Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 1 Maart 2026

Dagstukkies April

1 Maart

Liewe Vriend

Vandag begin die derde maand van hierdie jaar. Kan jy dit glo! Ek bid dat dit vir jou ‘n goeie maand sal wees. Mag jou drome vir hierdie maand waar word. Hier is God se boodskap aan jou:

Tema: Kry hoop! Moenie onrustig en ontsteld wees nie.

Teks: “God hou sommer baie van jou, want jy leen nooit jou ore aan slegte mense uit nie…” (Ps. 1:1 – Die Boodskap)

  • Is jou hart onrustig en vol bekommernis? God wil jou vir vandag en vir die toekoms hoop gee.
  • Die mens wat nie na slegte raad en slegte invloede luister nie, is gelukkig – God se guns rus op so ‘n persoon.
  • Moenie toelaat dat angs en vrees jou keer nie – God se beloftes is vas en seker.
  • Kies vandag om jou vertroue in die Here te plaas, en glo dat Hy jou deur hierdie maand sal dra.

Gebed

Liewe Vader. Baie dankie dat U my hoop gee en my onrustige hart tot rus bring. Help my om hierdie nuwe maand met vertroue in U te begin.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 28 Februarie 2026

Dagstukkies April

28 Februarie

Dit is vandag die einde van die maand en die Here God het jou deur die eerste twee maande van hierdie jaar gedra. Mag jy vandag God se genade oor jou lewe vier! Hier is Sy Boodskap vir die laaste dag van Februarie:

Tema: God is regverdig

Teks vir vandag: “‘n Leier wat die armes onderdruk, is soos ‘n haelstorm wat alles verwoes. Hongersnood en baie ellendes is dan die armes se voorland.” Spr. 28:3 (Die Boodskap)

  • Die Here doen reg aan verdruktes, Hy  gee brood aan die hongeriges en bevry gevangenes (Ps. 146:7-9).
  • God haat onreg en onderdrukking – Hy help die swakkes en armes.
  • As jy in ‘n magsposisie is, gebruik dit om ander op te lig en op te bou, nie om hulle te onderdruk nie.
  • Vier vandag dat God ‘n God van geregtigheid is. Hy ondersteun mense wat op die rand van die samelewing is.
  • Eindig hierdie maand met dankbaarheid vir God se getroue sorg en beskerming oor jou lewe!

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U ‘n God van geregtigheid is en dat U my deur nog ‘n maand gedra het. Help my om ander op te lig, nie af te trek nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 27 Februarie 2026

Dagstukkies April

27 Februarie

Mag jy vandag nederig wees! Hier is ‘n Woord vir jou:

Tema: Laat ander jou prys

Teks vir vandag: “Moenie jou eie beuel blaas nie. Moenie vir almal vertel hoe goed jy is nie. Laat ander dit liewers doen.” Spr. 27:2 (Die Boodskap)

Dit is God wat ons eerste gelukkig maak, nie mense of omstandighede nie (Ps. 75:6-7).

Selfverheffing en selfbevordering is ‘n teken van onsekerheid en trots.

As jy goed is in wat jy doen, sal ander mense dit raaksien – jy hoef dit nie self te adverteer nie.

Wees vandag nederig en laat God en ander mense jou werk en karakter bevestig.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag nederig te bly en nie myself te verhef nie, maar U en ander die geleentheid te gee om my te prys.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 26 Februarie 2026

Dagstukkies April

26 Februarie

Mag jy vandag wysheid hê in wie jy vertrou! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Kies die regte mense

Teks vir vandag: “Moenie sommer enige een wat verby stap vir (tuin-)werk (of ander werk) huur nie. Hy kan groot skade maak. Hy is soos ‘n wag wat beheer verloor en op verbygangers skiet.” Spr. 26:10 (Die Boodskap)

  • Dit is beter om by die Here God jou veiligheid en beskerming te kry as om op mense te vertrou (Ps. 118:8).
  • Wees versigtig aan wie jy verantwoordelikheid en vertroue gee – hulle kan groot skade aanrig.
  • Bid vir God se leiding wanneer jy mense moet kies om met jou te werk of jou te help.
  • Evalueer vandag die mense rondom jou en maak seker jy vertrou die regte mense.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag wysheid om die regte mense te kies om te vertrou en mee saam te werk.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 25 Februarie 2026

Dagstukkies April

25 Februarie

Mag jy vandag vir geregtigheid staan! Hier is God se spesiale Boodskap vir vandag:

Tema: Staan op vir wat reg is

Teks vir vandag: “Voordat ‘n gemeenskap werklik gelukkig kan wees, moet alle korrupsie en verkeerde praktyke eers met wortel en tak uitgeroei word.” Spr. 25:5 (Die Boodskap)

  • Verdedig mense in nood en selfs weeskinders. Tree reg en regverdig op teenoor boemelaars, die ellendiges en die armes (Ps. 82:3).
  • Vrede en geluk kom wanneer onreg en korrupsie uitgewis word.
  • God roep jou om op te staan teen verkeerde praktyke, al is dit ongemaklik en spanningsvol.
  • Wees vandag bereid om vir geregtigheid te staan, selfs al kos dit iets van jou.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag moed om op te staan teen onreg en te werk vir geregtigheid in my gemeenskap.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 24 Februarie 2026

Dagstukkies April

24 Februarie

Mag jy vandag integriteit beoefen! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Beskerm jou reputasie

Teks vir vandag: “Iemand wat net slegte dinge beplan, kry gou-gou ‘n baie slegte naam. Waaroor hy dink en wat hy doen, is een stuk sonde. Vir die gemeenskap is hy ‘n verleentheid.” Spr. 24:8-9 (Die Boodskap)

  • Wie mag in die teenwoordigheid van die Here leef? Hy wat opreg optree en reg doen (Ps. 15:1-2).
  • Jou gedagtes, planne en optrede vorm jou karakter, en jou karakter bepaal jou reputasie.
  • ‘n Slegte naam is moeilik om van ontslae te raak – beskerm jou integriteit deur reg te dink en te leef.
  • Wees vandag bewus van jou gedagtes en motiewe en maak seker hulle is suiwer voor God.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag reg te dink en te leef sodat my reputasie U Naam sal verheerlik.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 23 Februarie 2026

Dagstukkies April

23 Februarie

Mag jy vandag die regte prioriteite hê! Hier is God se wil net vir jou:

Tema: Fokus op wat belangrik is

Teks vir vandag: “Moenie jou vir geld afsloof nie… Rykdom hou nie vir altyd nie. Dis soos ‘n voël wat die een oomblik nog naby jou op ‘n tak sit en dan skielik wegvlieg. So vinnig verdwyn dit.” Spr. 23:4-5 (Die Boodskap)

  • Wanneer jy meer welgesteld en ryk word, onthou, moenie op rykdom vertrou nie.
  • Onthou, moenie te geheg aan aardse dinge en besittings raak nie (Ps. 62:11).
  • Geld en besittings is tydelik en kan in ‘n oomblik verdwyn – moenie jou lewe daaraan toewy nie.
  • God wil hê jy moet werk en vooruitgaan, maar nie ten koste van wat werklik belangrik is nie.
  • Evalueer vandag jou prioriteite en maak seker God en mense kom steeds eerste, nie geld nie.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag die regte prioriteite te hê en nie my lewe weg te gooi vir dinge wat verdwyn nie.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 22 Februarie 2026

Dagstukkies April

22 Februarie

Mag jy vandag wysheid hê om versoeking te weerstaan! Hier is ’n Woord van die Here vir vandag:

Tema: Bly weg van sonde

Teks vir vandag: “Verkeerde dinge lyk mooi, maar die uiteinde is bitter. ‘n Wyse mense bly ver weg van sulke dinge af.” Spr. 22:5 (Die Boodskap)

  • ‘n Mens kan slegs suiwer en opreg leef deur volgens God se Woord op te tree (Psalm 119:9).
  • Sonde lyk aanvanklik aantreklik, maar die gevolge is altyd verwoestend.
  • Wysheid leer jou om versoeking te herken en daarvan weg te bly voordat dit jou vang (Jak. 1:13-15).
  • Beskerm jouself vandag deur bewustelik weg te bly van situasies wat jou getuienis skade kan aandoen.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag krag om versoeking te weerstaan en weg te bly van dinge wat mooi lyk maar bitter eindig.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 21 Februarie 2026

Dagstukkies April

21 Februarie

Mag jou lewe vandag God eer! Hier is ‘n gedagte net vir jou vandag:

Tema: Leef reg voor God

Teks vir vandag: “Om die regte dinge te doen en te sê is vir die Here baie belangriker as ‘n groot dankoffer.” Spr. 21:3 (Die Boodskap)

  • God vra nie vorms van godsdiens nie, maar ‘n hartseer hart voor Hom (Ps. 51:18-19).
  • God soek nie religieuse rituele nie, maar ‘n hart wat opreg na Hom toe leef.
  • Jou daaglikse keuses en integriteit is vir God belangriker as groot, godsdienstige vertonings.
  • Leef vandag so dat jou lewe self ‘n offer van aanbidding aan God is.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag reg te leef voor U en om my lewe ‘n offer van aanbidding te maak.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 20 Februarie 2026

Dagstukkies April

20 Februarie

Mag jy vandag vrede kies! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Kies vir vrede

Teks vir vandag: “‘n Wyse mens bly weg van rusies en gestry. Dit is net ‘n dwaas wat sy neus oral insteek.” Spr. 20:3 (Die Boodskap) 

  • Bly weg die kwaad en doen goeie dinge. Soek vrede en jaag dit na (Ps. 34:15).
  • Dit is wys om konflik te vermy en nie in elke argument betrokke te raak nie.
  • Nie elke konflik is vir daar vir jou om te veg nie.
  • Sommige konflik en gevegte moet jy net laat verby gaan.
  • Kies vandag om weg te bly van onnodige konflik en rusies wat net energie en vrede steel.

Gebed

Liewe Vader, gee my vandag wysheid om vrede te soek en weg te bly van onnodige konflik en rusies.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 19 Februarie 2026

Dagstukkies April

19 Februarie

Mag jy vandag jou dag en lewe verstandig en wys beplan! Hier is God se wil net vir jou vir vandag:

Tema: Dink voordat jy handel

Teks vir vandag: “Dink voordat jy praat… Eiesinnigheid kan mense se planne vernietig. Daarna blameer hy die

Here vir sy ellende.” Spr. 19:2-3 (Die Boodskap)

  • Gee jou lewe aan die Here oor, vertrou op Hom en Hy sal vir jou sorg – stap agter die Hom aan (Ps. 37:5).
  • Soms maak jy planne sonder om die Here se advies te vra, daaroor te bid en daaroor na te dink.
  • Neem verantwoordelikheid vir jou eie keuses.
  • Moenie God blameer vir die gevolge van jou eie keuses – sonder Hom – nie.
  • Soek vandag God se wil voordat jy planne maak of belangrike besluite neem.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag deur te dink voordat ek optree en om nie eiesinnig te wees nie, maar U wil te soek.

In die Naam van Jesus Christus die Here. Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 18 Februarie 2026

Dagstukkies April

18 Februarie

Mag jou woorde vandag lewe bring! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Woorde van lewe

Teks vir vandag: “‘n Gelowige se woorde is soos ‘n borrelende fontein. Dit bemoedig mense, troos hulle, wys hulle op die regte pad.” Spr. 18:4 (Die Boodskap)

  • Jou woorde moet altyd regverdig,  wys en vol insig wees (Ps 37:30).
  • Jou woorde moet soos vars water wees wat ander se dors les en hulle verfris.
  • Jou woorde as Christengelowige is ‘n bron van bemoediging en lei ander reg.
  • Sê vandag daardie woorde wat ander sal bemoedig, hoop gee, troos en op die regte pad lei.

Gebed

Liewe Vader, maak my woorde vandag soos ‘n fontein van lewe wat ander sal bemoedig en verkwik. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 17 Februarie 2026

Dagstukkies April

17 Februarie

Mag jy vandag getrou bly in beproewing! Hier is God se spesiale gedagte net vir jou:

Tema: Getoets maar getrou

Teks vir vandag: “Soos ‘n onderwyser jou kennis toets, so toets die Here ons ook. Hy wil vasstel hoe eg ons geloof in Hom is.” Spr. 17:3 (Die Boodskap)

  • God toets ons soos silwer deur vuur skoon gemaak word – toetse maak ons geloof opreg (Ps. 66:10; 1 Pet 1:5-8).
  • Moeilike tye is nie straf nie, maar God se manier om jou geloof te verfyn en sterker te maak.
  • Hoe jy reageer in beproewinge wys hoe eg jou geloof regtig is.
  • Bly vandag getrou, al is omstandighede moeilik – God gebruik dit om jou te suiwer en te versterk.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag getrou te bly in beproewinge en te vertrou dat U my verfyn soos silwer. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 16 Februarie 2026

Dagstukkies April

16 Februarie

Mag jy vandag God se genade ervaar! Hier is God se Woord vir vandag:

Tema: Liefde herstel verhoudings

  • Teks vir vandag: “Die Here verag arrogante mense wat op ander trap. Hulle sal sekerlik nog gestraf word. Liefde kan skewe verhoudings weer regmaak.” Spr. 16:5 (Die Boodskap)
  • Jy weet mos dat die Here barmhartig,  genadig, lankmoedig en vol van goedertierenheid is (Ps. 103:8).
  • God haat hoogmoed, maar Sy liefde en genade kan selfs die slegste verhoudings herstel.
  • Waar daar liefde en vergifnis is, kan daar heling en herstel plaasvind.
  • Laat God se liefde deur jou na mense met wie jy gebreekte verhoudings het vloei.

Gebed

Liewe Vader, laat U liefde vandag deur my vloei om gebreekte verhoudings te herstel en ander te seën. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 15 Februarie 2026

Dagstukkies April

15 Februarie

Mag jou woorde vandag genesing bring! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Woorde wat genees

Teks vir vandag: “Iemand wat kalm oor woorde praat, se woorde maak heel. Vlymskerp woorde breek af.” Spr. 15:4 (Die Boodskap)

  • Die dinge wat jy se, m.a.w. jou woorde moet die Here tevrede stel – Hy moet daarvan hou (Ps.  19:15).
  • Jou woorde het die krag om mense emosioneel siek te maak, emosioneel gesond te maak, op te bou of af te breek.
  • Sagmoedige, liefdevolle woorde kan stukkende en seer harte gesond maak en verhoudings herstel.
  • Kies vandag om met jou woorde lewe, hoop en heling te bring, nie pyn, verlies of verdeeldheid nie.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag met my woorde ander te genees en op te bou, nie af te breek nie. In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 14 Februarie 2026

Dagstukkies April

14 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag deur God se Gees gelei word! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Gelei deur God se Gees

Teks vir vandag: ‘n Kletskous praat maklik sy mond verby. Sy woorde bring hom tot ‘n val. ‘n Wyse is versigtig met sy woorde. Dit hou hom uit die moeilikheid.” Spr. 14:3 (Die Boodskap) – lees ook Spr. 12:18; 13:3; 15:1; Jan 3:2, 5-6

  • Die Heilige Gees lei jou om God se wil te doen – jy sal min probleme ervaar (Ps. 143:10).
  • God se Gees lei jou om die regte dinge op die regte tyd te sê, te dink en te doen.
  • Wanneer jy gehoorsaam aan die Heilige Gees is, beskerm Hy jou teen onverstandige keuses.
  • Luister vandag na die stem van God se Gees en volg Sy leiding in alles wat jy doen.

Gebed

Liewe Vader, laat U Gees my vandag lei in alles wat ek sê, dink en doen sodat ek uit die moeilikheid kan bly.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 13 Februarie 2026

Dagstukkies April

13 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag beheer oor jou woorde hê! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Beheer jou woorde

Teks vir vandag: “Hy wat sy mond kan hou, bly uit die moeilikheid. ‘n Kletskous praat maklik sy mond verby en beland in groot moeilikheid.” Spr. 13:3 (Die Boodskap) – lees ook Spr. 12:18; 13:3; 15:1; Jan 3:2, 5-6

  • Die Here wat alles weet, help jou om nie onnodig te praat nie (Ps. 141:3).
  • Die Here wat alles weet, help jou om versigtig te wees met wat jy sê (Ps. 141:3).
  • Baie van ons probleme ontstaan omdat ons te veel praat of op die verkeerde tyd praat.
  • Wysheid leer jou om jou woorde te weeg en te weet wanneer om stil te bly.
  • Oefen vandag selfbeheersing oor wat jy sê en dink voordat jy praat.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag my woorde te beheer en net te praat wanneer dit nodig en opbouend is.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 12 Februarie 2026

Dagstukkies April

12 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag ‘n seën vir ander wees! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Wees ‘n seën

Teks vir vandag: ‘n Gelowige vrou beteken vir ‘n man verskriklik baie. Sy versier sy lewe soos ‘n mooi kledingstuk.” Spr. 12:4 (Die Boodskap)

  • Jou vrou en huwelik, kinders en gesin sal vir jou ’n groot bron van geluk en vreugde wees (Ps. 128:3).
  • Jou karakter en optrede kan ander se lewens verryk en hulle nader aan God bring.
  • God roep jou om mense rondom jou gelukkig te maak – veral in al jou verhoudings.
  • Dink vandag daaraan hoe jy die mense om jou kan bemoedig en opbou.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag ‘n seën te wees vir die mense rondom my en hulle nader aan U te bring.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 11 Februarie 2026

Dagstukkies April

11 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag in nederigheid groei! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: Nederigheid bring wysheid

Teks vir vandag: “Mense wat dink hulle is beter as ander, word uiteindelik verneder. Mense wat nie so baie van hulleself dink nie, verstaan die kuns van die lewe.” Spr. 11:2 (Die Boodskap)

  • Die Here, die Almagtige God sien jou raak. Die Here die Almagtige God help jou (Ps. 138:6).
  • Hy hou baie daarvan as jy nie dink jy is beter as ander mense nie (Ps. 138:6).
  • Hoogmoed kom tot ‘n val – mense wat hulleself verhef, sal uiteindelik verneder word – al lyk dit nie nou so nie.
  • Nederige mense is oop om te leer en te groei, daarom word hulle wys.
  • Kies vandag om klein voor God en mense te wees, al het jy alreeds iets groots bereik.

Gebed

Liewe Vader, help my om vandag nederig te leef en nie baie van myself te dink nie, sodat U my kan gebruik.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag. Bybel dagstukkie vir vandag: 10 Februarie 2026

Dagstukkies April

10 Februarie

Liewe Vriend

Mag jy vandag God se voorsiening ervaar! Hier is God se Boodskap net vir jou vir vandag:

Tema: God sorg vir Sy kinders

Teks vir vandag: “Die Here sorg vir Sy kinders. Hy gee kos vir die wat honger is. Die brandende begeertes van slegte mense word nooit waar nie.” Spr. 10:3 (Die Boodskap)

  • God belowe dat Hy altyd vir Sy kinders sal sorg – hulle is nooit alleen nie (Ps. 37:25).
  • God ken jou behoeftes en Hy sal daarvoor sorg – jy hoef nie bekommerd te wees nie.
  • Vertrou op God wat sorg, al lyk omstandighede ook al hoe onmoontlik.
  • Wees rustig. Hy sal vir jou sorg.
  • Hy maak die onmoontlike moontlik.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat U elke dag vir my sorg en my behoeftes voorsien volgens U rykdom in heerlikheid.

In die Naam van Jesus Christus die Here.

Amen

Vorige dagstukkies 2026

Vorige dagstukkies 2025

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.