Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 Maart 2026

Dagstukkies April

21 Maart

My gebed is dat jy moeite sal doen om gesonde verhoudings met alle mense te bou. Hier is God se Woord spesiaal net vir jou.

Tema: Hou jou verhoudings gesond.

Teks: “U het die mooiste dinge in die lewe vir my gegee. Ek kan nie uitgepraat raak oor al U wonderlike dinge nie. Dit maak my baie gelukkig.” (Ps. 16:6 – Die Boodskap)

  • ‘n Christusgelowige word geroep om gesonde en positiewe verhoudings te bou – dit is ‘n deel van God se wonderlike plan vir jou lewe.
  • Die mooiste dinge in die lewe sluit gesonde verhoudings in – koester dit en sorg daarvoor.
  • ‘n Verhouding wat seer is, moet gesond word – wees bereid om die eerste stap te neem.
  • Belê vandag bewustelik in jou verhoudings met jou gesin, vriende en kollegas – dit is ‘n belegging vir die ewigheid.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie vir die mooi verhoudings wat U in my lewe geplaas het. Help my om hierdie verhoudings met liefde en respek gesond te hou en te koester.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 Maart 2026

Dagstukkies April

20 Maart

My gebed is dat jy vandag in afhanklikheid teenoor God wat die onmoontlike moontlik maak, sal leef. Hier is God se Woord.

Tema: Die Here sal vir jou sorg.

Teks:“Alles wat die Here vir my gedoen het, maak my vol vreugde. Hy is die grootste geskenk wat ek nog ooit gekry het. U sorg vir my, Here.”(Ps. 16:5 – Die Boodskap)

  • God is die grootste geskenk – al die ander goeie dinge kom van Hom af.
  • Wanneer deure toemaak en dit lyk asof daar geen uitweg is nie, maak die Here die Almagtige, ‘n nuwe pad oop – Hy sal dit weer-en-weer-en-weer doen.
  • Afhanklikheid van God is nie swakheid nie – dit is die wysste keuse wat jy ooit kan maak.
  • Vier vandag die goeie dinge wat God in jou lewe gedoen het – wees vol van dankbaarheid.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my grootste geskenk is en dat U altyd vir my sorg. Help my om in volle afhanklikheid van U te leef en te weet dat U nooit sal tekortskiet nie.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 Maart 2026

Dagstukkies April

19 Maart

Ek bid dat jou lewe ‘n getuigskrif vir almal sal wees wat sien dat jy altyd net jou beste gee. Hier is Sy boodskap spesiaal vir jou.

Tema: Gee jou beste.

Teks: “Beskerm my, o God, want ek leef uit U hand. U pas my op.” (Ps. 16:1 – Die Boodskap)

  • As jy onder God se beskerming leef, is jy vry om jou volle potensiaal te bereik.
  • Glo dan, moenie bang wees nie.
  • Gaan leer van diegene wat voor jou geleef het en altyd hul beste gegee het – hulle nalatenskap inspireer.
  • Jou beste is genoeg – Die Here God vra nie die onmoontlike nie, Hy sal die onmoontlike vir jou doen.
  • Wees vandag teenwoordig, toegewyd en voluit in alles wat jy doen – dit is hoe jy God deur jou werk verheerlik.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my beskerm en oppas. Help my om vandag my absolute beste te gee in alles wat ek aanpak, tot U eer.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 Maart 2026

Dagstukkies April

18 Maart

Ek hoop en bid dat jy heeltemal tevrede met die dinge wat God vir jou gee, sal wees. Hier is die Here se boodskap vir jou.

Tema: Die gevaar van jaloesie.

Teks: “Here, wie is werd om by U te mag wees? Wie mag in U huis instap, daar waar U spesiaal teenwoordig is?” (Ps. 15:1 – Die Boodskap)

  • Jaloesie is soos ‘n giftige wortel wat jou lewe vernietig – dit steel jou vreugde en vrede.
  • Jaloesie fokus op wat ander het; dankbaarheid fokus op wat God jou gegee het.
  • Kies vandag dankbaarheid.
  • Kyk en toets jouself: Beskadig jaloesie jou verhouding met God en met mense?

Gebed

Liewe Vader, baie dankie vir alles wat U vir my gegee het. Help my om jaloesie te laat vaar en tevrede te wees met die goeie dinge wat U in my lewe geplaas het.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Maart 2026

Dagstukkies April

17 Maart

Verwag die wonderwerke van God, sien dit raak. Ek bid dat jy dit selfs sal beleef. Hier is ‘n boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: Die Here gee altyd uitkoms.

Teks:“Dit is net ‘n baie dom mens wat dink God is nie daar nie… Ek bid dat die Here Sy kinders sal help. Dit sal hulle bly maak as Hy hulle gee wat hulle nodig het.” (Ps. 14:1, 7 – Die Boodskap)

  • Die Here God kyk nooit weg wanneer jy sukkel nie – Hy sien jou nood en Hy gee uitkoms.
  • ‘n Lewe sonder God is soos ‘n pad in die donker sonder ‘n lig – dit eindig in ‘n doolhof van verwarring.
  • God se uitkoms kom nie altyd op die tyd of manier wat jy wil hê nie, maar dit kom – wag op Hom.
  • Verwag ‘n wonderwerk in jou situasie – God is ‘n God van moontlikhede.
  • Sy arm is nie te kort om jou te help nie.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd uitkoms gee. Help my om U wonderwerke in my lewe raak te sien en te verwag dat U vir my uitkoms sal gee.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 Maart 2026

Dagstukkies April

16 Maart

My gebed is dat jy sal verstaan dat alles wat met jou gebeur, so gebeur dat Hy daarvan kennis dra. Ek gee graag hierdie boodskap van God vir jou.

Tema: Hy dra kennis van alles.

Teks:“Hoe lank gaan U my nog alleen los, Here? Gaan U my aanmekaar vergeet?… Maar ek weet! Op U liefde kan ek staatmaak. In my binneste borrel dit van vreugde omdat U my uit my moeilikheid help.” (Ps. 13:2, 6 – Die Boodskap)

  • Dit is God wat elke detail van jou lewe ken en omgee – niks gebeur buite Sy wete en sorg nie.
  • Al voel jy alleen, weet dat God se liefde vas en seker is – jy kan altyd op Hom staatmaak.
  • Selfs in die diepste moeilikheid kan jy vertroue hê – want God werk selfs wanneer jy dit nie sien nie.
  • Weet dat God kennis dra van elke situasie in jou lewe – Hy het dit nie gemis nie en Hy sal ingryp.
  • Leef met hoop!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U van alles in my lewe kennis dra. Help my om te onthou dat U my nooit vergeet nie en dat ek altyd op U liefde kan staatmaak.

In Jesus se Naam.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 15 Maart 2026

Dagstukkies April

15 Maart

Liewe Vriend

Ek bid dat jy tevrede met dit wat jy van God ontvang sal wees. Hier is die Woord van die Here vir jou.

Tema: Wees tevrede.

Teks: “Help my tog, Here, want selfs gelowiges het opgehou om by my te staan. Hulle wat U gedien het, het tussen neus en oë verdwyn.” (Ps. 12:2 – Die Boodskap)

  • Al voel dit soms of almal jou verlaat het, God is nog daar – Hy sal jou nooit alleen los nie.
  • Ontevredenheid begin dikwels wanneer ons kyk na wat ander het.
  • Ons sien soms nie die mooi en goeie dinge wat ons van die Here ontvang het, raak nie.
  • Om tevrede te wees is ‘n keuse – ‘n besluit.
  • Wees dankbaar vir wat jy het, nie bitter en ongelukkig oor wat jy nie het nie.
  • God is “genoeg” – as jy Hom het, het jy die belangrikste en kosbaarste besitting van almal.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd by my bly, ook wanneer andere my verlaat. Help my om tevrede te wees met alles wat U vir my gegee het.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 14 Maart 2026

Dagstukkies April

14 Maart

Liewe Vriend

Ek hoop dat jou oë vir God se liefde en genade in jou lewe sal oopgaan. Hier is Sy boodskap wat jy ernstig moet opneem.

Tema: Die Here voorsien ook wanneer jy swaar kry.

Teks: “Die Here beskerm my! … Die Here doen altyd die regte dinge… Almal wat opreg lewe, sal by die Here ‘n plek hê.” (Ps. 11:1, 7 – Die Boodskap)

  • God se beskerming en voorsiening geld ook – en veral – in die tye wanneer dit vir jou moeilik gaan.
  • Swaar tye is nie ‘n teken dat God jou vergeet het nie – dit is dikwels die tye wanneer Hy die naaste aan jou is.
  • Leef reg voor God, ook wanneer dit moeilik is – Hy sien dit raak en sal jou beloon.
  • Kyk terug op moeilike tye in jou lewe. Sien die enkelvoetspore van die Here toe Hy jou gedra het, raak.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my beskerm en voorsien, ook wanneer ek dit nie verwag nie. Help my om U genade en liefde te sien, selfs in moeilike omstandighede.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 13 Maart 2026

Dagstukkies April

13 Maart

Liewe Vriend

My gebed is dat jy deur-en-deur eerlik en opreg sal wees. Hier is Sy Boodskap vir jou.

Tema: Die gevaar om oneerlik te wees.

Teks: “Here, waarom maak U asof U my nie ken nie? Dit voel asof U baie ver van my af is… Gryp in Here! God, wys dat U die sterkste isVriend” (Ps. 10:1, 12a – Die Boodskap)

  • Wanneer dit voel asof God ver is, is dit dikwels omdat julle verhouding wat vertroebel het – dalk het jy Hom afgeskeep?!
  • Jy moet Ja sê en Nee sê en dit bedoel – bedrog begin deur klein dingetjies, maar dit groei en vernietig jou geloofwaardigheid.
  • God sien alles wat verkeerd gedoen word, maar Hy vergewe en herstel jou wanneer jy berou het.
  • Wees vandag eerlik in elke gesprek en elke transaksie – jou integriteit is jou grootste bate.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U die God van waarheid is. Help my om vandag deur-en-deur eerlik in alles wat ek sê en doen, te wees.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 12 Maart 2026

Dagstukkies April

12 Maart

Liewe Vriend

Ek bid dat jy regverdig teenoor ander mense sal optree. Hier is die Woord van die Here vir vandag.

Tema: Tree reg en billik op.

Teks: “Met alles binne-in my wil ek die Here prys! Ek wil praat oor die wonderlike dinge wat U gedoen het.” (Ps. 9:1 – Die Boodskap)

  • ‘n Lewe van dankbaarheid en lof aan God lei tot regverdige optrede teenoor alle mense.
  • Iemand moet die eerste stap neem om reg en regverdig op te tree – neem die eerste stap daartoe.
  • God is goed teenoor jou. Wees daarom ook goed en billik teenoor almal – die rykes, die armes, die mooies, die lelikes, ja, jou vriende en vyande.
  • Toets jou optrede teenoor die mense in jou lewe – is jy regtig regverdig, eerlik en billik?

Gebed

Liewe Vader, baie dankie vir al die wonderlike dinge wat U in my lewe gedoen het. Help my om vandag reg en billik teenoor elke persoon op te tree.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 11 Maart 2026

Dagstukkies April

11 Maart

Liewe Vriend

My gebed is dat dit vandag met jou goed sal gaan en dat jy goeie gesondheid beleef. Hier is die Boodskap van die Here vir vandag.

Tema: Help iemand anders.

Teks: “Here, God, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys! Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is.” (Ps. 8:2 – Die Boodskap)

  • Ons Almagtige, Alwyse en Groot God plaas ons in mekaar se lewens.
  • In hierdie groot wêreld is daar mense wat jou hulp nodig het – sien hulle raak.
  • So sal ons mekaar ondersteun en opbou.
  • Dikwels vind jy rustigheid wanneer jy ander help – jy kry perspektief wanneer jy na ander uitreik.
  • Doen iets konkreets vir iemand anders – ‘n vriendelike woord, ‘n praktiese daad van liefde, of net ‘n gebed.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U so ‘n groot en goeie God is. Help my om vandag my oë oop te hou vir iemand wat my hulp nodig het.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 10 Maart 2026

Dagstukkies April

10 Maart

Liewe Vriend

Mag jy die uitkoms wat onverwags kom, raaksien en dit met oop arms aangryp. Hier is God se Woord vir jou.

Tema: Die uitkoms is daar – sien dit raak.

Teks: “Here my God, as ek dinge gedoen het wat nie in U oë reg is nie, wys dit vir my!”(Ps. 7:4 – Die Boodskap)

  • Die Here God stuur soms oplossings op onverwagte maniere – wees oop en verwag dit.
  • God wil jou nie net help nie – Hy wil ook jou oë oopmaak sodat jy self jou deel kan doen.
  • Wees eerlik voor God oor jou eie aandeel in jou probleme – so maak jy ruimte vir Sy hulp en groei.
  • Sien raak hoe God reeds besig is om dinge reg te maak, al is dit nie altyd sigbaar nie.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U uitkoms vir my beplan as dit moeilik gaan. Help my om eerlik voor U te staan en U uitkoms raak te sien.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 9 Maart 2026

Dagstukkies April

9 Maart

Liewe Vriend

Vandag bid ek vir jou. Ek bid dat jy die tweede, derde en vierde kanse wat die Here vir jou gee sal raaksien en aangryp. Hier is spesiale boodskap aan jou.

Tema: ‘n Tweede kans.

Teks: “Ek is lam van moedeloosheid. Wat gaan U doen, Here? Hoe lank gaan dit nog so aanhou? Help my, Here! Red my…!” (Ps. 6:4-5a – Die Boodskap)

  • Het jy al gevoel dat dit te laat is om oor te begin, dat jy te veel foute gemaak het? God gee tweede kanse!
  • Die Here sien jy is moedeloos – Hy is nie moeg vir jou nie. Hy gee nie op met jou nie.
  • Elke nuwe dag is ‘n tweede, ‘n derde of selfs ‘n vierde kans wat God gee om anders te kies en nuut te begin.
  • Gryp vandag die geleentheid wat God vir jou gee aan.
  • Dit is nooit te laat om te weer oor en nuut te begin nie – Jou nuwe lewe begin nou!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my elke keer weer ‘n nuwe kans gee. Help my om dit raak te sien en met dankbaarheid aan te gryp.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 8 Maart 2026

Dagstukkies April

8 Maart

Liewe Vriend

Ek hoop en bid dat jy jou nie deur verkeerde advies sal laat mislei nie. Hier is die boodskap vir jou.

Tema: Kies reg en leef gelukkig.

Teks: “Wees goed vir my, Here, want ek word al hoe swakker. U moet my asseblief gesond maak, Here, want my liggaam is besig om in te gee.” (Ps. 6:3 – Die Boodskap)

  • Soos wat jy in die lewe kies, so sal jy leef – verkeerde keuses bring pyn, maar regte keuses bring vreugde en vrede.
  • Wanneer jy moeg en swak voel, is dit God wat jou wil versterk – draai na Hom toe vir herstel.
  • Moenie die verkeerde mense se raad volg slegs omdat dit makliker of beter klink nie.
  • Kies vandag bewustelik om agter die Here aan te stap, al is dit soms moeiliker – dit lei na ‘n gelukkiger lewe.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my versterk wanneer ek swak is. Help my om vandag die regte keuses te maak en nie deur verkeerde raad mislei te word nie.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 7 Maart 2026

Dagstukkies April

7 Maart

Liewe Vriend

Ek hoop dat jy vandag in moontlike moeilike tye ook God se uitkoms raak sal sien. God se Woord wil jou hierin raad gee.

Tema: ‘n Doodlooppad.

Teks: “Hoor tog wat ek sê, Here! Luister hoe ek my hart teenoor U leegmaak.” (Ps. 5:1 – Die Boodskap)

  • Jaloesie, vrees en bitterheid kan jou in ‘n doodloopstraat laat vasloop, waaruit jy jouself nie kan kry nie.
  • Wanneer jy vasgekeer voel, is dit die beste om jou hart voor God oop te maak – praat met Hom.
  • ‘n Doodlooppad is juis dikwels ‘n nuwe beginpunt in God se oë – Hy sien uitweë wat jy nog nie sien nie.
  • Maak vandag jou hart leeg voor die Here – sê vir Hom presies hoe jy voel, en wag op Sy leiding.
  • Gryp jou nuwe seisoene en geleenthede met altwee hande aan.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U na my luister wanneer ek my hart voor U leegmaak. Help my om vandag nie vas te bly in ‘n doodlooppad nie, maar U uitweg raak te sien.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 6 Maart 2026

Dagstukkies April

6 Maart

Liewe Vriend

Mag jy die nuwe era en nuwe seisoen vir jou lewe wat God laat aanbreek, raaksien. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Die moeilike besluit is soms reg.

Teks: “God, help my asseblief wanneer ek by U kom hulp vra! U sorg altyd vir my. In ‘n krisis het U ‘n sagte hart. Wees asseblief goed vir my.”(Ps. 4:2 – Die Boodskap)

  • Oënskynlike maklike keuses het dikwels slegte nagevolge, terwyl die moeilike besluit dikwels die beste gevolge het.
  • God verstaan wanneer jy voor ‘n moeilike besluit staan – gaan na Hom toe en vra Sy leiding.
  • Stap dan agter Hom aan!
  • In elke krisis is God by jou met ‘n sagte hart – Hy sal jou help en lei om die regte besluit te neem.
  • Moenie bang wees om moeilike besluite te neem nie – bid eers, dink deeglik na, en doen dan wat reg is, al voel jy onseker.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U altyd by my is, veral in moeilike tye. Help my om vandag die regte besluite te neem, selfs al is dit moeilik.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 5 Maart 2026

Dagstukkies April

5 Maart

Liewe Vriend

My wens is dat jy vandag besonderse respek aan die Here sal wys. Hier is Sy boodskap vir jou.

Tema: Alles wat jy kan doen, is nie noodwendig aanvaarbaar nie.

Teks: “Here, kyk net hoe baie mense wil my seermaak. Hulle word net meer en meer… Maar, Here, U beskerm my teen hulle… U help my om nie handdoek in te gooi nie.” (Ps. 3:1, 4 – Die Boodskap)

  • Ideale en grense gaan hand aan hand – net omdat iets moontlik is, beteken dit nie dit is reg of wys nie.
  • Die wêreld sê jy kan alles doen wat jy wil – maar God roep jou tot ‘n hoër standaard van lewe.
  • Al lyk dit soms asof diegene sonder grense vorentoe gaan, beskerm God dié wat binne Sy grense bly.
  • Wees vandag bereid om “nee” te sê vir dinge wat jou van God se pad af wil trek – Hy sal jou gelukkig maak.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my beskerm en help om nie handdoek in te gooi nie. Help my om vandag die regte grense te stel en binne U wil te bly.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 4 Maart 2026

Dagstukkies April

4 Maart

Liewe Vriend

Ek bid dat jy sal leer om die regte waardes te hê. Geniet God se Woord vandag vir jou.

Tema: ‘n Droom vir iets beters.

Teks: “God hou sommer baie van jou, want jy … is ook nie bevriend met die daardie spul wat met God spot nie.” (Ps. 1:1 – Die Boodskap)

  • Ideale en drome is ‘n geskenk van God – Hy plaas dit in jou hart sodat jy na iets beters kan strewe.
  • ‘n Lewe sonder waardes en beginsels is soos ‘n skip sonder stuurwiel – jy sal rondslinger sonder rigting.
  • Droom groot, maar bou jou drome op die regte fondasie – op God se Woord en Sy beginsels.
  • Kies vandag om jou lewe te rig volgens waardes wat God belangrik maak en mense opbou.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U drome en ideale in my hart plaas. Help my om die regte waardes te hê sodat my drome U eer sal bring.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 3 Maart 2026

Dagstukkies April

3 Maart

Liewe Vriend

Ek hoop dat jy sal leer om alle mense dieselfde te hanteer.

Tema: Hanteer almal dieselfde.

Teks: “God hou sommer baie van jou, want jy … is ook nie bevriend met die daardie spul wat met God spot nie.” (Ps. 1:1 – Die Boodskap)

  • Ons is geneig om sekere mense beter te behandel as ander – maar God roep ons om elke mens met dieselfde waardigheid te hanteer.
  • Om niemand uit te sluit of te vergeet nie, is ‘n teken van ware volwassenheid en Christelike karakter.
  • Die gelukkige mens kies sy vriende met insig en wysheid – maar behandel selfs diegene wat verkeerd kies met respek en menswaardigheid.
  • Onthou vandag dat elke mens voor God ewe waardevol is, ongeag hulle agtergrond of keuses.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U elke mens lief het. Help my om vandag alle mense met dieselfde liefde en respek te behandel wat U aan hulle gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 2 Maart 2026

Dagstukkies April

2 Maart

Liewe Vriend

My hoop vir jou is dat jou toekoms rooskleurig sal wees. Vandag se Woord vir jou is as volg:

Tema: Weet: Dinge sal vir jou verbeter.

Teks: “God hou sommer baie van jou, want jy … hardloop nie agter elke sonde op die mark aan nie. …” (Ps. 1:1 – Die Boodskap)

  • Die Here se geluk rus op diegene wat nie elke verleiding volg nie – weet dat Hy ook sy hand oor jou hou.
  • Dinge lyk dalk soms moeilik, maar God het ‘n plan vir jou lewe – dit is vol hoop en ‘n positiewe toekoms.
  • As jy getrou bly aan die manier hoe God dinge doen, sal Hy jou stap vir stap na ‘n beter plek in jou lewe lei.
  • Glo vandag dat jou situasie kan verander – God is ‘n God wat dinge nuut maak, oor doen en herstel.
  • Vertrou Hom vir ‘n goeie toekoms, al sien jy dit nog nie duidelik nie.

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat U my toekoms in U hande hou en dat U beloof het dat dinge vir my sal verbeter. Help my om dit elke dag te glo.

In Jesus se Naam.

 Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.