Skep asem vir vandag: 28 Junie 2025

28 Junie

Liewe ….

My wens vir jou is dat jy vandag gelukkig sal wees. My wens is dat jy ‘n goeie dag sal beleef. Gister het jy gehoor dat jy nie moed moet opgee as jy teenstand kry nie, want dit kom. Ek bid dat jy die onverstaanbare God daarom persoonlik sal leer ken. Ontvang Sy spesiale Woord vandag.

Tema: Ken God persoonlik

Teks:“’Ek is wat Ek is’… ‘ Ek is’ het my na julle toe gestuur” (Eks 3:14)

  • “Ek is wat Ek is” of “Ek wat is” is God se persoonlike naam. Jy kan God nou ook persoonlik op die naam ken.
  • Hy stel in jou belang. Hy wil die persoonlike verhouding tussen jou en Hom laat groei.
  • Hy help jou. Hy gee vir jou om. Hy omarm jou. Hy gee warmte en liefde aan jou.
  • Hy bevry jou. Hy verlos jou. Hy red jou. Hy gee jou ook dié ewige lewe.
  • Buiten Hom is daar geen Helper en Redder nie.

Gebed

Liewe Vader, dankie dat ek “Ek is wat Ek is” persoonlik as my liefdevolle Redder kan ken.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.