2 Julie
Mag jy vandag vrede beleef om saam met die Here te bly wandel – al verstaan jy nie wat Hy doen nie. Hierdie boodskap is direk uit die Woord van God en net vir jou bedoel.
Tema: As jy nie verstaan wat God doen nie
Teks: “Here, waarom werk U so sleg met hierdie volk? Waarom het U my nou eintlik gestuur?” (Eks 5:22)
- Selfs al volg jy die Here, beteken dit nie altyd dinge gaan maklik wees nie.
- Moses het ook geworstel omdat alles verkeerd geloop het.
- Soos Jesus in Getsemane, mag jy jou hart eerlik voor God uitstort.
- Jou hemelse Vader sal jou nooit los nie – Hy bring uitkoms wanneer jy vasdraai.
Gebed:
Liewe Vader, dankie dat ek met U mag worstel en U altyd uitkoms gee.
In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


