5 Maart
Liewe Vriend
My wens is dat jy vandag besonderse respek aan die Here sal wys. Hier is Sy boodskap vir jou.
Tema: Alles wat jy kan doen, is nie noodwendig aanvaarbaar nie.
Teks: “Here, kyk net hoe baie mense wil my seermaak. Hulle word net meer en meer… Maar, Here, U beskerm my teen hulle… U help my om nie handdoek in te gooi nie.” (Ps. 3:1, 4 – Die Boodskap)
- Ideale en grense gaan hand aan hand – net omdat iets moontlik is, beteken dit nie dit is reg of wys nie.
- Die wêreld sê jy kan alles doen wat jy wil – maar God roep jou tot ‘n hoër standaard van lewe.
- Al lyk dit soms asof diegene sonder grense vorentoe gaan, beskerm God dié wat binne Sy grense bly.
- Wees vandag bereid om “nee” te sê vir dinge wat jou van God se pad af wil trek – Hy sal jou gelukkig maak.
Gebed
Liewe Vader, baie dankie dat U my beskerm en help om nie handdoek in te gooi nie. Help my om vandag die regte grense te stel en binne U wil te bly.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


