Skep asem vir vandag: 16 Augustus 2025

Dagstukkies April

16 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om te weet dat die Here genade gee. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Die Here gee genade

Teks: “Die Here het vir Moses geantwoord: ‘Ook wat jy nou gevra het, sal Ek doen. Ek is jou goedgesind en Ek ken jou op jou naam.'” (Eks. 33:17)

  • Moenie jou eie planne maak nie. Soek God se planne. Volg Sy wil.
  • Maak seker dat jy niks sonder die Here se duidelike leiding aanpak nie.
  • Die Here verhoor jou gebed en gee wat jy Hom gevra het.
  • Die Here ken jou op jou naam en is jou goedgesind (Jes. 49:16).
  • Elke goeie ding en volmaakte geskenk kom van Hom af.
  • Loof Hom! Dank Hom! Prys Hom!

Gebed:
Liewe Vader, dankie dat U elke situasie in goeie, volmaakte dinge verander.

In Jesus se Naam. Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 15 Augustus 2025

Dagstukkies April

15 Augustus

Ek hoop dat jy iemand sal word wat vir ander mense sal begin omgee. Geniet die boodskap van God vandag.

Tema: Smeek vir ander mense by God

Teks: “As U my goedgesind is, onthou tog hierdie nasie is U volk” (Eks 33:13)

  • Hou aan en aan en aan om God vir genade te smeek. Pleit vir jouself en ander mense.
  • Dit is belangrik om tot Hom te roep. Hy is die eerste en laaste, die enigste bron wat kan help.
  • Sy genade is beskikbaar, ongeag jou foute of die omstandighede waarin jy is.
  • Wanneer jy aanhoudend die regte dinge te doen, sal jy ook God se seëninge soos waterstrome oor jou voel vloei.     Jy sal baie gelukkig wees.

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U vir ander mense en ook vir myself omgee. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 14 Augustus 2025

Dagstukkies April

14 Augustus

Ek hoop tog so dat jy ook hartseer word oor jou verkeerde optrede, foute en sonde. Hier is God se boodskap net vir jou.

Tema: Belydenis en verandering

Teks: “Toe het die volk … getreur en geen juwele gedra nie” (Eks 33:4)

  • Die Here ken elke aspek van jou lewe – niks is vir Hom weggesteek nie.
  • Die regte soort van hartseer, bring jou terug na God toe (2 Kor 7:10).
  • Hierdie berou gee jou ‘n nuwe en ware lewe wat met God en ander mense reg is (2 Kor 7:10).
  • Roep tot God vir hulp. Dit is die regte ding om te doen. HY hoor jou en beantwoord jou hulproep.
  • Leef nou vry. Leef nou gelukkig. Leef nou met hoop. Wees nou nuut.

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U my hartseer sien en van my sonde en foute vry maak. Dankie dat ek nou weer nuut is.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 13 Augustus 2025

Dagstukkies April

13 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy sal weet dat God jou baie lief het. Vandag se boodskap uit die Bybel is net so spesiaal as gister se boodskap – net vir jou.

Tema: Verander jou woede en aggressie in seën

Teks: “Toe het die Here daarvan afgesien om die ramp… oor Sy volk te bring” (Eks 32:14)

  • Hoe geseënd is jy nie: Weet dat God jou baie lief het en vir jou omgee.
  • As jy vra, verander Hy Sy besluit en gee Sy seën in plaas van straf – vir jou, ook vandag.
  • Hy het jou in die palm van Sy hand – niemand sal jou uit Sy versorgende en seënende hand ruk nie (Joh. 10:28).

Gebed 

Liewe Vader, baie dankie dat U ook aan ons genade gee.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 12 Augustus 2025

Dagstukkies April

12 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy die Here sal vra dat jy nes Hy nie sal aanhou om in woede te leef nie. Hier is ‘n baie, baie spesiale en besonderse gedagte uit die Bybel vandag vir jou.

Tema: Laat God jou woede in genade verander

Teks: “Laat U toorn bedaar en wees U volk genadig…” (Eks 32:11)

  • Bid vir mense en jouself sodat God slegte situasies in goeie omstandighede sal verander.
  • God is ‘n goeie God wat mense help (Eks 34:6).
  • Hy kry mense jammer en is geduldig met jou – daarom kan jy Hom vra om jou te help (Eks 34:6).
  • Vertrou op Sy genade, selfs wanneer jy fouteer, want Hy vergeet alles wat jy verkeerd doen (Eks 34:7).
  • Dit is vandag die regte ding om te doen indien jy vir God hulp vra.

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U vol van liefde en genade is. Dankie dat U my foute vergeet. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 11 Augustus 2025

Dagstukkies April

11 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is dat jy vandag weer en weer, oor en oor vir die Here God se wil sal kies. Hier is ‘n gedagte uit God se Woord vandag vir jou.

Tema: Hou aan om vir God te kies

Teks:“ Klim van hierdie berg af, want jou volk… het iets vreesliks gedoen…” (Eks 32:7)

  • Die Here die Alwyse God se planne vir jou is om met hoop en verwagting die toekoms binne te gaan.
  • As jy op jou eie die toekoms wil binnegaan, vernietig jy jouself, ander mense en selfs die wêreld.
  • Stap in al jou keuses agter die Here God aan, selfs al vat dit soms tyd om Sy rigting te ontdek.
  • Die uitdagings rondom jou is geen struikelblok vir Hom nie.
  • God is volmaak en gee net die beste. Hy is goed vir jou – wees rustig en tevrede (Ps. 50:2).

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U volmaakte geskenke aan my gee, al sien ek nie meer hoop nie. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Stof tot nadenke: Vooroordele…

Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie. Want met die maat waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word, en met die maat waarmee julle meet, sal julle afgemeet word.

(Matt. 7: 1-2)

Iewers in elkeen van ons se lewe ontwikkel ons vooroordele teenoor mense; wat ons toelaat of nie toelaat in ons lewe nie. Dit is ‘n manier van ouers om hulle kinders te waarsku teen moontlike gevare. Dit word dikwels gekoppel aan die uiterlike van mense, daar waar ons dit maklik kan sien. Die wêreld om ons, maak dat ons baie dikwels mense in sekere kategorieë in plaas. Wat is aanvaarbaar en wat is nie aanvaarbaar nie. Dit kan enige vorm van vooroordeel aanneem. Wanneer hierdie vooroordeel/e eers pos gevat het in jou mense bestaan, is dit bitter moeilik om dit weer af te leer! Maar nie onmoontlik nie.

Lees meer “Stof tot nadenke: Vooroordele…”

Skep asem vir vandag: 10 Augustus 2025

Dagstukkies April

10 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om op te staan en binne God se wil te bly leef. Hier is ‘n spesiale gedagte uit God se Woord vandag vir jou.

Tema: Kies vir die Here

Teks: “Toe die volk sien dat Moses talm… het hulle om Aäron saamgedrom en vir hom gesê:

‘ Kom, maak vir ons ‘n god…’” (Eks 32:1)

  • Soms voel dit asof die Here nie naby jou is nie.
  • In sulke tye besluit jy dikwels om op jou eie besluite te neem, sonder om die Here te raadpleeg.
  • Onthou: Die Here is nie ver nie! Hy wag vir jou! Hy wil luister en hoor! Hy wil help!

(Jes. 59:1).

  • Selfs al voel jy swak en moeg, jy dien ‘n Almagtige God wat altyd sterk is.
  • Wag geduldig op Hom. Hy gaan alle goeie gawes en volmaakte geskenke vir jou gee.
  • Hy is getrou! Wees gelukkig!

Gebed 

Liewe Vader, dankie dat U altyd naby my is, al voel dit nie vir my so nie. Dankie dat U getrou bly.

In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Nuusflitse Week 32+ van 2025

Nuusflitse

Sondag 10 Augustus 2025 : Erediens om 10:00 GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort
Woensdag 13 Augustus 2025: Kooroefening 16:45
Sondag 17 Augustus 2025: Erediens 10:00 Kategese & Kleuterkerk 10:00
Wolwedans boodskap, sop en brood: 20 Augustus, 3 & 17 September
22 Augustus 2025 – Praise and Worship
10 September 2025 – 18-49 jariges samekoms
20 – 21 September 2025 – Getuienis Toerustingsgeleentheid

Afkondigings 10-17 Augustus 2025

Afkondigings

Sondag 10 Augustus 2025 :

  • Baie welkom by die erediens gelei deur ds Charné Viljoen.
  • Ons skriflesing kom vanoggend uit Numeri 27:1-11.
  • Die tema van die prediking is: Vir almal.
  • GEEN Kategese, maar Kleuterkerk gaan voort.
  • Sinodale offer vir Nuwegeloofsgemeenskap ontwikkeling (NGGO) by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal is welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Digitaal.

Woensdag 13 Augustus 2025 :

  • Kooroefening by die orrel om 16:45. Marida – Kontak Ons  Alle belangstellendes is welkom.

Sondag 17 Augustus 2025 :

  • Erediens om 10:00 – Ds Danie Goosen.
  • Kategese (kerksaal) & Kleuterkerk (konsistorie).
  • Spesiale offer vir Groenewaldfonds by die deure.
  • Tee sal bedien word in die kerksaal na afloop van die erediens. Almal welkom.
  • Groenkloof preek om 10:00 – Ds Charné Viljoen.

Kategese :

Kleuterkerk/Kategese vind plaas Sondae tydens die erediens (10:00-11:00). Kinders 2-5 jaar kom in die konsistorie bymekaar. Kinders Gr R – Gr 11 kom in die kerksaal bymekaar. Vir meer inligting kontak die kerkkantoor.

Sterftes 2025:

27 Julie – GC Buitendagh: Wyk 04A
Ons innige meegevoel aan sy familie & vriende.

Verjaarsdae

Verjaarsdae Augustus
Verjaarsdae Augustus

Bedieninge

Getuienisbediening :

Getuienis Naweek 20-21 September 2025 Toerustings geleentheid
Getuienis Naweek 20-21 September 2025 Toerustings geleentheid

Wolwedans boodskap, sop en brood

Ons nooi die gemeente om weer deel te neem aan ons projek om ‘n bemoedigende boodskap, 2 liter sop en ‘n brood te voorsien aan 105 gesinne elke tweede week. Die uitreikdatums vir die derde kwartaal is 20 Augustus en 3 & 17 September.

Behoeftes vir Getuienisprojekte

Daar is ‘n deurlopende behoefte aan wol, materiaal, gare, borduurgare, linne, gebreekte keramiek/porselein (vir mosaïek projekte) inkleurkryte en -potlode. Dankie by voorbaat vir u deelname.

Ondersteuningsgroep :

Ons groep bestaan uit ’n klompie toegewyde lidmate wat een keer ’n maand bymekaar kom en by mekaar leer en vir mekaar ondersteuning bied.

Die doel is om dan uit te gaan as geroepenes om mense in ons gemeente en gemeenskap by te staan. Dit doen ons deur:

  • Rygeleenthede vir dokterafsprake, hospitaal besoeke en dies meer.
  • Hulp met inkopies.
  • Ondersteuning deur dààr te wees in moeilike omstandighede.
  • Uit te reik na die mense om die toenemende probleem van alleen wees en eensaamheid te verlig.

Vir meer inligting kontak:

Riana Briers –  Kontak Ons  / Riëtte Jansen van Rensburg – Kontak Ons 

Omgeebediening :

  • Indien u bewus is van iemand met nood, siekte of  wat eensaam is en hulp benodig kontak u kerkraadslid of die kerkkantoor.
  • Ons wil gemeentelede kans gee om prakties betrokke te raak! By die deure is houers om enige nie-bederfbare kosprodukte in te plaas soos suiker, pasta, rys, konfyte, blikkieskos, seep, tandepasta, koffie, tee, ensovoorts. Enige bydraes help om nood te verlig.
  • Enige persoon wat graag by die Omgeebediening betrokke wil raak skakel asseblief vir Corrie Pieters – Kontak Ons 

Nuwe lidmate en lidmaatbesoeke:

Ons nooi nuwe lidmate om asb na die erediens tot voor die kansel te kom waar ons u graag wil ontmoet. In die voorportaal is ook vorms beskikbaar wat u kan voltooi sodat ons u vinnig kan leer ken. 

Die leraars besoek nuwe intrekkers. Indien u nog nie ’n besoek ontvang het nie of u ‘n bestaande lidmaat is wat ’n besoek verlang kontak of kom loer gerus in by die kerkkantoor om ’n afspraak te maak – Maandae, Woensdae en Vrydae tussen 08:30 en 12:30.

Praise and Worship

Praise and Wordship 22 Augustus 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier
Praise and Wordship 22 Augustus 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

18 tot 49 jariges

18 - 49 jariges
18 – 49 jariges

FEBA RADIO SA: Ons bid vir FEBA se vroue

“Sjarme is bedrieglik en skoonheid is nietig; ’n vrou wat vir die Here ontsag het, sy moet geprys word” (Spr. 31:30 Afr20).

By FEBA is daar honderde ma’s, dogters, susters, tannies en vriendinne wat agter die mikrofoon of agter die skerms dien, en hulle bereik miljoene vroulike luisteraars in 50 lande. Vroue in Kirgisië wat onder huishoudelike geweld ly, weduwees wat boer in Mosambiek, prostitute in die Filippyne, vroue wat vasgekeer is in die Oekraïnse oorlog – FEBA hoor van diesulkes en meer.

Ons gebed vir die week: Bid dat elke vrou in FEBA se bediening in haar geloof en wandel met God sal groei, sodat sy tot seën vir ander kan wees.

Die webwerf (nggrootbrak.co.za)

Erediensbediening:

Die skakel na die YouTube Erediens van 10 Augustus, gelei deur Ds Charné Viljoen, is beskikbaar.

Getuienisbediening:

  1. Missie Japan het ‘n groot behoefte aan nog sendelinge.
  2. Die uitnodiging en inligting van die getuienisnaweek se toerustingsgeleentheid van 20-21 September.

Bybelstudiereeks:

  1.  Die ‘Skep asem vir vandag is ‘n wonderlike begin vir elke dag.
  2.  Vind die Weeklikse: “Stof tot nadenke: Vooroordele…”

Gemeentenuus:

  1. Daar is ‘n uitnodiging na die 18 tot 49-jariges byeenkoms van 10 September.
  2. Die Praise en worship geleentheid vir 22 Augustus se inligting is op die webtuiste.
  3. Klub50: Pannekoek dag sukses
  4. Die weeklikse Afkondigings is op die webtuiste, indien u wil seker maak van enigiets.

Ons dank u vir u volgehoue bydrae en ondersteuning van die werk van die Here.

Leraars:

Danie Goosen
Charné Viljoen

Langstraat 10,
Groot-Brakrivier, 6525  ‘
044 620 2205

 e-pos: Kontak Ons             

Webwerf adres: https://www.nggrootbrak.co.za

Bankbesonderhede:  

FNB tjekrekening

Rek Nr.  530 831 865 11

Takkode 210314

SNAPSCAN-CODE NG Kerk Groot-Brakrivier

Skep asem vir vandag: 9 Augustus 2025

Dagstukkies April

9 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om vergifnis aan mense uit te deel. Lees God se Woord vir vandag en laat dit jou motiveer tot goeie dade. 

Tema: Vergewe! Vergewe! Vergewe!

Teks: “Vergewe tog hulle sonde…” (Eks 32:32)

  • Moenie in God se krag en liefde vir jou twyfel nie.
  • Jesus het vir jou by die Vader ingetree en vergifnis vir jou sondes gekry.
  • Aanvaar dit en begin elke dag van voor af ander mense ook te vergewe.
  • God vergewe jou waar jy verkeerd doen, NET SOOS jy mense vergewe wat nie teenoor jou reg optree nie (Matt 6:12).
  • Leef so dat mense kan sien jy het hulle vergewe.
  • Rus in God se vrede.

Gebed 

Liewe Vader, gee my ‘n nuwe lewe en laat ek vergewe soos U vergewe. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

SENDELINGE VIR JAPAN BENODIG| Missionaries to JAPAN NEEDED Full time Missionaries to Japan (Vakature / Vacancy)

Mission Japan

Missionaries to JAPAN

Position: Full time Missionaries to Japan

Mission Japan (a joint Committee of the DRC Family and the Reformed Churches in SA) in collaboration with the Christian Reformed Church of Japan are hereby announcing that an official process is launched for the recruitment and calling (by Mission Japan) of a missionary couple(s) to work with the RCJ Shikoku Presbytery in Japan.

We hereby invite couples, not older than 35 years of age, to apply for this position. The applicants should have a vision, strong calling and commitment to world missions in general and specifically to Japan (where less than 1% of the population identify as Christian including Protestant and Catholic groups).

The suitable candidates will:

  1. 1.     Be members of the DRC Family of churches or the Reformed Churches of SA;
  2. 2.     Be in possession of a bachelor’s degree in theology (B.Th. or B.Div. or M.Th. or M.Div.) or in their final years of studies;
  3. 3.     Have a clear understanding of, and commitment to, Reformed Theology and the Reformed Presbyterian system of church governance;
  4. 4.     Be Legitimized / Licensed (“gelegitimeer”) within one of the DRC Family of churches or the Reformed Churches of SA;
  5. 5.     Have proficiency in English (any TEFL qualifications or training will count in your favour).

The recruitment committee will review candidates that have:

  1. 1.     A clear understanding, personal experience of and commitment to Jesus Christ as Lord and Saviour;
  2. 2.     A Biblical and deep inner experience of being called by God into full-time cross-cultural missions in general (and specifically Japan);
  3. 3.     Experience in, understanding of and a commitment to cross-cultural ministry and living in cross-cultural settings;

Our process:

We request that interested parties consider this opportunity prayerfully and, upon confirmation of the Lord, send an email to applymissionjapan@gmail.com showing their interest. A more detailed description of requirements and an application form will then be sent to interested parties. Applications will be received together with the requested documents and be reviewed by the recruitment committee. This committee consists of a South African team and a Japanese team.

For more information regarding Mission Japan, click on the following link to our website: https://missionjapan.co.za

Important:

  1. 1.     All correspondence has to be in English. This includes the required documents such as copies of academic records etc.;
  2. 2.     This is not a paid missionary position. Candidates will be required to raise support which is then managed by Mission Japan;
  3. 3.     Ordained ministers become ordained missionaries / ministers in the Reformed Church of Japan;
  4. 4.     This position requires that candidates learn to become fully proficient in Japanese. This is NOT an English ministry position.

Skep asem vir vandag: 8 Augustus 2025

Dagstukkies April

8 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om ‘n nuwe lewe in Christus te begin. Hier is die boodskap uit die Bybel vir jou.

Tema: ‘n Nuwe lewe

Teks: Wie vir die Here is, kom hier na my toe” (Eks 32:25)

  • Jy kry altyd weer ‘n kans om dinge reg te stel – ‘n tweede, ‘n derde en soms selfs meer kanse.
  • Twyfel laat jou wonder of God en mense vir jou meer as een kans sal gee.
  • Al het jy verkeerd opgetree, aanvaar die geleentheid om oor te begin. Gryp dit met jou hele hart aan, en verander jou gedrag!
  • Hierdie vertroue en geloof gee die selfvertroue om met ‘n nuwe lewe te begin.  Jou nuwe lewe het al reeds begin. Wees vry en leef vry!

Gebed 

Liewe Vader, baie dankie dat U my in Jesus Christus ‘n nuwe kans en nuwe lewe gee. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Skep asem vir vandag: 7 Augustus 2025

Dagstukkies April

7 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om nie van die Here af weg te draai nie. Hier is God se Woord vandag vir jou.

Tema: Bly naby die Here

Teks: “Kom maak vir ons ‘n god dat hy ons kan lei” (Eks 32:1)

  • As jy wag vir die waarmaak van God se planne – bly geduldig. Moenie ongeduldig word nie.
  • Ongeduld maak dat jy teen God en Sy planne kies – dan hoor jy Hom glad nie meer nie.
  • Soms is daar plekke in jou lewe waar jy van die Here wegdraai omdat jy jou eie planne bo Hom stel.
  • Neem ‘n kort tydjie – 30 sekondes – bid, “Here laat my na U wil terugkeer”.       Begin om weer die wil van God te doen – stap agter Hom aan!

Gebed

Liewe Vader, gee my wysheid en insig om raak te sien waar ek U nie volg nie. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.

Praise and Worship

Praise and Wordship 22 Augustus 2025 NG Kerk Groot-Brakrivier

Evening of Praise and Worship.

The Youth invites you to:
Come and join us on 22 August 2025 for a evening of Praise and Worship! 18:00 for 18:30. Everyone is welcome!
Church Building
Dutch Reformed Church Great-Brakriver
Hartenbos DRC Band

‘n Aand van Lofsang en Aanbidding.

Die jeug nooi u almal uit vir ‘n “Praise and Worship” aand op 22 Augustus 2025 om 18:00 vir 18:30. Almal is welkom!
Kerkgebou: NG Kerk Groot-Brakrivier
Hartenbos NGK Orkes

Missie Japan: Gesoek! Nog Sendelinge vir Japan.

Doop Missie Japan

Beste vriende,

Nuus

(Hierdie berig het eerste verskyn op (Wanted more Missionaries)

Sedert ons vorige nuusflits het baie water in die see geloop, saam met die sweet wat teen ons rûe bly afloop in die hitte wat nie wyk nie. Die hartroerende begrafnis van ‘n geliefde kollega se vrou, die uitbundige huwelikseremonie van ‘n oud-student, my en Carina se 20- jarige huweliksherdenking en die verjaardae van twee van ons kinders was enkele van die hoogte- en dieptepunte. En dan: die onvergelykbare groot vreugde van iemand wat uit ‘n totaal Boeddhistiese agtergrond haar lewe aan Christus oorgegee het, en deur ds. Tobie de Wet in RCJ Niihama gedoop is. Alle eer aan die Here wat deur Sy Gees op verrassende maniere bly werk!

Daar was ook ‘n rits kampe en spesiale (somerpret) samekomste vir kinders in ons buurt, wat feitlik geen idee het wat die Bybel is, of wie Jesus of die kerk is nie. Dit alles het ons dae gevul met sinvolle interaksies en geleenthede om verhoudinge te verdiep. En om in eenvoud eerste grepies van die evangelie te deel met baie mense wat dit vir die eerste keer hoor. Ons is ook op verskeie maniere stomgeslaan oor God se voorsiening die afgelope tyd, ver meer en veel groter as wat ons kon bid, dink of vra. Weereens, moenie ophou lees nie. Hieronder vertel die De Wets verder.

Verder is daar ‘n klomp nuwe inligting om te deel oor ons bedieninge, met deeglik nagevorste bronne wat die Japannese konteks vir jou kan oopbreek en ontsluit, in die lig van ander globale tendense in wêreldsending. Kliek hier.

Laastens, maar allermins minder belangrik. Missie Japan se bestuurskommittee het pas in biddende afhanklikheid amptelik die werwingsproses oopgestel vir gepaste aansoekers wat ‘n roepingsbesef het om as sendelinge in Japan te werk. Dis ‘n groot nuwe inisiatief, in samewerking met ons susterskerk, die Reformed Church in Japan, met die fokus op Shikoku eiland.

Sodra die advertensie geplaas is, sal ek dit in ‘n aparte nuusflits deel. Bid asseblief ook saam met ons vir die Here se helder leiding hierin. Kyk intussen gerus na die video hieronder wat Japan opnuut bekendstel en ‘n appél maak op dieper betrokkenheid, met die oog op nuwe medewerkers. Ons is baie dankbaar vir DJ Muller (Kaapkerk) se redigering van die video.

Ons jaarlikse verlof is om die draai, en ons sien baie uit daarna. Bid asseblief vir rus en hernieude krag en visie vorentoe.

Jou gebede, ondersteuning en omgee inspireer ons. 

Met diep waardering,

Stéphan, Carina en gesin; ook namens ds. Tobie en Annalie de Wet (RCJ Niihama)

Read in English

MAAK ‘n BYDRAE

GETUIENIS OOR DOOP

Sondag 20 Julie 2025 was ‘n rooiletter dag in die lewe en geskiedenis van die klein gemeente van RCJ Niihama, ‘n feesdag, met die engele in die hemel wat juig (Lukas 15:10) vanweë die doop van Yasuko (skuilnaam)! 

Ons kan verstaan dat dit vir sommige van julle dalk bietjie vreemd is om so ‘n ophef te maak oor een dopeling. Verstaan egter die realiteit van die kerk en sending in Japan. Daar was wel ‘n tyd toe die RCJ een van die snel-groeiende kerke in Japan was, maar vandag is dopelinge raar, nie net in die RCJ nie, in die meeste kerk-denominasies van Japan, en veral op die platteland.

          In die RCJ Shikoku Ring, met sy 16 gemeentes, was daar verlede jaar altesaam net vyf dopelinge (een van hulle was ‘n vrou van Peru wat hier in Niihama gedoop is). In ons 20-plus jare in Japan het ons persoonlik met slegs enkele gevalle te doen gehad. Niihama-gemeente se lidmate kan ons nie vertel wanneer hulle in hul geskiedenis van plus-minus 50 jaar ‘n doop in die erediens gehad het nie (behalwe vir die vrou van Peru, verlede jaar). Hulle is opgewonde oor wat die Here doen! 

Yasuko se getuienis is regtig aangrypend, soos elke een wat waarlik, veral uit ‘n totaal nie-Christelike agtergrond tot geloof en bekering kom. Daar is nie ‘n enkele Christen in haar hele familie en vriendekring en kennisse nie. Haar godsdienstige en familie-agtergrond is Boeddhisme. Haar man is ‘n ateïs. Tog het sy begin wonder in haar eie hart oor die sin van die lewe en oor God. Deur die internet het sy by die Christelike geloof en die Bybel uitgekom, waar alleen sy die antwoorde (of eerder Dié Antwoord) gekry het wat haar oortuig het. Vir enkele jare het sy slegs d.m.v. die internet haar kennis van die Bybel, die Christelike geloof en Jesus Christus verdiep. 

Sy het die behoefte ervaar om na ‘n ware Christelike kerk te gaan en selfs om gedoop te word, maar soos die meeste Japannese het sy vir baie lank nie die moed gehad om daadwerklik by die kerk se deure in te stap nie … tot op ‘n Sondag hier in Niihama, in Oktober 2024. 

Yasuko is ‘n verpleegster en werk meestal ook op Sondae, wat maak dat sy nie so gereeld eredienste kon bywoon nie. Maar vir die afgelope 9 maande het sy gereeld elke Donderdag namiddag saam met ons Bybelstudie gedoen aan die hand van die Apostoliese Geloofsbelydenis, ter voorbereiding van haar doop en kerklidmaatskap. 

Ons konsulent (‘n ander leraar uit ons ring) het kort voor haar doop met haar ontmoet, om die egtheid van haar geloof, haar verstaan van Christenskap (dissipelskap) te bevestig. Asook om oor haar kerklidmaatskap (getroue bywoning van eredienste, aktiewe betrokkenheid by kerklike aktiwiteite en haar finansiele verantwoordelikheid ens.) te gesels.

Yasuko se geloof en toewyding as jong Christen is aangrypend en inspirerend! Een van die praktiese dinge wat sy gedoen het om dit uit te druk, is dat sy van al die Boeddhistiese simbole in haar huis (wat vir Japannese uiters belangrik is) ontslae te raak.

Dank die Here saam met ons vir Sy genade in haar lewe en bid saam met ons vir haar geloofspad saam met die gemeente hier in Niihama.

SOMERPRET @Kita KOBE KERK

Vir meer fotos besoek gerus die Missie Japan se Webtuiste

Mission Japan is
ミッション・ジャパンについて

joint mission of the Dutch Reformed Church in South Africa and other church groups worldwide, in close partnership with the Reformed Church in Japan.

faith action, dependent on the voluntary support and prayers of individuals, groups, and Christian faith communities from around the world.

network of support for our mission partners, working as bridge builders for the gospel of Jesus Christ in Japan.

Copyright (C) 2025 Mission Japan. All rights reserved.

Our mailing address is:
Shobu Ga Oka 3-1-3, Kita Ku, Kobe City, JAPAN, 651-1306

Skep asem vir vandag: 6 Augustus 2025

Dagstukkies April

6 Augustus

My wens en gebed vir jou vandag is om altyd in God se teenwoordigheid te bly. Lees God se Woord vandag – dit is vir jou.

Tema: Bly in God se teenwoordigheid

Teks: “Die magtige teenwoordigheid van die Here het op Sinaïberg gebly… ” (Eks 24:15)

  • Die Here is jou Beskermer, Helper en Versorger.
  • Jy is elke oomblik, elke minuut, uur en dag in die magtige teenwoordigheid van die Here.
  • Leef binne hierdie magtige teenwoordigheid van die Here God.
  • Hy sal jou slegste situasie in die beste situasie omskep.

Gebed 

Liewe Vader, maak my bekwaam om te leef asof ek in U magtige teenwoordigheid is. In Jesus se Naam.

Amen.

Vorige dagstukkies

© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.