3 Julie
Mag jou oë vandag oopgaan om raak te sien hoe die Here vir jou uitkoms gee. Ontvang hierdie boodskap vandag uit Sy Woord.
Tema: Die Here sal jou red
Teks: “Nou sal jy sien wat Ek met die farao gaan doen: Ek gaan hom dwing om my volk te laat gaan; ja, Ek gaan hom dwing om hulle uit sy land uit weg te jaag.” (Eks 5:24)
- Baie keer raak ons haastig en wil ons dinge self probeer oplos
- Staan eerder stil… en kyk wat God regtig doen. Hou jou geestesoë oop – die Here se uitkoms is op pad.
- So seker soos Hy Israel bevry het, sal Hy jou situasie ook verander.
- Moenie miskyk wat God reeds besig is om te doen nie.
Gebed:
Liewe Vader, maak my geestesoë oop sodat ek U hand duidelik kan sien.
In Jesus se Naam.
Amen
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


