7 Augustus
My wens en gebed vir jou vandag is om nie van die Here af weg te draai nie. Hier is God se Woord vandag vir jou.
Tema: Bly naby die Here
Teks: “Kom maak vir ons ‘n god dat hy ons kan lei” (Eks 32:1)
- As jy wag vir die waarmaak van God se planne – bly geduldig. Moenie ongeduldig word nie.
- Ongeduld maak dat jy teen God en Sy planne kies – dan hoor jy Hom glad nie meer nie.
- Soms is daar plekke in jou lewe waar jy van die Here wegdraai omdat jy jou eie planne bo Hom stel.
- Neem ‘n kort tydjie – 30 sekondes – bid, “Here laat my na U wil terugkeer”. Begin om weer die wil van God te doen – stap agter Hom aan!
Gebed
Liewe Vader, gee my wysheid en insig om raak te sien waar ek U nie volg nie. In Jesus se Naam.
Amen.
© NG Kerk Lynnwoodrif – word gebruik met toestemming.


