2 Maart
Liewe Vriend
My hoop vir jou is dat jou toekoms rooskleurig sal wees. Vandag se Woord vir jou is as volg:
Tema: Weet: Dinge sal vir jou verbeter.
Teks: “God hou sommer baie van jou, want jy … hardloop nie agter elke sonde op die mark aan nie. …” (Ps. 1:1 – Die Boodskap)
- Die Here se geluk rus op diegene wat nie elke verleiding volg nie – weet dat Hy ook sy hand oor jou hou.
- Dinge lyk dalk soms moeilik, maar God het ‘n plan vir jou lewe – dit is vol hoop en ‘n positiewe toekoms.
- As jy getrou bly aan die manier hoe God dinge doen, sal Hy jou stap vir stap na ‘n beter plek in jou lewe lei.
- Glo vandag dat jou situasie kan verander – God is ‘n God wat dinge nuut maak, oor doen en herstel.
- Vertrou Hom vir ‘n goeie toekoms, al sien jy dit nog nie duidelik nie.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my toekoms in U hande hou en dat U beloof het dat dinge vir my sal verbeter. Help my om dit elke dag te glo.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


