15 April
Liewe ….
Ek wens dat jy sal aanleer wat dit beteken om vir ander mense om te gee. Hier is ‘n spesiale Woord van die Here aan jou.
Tema: Gee om en help
Teks: “ Ruben het dit gesê sodat hy vir Josef kon red en hom na sy pa toe kon terugstuur. ” (Gen 37:22)
- Reik uit na mense in nood.
- Gelukkig is jy wanneer jy regtig vir ander mense omgee (Matt 5:7).
- Gelukkig is jy wanneer jy hartseer is oor die pyn en lyding van die wêreld (Matt 5:4).
- Wanneer jy mense in nood sien, probeer hulle uit daardie situasie help.
Gebed
Liewe Vader, help my sodat ek vir mense sal begin omgee.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


