dit wat ons hier op aarde vermag, dat ons vergeet dat ons eintlik net hier is om God te verheerlik? Dat daar nie so ‘n verskoning is dat mens nie tyd het om dit wat jy vir God doen, goed moet doen nie. Jammer dit is al weer my ma se motto, “As ‘n ding die moeite werd is om te doen, is dit die moeite werd om dit goed te doen”. Daar is sekerlik baie van ons wat dit in alle opregtheid doen” (“Daarom dan, julle moet ontsag hê vir die Here; dien Hom met opregtheid en getrouheid.” (Jos. 24: 14)). Terwyl ander graag kritiseer (“Moenie op die oog af oordeel nie, maar oordeel regverdig.” (Joh. 7: 24); “Die oog is die lamp van die liggaam. As jou oog suiwer is, sal jou hele liggaam verlig wees . Maar as jou oog boos is, sal jou hele liggaam donker wees. As die lig in jou donker is, hoe groot is die duisternis nie!” (Matt. 6: 22-23)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Waarmee is ons besig?”

Stof tot nadenke: “Wanneer om te luister?”

Stof tot nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

“Ek sê vir julle: Wie nie by die hek van die kraal ingaan nie, maar van ‘n ander kant af inklim – daardie man is ‘n dief en rower. Maar hy wat by die hek ingaan, is ‘n herder van die skape; vir hom maak die hekwagter oop, en die skape luister na sy stem. Hy roep sy eie skape op hulle naam en lei hulle uit.”

Joh. 10: 1-3

In hierdie wêreld wat ons leef, is daar so baie stemme en afleidings, dat dit soms regtig moeilik is om te weet wanneer moet ons luister, en wanneer om liewer ‘n dowe oor te gooi, op al die gepraat, waarmee ons elke dag te doen kry. Tog verduidelik Jesus Christus dit so mooi in Joh. 10: 1-3. Wanneer die stemme nie deur die hek van die Woord van God kom nie, is dit diewe en rowers wat probeer inkom, om van God se skape te steel. Ons kan seker weet dat God ons by name ken, en Hom alleen moet ons volg (“Wanneer hy al sy skape uitgelei het, gaan hy voor hulle uit, en hulle volg hom, omdat hulle sy stem ken. Hulle sal ‘n vreemde nooit volg nie, maar van hom wegvlug, omdat hulle die stem van vreemdes nie ken nie.“” (Joh. 10: 4-5)), want by God is daar nie duisternis nie, en het niks nodig om in duisternis plaas te vind nie (“Dit is die boodskap wat ons van Hom gehoor het, en wat ons aan julle bekend maak: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.” (1 Joh. 1:5)).

Lees meer “Stof tot nadenke: “Wanneer om te luister?””

Stof tot nadenke: Vertoonvenster van God se Almag

Stof tot nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

“In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Die aarde was woes en leeg, en donkerte was oor die oerwater. Maar die Gees van God het oor die water gesweef, en God het gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.”

Gen. 1: 1-3

Ons as Christene glo in die skeppings-’teorie’. Daar kan tog sekerlik nie eens ‘n stoel wees om op te sit, of ‘n tafel om by te eet, indien iemand nie die skeppingsdrang beleef, beplan en uitgevoer het nie. Hoe is dit dan vir mense moeilik om te begryp dat die perfeksie van die natuur, die dag en nag rotering van die aarde, die sonnestelsels, natuur se siklusse en die menslike liggaam, sonder enige twyfel, deur ‘n almagtige God geskep is. Nie eers die klere wat ons dra, die kos wat ons op ons borde opdis en die tegnologiese ontwikkellings van hierdie wêreld kan daar wees sonder ‘n skeppings drang, beplanning, en die uitvoer daarvan nie.

Lees meer “Stof tot nadenke: Vertoonvenster van God se Almag”

Stof tot nadenke: Die Lig in ons lewe

Stof tot Nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

“Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê.””

Joh. 8: 12

Wanneer ons kyk gefokus is op hierdie wêreld en al sy aktiwiteite, is dit so moeilik om hoop te hê vir die toekoms. Die oorloê, gerugte van oorloë en siektes en misdaad van hierdie wêreld skep vir ons ‘n baie duister prentjie, en kan ons so maklik in hopelose moedeloosheid laat verval. Dis wanneer ons soms so maklik luister na die praatjies en afleidings van hierdie wêreld, waar die duisternis alles in sy vermoë doen om ons te oorval met hulle niksseggende redenasies en onvrugbare werke, wat uiteindelik uitloop op niks (“Laat niemand julle verlei met niksseggende redenasies nie, want daardeur kom die toorn van God oor die seuns van die ongehoorsaamheid. Moet dus nie deel van hulle wees nie. Want vroeër was julle wel duisternis, maar nou, in die Here is julle lig. Leef as kinders van die lig!” (Eff. 5: 7-8)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Die Lig in ons lewe”

Stof tot nadenke: Herinneringe van Christus

Stof tot nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

“Daarom sal die Heer self vir julle ‘n teken gee; Kyk, die jongvrou is swanger, en gaan ‘n seun in die wêreld bring. Sy sal hom Immanuel noem.”

Jes. 7: 14

Ons is in die adventstyd vir die Christus fees. Reeds meer as twee eeue weet ons dat Jesus Christus na ons gekom het as die Immanuel, wat reeds lank te vore deur Jesaja aan Israel bekend gemaak is. Watter uitstaande herinneringe het elkeen van ons van hierdie mens wat die wêreld vir ewig kom verander het, om vir ons redding te bring? Dis wanneer ons hierdie reddende genade van God ons eie gemaak het, dat ons begin soek na ‘n beter begrip van Jesus Christus se bestaan. Ons wonder hoe ons hierdie mens navolg, te midde van soms moeilike omstandighede, in ‘n wêreld wat alles in hulle vermoë doen om die beeld van Christus in ons gemoedere te verdraai.

Lees meer “Stof tot nadenke: Herinneringe van Christus”

Stof tot nadenke: ons Kragbron

Stof tot Nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

“Weet jy dit nie? Het jy dit nie gehoor nie? ‘n Ewige God is die Here, Skepper van die eindes van die aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie – ondeurgrondelik is sy insig. Dit is Hy wat vermoeides krag gee, wat lewenskrag vermeerder vir dié wat geen vermoëns het nie. Jong seuns word moeg en raak afgemat; jong manne struikel en val. Maar wie op die Here wag, herwin hulle krag; hulle kry nuwe vere soos arende. Hulle hardloop, maar raak nie afgemat nie, hulle loop, maar word nie moeg nie.”

Jes. 40: 28-31

Lees meer “Stof tot nadenke: ons Kragbron”

Bybelstudie Rut – Kruispaaie: Obed se kruispaaie – Dr. Gerrie van Deventer

Bybelstudie RUT Dr. Gerrie van Deventer

Inleidend

Vandag kom ons by die ontsluiting van die kortverhaal van Rut. Dis die verhaal van ‘n klein familie wat byna in totale uitwissing eindig nadat Naomi se man, Elimelek, en sy twee seuns, Maglon en Kiljon, op die kruispad van die familie sterf! Die probleem van ‘n kinderlose weduwee, die spannende verloop van die verhaal met sy baie afdraaipaaie en doodloopstrate, eindig uiteindelik op God se hoofpad na ‘n vol en blye en ewige toekoms.

Die finale kruispad lei na God se toekoms

Maar hoe het dit gebeur? Kom ons lees Rut 4: 13-17. Wat ‘n “happy ending”?

Hier is die huwelik tussen Boas en Rut en die geboorte van ‘n seuntjie wat alles verander = selfs ook vir ons vandag!! Al die rolspelers se lewens word op die gelukspad geplaas – ‘n pad van vervulling en betekenis.

  • Boas trou met Rut en sodoende word sy lewe gevul met liefde. Hy word egter ook die losser wat die hulpelose vroue se vryheid en toekoms waarborg. Sy daad word uiteindelik deur Christus vervul.
  • Rut se lojaliteit en troue liefde teenoor Naomi word beloon met ‘n huwelik en Goddelike seën in haar lewe.
  • Naomi word van ‘n bitter, bedroefde en hulpelose mens verander na ‘n gelukkige en versorgde ouma.
  • Obed is die kind wat nie net die vervulling is van die liefde tussen Boas en Rut nie, maar ook die kind wat ‘n nageslag vir die familie waarborg.

God breek paaie oop!

Die verhaal is ten diepste ‘n loflied op God. Sy planne loop hulle nie te pletter op die kruispaaie en doodloopstrate van ons lewe nie. Nee, Hy wys nuwe rigtings aan en maak nuwe paaie oop, indien nodig! Menslike rampe en planne word in Sy groter plan ingesluit op SY pad na ‘n ewige toekoms.

God gee liefde en lewe!

Kyk bv. By 4: 13 – daar word gesê dat Boas en Rut trou en gemeenskap het, maar dan volg die betekenisvolle woorde:

“Die Here het haar laat swanger word en Rut het ‘n seuntjie in die wêreld gebring”

Dis eintlik die kern van die verhaal. Dis die enigste plek waar God as die direkte subjek van ‘n werkwoord genoem word. Ja, want dis Hy wat nuwe LEWE skep. EN hierdie Goddelike ingryping sou die lewens van Obed, Rut, Naomi en hulle nageslag beïnvloed, maar ook die gang van die hele mensdom bepaal.

Geslagsregister

Betekenisvol eindig die verhaal met ‘n geslagsregister en word daar gesê:

“Obed was die voorvader van Dawid”

Volgens Matt. 1: 1-17 is dit presies hierdie geslagslyn waaruit die eintlike Losser, Christus Jesus, gebore word. En dit is Hy wat met Sy kruis en opstanding alle kruispaaie en doodloopstrate in ons lewens in hoofpaaie na ‘n ewige toekoms verander.

Daarom kan en moet ons almal, saam met die vroue, sê:

“Aan die Here kom die lof toe…”

Stof tot nadenke: Reg vir die Wederkoms?

Stof tot Nadenke NG Kerk Groot-Brakrivier

“Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.”

Joh. 14: 18

Ons vier so gereeld elke jaar Jesus Christus se eerste koms, soos ons ook weer op die oomblik doen. Dis ‘n wonderlike tyd van feesvier, geskenke uitdeel, en tot die besef kom dat Jesus Christus dit alles vir ons as mense gedoen het omdat God die Vader ons so lief gehad het (“Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy unieke Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het immers nie sy Seun na die wêreld gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom verlos kan word.” (Joh. 3: 16-17)). Maar besef ons dat ons ons moet reghou vir die wederkoms? Christus se geboorte het reeds oor die tweeduisend jaar gelede plaasgevind. Jesus Christus gee ons egter die versekering dat Hy weer na ons sal terugkeer (“Julle het gehoor dat EK gesê het: Ek gaan weg, maar Ek kom weer na julle toe. As julle My liefgehad het, sou julle bly gewees het dat Ek na die Vader gaan, omdat die Vader groter as Ek is.” (Joh. 14: 28)).

Lees meer “Stof tot nadenke: Reg vir die Wederkoms?”

Bybelstudie RUT – Kruispaaie: Boas se kruispaaie – Dr. Gerrie van Deventer

Bybelstudie - RUT Kruispaaie - Dr. Gerrie van Deventer

Inleiding

Onlangs het ek ‘n geselsie aangeknoop met Alfred. Hy was in ons straat besig om papier uit asblikke te herwin om vir sy vrou en vier kinders te sorg. Hy’t my laat wonder: hoeveel verarmde, werkloses is daar werklik in Suid Afrika? Mense sonder blyplek, sonder lopende water, magteloos vasgevang in die dodelike spiraal van armoede.

Dit bring ons vandag by een van die helde in die Rut-verhaal, nl. Boas! Sy familielid Naomi en haar skoondogter Rut, kruis sy lewenspad en skielik word dit ‘n kruispad met verskillende keuses. Die een pad daaruit is die pad van die liefde tussen hom en Rut, maar vanoggend volg ons nie daardie pad nie. Waar Naomi en Rut sy pad kruis is daar ook die pad van armoede en nood en die vraag is of hy hierdie pad ook sal kies. Dis die noodpad van die armoede!

Die noodpad van armoede

Sien, Boas is bloedverwant van Naomi = die vrou wat ‘n weduwee sonder kinders is. Sy’t ook haar erfgrond verloor en is n absolute armoede! Twee OT wette gee riglyne:

Lossingsreg – materiële nood (Lev. 25: 23-25, 47-49)

Wanneer ‘n familielid sy grond verloor het, verkry ‘n ander familielid die reg om die grond terug te koop sodat dit in die familie se besit sal bly. Dis God wat vir die reg van die arme opkom.

Swaershuwelik – weduwee-troue

God wil ook die weduwee wat sonder kinders agtergelaat is, beskerm. En die familie was ook belangrik! Die naam, besittings en aansien van die familie kan voortgaan as daar ‘n nageslag is.

Boas neem agter onbaatsugtig die grond en die weduwee en skoondogter onder sy sorg. Waarom? – Vrae ‘n mens. Daar is moontlik drie redes vir sy keuse:

  • Miskien allereers omdat hy God gehoorsaam, wat in Lev. 25 en Deut. 25 beveel dat daar na weduwees en armes omgesien moet word.
  • Moontlik ook omdat die belang van familie ‘n hoë prioriteit is = Ubuntu beginsel – ‘I am because you are!’
  • Waarskynlik ook omdat sy liefde vir Rut geen opoffering te groot maak nie!

Die pad na Goddelike seën

Hierdie keuse van Boas word die pad waarop die seëninge van die Here uitgestort word. Gaan kyk maar hoeveel seëninge word in hierdie verhaal op hom afgebid!

Daarom moet ons ook die woorde van die NT onthou:

“As iemand nie vir sy eie mense, en veral nie vir sy huisgesin sorg nie,

het hy die geloof verloën en is hy slegter as ‘n ongelowige” (1 Tim. 5: 8)

“Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek lei, maar geen gevoel vir hom het nie –

hoe kan die liefde van God in hom wees?” (1 Joh. 3: 17)