19 April
Liewe ….
My gebed is dat jy elke geleentheid wat na jou kom sal aangryp en ‘n sukses daarvan sal maak. Hier is God se Woord aan jou.
Tema: Die Here dra jou altyd
Teks: “ Die Here was by Josef en dit het baie goed met hom gegaan” (Gen 39:2)
- Wees bedag vir nuwe geleenthede wat vir jou wag.
- Selfs wanneer jy onder druk en gespanne is, bly jy waardevol vir die Here
- Daarom belê Hy deur Sy Gees in jou en sal jou nie los nie (Joh. 10:28-30).
- Die Here herstel alles – jou gesondheid, jou finansies, jou werk, jou verhoudinge en jou toekoms.
- Hy verander en verbeter alles – vir jou.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my donker oomblikke in goue oomblikke verander.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


