Skep asem vir vandag: 29 Junie 2025

29 Junie

Liewe ….

Ek hoop dat jy vandag vrede en rustigheid sal ervaar. Jy weet nou dat jy ‘n persoonlike verhouding met God moet hê. My gebed is dat jy God as die Een wat regverdig is, sal leer ken. Hier is Sy Woord vir jou.

Tema: Kies reg

Teks:“Die Here sal onderskeid maak tussen die vee van Israel en die van Egipte… “(Eks. 9:4)

  • Dikwels kies ons verkeerd. Verkeerde keuses het slegte dinge tot gevolg: vir jou, vir ander mense, vir diere en selfs vir die natuur of skepping.
  • Dikwels kies ons reg. Goeie keuses het goeie gevolge : vir jou, vir ander mense, vir diere en selfs vir die natuur of skepping.
  • As jy die pad van die Here kies, stap jy die pad na die lewe toe (Ps. 119:30).
  • ‘n Wyse mens kies sy woorde reg en is stadig voor hy praat (Spr. 16:21, 23).
  • Kies wat jy wil doen: Kies geluk en lewe of kies straf en dood (Deut. 30:19).
  • Wanneer jy die lewe en geluk kies sal jy voorspoedig wees, geluk ervaar en vreugde beleef (Deut. 30:19).
  • Kies lewe! Wees gelukkig!

Gebed

Liewe Vader, baie dankie dat ek deur U Gees reg kan kies.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.